Inhoud

 

 

Inleiding

Wetenskapsfilosofie

Beperkinge van dateringsmetodes

Die probleem van ekstrapolasie

Probleme met huidige geologiese teorieë

Wetenskaplike getuienis vir ‘n vloed-gebeure

Hoe sou ‘n węreldwye vloed plaasvind?

Dinosaurusse

Lewende fossiele

Waarom het baie spesies uitgesterf?

Mense en ape

Natuurlike seleksie, gene en mutasies

Intelligente Ontwerp

Ander getuienis vir ‘n jong aarde

Die aarde-maan sisteem

Getuienis vir ‘n jong heelal

Swakste skakels

Meting van die afstande van sterre

Die spoed van lig

Supernova’s

Tyd

Gevolgtrekkings

Die wetenskap en die Bybel

Verkondig die Bybel ‘n plat aarde?

Was die Skrif dalk die wetenskap vooruit?

Is die skeppingsverhale van Gen 1 en Gen 2 teenstrydig?

Teologiese probleme met evolusie

Wat van die "gap" teorie?

Word die evolusieleer deur die Bybel voorspel?

Bronne

 

Inleiding

 

Die konsep van evolusie is vandag regoor die węreld geen vreemde begrip nie.  Inteendeel, meeste sillabusse in skole en universiteite aanvaar die konsep van evolusie as die wetenskaplike basis vir die verstaan van die fisiese kosmos soos ons dit vandag ken. 

Die konsep van evolusie het oor die afgelope paar jare ook “ge-evoleer.”  Tradisioneel het evolusie te doen met spontane, natuurlike, geleidelike en progressiewe ontwikkeling vanuit eenvoudiger vorme

Hier is ‘n paar definisies van die woord “evolusie” en “evolusionisme:” (eie aksente)

Farlex:


“1.  A gradual process in which something changes into a different and usually more complex or better form. See Synonyms at development.

2.a. The process of developing.

b. Gradual development.


3.Biology
a. Change in the genetic composition of a population during successive generations, as a result of natural selection acting on the genetic variation among individuals, and resulting in the development of new species.

b. The historical development of a related group of organisms; phylogeny.


4. A movement that is part of a set of ordered movements.

5. Mathematics The extraction of a root of a quantity.”


Oxford Concise Science Dictionary:


"evolution: The gradual process by which the present diversity of plant and animal life arose from the earliest and most primitive organisms, which is believed to have been continuing for the past 3000 million years."

Chambers:

evolution noun 1 the process of evolving. 2 a gradual development. 3 biol  the cumulative changes in the characteristics of living organisms or populations of organisms from generation to generation, resulting in the development of new types of organism over long periods of time. 4 chem the giving off of a gas. evolutionary adj relating to, or as a part of, evolution.

evolutionism noun, anthropol, biol the theory of evolution. evolutionist noun a person who believes in the theory of evolution.”

Your dictionary:

“noun

1. an unfolding, opening out, or working out; process of development, as from a simple to a complex form, or of gradual, progressive change, as in a social and economic structure.”

Webster's Online:

“...
10. That series of changes under natural law which involves continuous progress from the homogeneous to the heterogeneous in structure, and from the single and simple to the diverse and manifold in quality or function. The pocess is by some limited to organic beings; by others it is applied to the inorganic and the psychical. It is also applied to explain the existence and growth of institutions, manners, language, civilization, and every product of human activity. The agencies and laws of the process are variously explained by different philosophers.”

 

Daar bestaan egter die neiging in die populęre wetenskap om die konsep van evolusie los te maak van “progressie” of “verbetering”, of dat evolusie sou lei tot meer gespesialiseerde vorme.  Die neiging bestaan om dit eerder net te definiëer as “verandering oor tyd.”

Talkorigins, ‘n bekende anti-skeppingsblad sę bv. dat die Oxford Concise Science Dictionary (hierbo aangehaal) se definisie gewoon verkeerd is!

Evolusionisme het egter ten diepste te doen met ‘n węreldbeeld waarin die mens, asook die huidige aarde verstaan word as die produk van evolusie oor miljarde jare.  Voorstanders van evolusie is dus gewoonlik ook voorstanders van die oerknal en ‘n baie ou aarde (miljarde jare), waaruit lewe natuurlik (sonder bonatuurlike ingryping) ontwikkel het vanuit anorganiese materiaal.

Wanneer hierdie artikel dus praat van “evolusie” of “evolusionisme,”  het dit hierdie węreldbeeld in gedagte.  Een van die ontstellende tendense is dat die woord “evolusionisme” besig is om uit baie woordeboeke te verdwyn (bv. die H.A.T.) juis omdat evolusionistiese wetenskaplikes self die term “evolusionisme” vermy, en nie hou daarvan as mense teen die evolusieleer of te wel, die węreldbeeld agter evolusie, kritiek lewer nie.  In terme van die węreldbeeld agter evolusionisme, kan onderskei word tussen kosmologiese, geologiese en biologiese evolusionisme (later verduidelik).

Saam met die neiging in die populęre wetenskap om die term “evolusie” te probeer los maak van die konnotasie van “progressie” of “verbetering,” bestaan ook die tendens onder biologiese wetenskaplikes om die term “teorie van evolusie” uitsluitlik te kaap vir die veld van biologiese evolusie, en formulerings waarin “teorie van kosmologise evolusie” of “teorie van geologiese evolusie” voorkom, te vermy (hoewel terme soos “kosmologiese evolusie” of “geologiese evolusie” steeds deur baie wetenskaplikes gebruik word).  Die konsepte van geologisese en kosmologiese evolusie is op sigself ‘n bepaalde voorveronderstelling, en daar bestaan verskeie teorieë daarbinne wat wel in ‘n mindere of meerdere mate indirek verband hou met die “teorie van (biologiese) evolusie” – soos later verduidelik sal word.

 

Die teorie van biologiese evolusie word hoofsaaklik gegrond op Darwin se teorie van evolusie, en staan vandag bekend as “die teorie van evolusie.”   Baie evolusionistiese bioloë meen dat dit die enigste werklike “teorie van evolusie” is.   In sy eenvoudigste vorm word dit gedefiniëer as “die verandering van inherente kenmerke van ‘n populasie van organismes deur opeenvolgende generasies.”  Nuwe spesies kan hierdeur vorm.

Sien bv. http://en.wikipedia.org/wiki/Theory_of_evolution

Dit op sigself klink natuurlik heel onskuldig, want hierdie verskynsel van sogenaamde “mikro-evolusie” of te wel, spesiasie, word uiteraard ook deur skeppingswetenskaplikes erken, hulle noem dit net nie “evolusie” nie.  Die ander idee wat onder evolusioniste egter hiermee saam verstaan word, en dít is waarmee skeppingswetenskaplikes verskil (wat ek later in hierdie artikel in meer detail gaan bespreek), is dat hierdie verandering van inherente kenmerke ook verantwoordelik is vir bepaalde vorme van sogenaamde “makro-evolusie,” spesifiek waar nuwe spesies na bewering gevorm kan word wat aan ‘n nuwe “genus” of ‘n hoër taksonomiese groep as “spesie” kan behoort (bv. waar ‘n vis na bewering in ‘n landdier sou ontwikkel).  Vir hierdie beweerde tipe makro-evolusie om plaas te vind, word miljoene jare vereis. (die terme makro-evolusie en mikro-evolusie word later meer breedvoerig bespreek)

Wanneer skeppingswetenskaplikes dus die teorie van biologiese “evolusie” bevraagteken, soos wat ook verder vanuit hierdie artikel sal blyk, het dit deurgaans te doen met bogenoemde aspek van sg. “makro-evolusie” en nie sg. “mikro-evolusie” nie.

Hoewel wetenskaplikes die teorie van (biologiese) evolusie dus wil onderskei van ander vorme van beweerde evolusie, staan dit wel in ‘n onlosmaaklike verband met konsepte soos kosmologiese en geologiese evolusie, juis omdat biologiese makro-evolusie miljoene jare vereis om te kan werk.

