Inhoud
Beperkinge van dateringsmetodes
Die probleem van ekstrapolasie
Probleme met huidige geologiese teorieë
Wetenskaplike getuienis vir ‘n vloed-gebeure
Hoe sou ‘n wêreldwye vloed plaasvind?
Waarom het baie spesies uitgesterf?
Natuurlike seleksie, gene en mutasies
Ander getuienis vir ‘n jong aarde
Meting van die afstande van sterre
Verkondig die Bybel ‘n plat aarde?
Was die Skrif dalk die wetenskap vooruit?
Is die skeppingsverhale van Gen 1 en Gen 2 teenstrydig?
Teologiese probleme met evolusie
Word die
teorie van evolusie deur die Bybel voorspel?
Die konsep van evolusie is vandag regoor
die wêreld geen vreemde begrip nie.
Inteendeel, meeste sillabusse in skole en universiteite aanvaar die
evolusie-teorie as die wetenskaplike basis vir die verstaan van die fisiese
kosmos soos ons dit vandag ken.
In terme van die natuurlike wetenskappe kan
onderskei word tussen kosmologiese, geologiese en biologiese evolusie. In alle
gevalle het dit te doen moet spontane, natuurlike, en progressiewe ontwikkeling
vanuit eenvoudiger vorme.
Vanuit die oogpunt van lewe op aarde,
verwys kosmologiese evolusie na die
teorie van 'n lang periode (biljoene jare) van die progressiewe ontwikkeling
van die fisiese kosmos tot en met die ekwilibrium wat lewe op aarde moontlik
maak. Die teorie van kosmologiese evolusie begin gewoonlik by die teorie van
die oerknal wat oor 'n tydperk van biljoene jare sou ontwikkel tot hemelliggame
en stelsels waaruit die aarde in sy huidige posisie ten opsigte van ander
hemelliggame, en eie samestelling sou ontwikkel.
Geologiese
evolusie verwys na die
teorie dat die aarde oor biljoene jare heen ontwikkel het tot en met sy huidige
geologiese samestelling en prosesse.
Biologiese
evolusie word hoofsaaklik
gegrond op Darwin se teorie van die progressiewe en kreatiewe ontwikkeling van
spesies.
Die teorie van evolusie met sy verskeie
onderafdelings word vandag beskou as die grondslag vir die geologie, die
biologie en die paleontologie (studie van fossiele).
Teenoor die evolusieteorie staan die teorie
van skepping. Hierdie teorie gaan
uit vanuit die basiese hipotese dat 'n opperwese die fisiese kosmos, asook alle
vorme van lewe geskep het. Net soos by
enige ander wetenskaplike teorie, word hierdie teorie geïnterpreteer aan die
hand van beskikbare fisiese data en wetenskaplike getuienis. Hieronder kan twee uiterstes in die spektrum
onderskei word:
Jong-aarde
kreasioniste: die teorie
dat 'n opperwese deur middel van intelligente ontwerp eensklaps lewe geskep
het. Dit hou verband met die siening dat die aarde relatief jonk is (ongeveer
6000 tot 10 000 jaar).
Teïstiese
evolusioniste: hierdie
teorie lê nader aan evolusionisme in die sin dat dit veronderstel dat 'n
opperwese evolusie oor 'n lang periode (biljoene jare) gebruik het om te skep.
Tussenin hierdie twee uiterste teorieë is
die sogenaamde "gap theory." Dit veronderstel 'n groot gaping tussen Gen
1:1 en Gen 1:2, waar toegelaat word vir biljoene jare vanaf of in die proses
van die skepping van die hemel en die aarde tot en met die "woes en
leë" toestand van die aarde, net voordat God begin het om lig en dit wat
daarop volg in 6 letterlike dae te skep.
Lg. word dan as ‘n soort “herskepping” verstaan.
Jong-aarde kreasioniste, wat glo in ‘n
skepping van 6 dae, word aan die hand van die evolusie-teorie as onwetenskaplik
beskou. Aansprake van kreasioniste word
as geloofs-aansprake hanteer en nie met die wetenskap in verband gebring
nie. Solank kreasioniste nie
wetenskaplike aansprake probeer maak nie, is hulle nie ‘n bedreiging vir
evolusioniste nie. Vir evolusioniste is
evolusie die wêreld van die wetenskap en kreasionisme die wêreld van die
geloof, wat in aparte kampe moet bestaan en nie in verband met mekaar gebring
kan word nie. Daar word dikwels
onderskei tussen kreasioniste en wetenskaplikes, waar kreasioniste gesien word
as bevooroordeeld en wetenskaplikes as volkome objektief.
Maar is dit werklik die geval? Kan mens in sulke waterdigte kategorieë van
geloof en wetenskap praat? Wat baie
mense nie besef nie, is dat die evolusie-teorie nie vry is van
voorveronderstellings of aannames nie.
Hoewel dit aanspraak maak op wetenskaplikheid, moet mens bewus wees van
die hipotetiese aard daarvan. Die
beginsel van ‘n hipotetiese basis is egter nie ‘n vreemde beginsel nie. Aksioma’s of voorveronderstellings is ‘n
bekende begrip in die eksakte wetenskappe soos die wiskunde, die skeikunde,
ens. Die teorie van evolusie is in
hierdie opsig geen uitsondering nie.
Inteendeel, die evolusie-teorie, waarvan Darwin die voorloper was, gaan
uit van die voorveronderstelling dat die kosmos natuurlik moes plaasvind,
sonder enige bonatuurlike ingryping van God.
Vir Darwin is ‘n naturalistiese voorveronderstelling (en by implikasie
'n ateïstiese voorveronderstelling) noodsaaklik vir die teorie van evolusie.
Aan die ander kant is dit vanuit ‘n
blindelingse kreasionistiese vertrekpunt problematies om in iets te glo wat nie
logies sin maak nie. Geloofsaansprake
kan nie in ‘n vakuum opereer nie. Die
geloof moet deur die rede, die logika, en die wetenskaplike data ondersteun en
geverifiëer word. Baie mense sien
hierdie spanning in, en dit lei daartoe dat baie hulle geloof verloor en
ateïste of agnostikuste word. Ander weer
probeer nie die spanning oplos nie, en kies vir ‘n postmodernistiese posisie,
en dit is naamlik om aan teenstrydighede vas te hou – vandaar die term
“teïstiese evolusie,” waar God op ‘n manier evolusie kon gebruik as meganisme
vir sy skepping. Hierdie standpunt is
die gevolg daarvan dat die evolusie-teorie bokant die Bybelse aansprake verhef
word en die beslissende kriterium word aan die hand waarvan Bybelse aansprake beoordeel
word. Diegene wat glo in teïstiese
evolusie word daarom geforseer om die skeppingsverhaal as ‘n mitiese verhaal te
sien, of om sekere woorde of begrippe op simboliese wyse te verklaar sodat dit
kan inpas by ‘n evolusie-model.
Die doel van hierdie oorsigtelike
bespreking is 1) om bepaalde
fundamentele aannames van evolusioniste bloot te lê, en 2) om wetenskaplike getuienis op die tafel te plaas wat gewoonlik
deur die hoofstroom-evolusionistiese gemeenskap vermy word, wat wel die
skeppings-wetenskaplike posisie versterk.
Die teorie van 'n skepping in 6 dae, wat ongeveer 6000 tot 10000 jaar
gelede sou plaasvind, gaan dan geverifiëer word aan die hand van die beskikbare
wetenskaplike getuienis. Sedert die
wêreldwye omhelsing van die evolusie-teorie word myns insiens slegs ‘n
eensydige kyk op sekere bevindings en gegewens in die hoofstroom-wetenskap
gegee om die evolusie-teorie te ondersteun – hoofsaaklik omdat
skeppings-wetenskap nie as ‘n wetenskap erken word nie, en omdat dit
geïnterpreteer op só ‘n wyse dat die onderliggende aannames en
voorveronderstellings van evolusie-wetenskap in plek gehou word.
Die bedoeling met hierdie bespreking is om
skeppings-wetenskaplike interpretasies ook op die tafel te plaas om sodoende
vanuit 'n meer objektiewe basis na beide teorieë te kyk. Dit is egter belangrik om daarop te wys dat
nóg evolusionistiese nóg kreasionistiese posisies kan aanspraak maak op finale
of klaar feite. Geeneen van die twee
posisies kan praat van onomwonde bewyse nie, maar hoogstens van hoe die
beskikbare wetenskaplike getuienis ooreenstem met hulle basiese hipotese. Die rede daarvoor is dat ons slegs met data
in die hede werk en dat enige interpretasies oor die verlede noodgedwonge
bepaalde aannames moet maak en bepaalde projeksies in die verlede moet
maak. Daar is dus te veel onbekendes om
onstaangeskiedenis tot ‘n onomwonde wetenskap te verhef. Die interpretasies wat ek hier verskaf is dus
geensins verhewe bo korreksie nie, en is onderhewig aan nuwe data, nuwe
navorsing en herinterpretasie. Dit is
ook moontlik dat van die skakels op hierdie artikel nie meer in gebruik is nie
(hoewel ek poog om dit van tyd tot tyd op te dateer).
Die teorie van evolusie bied ‘n
verduideliking of ‘n moontlike interpratasie vir die kosmos. Hoewel daar verskeie fyner variasies en
nuanses op die teorie is, word op grond van die evolusie-teorie gepostuleer dat
die kosmos ontstaan het vanuit ‘n oerknal, wat ongeveer 13.7 biljoen jaar
gelede plaasgevind het. Die ouderdom van
die aarde word op grond van hierdie teorie op ongeveer 4.5 biljoen jaar bereken. Soos genoem, is dit belangrik om te weet dat
hierdie teorie nie bewys kan word nie, maar hoogstens ‘n poging is om die
huidige stand van sake te interpreteer.
Hierdie interpretasie beweeg egter hoofsaaklik op die terrein van
spekulasie.
“Although the Big Bang Theory is widely accepted, it
probably will never be proved; consequentially, leaving a number of tough,
unanswered questions.”
http://liftoff.msfc.nasa.gov/academy/universe/b_bang.html
In hierdie model word die mens gesien as
die produk van evolusie oor miljoene jare heen (hoewel daar baie verskil van
mening oor die tydsverloop bestaan). Op
grond hiervan het die mens ontwikkel vanuit ‘n laer vorm van lewe. Dit berus natuurlik ook op ‘n groot mate op
spekulasie. Evolusie van een spesie na
‘n ander kon nog nooit waargeneem word nie.
Daars is te veel verlore skakels
in die sogenaamde evolusie-ketting om die teorie sonder enige twyfel te
verifieer. Trouens, daar is nêrens
genoegsame data beskikbaar om werklike evolusie van een spesie na ‘n ander te
bewys nie. Hoewel baie voorstanders van
evolusie daarop aanspraak maak, kon daar nog nie met sekerheid bewys word dat
daar enige oorgangsfossiele bestaan nie. In terme van genetika bly die idee van
evolusie, en veral gradualisme, ‘n geweldige probleem. Geen
progressiewe mutasie is nog ooit opgeteken nie (hoogstens mutasies wat
bestaande genetiese informasie herrangskik).
Die neiging is vandag eerder om verskillende spesies te verklaar aan die
hand van parallelle genetiese lyne, as deur vertakkinge van ‘n sentrale stam.
Baie wetenskaplikes verklaar gegewens
(meestal fossiele) aan die hand van die evolusie-teorie, en nie andersom
nie. Die evoluisie-teorie is die
grondliggende aanname of voorveronderstelling op grond waarvan fossiele
geïnterpreteer word. Geen fossiele kon
egter evolusie as sodanig bewys nie.
Die stelling dat evolusie ‘n “feit” is,
word dikwels gehoor in die hoostroom evolusionistiese wetenskap. Buiten dat dit ‘n positivistiese vertrekpunt het, ontken dit ook die
geloofsbasis van evolusionistiese wetenskap.
Gitt (1993:13-17) dui op ‘n paar onbewysbare voorveronderstellings van
evolusioniste. Dit is natuurlik niks
anders as geloofsaansprake nie:
(Stellings 1-8 kom uit Gitt se werk)
1) Biologiese evolusie word as ‘n gegewe aanvaar. Werklike biologiese evolusie is egter nog
nooit waargeneem nie.
2) Evolusie is ‘n universele beginsel. Dit is nog nooit bewys nie.
3) Mens moenie ‘n Skepper bybring nie. Ateïsme, die geloof dat daar geen Skepper is
nie, is een van die hoekstene van evolusie.
4) Hierdie wêreld en alle lewende organismes is
eksklusief gebaseer op materialistese beginsels (filosofies). Dit is ‘n monistiese beskouing.
5) Materie word as gegewe aanvaar. E=mc2 suggereer dat die som van alle energie
en materie konstant is. Daar is geen
wetenskaplike verduideliking vir die ontstaan van materie en energie nie. Dit word veronderstel dat dit teenswoordig
was voor die “big bang.”
6) Mutasies en natuurlike seleksie is die
aandrywingskragte van evolusie. Dit is
nog nooit bewys nie. Mutasies kan nie
nuwe genetiese informasie skep nie.
Natuurlike seleksie is beperk tot die gene-poel van ‘n soort.
7) Daar was ‘n egalige oorgang van nie-lewe tot
lewe. In geen wetenskaplike eksperiment
is lewe geskep vanuit dooie materie nie.
Dit is meer geloofwaardig om te glo in ‘n Intelligente Ontwerper, as om
te glo dat lewe ontstaan het vanuit “oersop.”
8) Die hede is die sleutel tot die verlede. Dit is waarskynlik een van die mees
fundamentele aannames van ontstaans-wetenskap.
In terme van die geologie, huidige prosesse (later bespreek) word ‘n
lineêre ekstrapolasie (later bespreek) tot in die verlede gemaak op die basis
van die aanname dat geologiese prosesse dieselfde was in die verlede. (Noag se
vloed suggereer dat hierdie prosesse verander het sedert die vloed). Dit vorm die basis van teorieë soos
radiometriese datering (later bespreek), ens.
Omdat biologiese evolusie baie tyd verg, word ‘n geologies ou aarde (biljoene
jare) veronderstel.
9) Enige nuwe getuienis (bv. sagte, elastiese dinosaurusweefsel) word geïnterpreteer aan
die hand van hierdie onderliggende geloofs-aannames. Waar iets soos sagte dinosaursweefsel die
hele idee van miljoene-jaar-evolulsie negeer, word eerder alternatiewe
verduidelikings aangebied om die data te maak pas binne ‘n miljoene-jare
raamwerk. Die dinosaurusweefsel moet net miljoene jare oud wees!
In ag genome al hierdie geloofsaansprake, is dit
eintlik ironies dat evolusie as ‘n “feit” gesien word. Dit word so sterk geglo dat enige iets wat
die geloof in evolusie teenbewys of negeer, word deur evolusioniste as
onwetenskaplik beskou of gesien as die produk van religieuse
bevooroordeeldheid. Die hoofstroom
wetenskaplike gemeenskap het die evolusie-idee op so ‘n manier aangeneem dat
hulle diskrimineer teenoor enige opponerende teorie. Hulle sal nóg nie-evolusionistiese teorieë
eweknie-evalueer, nóg hulle as wetenskaplik erken. Dit sou myns insiens dus meer akkuraat wees
om na aanleiding van bg. 9 punte na die teorie van evolusie te verwys as religie en nie ‘n wetenskap nie.
Gesonde wetenskapsfilosofie erken die beprektheid van
die menslike rede asook die feilbaarheid van die menslike waarneming. Geen wetenskap is volkome objektief nie, want
dit hang af van die subjektiewe voorveronderstellings, waarnemings en
interpretasies van mense, asook baie ander persoonlike faktore wat die
objektiwiteit van waarneming kan beïnvloed.
Enige wetenskap bevat ‘n mate van geloof.
Sou die aanname korrek wees dat die heelal
en die aarde biljoene jare oud is, moet dit bewys word aan die hand van
akkurate datering. Die probleem is dat
die dateringsmetodes ook onderworpe is aan ‘n geweldige hoeveelheid aannames en
interpretasie. Daar is te veel
veranderlikes in die dateringsmetodes wat dit kan verhef tot ‘n “bewys.” Dateringsmetodes is op sy beste steeds
moontlikhede.
Radiometriese datering beraam die ouderdom
van ‘n gesteente deur gebruik te maak van die tempo van verval van
radio-aktiewe elemente soos uraan, strontium, en kalium. Dit berus op die aanname dat hierdie tempo
van verval konstant bly.
Geologiese tyd word ingedeel in
verskillende geologiese periodes, bv. die pre-kambriese periode, die kambriese
periode, ens. Dit word meestal aanvaar
dat die kambriese gesteentes die oudste vorms van lewe bevat. Die ouderdom van hierdie gesteentes word
beraam op ongeveer 550 miljoen jaar.
Aangesien radio-aktiewe elemente oor tyd
verval tot ander elemente, word die ouderdom van sulke gesteentes bereken op
grond van die tempo waarin dit verval vanaf die oorspronklike element na die
nuwe element (dogter-element). Elke
radio-aktiewe element het ‘n half-leeftyd wat sê hoe lank dit neem vir die
helfte van die element om te verval. Vir
kalium 40 is die half-leeftyd bv. 1.3 biljoen jaar. Die hoeveelheid van die dogter-element wat
gevorm word, word gemeet, en die ouderdom van die gesteente word dan bereken.
Om hierdie metode van datering te gebruik,
moet aangeneem word dat daar 1) niks
van die dogter-element teenwoordig was met aanvang nie, of 2) dat die hoeveelheid van die dogter-element met aanvang bekend
is. 3)
Dit moet ook bekend wees of enige elemente die sisteem binnegring het of
verlaat het, met ander woorde: het die sisteem geslote gebly?
Daar is egter bepaalde faktore wat foute in
die datering kan inbring. In terme van
kalium-argon datering, is dit bekend dat verhitting
(soos met die smelt van lawa) veroorsaak dat argon ‘n gesteente verlaat en dit
te jonk laat lyk. As die minerale in die
lawa nie gesmelt het nie, kan dit die gesteente te oud laat lyk. Met die smelt van lawa kan ook gebeur dat die
gesteente nie “geslote” bly nie.
Elemente kan in en uit die sisteem beweeg en die radiometriese ouderdom
beïnvloed. Die vloei en sirkulasie van water deur gesteentes
kan ook veroorsaak dat elemente die sisteem verlaat of binnedring.
Stowwe soos argon, helium en radon
(produkte waarna radio-aktiewe stowwe verval) is mobiel (gasse) en kan uit
gesteentes ontsnap. Gesteentes kan klein
krakies hê om hierdie stowwe te laat ontsnap of te laat binnedring. Dit kan ook die vloei van water toelaat om
hierdie stowwe uit die gesteente te laat ontsnap of in te laat, selfs al het
die gesteente nooit gesmelt nie. In
terme van die kalium-argon model, bly dit natuurlik ook ‘n vraag of daar geen
argon teenwoordig was by kristalisering nie.
Dis is in elk geval bekend dat argon in groot hoeveelhede in die
aardkors teenwoordig is, en dat dit deur rotse geabsorbeer word. Die argon-druk is ook hoër hoe laer mens in
die aarde afbeweeg. Gesteentes kan argon
opneem vanuit die atmosfeer. Onder hoë
druk, verhoog die mate waarin argon opgeneem kan word. Die neiging sal dus wees om die onderste
gesteentes ouer te dateer as die gesteentes bo-op.
Verandering in temperatuur (soos vulkaniese
aktiwiteit) beïnvloed ook die beweging van argon van gesteente tot
gesteente. Magma bevat groot hoeveelhede
argon. Baie vulkaniese aktiwiteit kan
gesteentes op grond van die kalium-argon datering baie ouer laat lyk as wat dit
werklik is.
Met die ontdekking van die koolstof-14
metode, is vasgestel dat die oudste beskikbare menslike beendere nie meer as 5000 jaar oud kan wees
nie. Dit is ‘n ontdekking wat
teenstrydig is met ‘n evolusionêre model.
Koolstof-14 toetse op die petrolium neerslag by die golf van Mexico en
New Zeeland het getoon dat die petrolium nie ouer as 6000 tot 7000 jaar oud is
nie. Gefossileerde hout wat in
Shefferville, Ontario, Kanada gevind is, in pre-kambriese gesteentes (wat
gereken is as 100 tot 600 miljoen jaar oud), is d.m.v. twee onafhanklike
koolstof-14 toetse getoets as 4000 jaar oud.
Die probleem met die etiketering van die
verskillende geologiese lae, is dat mense o.g.v. die spesifieke laag, fossiele
dateer, of dat mense ‘n sekere laag in ‘n sekere periode dateer omdat ‘n sekere
fossiel daarin voorkom. Dit kom neer op
‘n sirkelredenasie. As ‘n fossiel in die
“verkeerde” periode voorkom, word die laag nie getateer nie. Wat baie nie weet nie, is dat die vorms wat
gebruik word vir datering en ingevul moet word deur geoloë, alreeds vra: in
watter periode dink jy behoort dit te wees.
In hierdie sin is datering in meeste gevalle baie subjektief en
arbitrêr. Dit is in elk geval bekend dat
versteende bome op sekere plekke oor ‘n paar evolusionêre periodes strek. Op een plek strek een boom oor ‘n tydperk van
100 miljoen jaar (volgens evolusionêre datering).