Die ander rede waarom evolusionistiese wetenskaplikes myns insiens die teorie van (biologiese) evolusie so sterk wil onderskei van ander vorme van beweerde evolusie, is omdat hulle nie die konsep van progressiewe ontwikkeling of verbetering noodwendig wil koppel aan die teorie van (biologiese) evolusie nie, juis omdat die bewyse wat hulle vir “evolusie” gebruik (bv. natuurlike seleksie) dikwels op die teenoorgestelde (verlies aan funksie) of ‘n neutrale resultaat dui. 

Sien bv. hierdie verduideliking: http://en.wikipedia.org/wiki/Evolution_(term)

Juis omdat “evolusie” in ander kontekste op progressiewe ontwikkeling of verbetering kan dui, en omdat dit tradisioneel deel is van wat onder evolusie verstaan word, skep hierdie tendens om die “toerie van (biologiese) evolusie” as’t ware los te maak van die tradisionele betekenis van evolusie, heelwat verwarring.  Dit sou dus meer sin maak as bioloë eerder afstand te doen van die term “evolusie.”  So gesien is biologiese “evolusie” eintlik selfweerleggend!  Maar omdat die tendens bestaan onder die hoofstroom van biologiese wetenskaplikes om die term “evolusie” as’t ware vir hulleself te kaap (deur bv. te sę daar is net een “teorie van evolusie” en dit is biologiese evolusie) en daarom unieke inhoud aan hulle verstaan van “evolusie” verleen, weier hulle skynbaar om afstand te doen van die term “evolusie.”

Die ander rede waarom evolusionistiese wetenskaplikes myns insiens vandag wil wegdoen met die konnotasie van verbetering en progressie, is nie net omdat daar geen harde bewyse vir verbetering en progressie is nie, maar omdat hulle die konsep van evolusie onaantasbaar wil maak, verhewe bo kritiek.  Daar is selfs die neiging om evolusie verkeerdelik as ‘n feit te bestempel.

In terme van die groter prentjie van beweerde biologiese makro-evolusie is dit in elk geval problematies om die definisie van biologiese evolusie los te probeer maak van progressiewe ontwikkeling, want die voorveronderstelling van biologiese evolusie is dat intelligente lewe soos ons dit vandag ken, onstaan het vanuit primitiewe lewensvorme (bv. vanuit eensellige organismes).  Dit impliseer noodwendig progressie.

Die ander punt waarop beweerde biologiese evolusie vanuit naturalistiese kringe (bv. ateďstiese evolusioniste) aansluit by ander vorme van evolusie, is die voorveronderstelling dat lewe op aarde ontstaan het vanuit dooie materie.  Op hierdie punt kom beweerde kosmologiese / geologiese evolusie en biologiese evolusie by mekaar uit.

Kosmologiese evolusie verwys na ‘n beweerde lang periode (miljarde jare) van die progressiewe ontwikkeling van die fisiese kosmos tot en met die ekwilibrium wat lewe op aarde moontlik maak. Die voorveronderstelling dat die kosmos miljarde jare oud is, bestaan myns insiens omdat biologiese makro-evolusie miljoene jare vereis.  Die konsep van beweerde kosmologiese evolusie begin gewoonlik by die teorie van die oerknal wat oor 'n tydperk van miljarde jare sou ontwikkel tot hemelliggame en stelsels waaruit die aarde in sy huidige posisie ten opsigte van ander hemelliggame, en eie samestelling sou ontwikkel.

Geologiese evolusie verwys na die beweerde ontwikkeling van die aarde oor miljarde jare heen tot en met sy huidige geologiese samestelling en prosesse.  Iets soos die pangea-teorie waarin die kontinente oorspronklik deel sou wees van een kontinent, en oor miljoene jare gedryf het tot waar hulle nou is, tel byvoorbeeld hieronder.

Wanneer ek in hierdie artikel verwys na “evolusie,” die “konsep van evolusie,” of die “evolusieleer,” dan het ek die tradisionele konnotasie van “evolusie” (spontane progressiewe ontwikkeling vanuit eenvoudiger vorme) in gedagte, wat (soos hierbo aangetoon) oorkoepelend teenwoordig is in al die toepassings van die term “evolusie” in al die wetenskaplike vakdissiplines (ten spyte van die huidige tendens om dit te ontken).  Die oorkoepelende weręldbeeld of denkwyse van evolusionisme wat miljoene jare vereis, word vandag beskou as die grondslag vir die geologie, die biologie en die paleontologie (studie van fossiele).

Teenoor die teorie van biologiese evolusie staan die teorie van skepping vanuit niks. Hierdie teorie gaan uit vanuit die basiese hipotese dat God die fisiese kosmos, asook alle vorme van lewe geskep het in sy huidige basiese vorm.  Net soos by enige ander wetenskaplike teorie, word hierdie teorie geďnterpreteer aan die hand van beskikbare fisiese data en wetenskaplike getuienis.  Hieronder kan twee uiterstes in die spektrum onderskei word:

Jong-aarde skeppingswetenkaplikes: die teorie dat God deur middel van intelligente ontwerp eensklaps lewe geskep het. Dit hou verband met die siening dat die aarde relatief jonk is (ongeveer 6000 tot 10 000 jaar).

Teďstiese evolusioniste: hierdie teorie lę nader aan evolusionisme in die sin dat dit veronderstel dat God evolusie oor 'n lang periode (miljarde jare) gebruik het om te skep.

Tussenin hierdie twee uiterste teorieë is die sogenaamde "gap theory" (later in meer detail bespreek).  Dit veronderstel 'n groot gaping tussen Gen 1:1 en Gen 1:2, waar toegelaat word vir miljarde jare vanaf of in die proses van die skepping van die hemel en die aarde tot en met die "woes en leë" toestand van die aarde, net voordat God begin het om lig en dit wat daarop volg in 6 letterlike dae te skep.  Lg. word dan as ‘n soort “herskepping” verstaan.

Diegene wat glo in ‘n skepping van 6 dae, word aan die hand van evolusionistiese węreldbeeld as onwetenskaplik beskou.  Aansprake van skeppingswetenskaplikes word as geloofs-aansprake hanteer en nie met die wetenskap in verband gebring nie.  Solank diegene wat in die skepping glo nie wetenskaplike aansprake probeer maak nie, is hulle nie ‘n bedreiging vir evolusioniste nie.  Vir evolusioniste is evolusie die węreld van die wetenskap en “kreasionisme” die węreld van die geloof, wat in aparte kampe moet bestaan en nie in verband met mekaar gebring kan word nie.  Daar word dikwels onderskei tussen “kreasioniste” en “wetenskaplikes,” waar “kreasioniste” gesien word as bevooroordeeld en wetenskaplikes as volkome objektief.

Maar is dit werklik die geval?  Kan mens in sulke waterdigte kategorieë van geloof en wetenskap praat?  Wat baie mense nie besef nie, is dat die konsep van evolusie en die verskeie teorieë wat daaronder tel, nie vry is van voorveronderstellings of aannames nie.  Hoewel dit aanspraak maak op wetenskaplikheid, moet mens bewus wees van die hipotetiese aard daarvan.  Die beginsel van ‘n hipotetiese basis is egter nie ‘n vreemde beginsel nie.  Aksioma’s of voorveronderstellings is ‘n bekende begrip in die eksakte wetenskappe soos die wiskunde, die skeikunde, ens.  Die konsep van evolusie is in hierdie opsig geen uitsondering nie.  Inteendeel, die evolusie-konsep gaan uit van die voorveronderstelling dat die kosmos natuurlik moes plaasvind, sonder enige bonatuurlike ingryping van God.  ‘n Naturalistiese voorveronderstelling, waarby ‘n bonatuurlike dimensie by voorbaat ontken word (en by implikasie dus 'n ateďstiese voorveronderstelling is omdat God nie nodig is nie), is noodsaaklik vir ‘n evolusionistiese węreldbeeld.