Bronne:
Plaistead, Prof DA op http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/
Veith, Prof W, op www.amazingdiscoveries.org
Andrew, A. Snelling "Radioactive
dating method 'under fire'" op
http://www.answersingenesis.org/creation/v14/i2/radioactive.asp
So is daar talle ander daterings-anomalieë
waarin dit blyk dat konvensionele dateringsmetodes geheel en al onakkurate
reslutate oplewer. So bv. gee basalt
gesteentes van Hulalai in Hawaii, wat a.g.v. vulkaniese aktiwiteit in 1800 tot
1801 ontstaan het, 'n kalium-argon ouderdom wat wissel tussen 160 miljoen jaar
en 3300 miljoen jaar (Funkhouser, J.G. and Naughton, J.J., Radiogenic helium
and argon in ultramafic inclusions from Hawaii, Journal of Geophysical
Research 73:4601–4607, 1968.).
A lawakoepel op Mount St Helens in die VSA wat gevorm is in 1980 toe die
berg vulkanies ontplof het, gee kalium-argon ouderdomme tussen 0.35 en 2.8
miljoen jaar (Austin, S.A., Excess
argon within mineral concentrates from the new dacite lava dome at Mount St
Helens volcano, TJ 10(3):335–343, 1996). Lawa wat uitgevloei het uit Mount Ngauruhoe
in New Zeeland tussen 1949 en 1975, gee kalium-argon ouderdomme tot soveel as
3.5 miljoen jaar (Snelling, A.A., Radioactive ‘dating’ failure, Creation 22(1):18–21,
2000).
(Sien Tas Walker: "A giant cause"
op http://www.answersingenesis.org/creation/v27/i2/cause.asp).
Hierdie daterings wat duidelik verkeerde
ouderdomme gee (volgens konvensionele daterings-metodes) word op verkeie
maniere probeer verklaar, waar daar alternatiewe verklarings aangebied word vir
die relatief hoë konsentrasie argon in die gesteentes, bv. dat dit
gekontamineer is deur ekstra argon a.g.v. verskeie faktore. Maar hierdie foutiewe daterings dui myns
insiens eerder daarop dat daar iets fundamenteel verkeerd is met radiometriese
datering in die algemeen. Dit is juis
kreasioniste wat suggereer dat vermenging
/ kontaminasie met dogter-elemente
(bv. argon, lood) of verlies aan die ouer-elemente (bv. kalium, uraan) tydens
die vorming van gesteentes juis die rede is waarom gesteentes dikwels te oud
gemeet word – iets wat baie goed deur die wêreldwye vloed-model verklaar word
(later bespreek).
Maar wat van isochron datering? Isochron
datering meet die ouderdomme van verskeie rotsmonsters van 'n sekere gelogiese
eenheid. Dit word dan aanvaar dat dit
redelik is om aan te neem dat al daardie gesteentes min of meer op dieselfde
stadium gevorm het en daarom ongeveer dieselfde ouderdom het. Vanuit ondervinding is egter gesien dat elke
rotsmonster verskil in die hoeveelheid ouer- en dogter-element isotope
teenwoordig. Hierdie waardes word dan op
'n grafiek geplot waarvan elke waarde een punt op die grafiek
verteenwoordig. Hierdeur word 'n lineêre
reeks gevorm met 'n skuins kurwe wat dan pas gemaak word op die betrokke
punte. Hierdie lyn word dan
geïnterpreteer as die resultaat van radio-aktiewe verval om 'n
ouderdoms-interpretasie te gee. Hierdie
lyn word die "isochron" genoem (van die Grieks "isos" :
gelyk en "chronos": tyd). Daar
word dan wiskundig aangedui hoe hierdie lyn gebruik kan word om die isochron
"ouderdom" van die geologiese eenheid te meet waarvan die
rotsmonsters geneem is. Hierdie metode
het populêr geword omdat dit nie nodig is om die hoeveelhede van ouer- en
dogter-elemente tydens die vorming van die gesteentes te weet nie. Omdat analitiese toerusting isotopiese
verval-tempo's meet, en nie die hoeveelhede van die iosotope nie, word ouer- en
dogter-isotope gewoonlik uitgedruk as tempo's relatief tot die verwysings-isotoop
waarvan die hoeveelheid nie geaffekteer is met radio-aktiewe verval nie. Dit het meegebring dat hierdie metode maklik
toegepas kan word en dat groter vertroue in die resultate geplaas word.
Is hierdie metode dus flatervry? Alles behalwe.
1) Die aanname dat verval-tempo's dieselfde
gebly het is steeds noodsaaklik.
2) Die aanname dat die sisteem geslote was
is steeds noodsaaklik.
3) Die aanname moet gemaak word dat die
monsters wat geneem is in dieselfde geologiese eenheid voorkom wat in dieselfde
geologiese periode gevorm het.
4) Die aanname moet gemaak word dat die
dogter-element eweredig in die geologiese eenheid versprei het toe die
gesteentes gevorm het.
5) Die belangrike aanname dat geen
wyd-verspreide vermenging / kontaminasie
regdeur geologiese eenheid plaasgevind het nie, kan nie deur die
isochron-metode ontsnap word nie.
Trouens Zheng, Y.-F. (1989. Influences of the nature of the
initial Rb-Sr system on isochron validity. Chemical Geology [Isotope
Geoscience Section], vol. 80, pp. 1-16) het op verkskeie weersprekende isochron-daterings
gewys wat geen geologiese betekenis het nie.
Hy sê:
"A number of anomalous isochrons have
been reported in the literature and various terms have been invented, such as
apparent isochron (Baadsgaard et al., 1976), mantle isochron and pseudoisochron
(Brooks et al., 1976a, b), secondary isochron (Field and Ra- Heim, 1980).
inherited isochron (Roddick and Compston, 1977), source isochron (Compston and
Chappell, 1979), erupted isochron (Betton, 1979; Munksgaard, 1984), mixing line
(Bell and Powell, 1969; Faure, 1977; Christoph, 1986) and mixing isochron
(Zheng, 1986; Qin, 1988). Even a suite of samples which do not have identical
ages and initial 87Sr/86Sr ratios can be fitted to
isochrons, such as aerial isochrons (Kohler and Muller-Sohnius, 1980; Haack et
al., 1982)."
Hy sê verder: "Evidently, the
theoretical basis of the classical Rb-Sr isochron is being challenged and some
limitations of its basic assumptions are being revealed…. Some of what this
paper contains is not new to isotopic geochronologists, but it is drawn
together here for the first time and is placed in a context within unifying
general models for Rb-Sr dating." (id. p.2)
Zheng was natuurlik nie die eerste een om
isochron datering te bevraagteken nie, want dit is al bevraagteken deur
kreasioniste voor hom. So het mense soos
Russll Arndts, Professor in Chemie by St
Cloud State Universiteit in Minnesota, en Dr. William Overn, ‘n voormalige
ingenieur en fisikus by NASA in 'n kort reeks artikels in 1981 getoon dat
isochrons dikwels die gevolg is van wyd verspreide vermenging / kontaminasie tydens gesteentevorming.
Hulle sê: "It is clear that mixing of
pre-existent materials will yield a linear array of isotopic ratios. We need
not assume that the isotopes, assumed to be daughter isotopes, were in fact
produced in the rock by radioactive decay. Thus the assumption of immense ages
has not been proven. The straight lines, which seem to make radiometric data
meaningful, are easily assumed to be the result of simple mixing."
(Arndts, R. and Overn W., 1981. Radiometric Dating, Isochrons, and the
Mixing Model, Bible-Science Association, Minneapolis, USA, reprint series,
p. 25.)
Hulle gaan verder deur te suggereer dat die
aarde wyd-verspreide roering en vermenging ondergaan het wat veral aangehelp is
deur die vrylike beweging van water deur gesteentes (natuurlik baie goed deur
'n wêreldwye vloed verklaar).
Zheng verduidelik die beginsel van
vermenging aan die hand van hidrotermiese (warm water) verandering,
metasomatisme en metamorfisme, waarvan die laaste twee te doen het met
veranderinge in gesteentes a.g.v. vloeistowwe, temperatuur en druk. Zheng sê
bv:
"In some cases, gain or loss of Rb and
Sr from the rocks is so regular that a linear array can be produced on the conventional
isochron diagram and a biased isochron results from the altered rocks to give
spurious age and initial 87Sr/86Sr ratio estimates."
(Zheng, Y.-F. 1989. Influences of the nature of the initial Rb-Sr system on
isochron validity. Chemical Geology [Isotope Geoscience Section], vol.
80, p. 13).
en
"As it is impossible to distinguish a
valid isochron from an apparent isochron in the light of Rb-Sr isotopic data
alone, caution must be taken in explaining the Rb-Sr isochron age of any
geological system" (id. p. 1).
Bron: Andrew, A. Snelling "Radioactive
dating method 'under fire'" op
http://www.answersingenesis.org/creation/v14/i2/radioactive.asp
Dit blyk dus duidelik dat die metodes van
datering te veel aannames berus en dat daar te veel veranderlikes is om dit tot
‘n akkurate tegniek te verhef.
"Ekstrapolasie" verwys na die
tegniek om op grond van huidige data 'n projeksie te maak in 'n tydvak (toekoms
of verlede) waarvan daar nie data beskikbaar is nie. In terme van die natuurlike wetenskappe,
verwys dit na die tegniek om terugwaartse projeksies te maak oor die natuur-geskiedenis op grond van huidige
chemiese, geologiese, genetiese en ander natuurlike data en prosesse. In terme van die natuurlike wetenskappe kan
ekstrapolasie en veral lineêre ekstrapolasie baie gevaarlik wees, want dit
veronderstel dat natuurlike prosesse en omstandighede dieselfde was in die verlede. Die probleem is dat ons slegs data vanuit die
hede tot ons beskikking het. Ons weet
bv. nie hoe die atmosferiese samestelling was 6000 jaar gelede nie: wat die
atmosferiese druk, temperatuur, samestelling van gasse ens. was nie. 'n Ander voorbeeld is of mens rekening hou
met die moontlikheid van 'n globale vloed wat 'n paar duisend jaar gelede sou
plaasvind (wat globale vermenging van gesteentes tot gevolg sou hê) en of daar
enige ander kataklismiese gebeure was in die onlangse verlede waarvan ons dalk
nie weet. Sulke gebeure kon skielike en
drastiese invloede hê op verskeie natuurlike prosesse of tempo's waarteen
prosesse plaasvind. Sodanige data kan
verrykende gevolge hê vir die manier waarop ons na huidige data kyk en hoe ons
projeksies oor die geskiedenis van die aarde maak. 'n Lineêre projeksie is in terme van die
natuurlike wetenskappe myns insiens nie moontlik nie, want daar is te veel
onbekendes en moontlike faktore in die verlede waarvan ons nie weet nie, wat 'n
rol kon speel om huidige data te beïnvloed. Enige vorm van ekstrapolasie op die
veld van die natuurlike wetenskappe kan dus nie aanspraak maak op voldonge
feite nie.
Die mid-oseaniese riwwe, wat op die bodems
van die oseane lê, word gewoonlik verduidelik deur die plaattektoniek-teorie
wat oor beweerde miljoene jare plaasvind.
Volgens hierdie teorie bestaan die buitenste kors van die aarde uit 'n
aantal groot plate (wat elk ook kleiner plate bevat) wat bo-op ‘n meer
vloeibare laag onderkant dit konstant stadig aan die beweeg is, sekeres weg van
mekaar, ander na mekaar en ander langs mekaar.
Hoewel die beweging van plate deur meeste wetenskaplikes erken word, is
daar verskil van mening oor die rigting van beweging daarvan, asook die effek
daarvan. Die meeste aanvaar dat die
mid-odeaniese riwwe die gevolg is van plate wat na mekaar toe beweeg en 'n trog
vorm. Hulle aanvaar voorts dat
bergreekse vorm as kontinentale plate met mekaar of met 'n oseaniese plate
ontmoet. Een van die groot vraagstukke
van plaattektoniese teorie is of die plate altyd teen dieselfde spoed beweeg
het, en of die spoed tans konstant is.
Fossiele van skulpe op bergtoppe laat wetenskaplikes ook wonder oor die
geskiedenis van geologiese lae. Dit bly
egter problematies om die oorsaak vir die beweging van tektoniese plate vas te
stel en ook om 'n uniforme patroon vas te stel waarom sekere plate in sekere
rigtings beweeg.

Volgens die plaatteknoniek-teorie, vorm
daar ‘n trog wanneer ‘n plaat “ingetrek” word, maar dit is 'n goeie vraag
watter krag ‘n 48km-dik plaat (tot 100 km dik) in die mantel van die aarde kan
intrek? Verder behoort die wrywing op
die seebodem dan die breekpunt van die gesteentes te oorskry. Indien die teorie korrek is dat plate wat na
mekaar beweeg in die mantel ingetrek word, sou berge wat op die seebodem
voorkom, as’t ware “afgeskraap” word soos dit in die mantel ingetrek word. Daar is egter nêrens oorblyfsels van so ‘n
aktiwiteit nie.
Deel van die moderne geologiese model, is
die teorie dat vuurspuwende berge bestaan as gevolg van lawa wat vanuit
magma-kamers (ongeveer 100km onder die oppervlak van die aarde) opbeweeg na die
oppervlak. Maar hoe kom die lawa tot by
die oppervlak? Teen hierdie dieptes is
die druk so hoog dat alle krake in die rots toegedruk sal word. Selfs al sou daar ‘n kraak ontstaan, sou lawa
wat deur die kouer rots vloei, stol en die spleet vul. ‘n Ander vraag bestaan: hoe het die lawa daar
gevorm?
Die twee diepste gate wat al ooit gegrawe
is, is in Rusland (12km diep) en in Duitsland (9km diep). Interessant genoeg is mineraal- en soutwater
hierin gevind (nie lawa nie), wat vasgevang is in graniet en rotssplete. Waar kom hierdie water vandaan – siende dat
water a.g.v. onderaardse druk, nie onder die 8km vlak kan sak nie?
Volgens ‘n polulêre teorie, was die aarde
eens gesmelt, en het begin afkoel oor miljoene jare heen. Daar is ‘n aantal probleme met hierdie teorie
ook. Eerstens, die temperatuurgradiënt
(die toename in temperatuur met diepte) variëer baie op verskillende plekke op
die aarde. As die aarde al oor miljoene
jare heen afkoel, behoort die toename in temperatuur uniform wees. Tweedens, as die aarde eens gesmelt was, sou
ligter materiaal na bo gedryf het, en digter materiaal na onder gesak het. Mens sou nie elemente soos goud naby die
oppervlak gevind het nie. Die graniet
wat onder die kontinente te vinde is, is ‘n mengsel van minerale. As hierdie graniet gesmelt word en stadig
afgekoel word, word die onderskeie minerale vertikaal gesorteer tot ‘n gelaagde
patroon op grond van hulle digtheid.
Graniet vorm dan nie weer nie.
Dit vorm slegs weer as dit baie vinnig afgekoel word, soos deur dit met
water in kontak te bring. Wat kon
hierdie verskynsels veroorsaak?
Ander interessante verskynsels, wat op
grond van populêre geologiese modelle moeilik verklaarbaar is, is die voorkoms
van metamorfiese gesteentes soos marmer, wat slegs kan vorm as kalk (CaCO3)
verhit word tot temperature van 900 grade Celcius en druk wat die ekwivalent is
van ‘n 37km hoë rotskolom. Voorts word
groot soutneerslae ondergronds gevind, soos bv. onder die Middellandse See. Dit is gesê dat die hele Middelandse See 8
tot 10 keer heeltemal moes verdamp om so baie sout neer te set.
Oor eeue heen het die mens gewonder oor die
oënskynlike ineenskakeling van die kontinente, maar hulle skakel nie baie goed
ineen nie. Daar is ‘n hele aantal foute
met die passing van Edward Bullard. Hy
het Afrika met 40% verklein en Mexico en die totale sentraal-Amerika verwyder,
en hy het die kontinente relatief tot mekaar geroteer. Niks hiervan het enige geologiese basis
nie. ‘n Ander belangrike faktor wat
oorgesien is, is die feit dat kontinente nie ophou waar die see begin nie, maar
dat hulle dikwels honderde kilometer verder strek onder die see. Kontinente pas egter baie beter met die
mid-Atlantiese rif (sien hidro-plaat teorie). http://www.cryingvoice.com/Evolution
Daar is 'n aantal wetenskaplik waarneembare
getuienis wat inderdaad dui op 'n globale vloed. Die bekendste daarvan is waarskynlik sedimentêre
gesteentes. Vanuit 'n evolusionistiese
perpektief is dit ‘n raaisel waarom sedimentêre lae wat oor miljoene jare sou
vorm, so eweredig en gelyk op mekaar sou lê sonder dat dit d.m.v. erosie van
vorm verander het. Die enigste
verklaring wat logies sin maak en 'n bevredigende verklaring bied vir
sedimentêre lae wat in gelykmatige lae bo-op mekaar lê, is ‘n kataklismiese
vloed-gebeure waar gesteentes op hierdie manier neergelê is. Die swaarste elemente sou onder gaan lê het,
en die ligter gesteentes bo. Dit sou ook
‘n goeie verklaring bied vir gesteentes wat onder water d.m.v. turbidiete
(afsetting onder water deur modderstortings) gevorm het.
Die vloed-model bied ook ‘n uitstekende
verklaring vir die neersetting van fossiele.
Vir ‘n fossiel om te vorm kan dit nie te veel tyd gegee word om te
verrot of te ontbind nie, maar moet skielik deur een of ander gebeure
gepreserveer word. ‘n Vloed, waar lewe
skielik onder grond of modder begrawe word, bied ‘n baie meer realistiese
verklaring hiervoor, veral as in ag geneem word dat daar so baie fossiele in
sekere lae voorkom. Dit sou ook verklaar
waarom fossiele nie meer vandag vorm nie, want plante of diere wat doodgaan
word nie dadelik begrawe nie, maar verrot en verweer.
Indien ‘n globale vloed alle lewe op aarde
sou tref, en daar geweldige moddervloeiings sou plaasvind wat alle lewe bedek,
hoe sal dit plaasvind? Die seelewe sal
waarskynlik onder lê (soos skulpe en klein seediertjies). Bo-op dit sal die visse lê. Bo-op dit sal plantmateriaal afgeset word, en
bo op dit behoort diere (wat vanaf die land en hoër dele kom) afgeset te
word. Voëls en mense behoort saam met
die diere of heel bo-op afgeset te word.
Met geweldige moddervloeiings sal alle lewe min of meer in hierdie lae
gefossileer word. En dit is presies hoe
die gefossileerde gesteentes soos ons dit vandag ken, lyk. Hoewel dit die vernaamste partroon is waarop
fossiele voorkom, is daar baie plekke waar fossiele op ‘n meer lukrake manier
voorkom, waar fossiele in die “verkeerde” periodes neergeset is. Daar is selfs voorbeelde van skulp-fossiele
op bergtoppe. Daar is ook nêrens ‘n
voorbeeld waar al die sogenaamde evolusionêre periodes saam voorkom nie. As dit so sou wees, sou dit 160 km diep
wees. Die mees dramatiese blootstelling
van die geologiese kolom is die Grand Canyon, wat maar 1.6 km diep is. Evolusioniste krap in elk geval kop oor die
feit dat die sogenaamde meer primitiewe vorms van lewe (seediere) net so
gespesialiseerd is soos die landlewe.
Daar is geen bewyse dat landlewe vanuit seelewe ge-evoleer het nie (net
teorieë). Hoewel baie van die ouer
lewensvorme uitgesterf het, is hulle allermins minder gespesialiseerd. Inteendeel, in hierdie verband dui die
fossiel-rekord eerder op devolusie as evolusie.
Die vloed-model verklaar ook heelwat
anomalieë in die fossielrekord. Dit
sluit ontdekkings in soos: moderne perdehoewe wat gevind is in die “cretaceous”
periode in Utah, die gevriesde “Wooly Mammoths” met kos in hulle monde in
Siberië en Alaska (wat dalk verdrink het en gevries het), die massa-grafte van
dinosaurusse in Alberta, Colorado en Utah, asook ander diere regoor die
wêreld. ‘n Groot hoeveelheid steenkool
en gefossileerde bome word in Antarktika gevind. Hoe kon so baie bome en plante groei in ‘n
area wat net ses maande van die jaar son kry?
Selfs die plaattektoniek-teorie sê dat die Suidpool binne-in Antarktika
was sedert koolstof daar gevorm is. ‘n
Wêreldwye vloed sou verklaar waarom bome en plante tot daar kon dryf.
Die massiewe neerslae van petrolium en
steenkool kan ook net bevredigend verklaar word aan die hand van die
vloed-model. Buiten dat bewys is dat die
oudste tipe antrasiet gevorm kan word in ‘n labratorium onder hoë druk, word
steenkool gevorm deur massas dooie plantmateriaal wat saamgepres word. Petrolium kan ook ontstaan vanuit ‘n
organiese oorsprong. Massa-grafte van
dooie diere word onder hoë druk en temperatuur omskep in pertolium – ‘n
scenario wat perfek inpas in die vloed-model.
Die neerslag van kalk is ‘n universele
verskynsel. Kalk word gevorm uit die
geraamtes van mariene eensellige protozoa en alge, en kan slegs gedeponeer word
vanuit relatiewe vlak water. In diep
oseane los die kalsium-karbonaat skulpe oppad na die oseaanvloer op. Die kalkneerslag op land is dus ‘n indikasie
van ‘n wêreldwye bedekking van ‘n relatiewe vlak see. Kalkneerslae van dieselfde ouderdom word
gevind in Noord Amerika, Australië, Europa, Asië en Afrika, en al hierdie
neerslae rus op dieselfde tipe sandsteen.
Die vloed kan ook verklaar waarom mense na
die vloed nie meer so oud geword het nie.
Dit lyk of dit in die post-vloed omstandigheide moeiliker was om te
oorleef. Baie sê dat die aarde se vermoë
om skadelike ultra-violet-strale uit te hou, as gevolg van die vloed verswak
het. Die samestelling van die atmosfeer
het verander.
Die teenwoordigheid van koolstof-14 en
koolstof-12 het waarskynlik verander, asook die hoeveelheid waterdamp wat in
die atmosfeer teenwoordig was. Dit
beïnvloed natuurlik die datering. Veith
skryf:
“Atmospheric carbon forms just 0.0005% of
the current carbon reservoir - 99.66% of the earth's carbon exists in
limestone, 0.31% in oil and gas, and 0.02% in coal. Carbon-14 comes from
nitrogen and is independent of the carbon-12 reservoir. If even a small
percentage of the limestone deposits were still in the form of living marine
organisms at the time of the flood, then the small amount of carbon-14 would
have mixed with a much larger carbon-12 reservoir, thus resulting in a
drastically reduced ratio. Specimens would then look much older than they
actually are.” www.amazingdiscoveries.org
‘n Globale vloed waar daar ‘n geweldige
sirkulasie van water deur gesteentes was, gepaardgaande met geweldige seismiese
aktiwiteit waar groot hoeveelhede gesteentes gesmelt het en grootskaalse vermenging plaasgevind het, kan ook die
vlakke van radiasie en die gevolglike datering
van gesteentes drasties beïnvloed.
Dit kan baie goed verklaar waarom populêre dateringsmetodes op so ‘n ou
ouderdom dui, omdat dit die moontlikheid van ‘n wêreldwye vloed buite rekening
laat.
Die getuienis in antieke godsdienste wat
praat van ‘n vloed-gebeure is merkwaardig.
Buiten die Gilgamesh-Epos en andere, is daar interessante parallelle in die
Chinese kultuur. Die woord “boot” is bv.
saamgestel uit “vaartuig,” “agt,” en “mense.”
Die woord “toring” is saamgestel uit “mens,” “een,” en “mond” (spraak).
(sien byvoorbeeld http://www.morgenster.org/signs.htm,
http://www.apologeticspress.org/articles/485)
Die “Aztecs” van Mexico se vloedverhaal lui
soos volg:
"When mankind were overwhelmed with the deluge, none were
preserved but a man named Coxcox... and a woman called Xochiquetzal, who saved
themselves in a little bark, and having afterwards got to land upon a mountain
called by them Colhuacan, had there a great many children; ...these children
were all born dumb, until a dove from a lofty tree imparted to them languages,
but differing so much that they could not understand one another."
Funk en Wagnall se 1950 Woordeboek vir
Mitologiese Volkverhale sê onder die hofie 'Deluge or Flood’: "A world cataclysm
during which the earth was inundated or submerged by water: a concept found in almost
every mythology in the world."
(sien http://www.trueauthority.com/dinosaurs/death3.htm)
As gevolg van die wetenskaplike getuienis
wat op die waarskynlikheid van ‘n vloed dui, het verskillende teorieë ontstaan
om ‘n vloedgebeure te verduidelik, waarvan die bekendste seker die hidroplaat-teorie is van W Brown. Volgens hierdie teorie het die kontinente nie
vroeër aan mekaar geskakel soos wat Edward Bullard probeer verduidelik het nie,
maar hulle het wel aan mekaar geskakel by die mid-Atlantiese rif.