Aan die ander kant is dit vir diegene wat God as Skepper erken, ook belangrik om jou geloof te verantwoord teenoor die wetenskaplike węreld.  Geloofsaansprake kan nie in ‘n vakuum opereer nie.  Die geloof moet deur die rede, die logika, en die wetenskaplike data ondersteun en geverifiëer word.  Baie gelowiges swig egter voor die druk van die naturalistiese wetenskaplike węreld, en dit lei daartoe dat baie hulle geloof verloor en ateďste of agnostikuste word.  Ander weer probeer nie die spanning oplos nie, en kies vir ‘n postmodernistiese posisie, en dit is naamlik om aan teenstrydighede vas te hou – vandaar die term “teďstiese evolusie,” waar God op ‘n manier evolusie kon gebruik as meganisme vir sy skepping.  Hierdie standpunt is die gevolg daarvan dat die konsep van evolusie bokant die Bybelse aansprake verhef word en die beslissende kriterium word aan die hand waarvan Bybelse aansprake beoordeel word.  Diegene wat glo in teďstiese evolusie word daarom geforseer om die skeppingsgedeelte in Gen 1-2 as ‘n mitiese verhaal te sien, of om sekere woorde of begrippe op simboliese wyse te verklaar sodat dit kan inpas by ‘n evolusie-model.

Die doel van hierdie oorsigtelike bespreking is 1) om bepaalde fundamentele aannames van evolusioniste bloot te lę, en 2) om wetenskaplike getuienis op die tafel te plaas wat gewoonlik deur die hoofstroom-evolusionistiese gemeenskap vermy word, wat wel die skeppings-wetenskaplike posisie ondersteun.  Die teorie van 'n skepping in 6 dae, wat ongeveer 6000 tot 10000 jaar gelede sou plaasvind, gaan dan geverifiëer word aan die hand van die beskikbare wetenskaplike getuienis.  Sedert die węreldwye omhelsing van die konsep van evolusie word myns insiens slegs ‘n eensydige kyk op sekere bevindings en gegewens in die hoofstroom-wetenskap gegee om evolusoinisme te ondersteun – hoofsaaklik omdat skeppings-wetenskap nie as ‘n wetenskap erken word nie, en omdat dit geďnterpreteer word op só ‘n wyse dat die onderliggende aannames en voorveronderstellings van evolusie-wetenskap in plek gehou word. 

Die bedoeling met hierdie bespreking is om skeppings-wetenskaplike interpretasies ook op die tafel te plaas om sodoende vanuit 'n meer objektiewe basis na beide teorieë te kyk.  Dit is egter belangrik om daarop te wys dat nóg evolusionistiese nóg skeppingswetenskaplike posisies kan aanspraak maak op finale of klaar feite.  Geeneen van die twee posisies kan praat van onomwonde bewyse nie, maar hoogstens van hoe die beskikbare wetenskaplike getuienis ooreenstem met hulle basiese hipotese.  Die rede daarvoor is dat ons slegs met data in die hede werk en dat enige interpretasies oor die verlede noodgedwonge bepaalde aannames moet maak en bepaalde projeksies in die verlede moet maak.  Daar is dus te veel onbekendes om onstaangeskiedenis tot ‘n onomwonde wetenskap te verhef.  Die interpretasies wat ek hier verskaf is dus geensins verhewe bo korreksie nie, en is onderhewig aan nuwe data, nuwe navorsing en herinterpretasie.  Dit is ook moontlik dat van die skakels op hierdie artikel nie meer in gebruik is nie (hoewel ek poog om dit van tyd tot tyd op te dateer – jongste opdatering: 29/06/2010).

Die konsep van evolusie bied ‘n verduideliking of ‘n moontlike interpretasie vir die kosmos.  Hoewel daar verskeie fyner variasies en nuanses op hierdie model is, word beweer dat die kosmos ontstaan het vanuit ‘n oerknal, wat ongeveer 13.7 miljard jaar gelede plaasgevind het.  Die ouderdom van die aarde word op grond van hierdie teorie op ongeveer 4.55 miljard jaar bereken.  Soos genoem, is dit belangrik om te weet dat hierdie teorie nie bewys kan word nie, maar hoogstens ‘n poging is om die huidige stand van sake te interpreteer.  Hierdie interpretasie beweeg egter hoofsaaklik op die terrein van spekulasie.

Op NASA se blad verskyn die volgende:

“Although the Big Bang Theory is widely accepted, it probably will never be proved; consequentially, leaving a number of tough, unanswered questions.”

http://quest.nasa.gov/hst/QA/Universe_Origins/Reason_for_the_Big_Bang.1

In hierdie model word die mens gesien as die produk van evolusie oor miljoene jare heen (hoewel daar baie verskil van mening oor die tydsverloop bestaan).  Op grond hiervan het die mens ontwikkel vanuit ‘n laer vorm van lewe.  Dit berus natuurlik ook op ‘n groot mate op spekulasie.  Evolusie van een genus (of hoër taksonomiese rangorde – bv. orde of klas) na ‘n ander kon nog nooit waargeneem word nie.  Daars is te veel verlore skakels in die sogenaamde evolusie-ketting om die teorie sonder enige twyfel te verifieer.  Trouens, daar is nęrens genoegsame data beskikbaar om werklike evolusie van een genus (of hoër taksonomiese rangorde) na ‘n ander te bewys nie.  Hoewel baie voorstanders van evolusie daarop aanspraak maak, kon daar nog nie met sekerheid bewys word dat daar enige oorgangsfossiele bestaan nie.  In terme van genetika bly die idee van evolusie, en veral gradualisme, ‘n geweldige probleem.  Geen mutasie met ‘n netto-wins van genetiese informasie is nog ooit opgeteken nie (hoogstens mutasies wat bestaande genetiese informasie herrangskik).  Die neiging is vandag eerder om verskillende spesies te verklaar aan die hand van parallelle genetiese lyne, as deur vertakkinge van ‘n sentrale stam.

Baie wetenskaplikes verklaar gegewens (meestal fossiele) aan die hand van die evolusie-teorie, en nie andersom nie.  Die evoluisie-teorie is die grondliggende aanname of voorveronderstelling op grond waarvan fossiele geďnterpreteer word.  Geen fossiele kon egter makro-evolusie as sodanig bewys nie.

Wetenskapsfilosofie

Die stelling dat evolusie ‘n “feit” is, word dikwels gehoor in die hoostroom evolusionistiese wetenskap.  Hoewel die basiese definisie van evolusie spesiasie insluit (en dit myns insiens verkeerd is om van spesiasie as “evolusie” te praat), is daar nie genoegsame gronde om makro-evolusie as ‘n feit te beskou nie.  Buiten dat dit ‘n positivistiese vertrekpunt het, ontken dit ook die geloofsbasis van evolusionistiese wetenskap.  Gitt (1993:13-17) dui op ‘n paar onbewysbare voorveronderstellings van evolusioniste.  Dit is natuurlik niks anders as geloofsaansprake nie:

(Stellings 1-8 kom hoofsaaklik uit Gitt se werk)

1) Biologiese evolusie word as ‘n gegewe aanvaar.  Werklike biologiese evolusie is egter nog nooit waargeneem nie (wanneer Gitt praat van “evolusie”, het hy sg. “makro-evolusie” in gedagte).

2) Evolusie is ‘n universele beginsel.  Dit is nog nooit bewys nie.

3) Mens moenie ‘n Skepper bybring nie.  Ateďsme, die geloof dat daar geen Skepper is nie, is een van die hoekstene van evolusie.

4) Hierdie węreld en alle lewende organismes is eksklusief gebaseer op materialistese beginsels (filosofies).  Dit is ‘n monistiese beskouing.

5) Materie word as gegewe aanvaar.  E=mc2 suggereer dat die som van alle energie en materie konstant is.  Daar is geen wetenskaplike verduideliking vir die ontstaan van materie en energie nie.  Dit word veronderstel dat dit teenswoordig was voor die “big bang.”