Dit was met rots verbind, maar is vinnig
ge-erodeer deur die opwaartse spuit van onderaardse water vanuit die
mid-Atlantiese rif. Hierdie onderaardse
water was volgens hierdie teorie ongeveer 16 km onder die aarde se oppervalk,
was ongeveer 1 km dik, en het ongeveer die helfte van die water bevat van dit
wat vandag in die see teenwoordig is.
Die water het opgeloste minerale gasse bevat, veral sout en
koolsuurgas. Onder hierdie water was
basaltiese rots, en onder dit was die aarde se mantel.

Druk het toegeneem in hierdie
waterlaag. Dit kon veroorsaak geword het
deur toename in radio-aktiewe verval binne-in die mantel, wat dit sou laat
uitsit en die water bo dit onder druk sou plaas. Die water sou die kors bo dit onder druk
plaas, en ‘n skeur sou ontstaan waaruit die water in die atmosfeer in sou
spuit, wat geweldige reën regoor die aarde sou veroorsaak.

Dit is ook moontlik dat soos die water die
atmosfeer sou vul, die boonste water kon vries, en as hael neerval om baie
diere lewendig te vries (bv. die Wooly Mammoths). Die water wat uit die skeur kom, sou beide
kante van die skeur erodeer. Sedimente
wat opbeweeg sou die water modderig en dik gemaak het. Hierdie modder sou baie plante en diere
begrawe het en gefossileer het. Dit sou
tot ruste gekom het in ooreenstemming met die digthede van die sedimentêre lae.

Die meeste sedimentêre gesteentes op land
vandag, is gevorm vanuit hierdie ge-erodeerde rots.
Die geweldige energie van die water is deels
omgesit in hitte, wat die water teen ‘n hoë tempo laat verdamp het, en die
oorblywende water baie versadig gemaak het met sout. Die sout het gepresipiteer tot dik lae. Hierdie lae is bedek deur digter lae
sedimente, en die sout wat opwaarts deur die sedimente gevloei het, het die
groot ondergrondse soutneerslae teweeggebring.
Soos wat die soutwater afgekoel het, het gasse uit die oplossing ontsnap
– meestal koolsuurgas. Kalsium-ione (van
die basalt onder dit) en opgeloste koolsuurgas het gepresipiteer tot groot
hoeveelhede kalksteen (CaCO3).
Die vloed het baie plante en bome ontwortel en dit in gevalle tot by die
Suidpool laat dryf.
As gevolg van die vloed het het die
kontinente vinnig oos en wes geskuif vanaf die mid-Atlantiese rif, en tot in
hulle huidige posisies tot stilstand gekom.
Hierdeur is die lae organiese materiaal wat begrawe is, verhit en
saamgepers, en dit het vandag se steenkool- en olie gevorm.
Die sentrifugale krag wat bestaan as gevolg
van die draai van die aarde is die grootste by die ewenaar. As gevolg daarvan was die uitwaartse “trek”
op die basaltlaag die grootste by die ewenaar.
Die basaltlaag het verskeie kere na bo gedruk soos ‘n spiraal-veer wat
inmekaargedruk word, en het omliggende materiaal laat onstabiel raak en dit laat
oplig en wegtrek. Dit het die
mid-Atlantiese rif gevorm.

Die uitkomende water het die rif verder
verbreed en die basalt laat kraak om kleiner parallelle riwwe te laat
vorm. Die kontinentale plate is verskeie
keer aan die kante van die rif opgelig en teen die helling laat afbeweeg na die
ooste en die weste, met die waterlaag onder dit as smering. Die dieptepunt van die Atlantiese Oseaan het
ook oopgemaak tussen die twee Amerika’s en tussen Eurasië en Afrika. Die hidro-plate het aanhou beweeg totdat dit
tot stilstand gekom het deurdat die waterlaag onder die aarde te klein geword het,
of deurdat dit met iets gebots het. Die
weskus van Noord Amerika het bv. gebots teen die mid-Oseaniese rif van die
Stille-Oseaan. Indië het met Asië
gebots. Botsing en opwaartse
onstabiliteit het groot bergreekse tot gevolg gehad, en afwaartse onstabiliteit
het oseaniese trôe tot gevolg gehad.
Afhangende van die rigting waarin die kontinente gedryf het, parallel
met die mid-oseaniese riwwe, het bergreekse gevorm. Daarom is die Himalayas bv. noordwes tot
suidoos a.g.v. die mid-Indiese rif. Toe
die hidro-plate teen die basaltlaag gegly het, het die wrywing hitte
veroorsaak, wat metamorfiese gesteentes, asook magmakamers tot gevolg gehad
het. Sommige daarvan het ontsnap om
vulkane te vorm. Saampersing van
hidro-plate was die grootste by die Stille-Oseaan – vandaar die hoë vulkaniese
aktiwiteit. Die oorblyfsels van die
hitte word nou geometriese hitte genoem.
Van die oorblywende onderaardse soutwater het boontoe gevloei deur die
saamgepersde graniet en die krake gevul.
Dit is wat gevind is in die twee diep geboorde gate in Rusland en
Duitsland. Die meeste sout in die see
kom van die onderaardse soutwater, aangesien die see voor die vloed minder sout
bevat het.

Na die saampersing-gebeure toe die
kontinente verdik het en die vernaamste bergreekse gevorm het, het die
kontinentale plate tot ruste gekom op die vloer van die onderaardse kamer, en
die onderaardse water is nie meer na bo geforseer nie. Die vloedwater oor die kontinente het tot
stilstand gekom in nuut-gevormde oseaniese komme tussen die kontinente. Voor die vloed was die vloer van die komme
deel van die vloer van die ondergrondse waterkamer, en het op ‘n diepte van
ongeveer 17 km gelê. Dit beteken dat die
seevlak net na die vloed ‘n paar kilometer laer was as vandag. Daar was land-brûe tussen die kontinente wat
nie meer vandag bestaan nie. Mense en
diere kon oor hierdie brûe heen migreer.
Soos wat die water terugbeweeg het na die komme, het dit diep kanale
ge-erodeer in die kontinentale hellings, wat ondersese canyons genoem
word. Sommige dele van die basaltvloer
is bedek deur kontinentale plate waar ander dele bedek is deur water. Die plate wat verdik is, het ‘n groter druk
op die vloer veroorsaak as die water.
Oor die jare heen het die kontinentale plate in die basaltlaag
“ingesink” terwyl die verplaasde basalt die oseaanvloer opgelig het. Dit het die seevlak laat styg en die
land-brûe laat verdwyn. Sommige diere is
“vasgevang” op einlande ver van vandag se kontinente (bv. die verskillende
spesies op die Galapagos Eilande). Soos
die kontinente in die basaltlaag ingesink het, het die druk aan weerskante van
die bergreekse verhoog. Swakker streke
van die kors het gekraak en is opgelig om vandag se plato’s op droë grond en op
die oseaanvloer te vorm. Dit is waarom
plato’s gevind word langs groot bergreekse, soos die Tiberiese Plato langs die
Himalayas en die Colorado-Plato langs die Rocky Mountains, ens. Die dreinering van die vloedwater het die
kontinentale komme tot op die rante gevul, wat die groot mere teweeggebring
het. Baie van die mere het gekrimp oor
die jare. Ander mere het meer water
gekry en begin oorloop op hulle laagste punt en deurgebreek om canyons te
vorm. Die water het dan in die laagste
kom gevloei wat weer oorstroom het om weer opnuut ‘n canyon te vorm. Die drywing van die kontinentale plate het
druk en skeurings veroorsaak. Die groot
plate wat in die rigting van die Stille-Oseaan beweeg het, het die druk onder
die Stille-Oseaan vergroot en lawa-vloeiinge en ondersese vulkane
veroorsaak. Die einde van die vloed het
ook die begin van die planeet se aardbewings beteken. Op menige plekke is rots afgeforseer om hoër
druk en temperatuur te veroorsaak. As
sekere minerale ‘n sekere druk en temperatuur bereik, ondergaan dit
transformasie op atoomvlak (bv. olivine), en word meer dig, hoewel dit minder
plek opneem. As ‘n rots ‘n kritieke punt
bereik, gee dit mee en veroorsaak ‘n skudding – ‘n diep aardbewing. Die omgekeerde van hierdie proses kan ook
gebeur. Vlak aardbewings kan ook
veroorsaak word deur oorblywende onderaardse water wat opstoot en krake laat
groter word a.g.v. hoër druk. Dit duur voort
tot op ‘n kritieke punt waar skielike beweging begin. Dit kan verklaar waarom fonteine se
watervlakke verander net voor ‘n aardbewing.
Die water dien dan as ‘n smeermiddel.
Die skuur van lae teen mekaar verhit die water en verander dit tot
stoom. Hierdie hoë-druk stoom veroorsaak
dan ‘n weghol-proses wat ‘n vlak aardbewing teweeg bring.
W Brown op http://www.creationscience.com/onlinebook/HydroplateOverview.html
http://www.cryingvoice.com/Evolution
http://www.samizdat.qc.ca/cosmos/origines/hydroplaques/engl.htm#
Baie mense aanvaar dat dinosaurusse
ongeveer 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het, maar daar is aanduidings dat
dinosaurusse wel saam met mense voorgekom het.
Die voetspore wat in die Paluxy Rivier in Texas voorkom, het uiteenlopende
reaksies onder wetenskaplikes tot gevolg (daar is ook sprake van hierdie
verskynsel in Rusland en Arizona).

In terme van die spore wat in die Paluxy
Rivier voorkom, is daar verskil van mening of dit slegs dinosaurusspore is en
of daar ook spore van mense tussenin is.
Hoewel naturalistiese wetenskaplikes ten sterkste sal ontken dat daar
tekens van menslike spore is, is daar 'n aantal navorsers wat wel duidelike
tekens sien van menslike spore wat saam met die dinosaurusspore teenwoordig is. Daar bestaan egter heelwat kontroversie
daaroor, want hoewel daar 'n hele aantal spore is wat duidelik menslik lyk, is
daar ander spore in dieselfde reekse wat met die eerste oogopslag lyk of dit
slegs dinosaurusspore is. Baie van
hierdie spore is egter van so aard dat dit lyk asof die menslike spore binne-in
die dinosaurusspore voorkom. Wat die
analise en interpretasie van die verskynsel verder bemoeilik is die feit dat
daar reeds soveel verwering in die gesteentes plaasgevind het. Vir foto's en verdere besprekings, sien
hierdie skakel:
http://paleo.cc/paluxy/paluxy.htm
http://www.bible.ca/tracks/tracks.htm
Dinosaurusse het in elk geval nie heeltemal
uitgesterf nie, want krokodilspesies, en spesies soos die “komodo dragon” leef
vandag nog. Almal pas die beskrywing van
dinosaurusse. Baie spesies was in elk
geval kleiner as hierdie genoemde spesies.
Groter dinosaurusse wat saam met mense
leef, sou nie ‘n geweldige bedreiging vir mense inhou nie, want dit lyk of die
diere voor die vloed almal vegetaries was (soos later verduidelik sal
word). Hoewel beendere van dinosaurusse
aangegee word as bewys vir evolusie, is dit nie ‘n bewys nie, want geeneen van
die beendere dui op evolusie as sodanig nie, en hulle skielike verdwyning kon
nog nie bevredigend deur evolusioniste verklaar word nie. Die vloed is die enigste bevredigende
verklaring vir die uitsterf van meeste dinosaurusse.
Iets wat nog altyd ‘n raaisel was vir
wetenskaplikes, is die feit dat ‘n spesie soos die Apatosaurus sulke geweldige
klein longe en neusgate gehad het in vergelyking met sy liggaamsbou.

Baie het besef dat hierdie spesie doodgaan
het a.g.v. ‘n tekort aan suurstof. Die
vraag bestaan egter steeds: hoe kon hierdie spesie enigsens geleef het en so
groot wees met so min suurstof in die lug?
Die antwoord is klaarblyklik dat die atmosfeer in sy leeftyd meer
suurstof gehad het. Soos reeds bespreek,
sou ‘n kataklismiese vloed die meeste van die dinosaurusse laat uitsterf het,
want daar is baie aanduidings dat die druk en die suurstofinhoud van die
atmosfeer heelwat hoër was voor die vloed.
So bv. is amber op verskillende plekke al gevind met pre-historiese
biologiese materiaal of goggatjies binne-in vasgevang. Wat egter van belang is, is die feit dat die
lug-borreltjies binne-in hierdie amber-stukke 30% meer suurstof bevat as die
hoeveelheid suurstof wat in vandag se atmosfeer bestaan.
http://www.trueauthority.com/dinosaurs/death.htm
'n Ander interessante feit is dat rooibloedselle en hemoglobien gevind is
in dinosaurusbeendere wat opgegrawe is. Daar
is gedeeltes in hierdie beendere wat dus nog nie gefossieleer het nie. Dit is natuurlik 'n goeie aanduider dat die
beendere nie veel meer as 'n paar duisend jaar oud kan wees nie (Batten D (ed)
et al 1999:77).
Hier onder is 'n ontdekking wat vroeg in
2005 gemaak is van dinosaurus-weefsel wat nog rooi en elasties is. Dit is onmoontlik dat hierdie weefsel oor
miljoene jare heen behoue kon bly.
(sien artikel deur Dr C. Wieland op
AnswersInGenesis.org: http://www.answersingenesis.org/docs2005/0325Dino_tissue.asp
).

A: Die pyltjie wys na 'n weefselfragment wat steeds
elasties is.
B: Hierdie gedeelte het ook 'n "vars voorkoms"
wat die teorie dat dit miljoene jare oud kan wees, onhoudbaar maak.
C: Stukke been dui daarop dat die veselagtige struktuur
steeds teenwoordig is, wat as dit vergelyk word met die meeste fossielbeendere,
nie hierdie struktuur het nie.
Op 'n vroeër stadium is 'n baie eienaardige
verskynsel opgemerk deur Dr Schweitzer wat opgegraafde beendere van die T. rex ondersoek het.

Links: Hierdie elastiese vertakkings-strukture in die T. rex been wat deur Dr. Schweitzer
ondersoek is, kan geïdentifiseer word as bloedvate.
Regs: Hierdie mikroskopiese strukture kon uitgedruk word
uit sommige bloedvate, en "lyk soos selle" soos die navorsers uitgewys
het. Hoe is dit moontlik dat hierdie
verskynsel miljoene jare oud kan wees?
http://www.answersingenesis.org/docs2005/0325Dino_tissue.asp
Daar bestaan talle "lewende fossiele." Dit is spesies wat vandag bestaan maar ook in
fossiele voorkom. Ontdekkingsreisigers
en inboorlinge in Afrika het dinosaurus-tipe diere tot onlangs in plekke soos
die Kongo-woude gevind. (Batten D (ed)
et al 1999:244-245).
'n Ander voorbeeld is gefossileerde
haaitande wat regoor die wêreld gevind is, wat nie juis verskil van die tande
van huidige haaie nie. In terme van die
ontdekking van haaitande, sê die New Encyclopedia Britannica: "...the lines of evolution remain to be discovered." (die
tande van die “Megalodon,” ‘n groot haai wat uitgesterf het, wat oënskynlik
miljoene jare gelede geleef het, se tande verskil min van die haaitande van
vandag). Die ander bekende voorbeeld is
natuurlik die selekant, wat volgens sommige se berekeninge sowat 400 miljoen
jaar oud moet wees.

Dit is egter
merkwaardig dat die selekant van vandag feitlik niks verander het van die
fossielrekord nie.