6) Mutasies en natuurlike seleksie is die aandrywingskragte van evolusie.  Dit is nog nooit bewys nie.  Mutasies kan nie nuwe genetiese informasie skep nie.  Natuurlike seleksie is beperk tot die gene-poel van ‘n soort.

7) Daar was ‘n egalige oorgang van nie-lewe tot lewe.  In geen wetenskaplike eksperiment is lewe geskep vanuit dooie materie nie.  Dit is meer geloofwaardig om te glo in ‘n Intelligente Ontwerper, as om te glo dat lewe ontstaan het vanuit “oersop.”

8) Die hede is die sleutel tot die verlede.  Dit is waarskynlik een van die mees fundamentele aannames van ontstaans-wetenskap.  In terme van die geologie, huidige prosesse (later bespreek) word ‘n lineęre ekstrapolasie (later bespreek) tot in die verlede gemaak op die basis van die aanname dat geologiese prosesse dieselfde was in die verlede. (Noag se vloed suggereer dat hierdie prosesse verander het sedert die vloed).  Dit vorm die basis van teorieë soos radiometriese datering (later bespreek), ens.  Omdat biologiese evolusie baie tyd verg, word ‘n geologies ou aarde (miljarde jare) veronderstel.

9) Enige nuwe getuienis (bv. sagte, elastiese dinosaurusweefsel) word geďnterpreteer aan die hand van hierdie onderliggende geloofs-aannames.  Waar iets soos sagte dinosaursweefsel die hele idee van miljoene-jaar-evolulsie negeer, word eerder alternatiewe verduidelikings aangebied om die data te maak pas binne ‘n miljoene-jare raamwerk.  Die dinosaurusweefsel moet net miljoene jare oud wees!

 

In ag genome al hierdie geloofsaansprake, is dit eintlik ironies dat evolusie (veral m.b.t. beweerde “makro-evolusie”) as ‘n “feit” gesien word.  Dit word so sterk geglo dat enige iets wat die geloof in evolusie teenbewys of negeer, word deur evolusioniste as onwetenskaplik beskou of gesien as die produk van religieuse bevooroordeeldheid.  Die hoofstroom wetenskaplike gemeenskap het die evolusie-idee op so ‘n manier aangeneem dat hulle diskrimineer teenoor enige opponerende teorie.  Hulle sal nóg nie-evolusionistiese teorieë eweknie-evalueer, nóg hulle as wetenskaplik erken.  Dit sou myns insiens dus meer akkuraat wees om na aanleiding van bg. 9 punte na die teorie van evolusie te verwys as religie en nie ‘n wetenskap nie.

 

Gesonde wetenskapsfilosofie erken die beprektheid van die menslike rede asook die feilbaarheid van die menslike waarneming.  Geen wetenskap is volkome objektief nie, want dit hang af van die subjektiewe voorveronderstellings, waarnemings en interpretasies van mense, asook baie ander persoonlike faktore wat die objektiwiteit van waarneming kan beďnvloed.  Enige wetenskap bevat ‘n mate van geloof.

 

Beperkinge van dateringsmetodes

Sou die aanname korrek wees dat die heelal en die aarde miljarde jare oud is, sou dit die ideaal wees om dit te bewys aan die hand van akkurate datering.  Die probleem is dat die dateringsmetodes ook onderworpe is aan ‘n geweldige hoeveelheid aannames en interpretasie.  Daar is te veel veranderlikes in die dateringsmetodes wat dit kan verhef tot ‘n “bewys.”  Dateringsmetodes is op sy beste steeds moontlikhede.

Radiometriese datering beraam die ouderdom van ‘n gesteente deur gebruik te maak van die tempo van verval van radio-aktiewe isotope van uraan, strontium, kalium en koolstof.  Dit berus op die aanname dat hierdie tempo van verval konstant bly. 

Geologiese tyd word ingedeel in verskillende geologiese periodes, bv. die pre-kambriese periode, die kambriese periode, ens.  Dit word meestal aanvaar dat die kambriese gesteentes die meeste oudste vorms van lewe bevat, hoewel sekere bakteries geďdentifiseer word in pre-kambriese gesteentes.  Die ouderdom van die kambriese gesteentes word beraam op ongeveer 542-488 miljoen jaar.

Aangesien radio-aktiewe elemente oor tyd verval tot ander elemente, word die ouderdom van sulke gesteentes bereken op grond van die tempo waarin dit verval vanaf die oorspronklike element na die nuwe element (dogter-element).  Elke radio-aktiewe isotoop het ‘n half-leeftyd wat sę hoe lank dit neem vir die helfte van die isotoop om te verval.  Vir kalium 40 is die half-leeftyd bv. ongeveer 1.3 miljard jaar.  Die hoeveelheid van die dogter-element wat gevorm word, word gemeet, en die ouderdom van die gesteente word dan bereken.

Om hierdie metode van datering te gebruik, moet aangeneem word dat daar 1) niks van die dogter-element teenwoordig was met aanvang nie, of 2) dat die hoeveelheid van die dogter-element met aanvang bekend is.  3) Dit moet ook bekend wees of enige elemente die sisteem binnegring het of verlaat het, met ander woorde: het die sisteem geslote gebly? 4) Die aanname moet gemaak word dat radioaktiewe vervaltempo’s konstant gebly het (later bespreek).

Daar is egter bepaalde faktore wat foute in die datering kan inbring.  In terme van kalium-argon datering, is dit bekend dat verhitting (soos met die smelt van lawa) veroorsaak dat argon ‘n gesteente verlaat en dit te jonk laat lyk.  As die minerale in die lawa nie gesmelt het nie, kan dit die gesteente te oud laat lyk.  Met die smelt van lawa kan ook gebeur dat die gesteente nie “geslote” bly nie.  Elemente kan in en uit die sisteem beweeg en die radiometriese ouderdom beďnvloed.  Die vloei en sirkulasie van water deur gesteentes kan ook veroorsaak dat elemente die sisteem verlaat of binnedring.

Stowwe soos argon, helium en radon (produkte waarna radio-aktiewe stowwe verval) is mobiel (gasse) en kan uit gesteentes ontsnap.  Gesteentes kan klein krakies hę om hierdie stowwe te laat ontsnap of te laat binnedring.  Dit kan ook die vloei van water toelaat om hierdie stowwe uit die gesteente te laat ontsnap of in te laat, selfs al het die gesteente nooit gesmelt nie.  In terme van die kalium-argon model, bly dit natuurlik ook ‘n vraag of daar geen argon teenwoordig was by kristalisering nie.  Dis is in elk geval bekend dat argon in groot hoeveelhede in die aardkors teenwoordig is, en dat dit deur rotse geabsorbeer word.  Die argon-druk is ook hoër hoe laer mens in die aarde afbeweeg.  Gesteentes kan argon opneem vanuit die atmosfeer.  Onder hoë druk, verhoog die mate waarin argon opgeneem kan word.  Die neiging sal dus wees om die onderste gesteentes ouer te dateer as die gesteentes bo-op. 

Verandering in temperatuur (soos vulkaniese aktiwiteit) beďnvloed ook die beweging van argon van gesteente tot gesteente.  Magma bevat groot hoeveelhede argon.  Baie vulkaniese aktiwiteit kan gesteentes op grond van die kalium-argon datering baie ouer laat lyk as wat dit werklik is.

Met die koolstof-14 metode, is die oudste menslike beendere met ‘n redelike mate van akkuraatheid gemeet op ongeveer 5000 jaar oud.  Ouer datums blyk minder akkuraat te wees.  Dit is ‘n ontdekking wat teenstrydig is met ‘n evolusionęre model.  Koolstof-14 toetse op die petrolium neerslag by die golf van Mexico en New Zeeland het getoon dat die petrolium nie ouer as 6000 tot 7000 jaar oud is nie.  Gefossileerde hout wat in Shefferville, Ontario, Kanada gevind is, in pre-kambriese gesteentes (wat gereken is as 100 tot 600 miljoen jaar oud), is d.m.v. twee onafhanklike koolstof-14 toetse getoets as 4000 jaar oud. 