Nog 'n voorbeeld dat mense en
"fossiele" saamgeleef het is prente wat deur inboorlinge in Amerika
gedoen is wat sketse bevat van dinosaurusse en "Mammoths." Evolusionêre denke het mense egter
geïndoktrineer dat dinosaurusse nie saam met mense kon leef nie, daarom sal
wetenskaplikes nie hierdie tekeninge interpreteer as tekeninge van dinosaurusse
nie (Batten D (ed) et al 1999: 245). Die
sg. drake waarvan daar heelwat stories in die geskiedenis is, is waarskynlik
ook dinosaurusse. Gilgamesh praat van 'n
groot draak wat hy teëgekom het toe hy bome gaan afkap het (ongeveer 2000
vC). Alexander die Grote het op Indiërs
afgekom wat groot blasende reptiele aanbid het wat hulle in grotte gehou het
(330 vC). China is bekend vir hulle
draak-stories. Dit is promionent op
hulle potte, borduurwerk en graverings.
Engeland het 'n storie van 'n ene St George wat 'n draak doodgemaak het
wat in 'n grot geleef het. Daar is 'n
storie van die tiende eeuse Ier wat skryf oor sy geveg met wat 'n Stegosaurus
blyk te wees. In die vyftienhonderds,
het 'n wetenskaplike boek "Historia Animalium" 'n aantal diere gelys
wat in lewende vorm aangeteken is, wat ons vandag dinosaurusse sal noem. 'n Bekende natuurkundige, Ulysses
Aldrovandus, het 'n geveg tussen 'n landbouer genaamd Baptista en 'n draak
aangeteken. Die beskrywing daarvan pas
die van 'n Tanystropheus. Dit het gebeur
op 13 Mei 1572 naby Bologna in Italië (Batten D (ed) et al 1999:235-236).
Baie van die wetenskaplikes wat die
vloed-gebeure erken, konstrueer die omstandighede voor die vloed soos
volg: Hulle sê daar was waarskynlik ‘n
yslaag aan die bo-kant van die atmosfeer wat in plek gehou is deur die aarde se
magnetiese veld (wat heelwat hoër was omdat die halfleeftyd daarvan 1400 jaar
is). Teen ‘n baie lae temperatuur
veroorsaak ys ‘n magnetiese effek, wat ‘n bedekking vir die aarde gevorm het
teen skadelike radiasie van die son. Die
atmosferiese druk sou as gevolg hiervan dubbeld wees as wat dit vandag is, wat
heelwat meer suurstof sou verskaf, en die aarde in ‘n geweldige “greenhouse”
sou omskep. Lewe onder sulke
omstandighede sou sonder perke gefloreer het.
Plante en diere sou heelwat groter gewees het, insluitende die
dinosaurusse. Dit sou ‘n goeie
verklaring wees vir die Apatosaurus met die klein longe. Hy sou maklik kon floreer. Dit sou natuurlik ook ‘n goeie verklaring
bied vir die Bybel wat sê dat die mense negehonderd en meer jaar oud geword
het.
Daar is ook aanduidings dat die aarde heel
waarskynlik ook nie so erg skeef gestaan het op sy as nie, en dat daar nie
sulke skerp kontraste tussen seisoene was nie, maar dat daar amper ‘n tropiese
klimaat regoor die aarde sou wees. Baie
spesies sou baie nader aan die pole kon leef as vandag.
W Brown op http://www.cryingvoice.com/Evolution
Die vloed sou veroorsaak dat die gemiddelde
temperatuur van die aarde heelwat afgeneem het.
Daar bestaan 'n sterk moontlikheid dat daar 'n relatiewe kort ystydperk direk na die vloed was (sien
bv. Batten D (ed) et al 1999:187-198 vir 'n wetenskaplike bespreking
hiervan). Na ‘n ruk, toe plante weer
rondom die trope begin floreer het, was dit waarskynlik te laat vir meeste
groot dinosaurus-spesies en baie ander spesies wat gesukkel het om aan te pas
in die nuwe toestande.
Van al die opgrawings van beendere van ape
of sogenenaamde voorfases van mense, is die bekendstes seker die
“Neandertalman,” en Australopithecus met die naam Lucy (‘n 40% skelet sonder
bo- of onderkaak, sonder voete of hande van ‘n 1.1m hoë aap van 29 kilogram wat
nie regop geloop het nie). Lucy is deur
sekeres gerekonstrueer met ‘n bokaak, ‘n onderkaak, ledemate en al, sodat dit
soos ‘n mens moet lyk. As die kopbeen
van Australopithecus egter met die van ‘n shimpanzee en die van ‘n mens
vergelyk word, kan duidelik gesien word dat Australopithecus ‘n aap is en nie
‘n mens nie.

Nêrens is enige tussenfases van beendere
gevind om die evolusie van die mens uit ‘n aap te bevestig nie. Dit het evolusioniste egter nie daarvan
weerhou om allerlei metodes te volg om een of ander tussenfase (tussen aap en
mens) te voorskyn te bring nie. Daar is
dikwels enkele gedeeltes van kopbene gevind, en met klei opgebou na ‘n
volledige kopbeen, wat oënskynlik ‘n tussenfase sou wees, maar dan is dit so
geïnterpreteer deur die kunstenaar sonder dat daar enige wetenskaplike basis
daarvoor is. Die “Piltdown man: Eoanthropus dawsoni”
(1908-1912) het wetenskaplikes later ontbloot as ‘n volledige fabrikasie van
verskillende spesies, insluitende mensbeendere. Op ‘n ander stadium is die sg. “Nebraska Man”
(1922) se tand ontdek wat later as ‘n vark-tand geïdentifiseer is.
Die “Homo habilis” spesie, waarvan KNM-ER
1470 die bekendste is, waarvan ‘n fossiel-kopbeen en beendere deur East Rudolph
in Afrika gevind is (in 1972), is ‘n aap-spesie wat nie regop geloop het
nie.

Aanvanklike rekonstruksie van KNM-ER 1470
Moderne been-skandering het die kopbeen
geïdentifiseer as ‘n Australopithecus met ‘n effens groter brein. Christopher Hummer het die aandag gevestig op
sekere eienskappe wat sterk op Australopithecus dui, bv. die manier waarop die
kopbeen uitwaaier na onder, die lang boonste lip wat kenmerkend van ‘n aap is,
en die “cranio-facial index” (59.0) wat dit gemaklik binne die Australopithecus
spesie se reikwydte van 51.0 tot 59.0 laat val (die menslike reikwydte is 30.0
tot 45.0).

Meer resente rekonstruksie van KNM-ER 1470
(1985)
Baie wetenskaplikes is dit eens dat hierdie
spesie dus glad nie onder die term “Homo” geklassifiseer moet word nie en sterk
ooreenkomste toon met die KNM-WT 17000 kopbeen (‘n Gorilla-kopbeen van die
Australopithecus spesie) Die ER 1813
kopbeen val ook in dieselfde selfde lyn.
Dit vertoon sterk ooreenkomste met ‘n pigmee-shimpanzee.
Baie opgrawings van “Homo Erectus” (regop
man; bv. ER 3733 en ER 3883) toon aan dat gereedskap deur hierdie spesie
gebruik is, vuur gemaak is, dat hulle hulle dooies begrawe het, en dat hulle
seevaardig was. Hoewel hulle gemiddelde breingrootte effens kleiner
is as moderne mense, is dit binne menslike mate. “CAT scans” dui daarop dat hulle regop geloop
het net soos ons. Baie evolusioniste
plaas hulle as gevolg hiervan binne die Homo sapiens spesie (die mens). Daar is geen wesentlike rede waarom hierdie
spesie as ape of ‘n tussen-fase tussen ape en mense beskou moet word nie.

‘n Tipiese Homo Erectus, gevind in Koobi
Fora in Afrika (1975).
Die Neandertalman, wat vir lank beskou is
as ‘n tussen-fase tussen ape en mense, is gekenmerk deur evolusionêre
bevooroordeeldheid. Evolusioniste het
hulle daarom nie regop laat loop nie. Dit
is versterk deur die feit dat sekere lede van die spesie wat opgegrawe is, gely
het aan ‘n been-siekte (rickets), wat veroorsaak is deur ‘n Vitamien D tekort
(dalk a.g.v. min sonlig net na die vloed of a.g.v. grotbewoning). Dit het veroorsaak dat die beendere krom
getrek het. Later is gemeen dat hulle
volledig aan die menslike spesie (Homo sapiens) behoort, want hulle het mekaar
begrawe en musiekinstrumente en ornamente (soos tipe juwele) is in hulle grafte
gevind. Die variasies op hulle
breingrootte kom ooreen met variasies binne die menslike spesie vandag
(Neandertal 1600cm3, en die mens 1000 tot 1500 cm3). Op baie plekke is mense en Neandertal saam
begrawe. Op ander plekke is daar
duidelike aanduidings dat menslike beendere sekere eienskappe van Neandertal
vertoon, wat sterk daarop dui dat Neandertal en mense vermeng het, omdat hulle
klaarblyklik aan dieselfde spesie (die mens) behoort het.
Oor die jare het wetenskaplikes nuwe
gevolgtrekkings oor die Neandertal gemaak, omdat hulle DNA monsters van Neandertal
met menslike DNA vergelyk het, en is onlangs deur evolusioniste as 'n aparte
spesie van die mens geklassifiseer, en nie as 'n voorfase van die moderne mens
nie. Plaisted skryf:
"Some data about this result are given
in an article in Science vol. 277 July 11, 1997, pp. 176-178. The method used
to extract the DNA was the polymerase chain reaction, which on old and damaged
DNA is highly error prone. The DNA was in fragments about 100 base pairs long,
which had to be pieced together into a region 379 base pairs long. This process
of piecing together took three months of work. Among the fragments found were
some that looked like modern human DNA, and these were considered to be
contamination." (Plaisted, DA http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/neanderthal.html
). Hierdie proses is twee keer gedoen,
en dieselfde reeks is by altwee kere verkry.
Die resultaat is vergelyk met 986 verskillende reekse van mense. Die enkele reeks het met die van mense gemiddeld verskil op 25.6 posisies (wat
op sigself 'n ongeldige vergelyking is).
Lewende mense verskil van mekaar op 'n gemiddeld van 8 posisies. Die maksimum verskil wat aangeteken is by
mense, is 24 posisies, wat die Neandertal baie naby plaas aan normale menslike
variasie (shimpanzees verskil bv. op 55 punte) . Maar die patroon van mutasies in die
Neandetal reeks was verskillend van die in mense. Hoewel dit bevraagteken kan word of die DNA
reeks van die Neandertal betroubaar is (a.g.v. die relatief klein monster en
die ouderdom daarvan), sou mens aanneem dat die DNA monster wel korrek is, moet
mens vra of hierdie mutasies ontstaan het a.g.v. evolusie of 'n
omgewings-faktor. Daar is aanduidings
dat die Neandertal morfologies meer argaïes geword het met tyd en eerder
gedegenereer het as ge-evoleer het (sien bv. ML Lubenow, outeur van Bones of
Contention). Dit kan 'n aanduiding wees
dat die mutasies die gevolg is van 'n omgewingsfaktor. Genetiese isolasie, wat waarskynlik die geval
was met die Neandertal, kon die mutasie-tempo a.g.v. "inbreeding"
verhoog.