Die probleem met die etiketering van die verskillende geologiese lae, is dat mense o.g.v. die spesifieke laag, fossiele dateer, of dat mense ‘n sekere laag in ‘n sekere periode dateer omdat ‘n sekere fossiel daarin voorkom.  Dit kom neer op ‘n sirkelredenasie.  As ‘n fossiel in die “verkeerde” periode voorkom, word die laag nie getateer nie.  Wat baie nie weet nie, is dat die vorms wat gebruik word vir datering en ingevul moet word deur geoloë, alreeds vra: in watter periode dink jy behoort dit te wees.  In hierdie sin is datering in meeste gevalle baie subjektief en arbitręr.  Dit is in elk geval bekend dat versteende bome op sekere plekke oor ‘n paar evolusionęre periodes strek.  Op een plek strek een boom oor ‘n tydperk van 100 miljoen jaar (volgens evolusionęre datering).

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: layers

Bronne:

Plaistead, Prof DA op

http://tasc-creationscience.org/other/plaisted/www.cs.unc.edu/_plaisted/ce/dating.html#Carbon 14 dating

http://tasc-creationscience.org/other/plaisted/www.cs.unc.edu/_plaisted/ce/dating2.html

Andrew, A. Snelling "Radioactive dating method 'under fire'" op

http://www.answersingenesis.org/creation/v14/i2/radioactive.asp

So is daar talle ander daterings-anomalieë waarin dit blyk dat konvensionele dateringsmetodes geheel en al onakkurate reslutate oplewer.  So bv. gee ‘n Lawakoepel wat op Mount St Helens in die VSA wat gevorm is in 1980 toe die berg vulkanies ontplof het, kalium-argon ouderdomme tussen 0.35 en 2.8 miljoen jaar (Austin, S.A., Excess argon within mineral concentrates from the new dacite lava dome at Mount St Helens volcano, TJ 10(3):335–343, 1996).  Lawa wat uitgevloei het uit Mount Ngauruhoe in New Zeeland tussen 1949 en 1975, gee kalium-argon ouderdomme tot soveel as 3.5 miljoen jaar (Snelling, A.A., Radioactive ‘dating’ failure, Creation 22(1):18–21, 2000).

 

Sien http://www.answersingenesis.org/articles/aid/v4/n1/mt-ngauruhoe#fnList_1_182

 

Hierdie daterings wat duidelik verkeerde ouderdomme gee (volgens konvensionele daterings-metodes) word op verskeie maniere probeer verklaar, waar daar alternatiewe verklarings aangebied word vir die relatief hoë konsentrasie argon in die gesteentes, bv. dat dit gekontamineer is deur ekstra argon a.g.v. verskeie faktore.  Maar hierdie foutiewe daterings dui myns insiens eerder daarop dat daar iets fundamenteel verkeerd is met radiometriese datering in die algemeen.  Dit is juis skeppingswetenskaplikes wat suggereer dat vermenging / kontaminasie met dogter-elemente (bv. argon, lood) of verlies aan die ouer-elemente (bv. kalium, uraan) tydens die vorming van gesteentes juis die rede is waarom gesteentes dikwels te oud gemeet word – iets wat baie goed deur die węreldwye vloed-model verklaar word (later bespreek).

Maar wat van isochron datering?   Isochron datering meet die ouderdomme van verskeie rotsmonsters van 'n sekere gelogiese eenheid.  Dit word dan aanvaar dat dit redelik is om aan te neem dat al daardie gesteentes min of meer op dieselfde stadium gevorm het en daarom ongeveer dieselfde ouderdom het.  Vanuit ondervinding is egter gesien dat elke rotsmonster verskil in die hoeveelheid ouer- en dogter-element isotope teenwoordig.  Hierdie waardes word dan op 'n grafiek geplot waarvan elke waarde een punt op die grafiek verteenwoordig.  Hierdeur word 'n lineęre reeks gevorm met 'n skuins kurwe wat dan pas gemaak word op die betrokke punte.  Hierdie lyn word dan geďnterpreteer as die resultaat van radio-aktiewe verval om 'n ouderdoms-interpretasie te gee.  Hierdie lyn word die "isochron" genoem (van die Grieks "isos" : gelyk en "chronos": tyd).  Daar word dan wiskundig aangedui hoe hierdie lyn gebruik kan word om die isochron "ouderdom" van die geologiese eenheid te meet waarvan die rotsmonsters geneem is.  Hierdie metode het populęr geword omdat dit nie nodig is om die hoeveelhede van ouer- en dogter-elemente tydens die vorming van die gesteentes te weet nie.  Omdat analitiese toerusting isotopiese verval-tempo's meet, en nie die hoeveelhede van die iosotope nie, word ouer- en dogter-isotope gewoonlik uitgedruk as tempo's relatief tot die verwysings-isotoop waarvan die hoeveelheid nie geaffekteer is met radio-aktiewe verval nie.  Dit het meegebring dat hierdie metode maklik toegepas kan word en dat groter vertroue in die resultate geplaas word.

Is hierdie metode dus flatervry?  Alles behalwe.

1) Die aanname dat verval-tempo's dieselfde gebly het is steeds noodsaaklik.

2) Die aanname dat die sisteem geslote was is steeds noodsaaklik.

3) Die aanname moet gemaak word dat die monsters wat geneem is in dieselfde uniforme geologiese eenheid voorkom wat in dieselfde geologiese periode gevorm het.

4) Die aanname moet gemaak word dat die dogter-element eweredig in die geologiese eenheid versprei het toe die gesteentes gevorm het.

5) Die belangrike aanname dat geen wyd-verspreide vermenging / kontaminasie regdeur geologiese eenheid plaasgevind het nie, kan nie deur die isochron-metode ontsnap word nie.  Trouens Zheng, Y.-F. (1989. Influences of the nature of the initial Rb-Sr system on isochron validity. Chemical Geology [Isotope Geoscience Section], vol. 80, pp. 1-16) het op verkskeie weersprekende isochron-daterings gewys wat geen geologiese betekenis het nie.  Hy sę:

"A number of anomalous isochrons have been reported in the literature and various terms have been invented, such as apparent isochron (Baadsgaard et al., 1976), mantle isochron and pseudoisochron (Brooks et al., 1976a, b), secondary isochron (Field and Ra- Heim, 1980). inherited isochron (Roddick and Compston, 1977), source isochron (Compston and Chappell, 1979), erupted isochron (Betton, 1979; Munksgaard, 1984), mixing line (Bell and Powell, 1969; Faure, 1977; Christoph, 1986) and mixing isochron (Zheng, 1986; Qin, 1988). Even a suite of samples which do not have identical ages and initial 87Sr/86Sr ratios can be fitted to isochrons, such as aerial isochrons (Kohler and Muller-Sohnius, 1980; Haack et al., 1982)."

Hy sę verder: "Evidently, the theoretical basis of the classical Rb-Sr isochron is being challenged and some limitations of its basic assumptions are being revealed…. Some of what this paper contains is not new to isotopic geochronologists, but it is drawn together here for the first time and is placed in a context within unifying general models for Rb-Sr dating." (id. p.2)

Zheng was natuurlik nie die eerste een om isochron datering te bevraagteken nie, want dit is al bevraagteken deur skeppingswetenskaplikes voor hom.  So het mense soos Russll Arndts,  Professor in Chemie by St Cloud State Universiteit in Minnesota, en Dr. William Overn, ‘n voormalige ingenieur en fisikus by NASA in 'n kort reeks artikels in 1981 getoon dat isochrons dikwels die gevolg is van wyd verspreide vermenging / kontaminasie tydens gesteentevorming.