Moderne shimpanzee

Ape
(A) Shimpanzee
(B) Australopithecus
(C) Australopithecus africanus
(D) KNM-ER 1813
(E) OH24
(F) KNM-ER 1470
(G)
D2700
Mense
(H) KNM-ER 3733
(I)
"Rhodesia man"
(J)
Homo sapiens neanderthalensis
(K)
Homo sapiens neanderthalensis, La Chappelle-aux-Saints
(L) Homo sapiens neanderthalensis, Le
Moustier
(M)
Homo sapiens sapiens, Cro-Magnon I
(N) Homo sapiens sapiens,
modern
http://www.cryingvoice.com/Evolution
http://www.answersingenesis.org/creation/v25/i1/apemen.asp
http://www.answersingenesis.org/docs2003/1003neandertal.asp
http://www.answersingenesis.org/tj/v13/i2/skull_1470.asp
Plaisted, DA http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/neanderthal.html
Een van die wesentlike vrae wat gevra moet word indien
mens sou kies vir ‘n teorie van evolusie m.b.t. die mens, is waarom bestaan
ape, gorilla’s en shimpanzee’s vandag nog naas mense? Waarom stem hulle soveel ooreen met die sg.
voorfases van mense? Of hoe kon dit
gebeur het dat hulle op 'n manier nie ge-evoleer het nie en die mens wel? Was hulle vir so lank in isolasie? Beteken evolusie dat slegs een lyn van die
spesie evolueer en die ander nie? Wat
sou bepaal dat een gedeelte evoluleer en ‘n ander gedeelte nie? Beteken dit dat evolusie lukraak is of
geïsoleerd is tot sekere dele van spesies?
Indien hulle van ‘n vroeër spesie ge-evoleer het, van watter
spesie? Nie een van hierdie vrae kan
bevredigend deur evolusioniste beantwoord word nie.
Natuurlike seleksie is die proses waarin
organismes met oorerfbare eienskappe (gene) wat beter aanpas by hulle omgewing,
neig om meer jongelinge te produseer as ander lede van die bevolking. Hierdie organismes het ‘n groter kans om
hulle gene na die volgende generasie oor te dra. Die beter gene word van generasie na
generasie oorgedra en neem toe in frekwensie, terwyl die swakker gene feitlik
verdwyn. Hierdie proses verseker dat die
nuwe generasies van die populasie meer lewensvatbaar is en beter aangepas is by
hulle omgewing. Dit is belangrik om
daarop te wys dat die proses van natuurlike seleksie sekere genetiese inligting
laat verdwyn (die swakker gene), maar
dit kan nie nuwe informasie skep nie.
Darwin het gedink dat natuurlike seleksie
‘n kreatiewe proses is wat vir ‘n onbepaalde tyd kan voortduur, wat nuwe
eienskappe na vore kan bring, en op die langduur selfs nuwe tipes organismes
kan genereer. Maar natuurlike seleksie
kies per definisie slegs vanuit bestaande eienskappe, dit kan nie nuwe
eienskappe genereer nie. Die gene van
die swakkeres in ‘n spesie word slegs uitgevee, en daarom raak die genetiese
poel van die volgende generasie meer beperk.
Volgens Darwin het al die spesies ontstaan vanuit stadige, graduele
veranderinge oor miljoene jare met die hulp van natuurlike seleksie. Hy het dan die molekuul-tot-mens oorgang
verduidelik deur hierdie beginsel te ekstrapoleer tot by die heel eerste
sel.
Natuurlike seleksie is ‘n vorm van mikro-evolusie. Mikro-evolusie is ‘n vorm van oppervlakkige
vernadering binne ‘n spesie as gevolg van omgewingsfaktore of kunsmatige
teling. As gevolg van die feit dat geen
nuwe genetiese informasie toegevoeg kan word nie, word variasies beperk tot die
spesie se oorspronklike genetiese poel.
Met kunsmatige kweking van vrugte- of groente variëteite is die aantal
goeie eienskappe wat gekweek kan word, beperk tot die totale genetiese poel -
‘n “plato” van goeie eienskappe word bereik.
Geen nuwe spesies kan hieruit ontstaan nie.
Makro-evolusie
is die beweerde proses wat
sou toelaat dat lewensvorme voortduernd toeneem in kompleksiteit en nuwe
eienskappe kan vorm deur nuwe genetiese inligting toe te voeg wat glad nie
voorheen bestaan het nie. Makro-evolusie
is nog nooit waargeneem nie en word ook nie deur die fossiel-rekord ondersteun
nie. Evolusioniste haal altyd voorbeelde
van mikro-evolusie aan – horisontale of afwaartse veranderinge – om die
opwaartse proses van makro-evolusie te probeer ondersteun.
Baie evolusioniste (ongeveer in die begin
van die 20’e eeu) het begin besef dat natuurlike seleksie nie meer as
grondbeginsel kan dien vir makro-evolusie nie, en het evolusie begin verklaar
aan die hand van mutasies. Mutasies ontstaan as daar foute kom met die
kopiëring van die DNA-molekules.
Mutasies kan egter nie nuwe
informasie toevoeg nie, dit kan slegs informasie wegneem. Die meeste mutasies is daarom skadelik, en
baie daarvan is dodelik. Daar is nog geen mutasie aangeteken waarin die resultaat een of ander vorm van progressie toon nie.
As evolusie ooit plaasgevind het, sou daar
tussen-spesies wees, soos bv. ‘n half-reptiel of ‘n half-voël, ens. Darwin het gesê dat sy teorie bevestig sal
word so gou soos sulke fossiele deur paleontoloë gevind word. Dit het egter nog nooit gebeur nie!
In 1972 het die teorie van “punctuated
equilibrium” ontstaan – ‘n meer komplekse teorie waar lewe in ‘n statiese
toestand verkeer het, en gekenmerk is deur kort evolusionêre ontploffings. Volgens hierdie teorie, het hierdie
ontploffings in ‘n geografies afgesonderde populasie van ‘n sekere spesie
ontstaan en ‘n nuwe dogter-spesie laat ontstaan in ‘n baie kort tyd. Dit sou die gebrek aan fossiele
verklaar. Die probleem is dat as lukrake
mutasies en natuurlike seleksie oor lang periodes nie tot nuwe spesies kon lei
nie, hoe kon dit nuwe spesies voortbring in sulke kort periodes? Dit sou juis wonderwerke verg.
http://www.cryingvoice.com/Evolution
Dit dui daarop dat daar in vele lewende
organismes op aarde 'n vlak van kompleksiteit en intelligensie bestaan wat nie
aan die hand van die evolusie-teorie verklaar kan word nie, en dus suggereer
dat dit die resultaat is van intelligente ontwerp. Dit op sy beurt suggereer dat daar 'n
Intelligente Ontwerper is. Die Intelligent Design Movement is 'n
wêreldwye organisasie van wetenskaplikes (nie noodwendig Christene nie) wat
kritiek lewer op die evolusie-teorie vanuit die beginsel van intelligente
ontwerp. Vir William A. Dembski, een van
die leidende figure in die ID beweging beteken die term "ontwerp" die
volgende:
1. die wetenskaplike teorie wat 'n intelligente
agent onderskei van natuurlike oorsake,
2. wat dit is aangaande
intelligent-vervaardigde objekte wat ons in staat stel om te sê dat dit
intelligent vervaardig is en nie gewoon die resultaat is van natuurlike oorsake
nie, en
3. die intelligente agent self.
http://www.apologeticspress.org/articles/180
Een so 'n voorbeeld van intelligente
ontwerp is die menslike oog. Die manier
hoe die oog werk het bepaalde ooreenkomste met hoe 'n kamera werk. Dit bevat die volgende komponente:
|
DIE OOG |
DIE KAMERA |
|
Ooglid |
Lensdeksel |
|
Lens |
Lens |
|
Naby
fokus |
Naby
fokus |
|
Wye
hoek |
Wye
hoek |
|
Telefoto |
Telefoto |
|
Siliêre
spier/lens |
Outomatiese
fokus |
|
Iris
+ Pupil |
Ligmeter |
|
Retina |
Film |
|
Stafies |
Swart
en wit |
|
keëltjies |
Kleur |
|
Brein |
Verwerking |
Die beeldgehalte wat kameras kan lewer is
egter nog ver agter die beeldgehalte van die oog. Die verskil kom in dat die oog 1.5 miljoen gelyktydige
boodskappe kan hanteer. Dit samel 80%
van alle kennis in wat deur die menslike brein geabsorbeer word. Die retina bevat 137 miljoen lig-sensitiewe
reseptorselle, 130 miljoen stafies (wat die oog in staat stel om swart en wit
te sien) en 7 miljoen keëltjies (wat die oog in staat stel om in vol kleur te
sien). Op 'n gemiddelde dag beweeg die
oog ongeveer 100 000 kere, wat milligram vir milligram van die swaarste
spierweefsel in die liggaam is. Die
ligaam sal 80 km per dag moet loop om die beenspiere dieselfde hoeveelheid
oefening te gee. Die oog maak homself
skoon. Traankliere vervaardig
afskeidings (bv. trane) wat stof en ander vreemde partikels weg was. Ooglede is soos ruitveërs. Die oogknip-proses (3 tot 6 keer per minuut)
hou die sensitiewe kornea klam en skoon.
Trane bevat 'n sterk mikrobe-doder (lisosime) wat die oog beskerm teen
bakteriese infeksie. Gedurende tye van
inspanning sal een oog "rus" terwyl die ander oog 90% van die werk
doen. Die proses word dan omgekeer sodat
beide oë ewe veel werk doen. Die brein
ontvang miljoene gelyktydige boodskappe van die oog. Wanneer die aangewese golflengte of lig
teenwoordig is, aktiveer elke stafie en keëltjie 'n elektriese respons na die
brein, wat dan 'n saamgestelde stel ja-of-nee boodskappe van al die stafies en
keëltjies ontvang. Dit sorteer en
organiseer dit en presenteer die ooreenkomstige beeld daarvolgens. Die sterkte van elke elektriese impuls is 'n
paar miljoenstes van 'n volt. Dit word
deur die optiese senuwee vervoer en word aan die brein oorgedra teen 480
km/h. Die brein ontvang die seine wat
invloei en interpreteer dit. Al hierdie
komplekse elektromagnetiese aktiwiteit word voltooi in ongeveer .002 van 'n
sekonde (Ratcliff, 1980. I Am Joe's Body, p 25-29)
Selfs Darwin het erken:
"To suppose that the eye with all its
inimitable contrivances for adjusting the focus to different distances, for
admitting different amounts of light, and for the correction of spherical and
chromatic aberration, could have been formed by natural selection, seems, I
freely confess, absurd in the highest degree." (Darwin 1956, p. 167).
Tog het Darwin later vas geglo dit is
presies wat gebeur het.
B Thompson, The Design Argument - "Eye” of the Storm op http://www.apologeticspress.org/articles/1983
Dit bly steeds 'n raaisel hoe evolusioniste
nie wil erken dat die evolusie-teorie vir iets so gespesialiseerd soos die oog,
nie in sy wildste projeksies kan voorsiening maak nie, en dit terwyl 'n kamera
wat wel ontwerp is nie naastenby kan kompeteer met die oog nie. Om te dink dat iets soos 'n oog sommar so
vanself moes ontwikkel het vanuit die meganisme van natuurlike seleksie. En dit nadat lewe moes ontwikkel vanuit dooie
materie, wat op sy beurt moes ontwikkel vanuit niks!
Buiten die waarskynlikheid vir ‘n
vloed-gebeure, is daar ander faktore wat ‘n evolusionêre model van ‘n baie ou
aarde bevraagteken.
1. Die aarde se magnetiese veld, wat
gegenereer word deur sy interne elektriese storme, beskerm dit teen skadelike
solêre radiasie, en maak dat mens ‘n kompas kan gebruik. Die sterkte van die magenetiese veld is die
eerste keer gemeet deur Karl Gauss in 1835.
Sedertdien is dit elke 10-15 jaar gemeet. Die metings toon dat die magnetiese veld
eksponensiëel besig is om te verswak (soortgelyk aan radio-aktiewe
elemente). Die krag van die magnetiese
veld van die aarde het ‘n half-leeftyd van 1400 jaar. Dit halveer met ander woorde elke 1400
jaar. Dit beteken dat 7000 jaar gelede,
die magnetiese veld 32 keer sterker was as nou.
Deur middel van terugwaartse ekstrapolasie kan bereken word dat 20000
jaar gelede die elektriese stroom van die aarde so sterk moes wees, dat die
aarde nie die hitte wat daardeur geproduseer sou word, sou kon weerstaan nie,
en sou smelt.
“A
comprehensive ESSA Technical Report gives the values of the earth's magnetic
dipole moment (the vector which gives the strength and direction of the magnet)
ever since Karl Gauss made the first evaluation in 1835... These reliable data
clearly show this relatively rapid decay. The report stated that on a straight
line basis the earth's magnetic field would be gone in the year 3991 AD. But
decay is exponential and in this case has a half-life of 1400 years.” (Thomas G. Barnes, University
of Texas, "Depletion of the Earth's Magnetic Field")
“If one computes the magnetic field strength back
in time 10 thousand years, the earth's magnetic field would have been as strong
as that of some magnetic stars. The reasonable assumption has been
made that the earth never had a magnetic field as strong as a star's magnet.” (T.G. Barnes,
"Earth's Young Magnetic Age Confirmed")
http://www.cryingvoice.com/Evolution
Meer tegnies: Jonathan Sarfati
op http://www.answersingenesis.org/creation/v20/i2/magnetic.asp
2. Dit is bekend dat die aarde, wat om sy
eie as draai teen ongeveer 1609 km/h by die ewenaar, besig is om teen ‘n sekere
tempo al hoe stadiger te draai. Dit word
veroorsaak deur die aantrekking van nabygeleë hemelliggame soos die son, die
maan, en ander faktore. As die aarde
biljoene jaar oud sou wees, sou die aarde al lankal ophou draai het, of die
aarde moes so vinnig gedraai het dat dit in die vorm was van ‘n plat
pannekoek.
http://www.cryingvoice.com/Evolution
(tegnies, sien http://www.creationwiki.net/Earth%27s_rotation_is_slowing%2C_indicating_a_young_earth
)
3. Duisende klein komete, wat meestal uit
ys bestaan, bombardeer die aarde op ‘n daaglikse basis (gesien vanuit foto’s
van die aarde uit satelliete). Soos wat
elke komeet verdamp as dit die atmosfeer van die aarde tref, word meer water by
die aarde toegevoeg. Wetenskaplike
getuienis dui daarop dat as die aarde biljoene jare oud was, sou die oseane
baie meer water bevat het as nou.
4. Meteore wat die aarde bombardeer
(miljoene per dag) brand meestal uit voordat hulle die grond bereik, maar die
wat wel die grond bereik (meteoriete) maak kraters (die bekendste is in Arizona
wat 575 voet diep is). Nêrens in die
ondergrondse gesteentes is daar egter enige getuienis vir meteoriete nie. Al die kraters en meteoriete lê naby die
oppervlak.
5. Atmosferiese helium ontstaan vanuit drie
bronne: radio-aktiewe verval van uraan en thorium, helium van die son, en
atoomreaksies in die aarde se kors. Die
atmosfeer bevat ongeveer 3.6 biljoen ton He-4, en die tempo waarteen dit vorm
is ongeveer 300000 ton per jaar. Die
aarde se atmosfeer kan dus nie ouer wees as 12000 jaar nie. Sommige wetenskaplikes spekuleer dat helium
vanuit die atmosfeer ontsnap, maar navorsing het die teendeel bewys. Die atmosfeer neem helium vanuit die
hemelruim op.
‘After stating the above, Kofahl and Segraves conclude
that, using all three helium sources in the calculation, earth's atmospheric
age would be reduced to 10,000 years.” (Vance Ferrell, Origin of the Universe, Evolution
Disproved Series, p. 160.)
http://www.cryingvoice.com/Evolution
Meer tegnies, sien http://www.answersingenesis.org/tj/v8/i2/helium.asp deur David Malcolm.
6. Groot riviere vorm delta’s soos water en
sediment in die see invloei. Daarom
vergroot rivierdelta’s voortdurend. Ur
van die Chaldeërs was bv. teen die see ‘n paar duisend jaar gelede, maar nou is
dit 320 km van die see soos wat die Tigrus en die Eufraat gedeeltelik die
Persiese golf gevul het. Die ouderdom
van ‘n delta kan bereken word deur die tempo waarteen sediment vorm, te
meet. Die Mississipi deponeer 229
miljoen kubieke meter in die golf van Mexico elke jaar, en as gevolg daarvan
word die staat van Louisiana groter. Op
grond hiervan, word die ouderdom van die delta deur middel van terugwaartse
ekstrapolasie gemeet op ongeveer 4000 jaar.
Dieselfde kan vir ander delta’s regoor die wêreld gesê word. Hierdie ouderdom korrespondeer met die
berekende tydstip van die vloed.
http://www.cryingvoice.com/Evolution
7. As gevolg van die afsetting van
sedimente deur riviere in die see, is die oseane gans te jonk vir evolusionêre
teorieë, of die sedimente moes op een of ander manier uit die oseane verwyder
word wat nog onbekend is.
“After careful analysis of the erosion of
continents and associated sedimentation in the world ocean, we must ask two
urgent questions. Where is all the sediment if, as the evolutionist assumes,
the ocean is over 1 billion years old?” Evolution
– the ocean says no by
Stewart E. Nevins M.S op
http://www.icr.org/index.php?module=articles&action=view&ID=56
8. Volgens die tempo waarteen die oppervlak van oseane a.g.v. seestrome ge-erodeer word, moes alles onder die see gelyk gewees het, as aanvaar sou word dat die aarde miljoene jare oud was. Die jongste studies dui ook daarop dat koraalriwwe minder as 3500 jaar oud is.
9. Plekke in die aardkors waar gasse en
olies teenwoordig is, het geweldige druk, wat maak dat dit uitspuit as daar ‘n
opening in die kors is. ‘n Studie van
omliggende gesteentes van oliebronne in Saudië Arabië toon aan dat die druk van
hierdie bronne tot nul sal afneem in ‘n paar duisend jaar.
“Abnormally
high oil, gas, and water pressures exist within relatively permeable rock. If
these fluids had been trapped more than 10,000 to 100,000 years ago, leakage
would have dropped the pressure far below what it is today. This oil, gas, and
water must have been trapped suddenly and recently.” (Walt Brown, In the Beginning: Compelling Evidence for Creation and the Flood,
p. 24.)
10. ‘n Interessante verskynsel is die
sequoia bome in Kalifornië. Volgens
waarnemings lyk dit of hierdie bome se leeftyd onbeperk is. Tog is daar nêrens bome gevind wat meer as
4000 jaar oud is nie. Hulle ouderdom wys
ons waarskynlik die beraamde tydstip waarop die vloed geëindig het!
“Perhaps the most intriguing of the unanswered
questions regarding longevity in conifers has to do with Sequoia gigantea
trees, which, some believe, may enjoy perpetual life in the absence of gross
destruction, since they appear immune to pest attacks… Does this mean that
shortly preceding 3275 years ago (or 4000 years ago, if John Muir’s count was
correct) all the then living giant sequoias were wiped out by some
catastrophe?”
(Edmund Schulman, "Longevity Under Adversity in Conifers", Science)
11. Geen geskrewe getuienis (skrif of
tekeninge) bestaan vandag van beskawings ouer as ongeveer 3600-4000 jaar
nie. As beskawings miljoene jare oud is,
sou ons ten minste iets daarvan al ontdek het.
Dit lyk of daar skielik en gelyk ‘n klomp beskawings ontstaan het op
baie plekke. Al hierdie beskawings toon
‘n skielike, volledige teken- en taalsisteem.
Daar is nêrens ‘n aanduiding dat taal geleidelik ontwikkel of
ge-evolueer het nie. Eienaardig genoeg,
is die getuienis vir al die oudste beskawings in die Ou Nabye Ooste, relatief
naby aan waar die ark te ruste sou kom.
12. Teen die eksponensiële tempo waarteen
die wêreld se bevolking toeneem, is bereken dat daar slegs een gesin moes wees
in die jaar 3300 v.C. ‘n Ander studie
het begin met een gesin tydens die einde van die vloed (2300 v.C.) en ge-eindig
met 300 miljoen by Christus se geboorte, en dit kom presies ooreen met die
algemeen aanvaarde waarde vir die wêreld se bevolking vir daardie tydstip. Indien mens met ‘n gesin begin het, 1 miljoen
jaar gelede, en teen ‘n tempo van 0.01% jaarlikse groei die totale bevolking
van vandag sou bereken, sou mens ‘n planeet 4.45 X1033 (33 nulle)
die grootte van die aarde nodig hê om almal te huisves. http://www.cryingvoice.com/Evolution
13. Sout gaan die see binne teen 'n baie
vinniger tempo as wat dit daaruit ontsnap.
Die see is nie naastenby sout genoeg sodat dit kon plaasvind oor
biljoene jare nie. Selfs al sou mens ruimskoots
vir evolusionêre teorieë toelaat, en mens veronderstel dat die see met 'n nul
sout-waarde begin het, kan die see op grond van die huidige tempo van
versouting, nie ouer as 62 miljoen jaar wees nie. Dit gee egter net 'n maksimum moontlike
ouderdomsdrempel. (Batten D (ed) et al
1999:78).
Die balans van die maan tot die aarde is
oneindig fyn. Vir lewe om voort te gaan
op aarde soos ons dit ken, kan die maan nie nader of verder van die aarde wees
nie, dit kan nie groter of kleiner wees nie, en dit kan nie vinniger of
stadiger om die aarde wentel nie. Enige
verandering in hierdie faktore sal katastrofale gevolge hê vir lewe op
aarde. Getye en seisoene sal nie kan
voortgaan soos dit is nie. Dit is
merkwaardig dat die grootte en massa van die maan so groot is in vergelyking
met die aarde (anders as die mane van ander planete). Dit is ook merkwaardig dat die maan omtrent
400 keer kleiner is as die son en ook 400 keer nader aan ons is as die
son. Dit sorg vir ‘n perfekte sonsverduistering
elke nou en dan. Perfekte
sonsverduisteringe bied ook ‘n uitstekende kontrole vir vroeë datering. So bv. kan d.m.v. terugwaartse ekstrapolasie
vasgestel word of baie vroeë optekeninge van algehele sonsverduisteringe
ooreenstem met die datums waarop dit aangeteken is. So kan vasgestel word of die datering van die
vroeë geskiedenis korrek was.
Dit is juis hierdie fyn balans tussen aarde
en maan, en die feit dat die maan so groot is in vergelyking met die aarde, wat
dit so moeilik maak vir evolusioniste om te verduidelik waar die maan vandaan
kom. DeYoung skryf daar bestaan
hoofsaaklik 3 teorieë:
1. Die “fission” teorie sê dat die aarde
baie vinnig om sy eie as beweeg het. ‘n
Baie groot gedeelte van die aarde het naby die ewenaar afgebreek as gevolg van
die vinnige draai van die aarde. Dit het
aanvanklik in ‘n lae orbitale baan om die aarde beweeg, en het sedertdien
stadig weg beweeg. Hierdie teorie word
om drie redes nie meer vandag aanvaar nie:
a) Die aarde-maan sisteem het vandag minder as die helfte van die
vereiste sywaartse momentum of sirkulêre beweging om dit moontlik te maak. b) Die maan se rotasie om die aarde lê teen
‘n hoek van 28,5 grade relatief tot die ewenaar se hoek van rotasie, wat die
moontlikheid dat die maan “losgekom” het vanaf die ewenaar, hoogs onwaarskynlik
maak. c) Die aanvanklike effek van die
maan op die getye sou katastrofaal vir beide liggame gewees het. Daar sou aanvanklik ‘n baie hoë wrywing
tussen maan en aarde wees, wat die aarde se temperatuur tot 1000 grade sou
verhoog wat alles sou laat smelt. Die
maan wat so naby om die aarde wentel sou onstabiel wees en disintegreer tot
iets soos Saturnus se ringe.
2. Die “capture” teorie sê dat die maan
aanvanklik in sy eie wentelbaan om die son beweeg het en naby die aarde gekom
het. Die gravitasie-effek van die aarde
sou dan die maan in ‘n permanente wentelbaan om die aarde gestuur het. Die waarskynlikheid vir hierdie teorie is
egter baie klein, want dit sou onder andere moes beteken dat die maan geweldig
gerem moes word om so ‘n beweging moontlik te maak. Dit is baie onwaarskynlik dat die spoed in
een rotasie so baie kon verminder.
3. Die “kondensasie-” of “nebular” teorie