Hulle sę: "It is clear that mixing of pre-existent materials will yield a linear array of isotopic ratios. We need not assume that the isotopes, assumed to be daughter isotopes, were in fact produced in the rock by radioactive decay. Thus the assumption of immense ages has not been proven. The straight lines, which seem to make radiometric data meaningful, are easily assumed to be the result of simple mixing." (Arndts, R. and Overn W., 1981. Radiometric Dating, Isochrons, and the Mixing Model, Bible-Science Association, Minneapolis, USA, reprint series, p. 25.)

Hulle gaan verder deur te suggereer dat die aarde wyd-verspreide roering en vermenging ondergaan het wat veral aangehelp is deur die vrylike beweging van water deur gesteentes (natuurlik baie goed deur 'n węreldwye vloed verklaar).

Zheng verduidelik die beginsel van vermenging aan die hand van hidrotermiese (warm water) verandering, metasomatisme en metamorfisme, waarvan die laaste twee te doen het met veranderinge in gesteentes a.g.v. vloeistowwe, temperatuur en druk. Zheng sę bv:

"In some cases, gain or loss of Rb and Sr from the rocks is so regular that a linear array can be produced on the conventional isochron diagram and a biased isochron results from the altered rocks to give spurious age and initial 87Sr/86Sr ratio estimates." (Zheng, Y.-F. 1989. Influences of the nature of the initial Rb-Sr system on isochron validity. Chemical Geology [Isotope Geoscience Section], vol. 80, p. 13).

en

"As it is impossible to distinguish a valid isochron from an apparent isochron in the light of Rb-Sr isotopic data alone, caution must be taken in explaining the Rb-Sr isochron age of any geological system" (id. p. 1).

Bron: Andrew, A. Snelling "Radioactive dating method 'under fire'" op

http://www.answersingenesis.org/creation/v14/i2/radioactive.asp

Dit blyk dus duidelik dat die metodes van datering te veel aannames berus en dat daar te veel veranderlikes is om dit tot ‘n akkurate tegniek te verhef.

Die probleem van ekstrapolasie

"Ekstrapolasie" verwys na die tegniek om op grond van huidige data 'n projeksie te maak in 'n tydvak (toekoms of verlede) waarvan daar nie data beskikbaar is nie.  In terme van die natuurlike wetenskappe, verwys dit na die tegniek om terugwaartse projeksies te maak oor die natuur-geskiedenis op grond van huidige chemiese, geologiese, genetiese en ander natuurlike data en prosesse.  In terme van die natuurlike wetenskappe kan ekstrapolasie en veral lineęre ekstrapolasie baie gevaarlik wees, want dit veronderstel dat natuurlike prosesse en omstandighede dieselfde was in die verlede.  Die probleem is dat ons slegs data vanuit die hede tot ons beskikking het.  Ons weet bv. nie hoe die atmosferiese samestelling was 6000 jaar gelede nie: wat die atmosferiese druk, temperatuur, samestelling van gasse ens. was nie.  'n Ander voorbeeld is of mens rekening hou met die moontlikheid van 'n globale vloed wat 'n paar duisend jaar gelede sou plaasvind (wat globale vermenging van gesteentes tot gevolg sou hę) en of daar enige ander kataklismiese gebeure was in die onlangse verlede waarvan ons dalk nie weet nie.  Sulke gebeure kon skielike en drastiese invloede hę op verskeie natuurlike prosesse of tempo's waarteen prosesse plaasvind.  Sodanige data kan verreikende gevolge hę vir die manier waarop ons na huidige data kyk en hoe ons projeksies oor die geskiedenis van die aarde maak.  'n Lineęre projeksie is in terme van die natuurlike wetenskappe myns insiens nie moontlik nie, want daar is te veel onbekendes en moontlike faktore in die verlede waarvan ons nie weet nie, wat 'n rol kon speel om huidige data te beďnvloed. Enige vorm van ekstrapolasie op die veld van die natuurlike wetenskappe kan dus nie aanspraak maak op voldonge feite nie.

Probleme met huidige geologiese teorieë

Die mid-oseaniese riwwe, wat op die bodems van die oseane lę, word gewoonlik verduidelik deur die plaattektoniek-teorie wat oor beweerde miljoene jare plaasvind.  Volgens hierdie teorie bestaan die buitenste kors van die aarde uit 'n aantal groot plate (wat elk ook kleiner plate bevat) wat bo-op ‘n meer vloeibare laag onderkant dit konstant stadig aan die beweeg is, sekeres weg van mekaar, ander na mekaar en ander langs mekaar.  Hoewel die beweging van plate deur meeste wetenskaplikes erken word, is daar verskil van mening oor die rigting van beweging daarvan, asook die effek daarvan.  Volgens huidige geologiese teorieë vorm trôe (subduction zones) wanneer tektoniese plate na mekaar toe beweeg en na onder afgetrek word.  Hiervolgens kan bergreekse vorm aan die rand van hierdie trôe.  ‘n Ander deel van die teorie is dat mid-oseaniese riwwe vorm as gevolg van opwaartse en dan sywaartse stukrag (ridge push).  Aan weerskante van die rif beweeg die plate dan weg van mekaar. 

Sien bv. http://en.wikipedia.org/wiki/Mid-ocean_ridge

Een van die groot vraagstukke van plaattektoniese teorie is of die plate altyd teen dieselfde spoed beweeg het, en of die spoed tans konstant is.  Fossiele van skulpe op bergtoppe laat wetenskaplikes ook wonder oor die geskiedenis van geologiese lae.  Dit bly egter problematies om die oorsaak vir die beweging van tektoniese plate vas te stel en ook om 'n uniforme patroon vas te stel waarom sekere plate in sekere rigtings beweeg.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: The Mid-Atlantic Ridge

Die feit van die saak is dat tektoniese plate tans baie stadig beweeg en nie voldoende verklarings bied vir baie van die geologiese prosesse nie.

Een van die probleme met huidige geologiese teorieë is die feit dat daar tans en in die mens se geskiedenis net relatief klein vulkane waargeneem kan word.  As huidige vulkane vergelyk word met kontinentale vloedbasalt, bv. die sg. “Deccan Traps”, wat oor ong. 500 000 km2 strek en ong. 2 km dik is, word dit daarteen verdwerg.  Dieselfde geld vir die sg. “Siberian Traps.” 

Sien bv. http://en.wikipedia.org/wiki/Deccan_Traps

Die vraag is, kan huidige geologiese prosesse sulke groot vulkane verduidelik?  Nie een van die bekende soorte vulkane (eksplosiewe vulkane, skildvulkane of vulkaniese riwwe) kan hierdie enorme vulkane verduidelik nie.  Die konvensionele teorie oor stadige mantelvloei kan nie die vloei van hierdie groot volumes verklaar nie.

Sien Snelling by http://www.answersingenesis.org/articles/am/v5/n3/volcanoes

Daar is ook aanduidings dat graniet relatief vinnig vanuit magma gevorm word (minder as 1000 jaar), en nie oor miljoene jare soos deur geoloë gereken word nie, ook iets wat baie goed in pas by die vloed-model.  Die plek wat onder die aarde benodig word vir hierdie granietkoepels om te vorm, kan baie goed verklaar word vanuit katastrofale plaattektoniek, wat kenmerkend van ‘n globale vloed sal wees.

Sien Snelling by http://www.answersingenesis.org/tj/v10/i2/granite.asp en
http://www.globalflood.org/papers/2003ICCcpt.html

Die twee diepste gate wat al ooit gegrawe is, is in Rusland (12km diep) en in Duitsland (9km diep).  Interessant genoeg is mineraal- en soutwater hierin gevind (nie lawa nie), wat vasgevang is in graniet en rotssplete. 

Sien bv. http://en.wikipedia.org/wiki/Kola_Superdeep_Borehole

Waar kom hierdie water vandaan – siende dat water a.g.v. onderaardse druk, nie onder die 8km vlak kan sak nie? 