sê dat die maan en die aarde ontwikkel het vanuit stof en gas wat in dieselfde
ruimtelike omgewing was. Berekeninge van
kragte en entropologiese oorweginge maak so ‘n inval-proses (waar gasse en stof
na die sentrum aangetrek word) hoogs onwaarskynlik, want dit sou impliseer dat
gasse aanvanklik reeds baie dig was. http://www.icr.org/article/3646/
4. Sedert die middel sewentigerjare het
daar nog ‘n teorie ontstaan ter verklaring van die ontstaan van die maan. Dit is die “giant impact” teorie. Hiervolgens sou ‘n planeet wat ongeveer die
grootte van Mars is, die aarde ongeveer 4.5 miljoen jaar gelede teen 5-8 km/s
tref. Die materiaal wat die botsing sou
afgee, wat aanvanklik soos stof om die aarde sou roteer, sou dan oor miljone
jare saamkom om die maan te vorm. ‘n
Ander variant op die teorie sê dat daar meer as een impak was van ander planete
wat as’t ware die sisteem moes “paneelklop” om die huidige ekwilibrium te
vorm. Met rekenaarsimulasies is getoon
dat dit meer waarskynlik sou wees dat botsing-afval terug sou reën op die aarde
as dat dit in ‘n wentelbaan om die aarde sou bly. Om die afval ver genoeg van die aarde te
bring, moes die planeet (wat teen die aarde moes bots) drie keer die grootte
van mars wees, en dit het weer probleme van sy eie. As die maan wel sou vorm uit so ‘n botsing,
sou die omwenteling onstabiel wees met ‘n afstand van slegs 22400 km bokant die
aarde, en dit sou elke 2 uur om die aarde gewentel het. Dan is daar nog die probleem van hoe om
ontslae te raak van oortollige sywaartse momentum. Die probleme is eindeloos. Vir die teorie om te werk moet dit so baie “gepaneelklop”
word, dat dit die teorie net al meer onwaarskynlik en al minder realisties
maak.
Die enigste teorie wat werklik sin maak is
dat die maan van die begin af in die huidige verhouding met die aarde daar
gestel is. In daardie sin bly die maan
die “getroue getuie” van God en sy skepping waarvan Ps 89:37 praat (vers 38 in
die 1933 Afrikaans).
http://www.answersingenesis.org/home/area/magazines/tj/docs/v14n1moon.asp
Soos wat die aarde besig is om stadiger te
roteer, is die maan besig om al hoe verder van die aarde af weg te beweeg. Hierdie verskynsel is reeds in 1754
opgemerk. Op die oomblik beweeg die maan
teen ongeveer 40 m per 1000 jaar weg van die aarde. Die maan is tans 384400 km weg van die
aarde. Deur die meting van die spoed
waarteen die maan wegbeweeg en sy afstand van die aarde, kan bereken word dat
die aarde-maan sisteem nie baie oud kan wees nie. Die absolute maksimum ouderdom vir die maan
is 1.37 biljoen jaar om dit tot teenaan die aarde te ekstrapoleer (waar die
effek van getye en swaartekrag binne rekening gebring word), maar as gevolg van
die “Roche limit” sal die maan disintegreer as dit nader as 18400 km aan die
aarde sou wees, en dan word die geweldige effekte van getye en seisoene onder
sulke omstandighede nie eers binne rekening gebring nie. Dit verminder die ouderdom van die maan
aansienlik en maak dit heeltemal te jonk vir evolusionêre teorieë, en in elk
geval heelwat jonger as wat die gesteentes op die maan deur radio-metriese
metodes gemeet is.
http://www.answersingenesis.org/docs/1294.asp
meer tegnies, sien ook
http://www.creationwiki.net/Moon_is_receding_at_a_rate_too_fast_for_an_old_universe
Sekere isotope is op die maan gevind, nl.
U-236 en Th-230 wat ‘n baie kort halfleeftyd het, en waarskynlik dui op ‘n jong
maan. Hoewel U-236 en Th-230 ook gevorm
kan word vanuit U-238 (met ‘n half-leeftyd van 4.5 biljoen jaar), is dit nie ‘n
noodwendige afleiding dat Th-230 en U-236 daaruit ontstaan het nie.
Daar is ‘n paar ontdekkings wat
evolusioniste en sterrekundiges wat glo in ‘n baie ou heelal (biljoene jare),
aan die wonder het.
1. Volgens honderde metings krimp die son
se deursnee teen ‘n tempo van 0.1% elke eeu, wat die ekwivalent is van 1.5m per
uur.
“Recently, John A. Eddy (Harvard -Smithsonian Center for Astrophysics and
High Altitude Observatory in Boulder)
and Aram A. Boornazian (a mathematician with S.
Ross and Co. in Boston) have found
evidence that the sun has been contracting about 0.1% per century…corresponding to a shrinkage rate of about 5
feet per hour." http://www.icr.org/index.php?module=articles&action=view&ID=165
Teen hierdie tempo kan bereken word dat, as
die son slegs 50000 jaar oud sou wees, sou die son so groot gewees het dat die
oseane gekook het en geen lewe op aarde moontlik sou wees nie. Buiten dit sou solêre winde (van die son)
alle lewe op aarde vernietig het.
Volgens die jonste berekeninge, kom al die energie van die son van die
“inval” van die son as gevolg van gravitasie, en nie van termo-nukluêre fusie
nie. As dit waar is van ons son, is dit
waarskynlik waar van ander sterre ook.
“The entire theoretical description of the
evolution of the universe may be at stake. With the stakes that high, it is no
wonder that the experimental evidence for the shrinkage of the sun is
"explained away" by evolutionists. Evolutionists claim that the sun
probably undergoes temporary shrinkages and expansions as small fluctuating
oscillations on its overall regular evolutionary development.”
http://www.icr.org/index.php?module=articles&action=view&ID=165
2. Komete wat om die son wentel, verloor
van hulle materiaal (gevriesde gasse, ys en rots) elke keer as hulle naby die
son kom. ‘n Normale komeet sal verdwyn
binne ‘n paar honderd omwentelinge om die son.
Dit beteken dat komete met kort periodes vir omwenteling (korter as 200
jaar), binne minder as 10000 jaar sal verdwyn.
Daar is egter geen bekende verklaring vir die vorming van nuwe komete
nie. Die bekende komete moet dus jonger
as 10000 jaar wees. Indien nie, sou
hulle met aanvang groter as die son gewees het, en die son sou om hulle
gewentel het, en nie hulle om die son nie.
“Comets are young objects. And since there is no natural mechanism
which can account for a recent formation of comets, they must have been created
recently in a recently created solar system.” (Paul Steidl, "Comets and
Creation")
http://www.cryingvoice.com/Evolution
Meer tegnies, sien Danny Faulkner op http://www.answersingenesis.org/tj/v11/i3/comets.asp
3. Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptinus
het ringe, waarvan die bekendste Saturnus is.
Die ringe word konstant gebombardeer met meteoriete, en
ruimte-afval. Volgens die tempo van
bombardering moes dit binne 10000 jaar al verdwyn het.
“Yet
nonstop erosion poses a difficult problem for the very existence of Saturn’s
opaque rings—the expected bombardment rate would pulverize the entire system in
only 10,000 years!”
(Jeffrey N. Cuzzi, "Ringed Planets: Still Mysterious—II", Sky & Telescope, Vol. 69)
4. Regdeur die ruimte, word waterstof
omgesit in helium, maar dit is ‘n eenrigting-proses. Waterstof kan nie in groot hoeveelhede
geproduseer word deur die afbreking van ander elemente nie. As die hemelruim oud is soos evolusioniste
dink, sou daar geen waterstof meer oor gewees het nie, maar die ruimte bestaan
hoofsaaklik uit waterstof.
5. Sterrestelsels kan nie as soliede
liggame roteer nie, want hulle bestaan uit biljoene afsonderlike sterre. Die sterre nader aan die middel, roteer
vinniger rondom die middelpunt as die buitenste sterre. Slegs een of twee rotasies (geraam op
ongeveer 100000 tot 200000 jaar) van die sterrestelsel sal die maalkolk-vormige
arms intrek en sy vorm versteur, maar die vorm van die sterrestelsels is nog
nie versteur nie.
“The
inner stars in galaxies revolve around the center decidedly faster than the
outer stars! Because of this fact, only one or two rotations—of each galaxy and
all its stars—should be enough to wind it all together tightly. But this has
not happened. Thus the nebulae show a youthful age.” (Vance Ferrell, Origin of the Universe, Evolution Disproved Series, p. 97.) http://www.cryingvoice.com/Evolution
Hoewel al die navorsing wat op die tafel
geplaas kan word verskillende maksimum ouderdomme vir die aarde en die
sonnestelsel gee, is dit belangrik om te fokus op die swakste skales. Met ander woorde, hoewel die huidige modelle vir
die maan bv. ‘n absolute maksimum ouderdom gee van 1.37 biljoen jaar, is dit
nie ‘n noodwendige konklusie dat dit so oud moet wees nie. Dieselfde geld vir sekere vorms van
radio-metriese datering. Soos reeds
genoem, berus radiometriese datering byvoorbeeld op ‘n paar aannames. Datering gee in daardie sin ‘n maksimum
ouderdomsdrempel. Ander getuienis (soos
bespreek) dui op ‘n maksimum ouderdom van 6000 tot 10000 jaar. Dit is hierdie getuienis wat die swaarste
gewig dra vir ‘n jong heelal.
Sterre se afstand van die aarde word op die mees
akkurate manier gemeet met ‘n metode wat genoem word die parallaks-metode. Dit kom daarop neer dat gekyk word na die
ster vanuit die verste omwentelingspunte van die aarde (6 maande uit mekaar: sê
nou maar in middel-herfs en middel-lente), sodat die verste moontlike twee
punte uit mekaar gebruik kan word vir meting.
Dit kom neer op ongeveer 298 miljoen km uit mekaar. Die twee posisies van waarneming van die ster
verskil dan effens van mekaar. Dit is
dieselfde effek wat verkry word as jy jou vinger ‘n armlegte van jou gesig af
hou en elke oog om die beurt oop en toe maak.
Die agtergrond skuif dan relatief tot jou punt van waarneming. Met die parallaks-metode kan die naaste ster (4.2
ligjaar) gemeet word tot die naaste 0.1 ligjaar. Vir ‘n ster wat 20 ligjaar van ons af is, is
die akkuraatheid tot die naaste ligjaar of wat.
Vir sterre wat 50 tot 100 ligjare van ons af is, is die akkuraatheid
5-10 ligjaar. Na 100 ligjare is die parallaks
so klein dat dit nie akkuraat gemeet kan word nie, en astronome gebruik dan
meer indirekte metodes van meting, soos die helderheid van sterre, ens. Die probleem is dat enige metode van meting
verder as 100 ligjare geweldig arbitrêr begin raak, en baie afhang van
interpretasie. Daar is dus geen manier
om wetenskaplik te bewys dat sterre miljoene of selfs duisende ligjare van ons
af is nie.
Plaistead, DA op http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/
Indien die spoed van lig konstant is (wat
wel deur sekeres uit verskillende oorde bevraagteken word), en ons aanneem dat
die lig van die verste sterre wel biljoene jare oud is, dui dit op ‘n baie ou
heelal. Dit is egter nie ‘n noodwendige
konklusie nie. Daar bestaan die teorie
dat God nie net die sterre gemaak het nie, maar ook die strale van die sterre
tot by die aarde. Hoewel hierdie
moontlikheid nie heeltemal buite rekening gelaat moet word nie, klink dit op ‘n
manier na ‘n ongeloofwaardige teorie. ‘n
Ander teorie gee die moontlikheid dat die heelal vergroot het teen ‘n tempo wat vinniger is as die spoed van
lig. Daarmee saam sou die ligstrale
uitgerek word soos die heelal vergroot het.
Daar sou steeds ligstrale tussen objekte bestaan, maar dit sal dowwer
wees omdat die fotone (as dit as partikels gesien word) verder uit mekaar sou
wees. Die feit dat ons sterre wat baie
ver is, kan waarneem, beteken daarom nie noodwendig dat die heelal baie oud is
nie, of dat die spoed van lig afgeneem het nie.
Die vraag of die vergroting van die heelal
die golflengte van lig sou vergroot en tot “red shift” (die verskynsel waar ‘n
ligbron rooier vertoon omdat die liggolwe / partikels uitgerek word omdat dit
weg van ons af beweeg) kan lei, is ‘n interessante vraag. Indien mens van die voorveronderstelling
uitgaan dat die golflengte van lig vergroot is met die vergroting van die
heelal, sou mens kon konkludeer dat die heelal nie baie vinnig kon vergroot
nie, aangesien die “red shift” baie klein is.
Maar as mens aanneem dat die heelal vergroot het sonder dat die
golflengte van lig daardeur vergroot is, word die moontlikheid vir ‘n jong
heelal meer geloofwaardig.
Gestel die spoed van lig het om een af
ander rede geweldig afgeneem vanaf aanvang, sou dit ‘n baie goeie verklaring
bied vir waarom ons die heelal as baie oud waarneem terwyl dit eintlik baie
jonk is. Indien dit waar is, sal ons
veranderinge in die heelal waarneem in “stadige aksie.” As die tempo van hierdie veranderinge
akkuraat gemeet kan word, kan vasgestel word of lig afgeneem het in spoed of
nie. Ons sterrestelsel, die melkweg, is
waarskynlik 100000 ligjare in deursnee.
Indien die spoed van lig afgeneem het, behoort ons sekere dinge in ons
eie sterrestelsel alreeds in “stadige aksie” te sien. Dit is egter moelik om dit waar te neem, want
die lengte en periodes van pulsers, binêre sterre, ens. verskil. Supernova’s skyn soms vir weke, maande en
soms vir jare. Sommige onlangse
waarnemings in astronomie dui daarop dat geweldige spoed-afnames geïdentifiseer
is by supernova’s. Die spoed-afnames is
in ooreenstemming met hulle “redshifts.”
“This time dilation is a consequence of the
standard interpretation of the redshift: a supernova that takes 20 days to
decay will appear to take 40 days to decay when observed at redshift z=1. The
time dilation has been observed, with 4 different published measurements of
this effect in supernova light curves.” http://www.astro.ucla.edu/~wright/cosmology_faq.html
As sulke waarnemings konsekwent waargeneem
word, sal dit ‘n eenvoudige model daar stel waarin die spoed van lig afgeneem
het. Maar daar is ‘n manier om dit te
verduidelik, nl. met die gebruik van donker materie (wat hieronder verduidelik
sal word). Verder is radio-aktiewe
verval-tempo’s waarskynlik proporsioneel tot die spoed van lig, wat beteken dat
die tempo’s van radio-aktiewe verval nie beïnvloed sou word met die verandering
in die spoed van lig nie. Die afname in
spoed in die waargenome beweging vir sterre wat baie ver van ons af is, kan die
“red shift” van die ster met ‘n ooreenstemmende mate laat afneem, omdat hulle
waargeneem sal word asof hulle stadiger weg beweeg. Net so behoort ‘n afname in die spoed van
lig, die “red shift” te verhoog. Die
afname in die spoed van lig, asook die vergroting van die ruimte behoort ‘n
ster dowwer te laat vertoon. ‘n Ster wat
6 biljoen ligjare van ons af is, sal ten minste ‘n miljoen keer so dof vertoon
as wat dit regtig is, as gevolg van afname in spoed van lig, wat tot die
konklusie sal lei dat die ster ten minste 1000 keer verder weg sal wees as wat
hy werklik is. Om voort te bou op hierdie konsep, as die heelal
10000 jaar oud is, en 100 miljoen ligjaar in deursnee, met ‘n afname in die
spoed van lig met ‘n faktor van 10000, behoort daar ‘n afname in spoed te wees
van 10000 in die waargenome tempo van verandering van die verste sterre.
Verskeie sterrekundiges het in die jonste
tyd waargeneem dat daar inderdaad iets fundamenteel verkeerd is met die manier
waarop ons die afstande van objekte in die heelal bepaal. I.E. Segal en Elizabeth Praton het in baie
noukeurige, onafhanklike studies bepaal dat die verhouding tussen die hoek
waarna ons na objekte kyk in verhouding met hulle helderheid, nie ‘n lineêre verhouding is nie.
(breedvoerig bespreek op http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/universe.html).
‘n Paar moontlike verklarings daarvoor is
dat:
Daar bestaan verskeie toerieë oor waarom
die spoed van lig sou afneem. T.C. Van
Flandern wat by die US Naval Observatory
werk, het deur middel van eksperimente vasgestel dat atoomklokke waarskynlik
stadiger word relatief tot orbitale periodes.
Orbitale periodes is gebaseer op hemelliggame wat in wentelbane beweeg,
veral die aarde se wenteling om die son.
Atoomklokke is gebaseer op die vibrasie-periode van die sesium-133
atoom. So bv. is in 1967 besluit dat ‘n
sekond gelyk is aan 1/31556925.9747 omwentelinge van die aarde om die son, maar
‘n sekonde is later ge-herdefiniëer as 9192631770 omwentelinge van die
sesium-133 atoom. Van Flandern het
getoon dat as atoomklokke “korrek” is, die orbitale spoed van Mercerius, Venus
en Mars besig is om toe te neem. Die
gevolg hiervan is dat die gravitasionele “konstante” besig is om te
verander. Hy het egter vasgestel dat as
orbitale periodes “korrek” is, dan is die gravitasionele konstante werklik
konstant, maar atomiese vibrasies en die spoed van lig is besig om af te neem.
Om die volgende redes lyk dit meer
waarskynlik dat orbitale periodes korrek is en dat atoom-frekwensies besig is
om af te neem:
Hoewel daar sedert die 1960’s nie ‘n afname
in die spoed van lig gemeet is nie, moet mens daarby opmerk dat sedert die
begin van die 1960’s, atoomklokke gebruik is vir die meting van die spoed van
lig. As atoomklokke besig is om af te
neem, sou daar nie ‘n verandering in die spoed van lig waargeneem word nie.
‘n Ander verskynsel wat sterrekundiges ook
al menige male laat kopkrap het oor die ouderdom van sterrestelsels, is die
feit dat sterrestelsels wat baie ver van die aarde af is, baie dieselfde lyk as
sterrestelsels wat heelwat nader is. Sou
die verste stelsels biljoene jare oud wees, moes hulle in ‘n baie vroeër stadium
van ontwikkeling gewees het. Dit lyk
egter nie of dit die geval is nie.
http://www.creationscience.com/onlinebook/FAQ15.html
‘n Supernova is ‘n ster wat baie groot
ontplof. Ons sterrestelsel, die Melkweg,
behoort gemiddeld een maal elke 25 jaar ‘n supernova te produseer. As ‘n ster op hierdie manier ontplof,
veroorsaak dit ‘n geweldige hoeveelheid Supernova Oorskot (die Crab Nebula in
die konstelasie van Taurus het bv. ‘n Supernova geproduseer wat so helder was
dat dit in die jaar 1054 vir ‘n paar weke in die dag waargeneem kon word). Volgens wetenskaplike berekeninge (deur
super-rekenaars) behoort die Supernova Oorskot ‘n deursnee van 300 ligjare te
bereik by ‘n ouderdom van 120000 jaar.
As ons heelal biljoene jaar oud was, sou ons baie Supernova Oorskotte
van hierdie grootte kon waarneem, maar as ons heelal 6000 tot 10000 jaar oud
is, sal geen Supernova tyd gehad het om so groot te word nie. Die hoeveelheid waargenome Supernova
Oorskotte van ‘n sekere grootte sou dus ‘n goeie toets wees vir die ouderdom
van die heelal. Die feit van die saak is
dat die gegewens in hierdie verband, ooreenstem met ‘n heelal wat duisende jare
oud is, maar nie biljoene jare nie. Die
gegewens lyk soos volg:
|
Supernova |
Voorspelling (volgens
berekeninge) vir die hoeveelheid waarneembare Supernova Oorskotte as ons
sterrestelsel… |
Ware hoeveelheid Supernova
Oorskotte tans waarneembaar |
|
|
…biljoene jare oud was |
…7000 jaar oud was |
||
|
Eerste |
2 |
2 |
5 |
|
Tweede |
2260 |
125 |
200 |
|
Derde |
5000 |
0 |
0 |
As die heelal dus werklik biljoene jare oud
was, is daar dus ongeveer 7000 waarneembare Supernova Oorskotte te min! Voorts is die berekening dat daar in die Wolk
van Magellaan 340 waarneembare Supernova Oorskotte moet wees, en 24 as dit 7000
jaar oud is. Die ware hoeveelheid wat
waargeneem kan word is 29.
Vir meer inligting oor Supernova’s en hulle
drie fases van vorming, sien
http://www.answersingenesis.org/docs/248.asp
Wetenskaplikes het in die jongste tyd ook die
konsep van “tyd” opnuut onder die loep geneem.
Daar is ‘n aantal aanduidings dat tyd nie noodwendig konstant is
nie. Indien dit waar is, trek dit
natuurlik die meting-stelsel van sterre en sterrestelsels in twyfel. Die moontlikheid dat tyd nie konstant is nie,
is reeds deur Einstein self voorgestel.
Volgens sy teorieë het swaartekrag ‘n invloed op tyd. Hierdie effek is reeds empiries vasgestel
deurdat horlosies in die bo-kant van hoë geboue, vinniger loop as horlosies op
grondvlak. Wanneer die effek van
swaartekrag baie groot is by groot hemelliggame, behoort dit ligstrale wat
daarvan wil ontsnap, terug te buig op hulleself. Hierdie onvermoë van lig om te ontsnap, vorm
‘n onsigbare grens, wat die “event horizon” genoem word. By die “event horizon” staan tyd letterlik
stil. Indien die heelal nie veel groter
is as wat ons kan waarneem nie, en mens aanneem dat die heelal slegs ongeveer
50 keer kleiner was as nou, en mens sou aanneem dat die aarde relatief naby die
middelpunt van die heelal is, kan d.m.v. wetenskaplike deduksie (geskoei op
relatiwiteit) vasgestel word dat die heelal moes vergroot het van ‘n vorige
staat waar dit omring was deur ‘n “event horizon.” Hierdie toestand staan tegnies bekend as ‘n
“white hole” – ‘n “black hole” wat in trurat loop – iets wat toegelaat word
deur die relatiwiteitsteorie. Sou
materie weg beweeg van die “event horizon,” sou die “event horizon” self krimp
tot feitlik niks. Dan sou die aarde op
een punt relatief tot ‘n punt ver daarvandaan feitlik stilstaan in tyd. Die waarnemer op aarde sou niks anders voel
nie. “Biljoene jare” sou beskikbaar wees
(in die verwysingsraamwerk waarin dit beweeg aan die uithoeke van die heelal)
vir lig om die aarde te bereik, terwyl minder as ‘n dag verby gaan op
aarde. Dit kom dus neer op
gravitasionele tyd-uitrekking. As dit
moontlik sou wees vir ‘n waarnemer op die aarde om te sien hoe vinnig lig aan
die uithoeke van die heelal beweeg, sou dit vir hom lyk asof lig baie vinniger
beweeg as wat hy dit op aarde sou meet, maar as die spoed van lig gemeet sou
word deur iemand op die aarde en iemand aan die uithoeke van die heelal, sou
dit vir beide egter dieselfde waarde hê. http://www.christiananswers.net/q-aig/aig-c005.html
Vanuit al die wetenskaplike getuienis wat
bespreek is, lyk dit inderdaad of die teorie van ‘n oerknal waar die heelal en
die aarde biljoene jare oud is, en die mens deur middel van evolusie oor
miljoene jare ontwikkel het, baie sterk bevraagteken kan word en geen
"feit" is nie. Die getuienis
dui voorts daarop dat die Bybelse konsep waar God die hemel en die aarde in ses
dae geskep het, waar lewe ongeveer 6000 tot 7000 jaar oud is, en ‘n vloed op
aarde gebring het, wetenskaplik verantwoordbaar is. Soos voorheen verduidelik, het enige
wetenskap sekere voorveronderstellings, aksioma’s of hipoteses. Om die Bybel as die waarheid te beskou is dus
nie onwetenskaplik nie.
Voorveronderstellings / hipoteses moet wel met goeie wetenskaplike navorsing ondersteun word waarin die