Volgens ‘n polulęre teorie, was die aarde eens gesmelt, en het begin afkoel oor miljoene jare heen.  Daar is ‘n aantal probleme met hierdie teorie ook.  Eerstens, die temperatuurgradiënt (die toename in temperatuur met diepte) variëer baie op verskillende plekke op die aarde.  As die aarde al oor miljoene jare heen afkoel, behoort die toename in temperatuur uniform wees en die kors van die aarde behoort oral min of meer ewe dik te wees.  Tweedens, as die aarde eens gesmelt was, sou ligter materiaal na bo gedryf het, en digter materiaal na onder gesak het.  Mens sou nie elemente soos goud naby die oppervlak gevind het nie.

http://ldolphin.org/Early.html

Ander interessante verskynsels, wat op grond van populęre geologiese modelle moeilik verklaarbaar is, is die voorkoms van metamorfiese gesteentes soos marmer, wat slegs kan vorm as kalk (CaCO3) verhit word tot temperature van ongeveer 900 grade Celcius en druk wat die ekwivalent is van ‘n 37km hoë rotskolom. 

Voorts word groot soutneerslae ondergronds gevind, soos bv. onder die Middellandse See.  Dit is gesę dat die hele Middelandse See 8 tot 10 keer heeltemal moes verdamp om so baie sout neer te set.

Wetenskaplike getuienis vir ‘n vloed-gebeure

Daar is 'n aantal wetenskaplik waarneembare getuienis wat inderdaad dui op 'n globale vloed.  Die bekendste daarvan is waarskynlik sedimentęre gesteentes.  Vanuit 'n evolusionistiese perpektief is dit ‘n raaisel waarom sedimentęre lae wat oor miljoene jare sou vorm, so eweredig en gelyk op mekaar sou lę sonder dat dit d.m.v. erosie van vorm verander het.  Die enigste verklaring wat logies sin maak en 'n bevredigende verklaring bied vir sedimentęre lae wat in gelykmatige lae bo-op mekaar lę, is ‘n kataklismiese vloed-gebeure waar gesteentes op hierdie manier neergelę is.  Die swaarste elemente sou onder gaan lę het, en die ligter gesteentes bo.  Dit sou ook ‘n goeie verklaring bied vir gesteentes wat onder water d.m.v. turbidiete (afsetting onder water deur modderstortings) gevorm het.

Die vloed-model bied ook ‘n uitstekende verklaring vir die neersetting van fossiele.  Vir ‘n fossiel om te vorm kan dit nie te veel tyd gegee word om te verrot of te ontbind nie, maar moet skielik deur een of ander gebeure gepreserveer word.  ‘n Vloed, waar lewe skielik onder grond of modder begrawe word, bied ‘n baie meer realistiese verklaring hiervoor, veral as in ag geneem word dat daar so baie fossiele in sekere lae voorkom.  Dit sou ook verklaar waarom min fossiele vandag vorm (bv. met die St. Helena vulkaan), want plante of diere wat doodgaan word nie dadelik begrawe nie, maar verrot en verweer.

Indien ‘n globale vloed alle lewe op aarde sou tref, en daar geweldige moddervloeiings sou plaasvind wat alle lewe bedek, hoe sal dit plaasvind?  Die seelewe op meeste plekke onder lę (soos skulpe en klein seediertjies).  Bo-op dit sal die visse lę.  Bo-op dit sal plantmateriaal afgeset word, en bo op dit behoort diere (wat vanaf die land en hoër dele kom) afgeset te word.  Voëls en mense behoort saam met die diere heel bo-op afgeset te word.  Met geweldige moddervloeiings sal alle lewe min of meer in hierdie lae gefossileer word.  En dit is hoe die meeste gefossileerde gesteentes soos ons dit vandag ken, lyk.  Hoewel dit die vernaamste partroon is waarop fossiele voorkom, is daar baie plekke waar fossiele op ‘n meer lukrake manier voorkom, waar fossiele in die “verkeerde” periodes neergeset is.  Daar is selfs voorbeelde van skulp-fossiele op bergtoppe. 

Daar is ook nęrens ‘n voorbeeld waar al die sogenaamde evolusionęre periodes saam voorkom nie.  As dit so sou wees, sou dit 160 km diep wees.  Natuurlik is daar wel aansprake van evolusionistiese wetenskaplikes dat dit wel op 25 plekke voorkom.  Die identifikasie  van die verskillende lae is egter kunsmatig en berus op evolusionęre bevooroordeeldheid.  By van die plekke ontbreek sekere lae (bv. die Perm Tydperk ontbreek in die Ghadames Kom in Libië).  Voorts word lae dikwels geklassifiseer op grond van die huidige teorie van die geologiese kolom, en nie op grond van sg. indeks-fossiele of op grond van onafhanklike datering nie.  Dit kom neer op ‘n sirkelredenasie.  Lae word dikwels gedateer op grond van skynbare ooreenkomste met lae op ander plekke in die streek.  Lae kom dikwels op “verkeerde” plekke voor (bv. Devoon-lae kom voor tussen rotslae wat as Karboon-lae ge-etiketteer is in die Williston Kom in Noord Dakota).  Dit bly ‘n probleem dat die geologiese kolom volgens evolusionęre wetenskap 160km dik behoort te wees, maar in realiteit op sy dikste slegs 27km dik is.

Sien http://creationwiki.org/Geological_column#Claims_of_existence vir meer inligting.

Die mees dramatiese blootstelling van die geologiese kolom is waarskynlik die Grand Canyon, wat maar 1.6 km diep is. 

Vanuit die fossielrekord kan ons sien dat lewensvorms wat tradisioneel as meer primitiewe vorms van lewe gesien is (bv. seediere), net so gespesialiseerd is soos bv. landdiere, vandaar die neiging om biologiese evolusie nie te definieer in terme van progressiewe ontwikkeling nie.  Daar is egter geen harde bewyse dat landlewe vanuit seelewe ge-evoleer het nie.  Hoewel baie van die ouer lewensvorme uitgesterf het, is hulle allermins minder gespesialiseerd.  Hoewel die huidige definisie van die teorie van biologiese evolusie nie noodwendig dui op ontwikkeling en hoër spesialisering nie, word geglo dat gespesialiseerde spesies wel vanuit eenvoudiger lewensvorme (veral seelewe) ontwikkel het oor miljarde jare heen.  In hierdie verband dui die fossiel-rekord eerder op devolusie as evolusie. 

Die vloed-model verklaar ook heelwat anomalieë in die fossielrekord.  Dit sluit ontdekkings in soos die volgende:

1)   ‘n Ysterhamer met houtsteel wat gevind is in die kryt-tydperk (cretaceous) naby London, Texas.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: kingoodiehammer

 

2)   Goue kettingtjies in steenkool in Rutherford, Skotland en Morrisonville, Illinois (The Times, London, June 22, 1844 en The Morrosonville Times, June 11, 1891).

3)   ‘n Ysterspyker in goudkwarts by Springfield, Massachusetts (The Times, London, December 24, 1851).

4)   Munte, versteende houthandvatsels van hammers, en versteende houtintstrumente in kalksteen wat op 300 miljoen jaar gedateer is (The American Journal of Science and Arts, 1:145-46, 1820).

http://www.ancient-wisdom.co.uk/ooparts.htm

5)   ‘n Gefossileerde mens-vinger vanuit die kryt-tydperk in die Commanche Peak kalksteen.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: finger_1

http://75.125.60.6/~creatio1/index.php?option=com_content&task=view&id=28

http://www.creationwiki.org/Out_Of_Place_Artifacts

(Sien gemelde skakels vir nog voorbeelde)

6)   Seker een van die interessantste voorbeelde is ‘n brons klokkie wat gevind is naby Buckhannon, West Virginia binne-in steenkool wat beraam is op 300 miljoen jaar.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: anomalous_fossil_bell

Die analise van wetenskaplikes was dat dit waarskynlik laat val is in ‘n steenkoolmyn deur ‘n vroeë Amerikaner.  Dit blyk egter onwaarskynlik te wees, en kan natuurlik verklaar word deur die vloed-model, waarin dit heel moontlik is dat menslike artifakte van metaal behoue kon bly binne-in plantmateriaal wat later steenkool geword het.

http://www.icr.org/article/amazing-anomalous-fossil/

Dan is daar natuurlik ook die gevriesde “Wooly Mammoths” met kos in hulle monde in Siberië en Alaska (wat dalk verdrink het en gevries het) en die massa-grafte van dinosaurusse in Alberta, Colorado en Utah, asook ander diere regoor die węreld.