wetenskaplike 1) geldige
wetenskaplike metodes gebruik, 2)
homself verantwoord ten opsigte van alle beskikbare data en 3) homself verantwoord teenoor ander
wetenskpalike bevindings en alternatiewe teorieë. Dit is ook belangrik om te besef dat enige
wetenskaplike gevolgtrekkings wat met die ontstaansgeskiedenis van die heelal
te doen het met beskeidenheid gekenmerk moet word. Geen wetenskaplike uitsprake oor die ontstaan
en die ouderdom van die heelal kan kategories van aard wees nie, want ons was
gewoon nie daar nie. Daar is net te veel
onbekendes om enige finale of besliste aansprake te maak, of om enige lineêre
projeksies in die verlede in te maak op grond van huidige data. Wetenskaplike
integriteit vind juis uitdrukking in 1)
'n erkenning van die beperktheid van die menslike kennis, rede, logika en
verstaansvermoë, en 2) die
gewilligheid om telkens bestaande teorieë en gevolgtrekkings te toets en te
heroorweeg soos nuwe data beskikbaar raak.
Soos die Bybel sê, in baie opsigte ken ons tans maar ten dele (1 Kor
13:9,12).
Wat wel duidelik uit hierdie oorsigtelike
studie blyk, is dat die wetenskaplike probleme met die evolusie-model inderdaad
groter en meer is as met die skeppings-model, en dat daar vir baie verskynsels
geen bevredigende verklaring is om dit te laat inpas by ‘n evolusionistiese
model nie.
Indien ‘n kreasionistiese model van die
heelal dan ‘n geldige en wetenskaplik verantwoordbare model is, lei dit tot die
volgende vraag: Waarom glo Christene
hoegenaamd in die oerknal en in evolusie?
Een moontlike antwoord is onkunde.
Baie Christene weet nie wat werklik in die wetenskap aan die gang is
nie, omdat die hoofstroom-mening en die hoofstroom-media kreasionisme oorskadu
en dit belaglik maak. Die speelveld in
die hoofstoom is nie gelyk nie. Die
neiging bestaan om kreasionisme en Inteliigente Ontwerp te diskrediteer deur
bv. te sê dit is geen wetenskap nie maar slegs geloof, of om te sê dit is nie
bewysbaar nie terwyl evolusie self nie bewysbaar is nie. Die neiging bestaan ook in akademiese
instansies om te diskrimineer teenoor diegene wat 'n Intelligente Ontwerp- of kreasionistiese
model voorstaan.
Baie Christene besef die probleme van die
evolusie-teorie, maar hou steeds daaraan vas ter wille daarvan om aanvaarbaar
te wees vir die samelewing. Die
natuurlike neiging van die mens is om saam met die hoofstroom te beweeg. Baie mense leer nooit werklik om vir
hulleself te dink nie, en praat met iemand anders se mond. Hulle praat ander mense se teorieë na. Dit is ‘n vraag of die hoofstroom en die
media nie tog beheer word deur mense met ‘n sekere agenda nie – ‘n agenda waar
God gerelativeer word en waar mense daarvan weerhou word om die waarheid te
soek. Dit alles lei ons met rasse skrede
na ‘n Nuwe Wêreldorde waar almal dieselfde glo en dieselfde God aanbid – ‘n
wêreld waar die stem van die individu nie meer gehoor gaan word nie, maar waar
almal gebreinspoel word en ge-assimileer word in een kollektiewe bewussyn.
Vir enige iemand wat die letterlike
skeppings-model wil aanvaar, is dit belangrik dat ‘n aanvaarding daarvan nie
blindelings van aard moet wees en alle logika en wetenskap oorboord moet gooi,
net sodat dit met die Bybel moet ooreenstem nie. Mens moet in ag neem dat die Bybel nie 'n
wetenskapshandboek is nie, en dat mens versigtig moet wees om direkte
afleidings uit die Bybel te maak m.b.t. die wetenskap. Aan die ander is dit so dat die Bybel 'n
sekere kosmologie daar stel. Elke
gelowige moet daarom sy siening oor die ontstaan van lewe en van die kosmos ten
opsigte van die Bybel kan verantwoord, sonder om ‘n sekere teorie buig of bars
in die Bybel in te forseer.
Vervolgens gaan getoon word hoe die
wetenskaplike gegewens en teorieë wat ‘n kreasionistiese model ondersteun, die
aansprake van die Bybel bevestig en komplementeer.
Die hidroplaat-teorie en die vloed-verhaal
word bevestig:
Ps 136:6
“Wat die aarde op die water
uitgespan het…”
Job 38:8
“En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?”
Spr 8:28
“toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het” (KJV: “fountains of
the deep”).
Gen 7:11
“In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende
dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die
hemel is geopen;” (KJV: “all the fountains of the great deep broken up”).
Gen 8:2
“Ook die fonteine van die watervloed
en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het
opgehou.” (KJV: “fountains also of the deep).
Ps 104:6 “U
het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die
berge gestaan.”
Die
waarskynlikheid dat die heelal vergroot is of uitgebrei is, word bevestig in
die volgende gedeeltes:
Jes 42:5
“So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat
daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie
daarop wandel:” (KJV: “and stretched them out”).
Jer 10:12
“Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy
wysheid en die hemel uitgespan het
deur sy verstand.” (KJV: hath stretched out the heavens by his discretion).
Sag 12:1
“Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves
en die gees van die mens in sy binneste formeer:” (KJV: “which stretcheth forth
the heavens”).
Een van die punte van kritiek wat dikwels
deur wetenskaplikes opgehaal word teen die Bybel is dat hulle sê die Bybel
verkondig ‘n plat aarde. Is dit werklik
die geval?
Jes 11:12
sê: “en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns
van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is,
uit die vier hoeke van die aarde.”
Die woord wat
gebruik word is “kânâph,” wat vertaal kan word met “uithoek, ekstreme,
uiterste, einde, kwart, kwadrant, vlerk.”
Dit is dieselfde woord wat gebruik word in die volgende gedeeltes:
Num 15:38
“Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle
klossies maak aan die hoeke van hul
klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ‘n draad van pers stof
vasbind.”
Job 37:3 “Onder
die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.”
Job 38:13
“om die some van die aarde aan te
gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?”
Gen 1:21
“En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg,
waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed
was.”
Eks 19:4
“Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle
op arendsvlerke gedra en julle na My
toe gebring het.”
Die woord
“kânâph” word in verskillende kontekste gebruik. In die konteks van Jes 11:12 is die “vier
uiterstes” niks anders as die vier windrigtings nie. Dit gaan daaroor dat mense versamel gaan word
vanuit die verste uiterstes van die aarde.
Die uitdrukking van “die vier hoeke van die aarde” (kânâph) word vandag
nog deur die Jode gebruik in hulle daaglikse gebede by Jerusalem. Die Message vertaal Jes 11:12 daarom met “the
four winds.”
In Op 7:1
en 20:8 kom die uitdrukking “vier hoeke van die aarde” ook voor:
Op 7:1 “En
ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier
hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde
vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige
boom nie.”
Op 20:8 “
en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te
versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.”
Die Griekse woord wat gebruik word is
“gonia” en kan vertaal word met “hoek” of “kwart.” In die konteks van Op 7:1 en die vier winde,
dui dit op die vier windrigtings.
Dieselfde gedagte kom na vore in Op 20:8, waar die vier uiterste
“kwarte” van die aarde bedoel word: die uiterstes van die windrigtings.
Daar is verskillende uitdrukkings in die Ou
en Nuwe Testament wat baie dieselfde gedagte weergee, bv. “eindes van die
aarde”:
1 Sam 2:10
“Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel;
die HERE oordeel die eindes van die
aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy
gesalfde.” (sien ook Deut 33:17; Job 28:24 ens.)
Die konstruksies kom voor met “ephes”
(be-eindiging, einde) en “qâtsâh” (uiterste, be-eindiging, kus, hoek,
rand). In al hierdie konstruksies word
“al die mense” in die wêreld bedoel eerder as wat dit sekere geografiese punte
bedoel – mense wat tot in die uiteindes van die aarde woon, bv.
Ps 22:27
“Al die eindes van die aarde sal
daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies
sal voor u aangesig aanbid.”
of
Jes 41:5
“Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en
toegestroom.”
Dit is dieselfde gedagte wat bv. in Hd 1:8
voorkom:
Hd 1:8 “maar
julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my
getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”
Dit is belangrik om daarop te let dat die
antieke mense van die Ou Nabye Ooste hulleself gesien het as verwysingspunt vir
hulle wêreld. Jerusalem sou vir alle
praktiese doeleindes beskou word as die middelpunt van hulle wêreld. Mense wat baie ver van hulle af was sou aan
die uiterste punte van die windstreke vanaf hulle punt van verwysing wees, maar
dit is nie letterlike punte, eindes
of hoeke nie.
Die Ou Testament is ook lief daarvoor om
oor die aarde te praat in uitdrukkings met “fondasies” en “pilare,” bv.
Deut 32:22
“Want ‘n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk
daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand
gesteek.”
Ps
104:5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd
nie wankel nie.
2 Sa
22:16 En die beddings van die see het
sigbaar geword, die fondamente van
die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van
die wind van sy neus.
Job
38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig
het.
Woorde soos “kûn” (oprig, grondves, aanwys,
tot stand bring) en “môsâdâh” (fondasie) afkomstig van “yâsad” (stel, sit,
beslis, vestig), word dikwels gebruik.
Die Skrif gee nie spesifieke aanduidings oor die aard van hierdie tipe “grondvesting” nie. Dit poog ook nie om ‘n spesifieke
kosmologiese verstaan daar te stel nie, maar word eerder figuurlik gebruik as metafore van die Here se almag en die
majestueusheid van sy skepping (bv. 2 Sa 22:16). Vir ‘n figuurlike gebruik van “môsâdâh,” sien
bv.
Jes 58:12
“En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word:
Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.”
Dieselfde geld vir woorde soos “pilare”: in
Hebreeus is dit “ammûd” (kolom, iets wat staan, pilaar) afkomstig van “âmad”
(om te staan, te vestig, te plaas), en “mâtsûq” (heuweltop, pilaar).
1 Sa 2:8
“Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige,
om hulle te laat sit by die vorste en hulle ‘n erestoel te laat beërwe. Want
aan die HERE behoort die pilare van
die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.”
Job 9:5 “Hy
wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn; (6)
wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; (7) wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie,
en die sterre agter ‘n seël wegsluit; (8) wat alleen die hemel uitspan en stap
op die golwe van die see; (9) wat die Beer gemaak het, die Oríon en die
Sewe-ster en die Kamers van die Suide; (10) wat groot, ondeurgrondelike dinge
doen en wonders sonder getal.”
Job
26:11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
Ps 75:4 “Al
wankel die aarde en al sy bewoners—Ék het sy pilare vasgestel. Sela.”
In 1 Sa 2:8 is die “aarde” (êrets) en die
“wêreld” (têbêl) in die konteks die “inwoners” (sien BDB en Strongs definisies)
en nie die fisiese aarde nie. Daarom
word “pilare” (mâtsûq) ook hier in ‘n figuurlike
sin gebruik. In Job 9:6 het ons te doen
met poëtiese taal en personifikasie. “Die pilare gee bevel…” Dit is duidelik nie letterlike pilare nie,
maar metafore vir God se skepping – net soos die sterre bv. nie letterlik agter
‘n “seël” weggesluit word nie. Die Suide
woon ook nie in ‘n “kamer” nie. Dieselfde
geld vir Job 26:11. Die “hemel se
pilare” is ‘n metafoor wat gepersonifiëer word: “dit staan verstom.” In Ps 75:3 word “pilare” figuurlik gebruik,
want die “aarde” (êrets) is hier die inwoners (sien BDB). Die bedoeling daarvan is dat God die regter
is wat sekeres verhoog (as leiers / pilare) en sekeres verneder (vers 7). Barnes sê: “As applied to a prince or ruler,
this means that the permanent structure of the state, the welfare of society,
depended on his administration.” Gill sê
die “pilare” dui op die regverdiges. Vir
ander figuurlike gebruik van “pilare,” sien Gl 2:9 en Op 10:1.
Daar is goeie aanduidings in die Bybel dat
daar wel sprake is van ‘n sferiese aarde:
Jes 40:22
“Hy sit bo die kring van die aarde,
en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun
doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon.”
Job 26:10
“Hy het ‘n kring afgetrek oor die
watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.”
Spr 8:27
“Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;”
Die Hebreeuse woord wat gebruik word is
“chûg,” wat vertaal kan word met “sirkel, baan, omvat, rondom gaan/span.” Dit is opmerklik dat daar nie ‘n aparte woord
in Hebreeus bestaan het wat ‘n sfeer (drie dimensionele sirkel) aandui
nie. As die skrywers “sfeer” bedoel het,
sou hulle waarskynlik “chûg” gebruik het.
http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html
Baie biblioloë meen dat die Skrif
uitsluitlik ‘n produk was van die wêreldbeskouing en die wetenskap van sy tyd,
maar daar is ‘n hele paar uitsprake in die Skrif wat juis die beskouïngs van sy
tyd weerspreek het, en dus die heersende verwysingsraamwerk getransendeer
het.
So bv. was dit aanvaar dat daar ongeveer
1100 sterre in die hemelruim was (bv. Ptolemeus tel 1056 en Kepler tel
1005). Tog sê Jer 33:22 dat die
hemelliggame ontelbaar is – dit kan nie gemeet word nie (dit impliseer dat daar
biljoene sterre is). Job 38:19-20
suggereer die beweging van lig, terwyl mense gedink het lig staan stil. Job 28:25 praat van die gewig van wind,
terwyl mense gedink het wind het geen gewig nie. Pred 1:6 praat van die kringloop van wind en
die feit dat dit in die rondte gaan (siklonies), terwyl mense gedink het wind
waai reguit. Die sirkulasie van water
(in terme van reën, water wat in die see vloei, verdamping en kondensasie) word
ook geïmpliseer deur Pred 1:7.
Ander interessante uitsprake is:
Job 26:7
“voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;”
Hierdie
idee is natuurlik nie vreemd met die idee dat die aarde gesuspendeer word in
die ruimte nie.
Ps 102:25
“In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u
hande. (26) Húlle sal vergaan, maar U
sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n
kledingstuk, en hulle verdwyn.”
Hierdie beginsel kom ooreen met die wet van termodinamika, wat sê dat
hoewel die totale energie behoue bly, die bruikbaarheid en beskikbaarheid van
energie altyd afneem. Die beskikbare
energie van die heelal is besig om af te neem.
So bv. is die son besig om uit te brand, die aarde draai al hoe
stadiger, die maan is besig om al verder van die aarde af te beweeg, ens.
http://www.returntogod.com/Pamphlets/scripturetrifold.pdf
Wat egter meer opspraakwekkend is, is juis
die manier hoe baie wetenskaplikes op die huidige oomblik besig is om bestaande
teorieë oor die aarde en die heelal se ontstaan, te bevraagteken en hoe
wetenskaplikes nou al meer ruimte begin maak vir ‘n model wat ooreenkom met die
skepping soos dit in Gen 1-2 verduidelik word.
Hoewel die Bybel nie ‘n wetenskaplike- of
‘n geskiedenis-handboek is nie, en hoewel dit essensiëel is dat mens elke
gedeelte in die Bybel in sy konteks moet lees, bv. om gedigte as gedigte te
lees of om prosa as prosa te lees, wil dit tog voorkom of die Skrif tydloos is,
die waarheid is, en boonop wetenskaplik verantwoord kan word.
Indien die skeppingsverhaal as waar beskou
kan word, behoort dit ook logies sin te maak.
Baie kritici meen dat die skepping wat in Gen 2 verduidelik word,
teenstrydig is met die weergawe in Gen 1.
By nadere ondersoek blyk dit egter dat Gen
1 ‘n sekere chronologie daar stel, maar dat Gen 2 slegs ‘n verduideliking en ‘n
uitbreiding is op sekere aspekte van Gen 1.
Gen 1:11
“En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee
en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die
aarde. En dit was so.”
Gen 2:4
“Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en
die hemel gemaak het, (5) was daar nog geen struike in die veld op die aarde
nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen
mens om die grond te bewerk nie. (6) Maar ‘n mis het opgetrek uit die
aarde en die hele aardbodem bevogtig.”
Gen 2:7 “En
die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus
die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.”
Gen 2:8 “Ook
het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens
wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.”
Gen 2:9 “En
die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te
sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die
tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.”
Gen 2:10 “En
daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak…”
Gen 2:15 “Toe
het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te
bewerk en te bewaak.”
Gen 2:18 “Ook
het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir
hom ‘n hulp maak wat by hom pas.”
Gen 2:21 “Toe
het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap…”
Gen 2 sê hoe die plante moes water kry om te groei. Dit praat van “toe” die aarde en die hemel
gemaak is. Dit dui nie noodwendig op ‘n
spesifieke dag nie. Die 1933 Afrikaans
se “die dag toe” kan misleidend wees, want die Hebreeuse “yôm” dui nie
noodwendig op ‘n spesifieke “dag” nie, maar word dikwels figuurlik gebruik om
‘n periode of ‘n tydperk aan te dui
(sien Strongs; vgl. ook die eskatologiese “dag van die Here” wat nie noodwendig
op een dag dui nie). Gill sê: “meaning
not any particular day, not the first day, in which the heavens and the earth
were created; but referring to the whole time of the six days, in which
everything in them, and relating to them, were made.” Die teks sê nie dat die mis op ‘n spesifieke
dag oor die aarde gekom het nie. Die
gedeelte oor die mis sê eerder hoe
die bevogtiging van die plante geskied het.
Dit impliseer ook nie dat daar nie plante of struike op aarde was nie,
maar wel dat hulle nog nie in die “śâdeh” (uitbreiding, veld, bewerkte land) was nie (sien BDB
en Strongs).
Baie sê dat die mens as gevolg van Gen 2
nie op die sesde dag gemaak kon wees nie, aangesien dit net na die plantlewe
genoem word (2:7), maar die teks sê nie dat die mens spesifiek op dieselfde dag
gemaak is as toe die plante water gekry het nie. Eerder as wat dit ‘n tydsaanduiding is, gee
dit ‘n verduideliking oor hoe die
mens gemaak is – volgens Henry: “a more particular account of the creation of
man.” Gen 2:7 sê: “So het dan die mens ‘n lewende siel geword.” Die term “tôledâh” in 2:4 (afstamming, familie, geskiedenis) dui ook
daarop dat ‘n beter kyk gegee word op die verloop van gebeure in terme van die mens se rol en betrokkenheid in die
gebeure aan die begin. Dit word dus
veral uit die perspektief van die mens se geskiedenis geskryf, en nie in terme
van die chronologie van die skepping self nie.
Plante word bv. genoem juis omdat die
mens dit gebruik as voedsel (Henry).
Die ander punt waarop sommige meen daar 'n
teenstrydigheid bestaan met die chronologie in Gen 1, is die gedeelte in Gen
2:18-21.
Gen 2:18-21 "Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die
mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. (19)
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en
al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle
sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle
naam wees. (20) So het die mens dan name gegee aan al die vee
en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir
die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. (21)
Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy
slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees
toegemaak."
Kritici meen dat
Gen 2:18-21 impliseer dat die diere na
die mens gemaak is, omdat God gesê het dat dit nie goed is dat die mens alleen
is nie (vers 18). Vers 19-20 dui op die
feit dat God diere geskep het, dat die mens name aan die diere gegee het en dat
God nie vir die mens 'n hulp onder die diere gevind het wat by hom pas
nie. Vers 21 vertel hoe God vanuit een
van Adam se ribbebene die vrou gevormeer het.
Vers 19 en 20 begin beide met die Hebreeuse "waw." Hoewel "waw" baie verskillende
dinge kan beteken (bv. "en," "want," "so,"
"ook") sou ek sê gee vers 19-20 die motivering vir waarom God die hulp (vrou) gemaak het waarvan vers
21 praat, eerder as dat dit ‘n tydsaanduiding is vir die skep van die
diere. Mens sou vers 20 kon vertaal met:
“Want die HERE God het uit die aarde geformeer…” Sien bv. die Statevertaling: “Want als de
HEERE God uit de aarde al het gedierte des velds…” Webster, wat ook ‘n vertaling van die hele
Bybel gedoen het, laat die "waw" onvertaald, en vertaal gewoon: “Out
of the ground Yahweh God formed every animal of the field…” Die "waw" kan nie gebruik word om
'n noodwendige chronologie aan te toon tussen vers 18 en 19 nie. Daar is dus geen tekstuele merkers of
aanduiders wat 'n chronologie impliseer of noodsaak nie. Vers 19-20 stel bloot die feit dat God diere gemaak het en sê nie pertinent
dat Hy dit na die mens gemaak het
nie. Ook in die betekenis van die teks
is daar geen aanduiders dat die diere noodwendig na die mens gemaak is
nie. Ek sou eerder sê vers 18 gee die tema aan van die inligting wat daarop
volg (vers 19-24), naamlik die feit dat God gevind het dis nie goed vir die
mens om alleen te wees nie en dat Hy besluit het om vir hom 'n hulp (vrou) te
maak. Vers 19-24 kleur dan God se
motivering en sy werkwyse in om by hierdie doel uit te kom.
Die
hele trant van Gen 2 is in elk geval van so aard dat dit nie aanspraak maak op
chronologie nie, maar bloot meer inligting en detail gee oor sekere aspekte van
God se skepping wat nie in Gen 1 vervat is nie.
Gen 1 maak wel aanspraak op 'n chronologie, en aangesien Gen 2 dus nie
aanspraak maak op chronologie nie, is daar dus geen grondige rede om ‘n teenstrydigheid op te merk tussen Gen 1
en Gen 2 nie.
vgl. http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html
Hoewel baie mense die evolusie-teorie op
een of ander manier met die Bybel wil versoen is daar bepaalde teologiese
probleme of vrae wat nie bevredigend daardeur beantwoord word nie:
1. Die Bybel sê in Gen 1 dat God die aarde
in ses dae gemaak het. Om werklik eerlik hierdie teks te lees sal
mens moet toegee dat dit baie onwaarskynlik is om die idee te kry dat ons hier
met miljoene jare te doen het. Die idee
van miljoene jare word verder bemoeilik, aangesien die woord "yom" (dag),
as dit saam met 'n getal gebruik word, sonder uitsondering op 'n letterlike dag
dui. Dit word op nie minder nie as 410
plekke saam met 'n getal gebruik buite Gen 1, en op elkeen van hierdie plekke
dui "yom" op 'n letterlike 24-uur dag. Buite Gen 1 word die uitdrukking "aand
en môre" 61 keer gebruik en dit dui op al hierdie plekke op 'n letterlike
24-uur dag. In Gen 1:5 word
"yom" saam met "nag" gebruik. Buite Gen 1 word "yom" saam met
"nag" 53 keer gebruik, en elke keer dui dit op 'n letterlike 24-uur
dag. Waarom sou "yom" op grond
van hierdie getuienis nie op 'n letterlike dag dui nie? Voorts word die sewende dag, die sabbat,
verstaan as 'n letterlike dag wat die volk moes hou om hulle te herinner aan
God as Skepper en Here (Gen 2:2-3; Eks 20:9-11). Die sabbat as letterlike dag staan in 'n
direkte verhouding met die 6 letterlike skeppings-dae.
2. Seker die mees ingrypende teologiese
kritiek teen die leer van evolusie is dat evolusie veronderstel dat daar dood en lyding was voor Adam se sonde,
omdat dit beweer dat daar miljoene jare van biologiese evolusie was voor Adam
en Eva. In Gen 1:29-30 gee God aan mens en die dier plante om te eet. Volgens die Bybel was alle diere op daardie
stadium dus vegetaries. Daar bestaan
voorts 'n teologiese onderskeid tussen plante en diere. Diere het 'n "nephesh" – 'n
"lewende siel" (Gen 1:30). Die
mens en dier is slegs toegelaat om vleis te eet na die vloed (Gen 9:3-5), as 'n nagevolg van die sonde, en omdat
die lewensomstandighede moeiliker was na die vloed. Gen 9:2 praat van hoe die diere anders sou
reageer teenoor mense na die vloed. Dit
lyk dus heel waarskynlik dat God op daardie stadium ook baie van die diere in
karnivore laat verander het net soos die slang bv. in Gen 3:14 herontwerp is
(vir 'n bespreking van die karnivore en hoe vegetariese diere karnivore sou
raak, sien Batten D (ed) et al 1999:91-100).
Adam en Eva se sonde was die begin
van dood en God se vloek wat hy oor die mens uitgespreek het (Gen 3:3-24),
want dit het gebeur nadat God gewaarsku het: (Gen 2:17) "maar van die boom van die
kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy
daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe." Daar was geen sprake van dood voor dit nie. Rm 5:14 sê die dood het geheers vanaf Adam tot op Moses. Die loon
van die sonde is die dood (Rm 6:23).
Rom 8:19-23 "Want die
skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders
van God. (20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het (21)
in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die
slawerny van die verganklikheid tot
die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. (22)
Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood
is tot nou toe. (23) En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat
die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die
aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam."
Hierdie gedeelte dui daarop
dat die skepping "aan die nietigheid onderwerp is." Dit was die gevolg van die sonde. Die sonde was die oorsaak van die
"slawerny van die verganklikheid."
Die hele beginsel van dood as straf vir sonde raak ook aan die kern van die evangelie, want Jesus moes sterf omdat die dood die straf
is vir sonde. Paulus verduidelik dit
in Rom 5 en 1 Kor 15. Op 21-22 maak dit
duidelik dat daar geen dood
meer sal wees in die nuwe hemel en die nuwe aarde nie; "ook droefheid en
geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het
verbygegaan" (Op 21:4) – net soos dit aan die begin was voordat Adam
gesondig het (vgl. ook die bespreking hiervan in Batten D (ed) et al
1999:248-249). Indien daar dood en
lyding voor Adam se sonde veronderstel word, bring dit dus die leer van die
sonde en sonde-vergifnis in gedrang, asook die leer oor die dood (as gevolg van
die sonde) en Christus se oorwinning oor die dood.
3. 'n Ander probleem vir Christene wat aan
die evolusie-leer vashou, is dat dit ‘n situasie meebring waar selektief met die Bybel omgegaan
word. Mense wat aan die evolusie-model
vashou, sal die skeppingsverhaal nie letterlik interpreteer nie, maar simbolies
of allegories, waar die Bybel gereduseer word tot die boodskap wat mens daaruit
kan kry. Die verhale word dan slegs
“pakkies” of “vorms” waarin die boodskappe verpak word. Die probleem is dat sekere stories (bv. Jesus
se kruisverhaal en opstanding) as feitelik beskou word, en ander verhale (bv.
Jona se verhaal of die skeppingsverhaal) as simbolies of mities. Die vraag is: waar trek mens die lyn? Presies waar lê die onderskeid tussen feit en
fiksie? Die interpreteerder besluit
self. Hy kan kies wat is feit en wat is
fiksie.
4. Die hoofstroom van die wetenskaplike
gemeenskap skep ‘n tipe massa-groepsdruk wat die sekulêre wetenskap bokant die
Bybel verhef. Die Bybel is dan nie meer
'n betroubare getuienis van die Woord
van God nie, maar dit raak ‘n handboek vir die bevestiging van menslike
voorveronderstellings of agenda’s. Die
Bybel word dan uitsluitlik gesien as ‘n produk van die kultuur-konteks en
taal-konteks van die Bybel-skrywers, en moet uitsluitlik verklaar word in terme
van die huidige heersende kultuur-konteks en behoeftes. Dit verloor sy tydlose dimensie as Woord van
God wat van ewigheid af bestaan (Jh 1:1; 1 Jh 1:1) en vir ewig bly (Ps 119:89;
Mt 24:35; 1 Pt 1:25). Die probleem is
dat die Woord nie ‘n dooie ding is wat vasgevang bly in ‘n boek wat ons “Die
Bybel” noem nie, maar is beliggaam in Jesus Christus self (Jh 1:14; Op
19:13). Die Woord is self God (Jh
1:1). God het die hemel en die aarde
deur sy Woord geskep (Gen 1:3; Ps 33:6).
Mense wat Christus as persoonlike verlosser aangeneem het en in ‘n
lewende verhouding met Christus staan, is daarom uit God gebore (1 Jh 3:9) en
terselftertyd gebore uit ‘n onverganklike saad – die lewende Woord van God (1 Pt 1:23).
As ons nie glo in die skeppingskrag van God se Woord nie, kan ons ook
nie glo dat ons nuwe skepsels is nie (2 Kor 5:17; Gl 6:15). Die Woord is ook die “swaard van die Gees”
wat deur die metafisiese persoon van die Heilige Gees in en deur ons werk (Ef
6:17; Heb 4:12), en in ons woon (Kol 3:16; Jh 15:7; 1 Jh 2:24).
5. Hoewel baie
mense dit ontken, is die evolusieleer ‘n ondermyning
en ontkenning van God se almag en krag.
Die voorveronderstelling waarop die evolusie-teorie en die oerknal gebou
is, is dat God nie almagtig is nie, en dat dit ongeloofwaardig is dat Hy iets
uit niks kan skep (ex nihilo), en dat
lewe “natuurlik” moes ontwikkel om dit geloofwaardig te maak. Dikwels hou mense aan teenstrydighede vas om
hulle geloof in God te behou. Hulle sal
bv. vashou aan Christus se opstanding uit die dode, maar ander Bybelse stories
as mites afmaak. Meeste Christene glo in
die opstanding van die dode by Jesus se tweede koms waar mense wat dood is,
waarvan die beendere dalk nie eers meer bestaan nie, in ‘n oogwink herskep gaan
word in die vorm van nuwe, verheerlikte liggame wat by verre die heerlikheid
van huidige menslike liggame oortref (1 Kor 15:52). Hulle glo dat Christene wat lewe by Christus
se tweede koms, se liggame onmiddelik omskep gaan word in nuwe onverganklike
liggame. Hulle glo in die skepping van
‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde. En tog
weier hulle om in ‘n bonatuurlike, onmiddelike skepping van ons huidige hemelruim
en aarde te glo!? Die evolusie-teorie
maak van die skeppingsverhaal in Gen 1 ‘n onwaarskynlikheid en ‘n
ongeloofwaardige fiktiewe verhaal – dit maak daarvan ‘n karikatuur of ‘n
fee-verhaal. As Christene glo in
wonderwerke, hoekom is dit so moeilik om alles te glo wat in die Bybel
staan?
6. Die
evolusieleer bring Jesus se integriteit
op die spel. Hy het nie net die Skrifte as die
gesaghebbende Woord van God aanvaar nie (Mt 22:29; Mk 12:24), maar het self God
as Skepper erken (bv. Mk 13:19), en erken dat daar inderdaad 'n vloed
plaasgevind het waar die hele wêreld oorstroom het (Mt 24:38-39; Lk
17:27). Die Nuwe Testament vertel ook
van Jesus se betrokkenheid by die skepping (Jh 1:3; Gn 1:26; Ef 3:9; Kol 1:16; Heb
1:2-3,10-12; Op 4:11).
7. As mens die
evolusie-teorie en veral die oerknal teorie aanvaar, kan mens nog sê die Bybel
is waar? As ons sê dat Gen 1-2 mitiese verhale is, is
dit dan “soort-van-waar,” of gee dit net die boodskappie oor dat God iets met
die skepping te doen het, maar moenie vra wat nie? As dit mitiese verhale is, hoekom is dit
hoegenaamd daar? Is dit net daar om
mense te sus of goedkoop antwoorde te gee?
Of is dit daar om aan ons te wys hoe mense met uiters kreatiewe denke op
'n fiktiewe manier probeer verklaar het hoe die aarde tot stand gekom het? Kan mens hoegenaamd dan nog sê dit is
waar? Post-modernisme het meegebring dat
“absolute waarheid” nie meer bestaan nie, maar slegs “kontekstuele waarheid.” Dit is net ‘n genuanseerde manier om te sê
dat verskillende mense in totaal verskillende dinge kan glo en dit steeds as
“waarheid” kan beskou. Maar dit sê meer
as dit; dit sê dat iemand in teenstrydighede kan glo en dit steeds “waarheid”
kan noem. Indien iemand die Bybel as
waar beskou, maar ook aan die evolusieleer wil vashou, bestaan daar die
volgende teenstrydighede (sien Batten
D (ed) et al 1999:42):
|
Bybelse weergawe van die skepping |
Evolusionêre teorie |
|
Aarde voor die
son en sterre |
Sterre en son
voor die aarde |
|
Aarde aanvanklik
met water bedek |
Aarde aanvanklik
'n gesmelte massa |
|
Eers oseane, dan
droë land |
Eers droë land,
dan oseane |
|
Lewe eerste op
land geskep |
Lewe ontstaan in
oseane |
|
Plante voor die
son geskep |
Plante kom lank
na die son |
|
Landdiere na
voëls geskep |
Landdiere bestaan
voor voëls |
|
Walvisse voor
landdiere |
Landdiere voor
walvisse |
Om aan
teestrydighede vas te hou kom baie ooreen met die Boedhistiese filosofie. Die probleem is, daar is geen krag in
nie. Die vrug daarvan is nie vrede nie, maar vertwyfeling, ontnugetering,
ongeloof, ateïsme, dipressie en apatie.
Dit bring mense nie nader aan God nie, maar net nader aan die
hoofstroom-mening en die “trend.” En dit
word beheer deur mense wat slegs ingestel is op geld en eie gewin, liefhebbers
van genot, maar sonder krag (2 Tm 3:1-5).
Hierdie teorie is 'n vorm van teïstiese
evolusie, waar 'n gaping van miljoene jare vanaf of in die proses van God se skepping
van die hemel en die aarde (Gen 1:1) tot en met die "woes en leë"
toestand van die aarde (Gen 1:2) veronderstel word, waarop die skepping van lig
en alles wat daarna volg, in 6 letterlike dae sou plaasvind (Gen 1:3 en
verder). Die meeste voorstanders van
hierdie teorie aanvaar die manier van datering van fossiele van die
evolusioniste, maar glo nie in evolusie self nie, maar in een of ander antieke
oorsprong van die heelal. Thomas
Chalmers (1780-1847), Moderator van die Vrye Kerk van Skotland, was waarskynlik
die persoon wat die meeste verantwoordelik was vir die uitbou van hierdie
teorie. Hoewel daar verskillende
variasies op hierdie teorie bestaan, kan die teorie min of meer soos volg
saamgevat word: God het lank, lank
gelede 'n perfekte hemel en aarde gemaak.
Satan was die heerser van die aarde wat bevolk was deur 'n ras van
"mense" sonder siele. Satan
wou later soos God word. As gevolg van
die Satan se rebellie en sonde het sonde in die wêreld gekom. Dit het God se oordeel in die vorm van 'n
vloed na die aarde gebring (aangedui deur Gen 1:2) en dit het 'n globale
ys-tydperk tot gevolg gehad toe die lig en die hitte van die son op 'n manier
weggeneem is. Alle fossiele vandag
dateer dan uit hierdie sg. "Lucifer se vloed" en vertoon geen genetiese
verwantskap met die plante, diere en fossiele wat vandag op die aarde leef
nie. Ander weergawes sê dat die
fossielrekord oor miljoene jare heen gevorm het en dat God die aarde met 'n
katastrofe (Lucifer se vloed) vernietig het en dit "woes en leeg"
agtergelaat het. (Batten D (ed) et al 1999:46-50).
Probleme
met die "gap" teorie
1. Eks 20:11 sê "Want in ses dae het
die HERE die hemel en die aarde gemaak,
die see en alles wat daarin is,
en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en
dit geheilig." Die hele kosmos is
in ses dae gemaak. Hier word geen ruimte
gelaat vir enige gedeelte van God se skepping op 'n ander stadium sou plaasvind
of wat nie hierin vervat is nie .
2. Die vernaamste teologiese probleem met
hierdie siening is weereens dat daar
dood, lyding, en siekte veronderstel word voor Adam se sonde. Rm 5:12 sê "Daarom, soos deur een mens
die sonde in die wêreld ingekom het
en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het,
omdat almal gesondig het." As
gevolg van Adam se sonde het dood en verderf na die wêreld gekom. Die Bybel leer dat Adam die eerste mens was wat geskape is (1 Kor 15:45), en dat die
sonde, die dood en lyding deur sy oortreding in die wêreld gekom het (1 Kor
15). Die ander probleem is dat die dood
en lyding wat in die fossiele-rekord opgeneem is, God se fout sou wees,
aangesien dit voor Satan se val sou plaasvind.
3. Die "gap" teorie skiet homself
in die voet. Die meeste sê dat God na
Lucifer se vloed die aarde herskep het en dat die fossiele op hierdie manier
neergelê is. Hulle gebruik die term
"ruin-reconstruction." As
Lucifer se vloed die fossiele skielik laat vorm het, kon hulle net sowel die
fossiele aan die vloedgebeure van Noag toegeskryf het. Die "bewyse" wat die aarde
"oud" laat lyk (gebaseer op die aanname dat die vorming van die
sedimente stadig sou plaasvind), bestaan dan nie meer nie, en maak die hele
teorie oor die Lucifer-vloed in der waarheid oorbodig.
4. Die posisie wat die "gap"
teorie inneem, dwing die voorstanders daarvan om Noag se vloed as 'n plaaslike
vloed te sien. Hierdeur verwyder hulle
as't ware die bewyse vir God se toorn en oordeel wat neergekom het op 'n
sondige aarde.
5. Hulle ignoreer die getuienis vir 'n jong
aarde soos die afname in die sterkte van die magnetiese veld, die hoeveelheid
helium in die atmosfeer, die tempo waarteen sout in die oseane vorm ens. (soos
elders bespreek).
6. Die "gap" teorie tas die
evangelie in sy hart aan. Die volle
teologiese betekenis van Rm 5:12 en Gen 3:3 kan nie op sigwaarde geneem word
nie, en hulle standpunt sal die dood wat hier ter sprake kom as
"geestelike" dood moet verklaar.
Dit sal egter ook in stryd wees met ander gedeeltes soos 1 Kor 15 en Gen
3:22-23. Hierdie gedeeltes vertel van
Adam se geestelike en fisiese dood. Die
fisiese dood van die Laaste Adam (Christus) word gekontrasteer met die fisiese
dood van die eerste Adam as gevolg van sonde.
Deurdat God vir Jesus 'n fisiese dood laat sterf het, het Hy daardeur
versoening bewerkstellig. Jesus het
daardeur in ons plek gesterf en so die volmaakte offer vir die sonde
geword. Deur te glo daar was dood voor
Adam se sonde, word die basis van die Christelike boodskap vernietig.
7. Die meeste mense wat die "gap"
teorie voorhou, verklaar die term "skep" in Eks 20:11 (Hebreeus:
"âsâh") as "herskep," en onderskei dit dan van
"bârâ" van Gen 1:1 [Volgens Strongs beteken "bârâ": to create;
(qualified) to cut down (a
wood), select, feed (as formative processes): -
choose, create (creator), cut down, dispatch, do, make (fat)], aangesien
Eks 20:11 praat van ses dae waarin God die hemel
en die aarde gemaak het en die see en
alles wat daarin is. Strongs
verklaar "âsâh" as "to do or make, in the broadest sense and widest application: -
accomplish, advance, appoint, apt, be at, become, bear, bestow, bring forth,
bruise, be busy, X certainly, have the charge of, commit, deal (with), deck, +
displease, do, (ready) dress (-ed), (put in) execute (-ion), exercise, fashion,
+ feast, [fight-] ing man, + finish, fit, fly, follow, fulfil, furnish, gather,
get, go about, govern, grant, great, + hinder, hold ([a feast]), X indeed, + be
industrious, + journey, keep, labour, maintain, make, be meet, observe, be
occupied, offer, + officer, pare, bring (come) to pass, perform, practise,
prepare, procure, provide, put, requite, X sacrifice, serve, set, shew, X sin,
spend, X surely, take, X thoroughly, trim, X very, + vex, be [warr-] ior, work
(-man), yield, use." Hoewel
"herskep" seker nie 'n onmoontlike vertaling is nie, is dit sekerlik
nie 'n algemene vertaling nie. Voorts
word "âsâh" ook in kontekste gebruik waar dit nie herskep kan beteken
nie, bv. Neh
9:6 "U is alleen die HERE, U het
die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak ("âsâh"), die aarde en alles wat daarop
is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër
van die hemel buig hulle voor U neer."
Die terme "bârâ"
en "âsâh" word in elk geval as sinonieme oor en weer gebruik (bv. Gen
1:26,27; 2:4; Eks 34:10; Jes 41:20; 43:7).
8. In terme van die Hebreeuse grammatika is
die interpretasie om 'n gaping in te lees tussen Gen 1:1 en Gen 1:2 baie
onwaarskynlik. Die "waw" in
vers 2 is 'n waw-kopulatief, wat daarop dui dat vers 2 'n beskrywing is vir
vers 1: "En die aarde was woes
en leeg." Op hierdie manier is daar
geen ruimte vir 'n gaping tussen vers 1 en 2 nie. Die voorstanders van die "gap"
teorie wil vers 2 vertaal: "die aarde het
leeg en woes geword." Dit het te doen met die vertaling van die
werkwoord "hâyâh." Die
waw-kopulatief definiëer egter die "hâyâh" as "was." Dit word op hierdie manier in al die hoof
Engelse en Afrikaanse vertalings vertaal, asook in die LXX (Antieke Griekse
vertaling).
(sien Batten D (ed) et al 1999:51-58).
Uiteraard is daar
nêrens direkte uitsprake of voorspellings in die Bybel oor die teorie van
evolusie nie, maar daar is wel gedeeltes in die Bybel wat vooruit wys op die
onderliggende tendense en die gees wat by vandag se evolusioniste en moderne
wetenskaplikes teenwoordig is:
2 Pt 3:3-6 sê: "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde
van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel (4) en
sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het,
bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. (5)
Want moedswillig vergeet
hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, (6) waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het."
Rom 1:18
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die
goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, (19) omdat wat van
God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle
geopenbaar. (20) Want sy onsigbare dinge
kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien
word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging
het nie; (21) omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God
verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge,
en hul onverstandige hart is verduister. (22)
Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword.”
Rom 1:25
“…hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die
skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in
ewigheid. Amen.”
Ek vind dit noodsaaklik om te noem dat ek
my nie met die inhoud en die trant van al die geraadpleegde webtuistes kan
vereenselwig nie, en dat enkele webtuistes nie uitgesonder kan word en verhef
kan word tot ‘n verteenwoordigende webtuiste vir beide kreasioniste of
evolusioniste nie.
Akridge, Dr op http://www.icr.org
Barnes, A. Notes on the Bible.
Barnes, Thomas G. University of Texas,
"Depletion of the Earth's Magnetic Field"
Batten, Don (ed) [B.Sc (Hons), Ph.D], Ham, K [B.Sc.Dip.Ed.], Sarfati, J [B.Sc.(Hons), Ph.D., F.M.], Wieland, C [M.B, B.S.] 1999. The Updated & Exapanded Answers Book. The 20 most-asked quoestions about creation,
evolution, & the book of Genesis aswered. Truine Press: Brisbane.
Brown, Walt. ‘In the Beginning:
Compelling Evidence for Creation and the Flood”, p. 24; ook op http://www.creationscience.com
Cuzzi, Jeffrey N. "Ringed Planets: Still
Mysterious—II", Sky &
Telescope, Vol. 69
Darwin, Charles 1956 edition. The Origin of Species (London: J.M. Dent & Sons).
DeYoung, DB. op http://www.icr.org
Ferrell, Vance. “Origin of the Universe, Evolution
Disproved Series,” p. 97
Gill, John. Exposition of the Entire Bible
Gitt, W 1993. Did God use Evolution? Ebner Ulm: Germany.
Henry,
M. Matthew Henry’s
Commentary on the Whole Bible
Oommen, Dr TV, op http://www.biblediscoveries.com/flood2.html
Plaistead, Prof DA op http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/
Schulman, Edman "Longevity Under
Adversity in Conifers", Science
Steidl, Paul "Comets and Creation"
Veith, Prof W, op www.amazingdiscoveries.org
Ander webtuistes:
http://liftoff.msfc.nasa.gov/academy/universe/b_bang.html
http://www.answersingenesis.org/docs/248.asp
http://www.apologeticspress.org
http://www.astro.ucla.edu/~wright/cosmology_faq.html
http://www.christiananswers.net/q-aig/aig-c005.html
http://www.creationscience.com/onlinebook/FAQ15.html
http://www.cryingvoice.com/Evolution
http://www.returntogod.com/Pamphlets/scripturetrifold.pdf
http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html
http://www.trueauthority.com/dinosaurs/database.htm
http://nwcreation.net/wiki
http://www.uwgb.edu/dutchs/CosmosNotes/distance.htm
Philip du Toit
Bespreek dit hier.