Die massiewe neerslae van petrolium en steenkool kan ook net bevredigend verklaar word aan die hand van die vloed-model.  Dit is bewys dat die “oudste” tipe antrasiet gevorm kan word in ‘n labratorium onder hoë druk, en steenkool kan geproduseer word deur massas dooie plantmateriaal wat saamgepres word.  Petrolium kan ook ontstaan vanuit ‘n organiese oorsprong.  Massa-grafte van dooie diere word onder hoë druk en temperatuur omskep in pertolium – ‘n scenario wat perfek inpas in die vloed-model.

Een van die grootste steenkoolafsettings is in die Powder River Basin in suidoos Montana en noordoos Wyoming wat ‘n area van ongeveer 16000 km2 beslaan en by plekke tot ong. 60m dik is.  Geoloë raak redelik kreatief wanneer hulle probeer om te probeer verklaar hoe so baie steenkool daar kon vorm en by plekke so dik kan raak sonder enige vermeninging van klei of ander onsuiwerhede oor beweerde miljoene jare.

http://www.detectingdesign.com/fossilrecord.html

McClurg, wat hierdie kom vir meer as ‘n dekade bestudeer het, het gesę “No other place in the world has as many seams 50 feet or more thick.  But, the Powder River basin is not only an economic resource.  To geologists, it's also an intriguing scientific enigma.   Geologists have been studying the basin for more than a century, largely to answer a baffling question: How did the seams get so massive? Or more precisely, why weren't the seams diluted by influxes of clay and other impurities before they thickened?"  Hy sę ook "It would be like blindfolding yourself, spinning around, and hitting the center of a dartboard one-hundred times in a row." (Earth Magazine, Power River Coal: Geologic Enigma, Environmental Dilemma, May 1993).

Die neerslag van kalk is ‘n universele verskynsel.  Kalk word gevorm uit die geraamtes van mariene eensellige protozoa en alge, en kan slegs gedeponeer word vanuit relatiewe vlak water.  In diep oseane los die kalsium-karbonaat skulpe oppad na die oseaanvloer op.  Die kalkneerslag op land is dus ‘n indikasie van ‘n węreldwye bedekking van ‘n relatiewe vlak see.  Kalkneerslae van dieselfde ouderdom word gevind in Noord Amerika, Australië, Europa, Asië en Afrika, en al hierdie neerslae rus op dieselfde tipe sandsteen.

Die vloed kan ook verklaar waarom mense ná die vloed nie meer so oud geword het nie.  Dit lyk of dit in die post-vloed omstandigheide moeiliker was om te oorleef.  Baie sę dat die aarde se vermoë om skadelike ultra-violet-strale uit te hou, as gevolg van die vloed verswak het.  Die samestelling van die atmosfeer het verander. 

Die teenwoordigheid van koolstof-14 en koolstof-12 het waarskynlik verander, asook die hoeveelheid waterdamp wat in die atmosfeer teenwoordig was.  Dit beďnvloed natuurlik die datering.  Veith skryf:

“Atmospheric carbon forms just 0.0005% of the current carbon reservoir—99.66% of the earth's carbon exists in limestone, 0.31% in oil and gas, and 0.02% in coal. Carbon-14 comes from nitrogen and is independent of the carbon-12 reservoir. If even a small percentage of the limestone deposits were still in the form of living marine organisms at the time of the Flood, then the small amount of carbon-14 would have mixed with a much larger carbon-12 reservoir, thus resulting in a drastically reduced ratio. Specimens would then look much older than they actually are.”

http://amazingdiscoveries.org/AD-Articles-ChanceOrDesign-ABasisForConflict-RadiometricDating.html

‘n Globale vloed waar daar ‘n geweldige sirkulasie van water deur gesteentes was, gepaardgaande met geweldige seismiese aktiwiteit waar groot hoeveelhede gesteentes gesmelt het en grootskaalse vermenging plaasgevind het, kan ook die vlakke van radiasie en die gevolglike datering van gesteentes drasties beďnvloed (soos later in meer detail verduidelik sal word).  Hoewel die hitte wat afgegee word om radiasie genoegsaam te beďnvloed ‘n probleem sou wees vir lewe op aarde, kan dit op sy beurt verklaar word deur die moonlikheid dat baie van hierdie prosessie diep onder die aarde sou plaasvind en die feit dat daar bo-op dit ‘n globale vloed was, en die hitte tot ‘n groot mate gebuffer sou wees van lewe op aarde.  Omdat populęre dateringsmetodes ‘n vloed en die daarmeegepaardgaande seismiese aktiwiteit buite rekening laat, gee dit ‘n baie goeie verduideliking vir waarom huidige radiometriese toetse op so ‘n ou ouderdom dui.    

Die getuienis in antieke godsdienste wat praat van ‘n vloed-gebeure is merkwaardig.  Buiten die Gilgamesh-Epos en andere, is daar interessante parallelle in die Chinese kultuur.  Die woord “boot” is bv. saamgestel uit “vaartuig,” “agt,” en “mense.”  Die woord “toring” is saamgestel uit “mens,” “een,” en “mond” (spraak).

(sien byvoorbeeld http://www.morgenster.org/signs.htm, http://www.apologeticspress.org/articles/485)

Die “Aztecs” van Mexico se vloedverhaal lui soos volg:

"When mankind were overwhelmed with the deluge, none were preserved but a man named Coxcox... and a woman called Xochiquetzal, who saved themselves in a little bark, and having afterwards got to land upon a mountain called by them Colhuacan, had there a great many children; ...these children were all born dumb, until a dove from a lofty tree imparted to them languages, but differing so much that they could not understand one another."

Funk en Wagnall se 1950 Woordeboek vir Mitologiese Volkverhale sę onder die hofie 'Deluge or Flood’: "A world cataclysm during which the earth was inundated or submerged by water: a concept found in almost every mythology in the world."

Hoe sou ‘n węreldwye vloed plaasvind?

Oor eeue heen het die mens gewonder oor die moontlike ineenskakeling van die kontinente.  Een van die vroeë skeppingswetenskaplikes wat hierdie teorie gepubliseer het was Antonio Snider-Pellegrini (1858) met sy boek La Création et ses mystčres dévoilés (Creation and its Mysteries Unveiled), maar dit het grotendeels by die wetenskaplike węreld verbygegaan, waarskynlik omdat dit in dieselfde jaar gepubliseer is as Darwin se Origin of Species.  Snider-Pellegrini het voorgestel dat die aarde eers ‘n superkontinent was. 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: 300px-Antonio_Snider-Pellegrini_Opening_of_the_Atlantic

Skematiese voorstelling deur Snider-Pellegrini

Alfred Wegener het later (1912) die teorie van kontinentale drywing verder ontwikkel.  In die 1960s het Edward Bullard d.m.v. rekenaars die huidige kontinente aan mekaar geskakel op ‘n diepte van 2000m onder seevlak.

http://creationwiki.org/Catastrophic_Plate_Tectonics#History
http://en.wikipedia.org/wiki/Edward_Bullard

Die groot hoeveelheid steenkool en gefossileerde bome wat in Antarktika gevind word, dui óf op die moontlikheid dat Antarktika eers deel was van ‘n superkontinent wat deur die vloed weggedryf het, óf dat die steenkool gevorm het a.g.v. die moontlikheid dat bome en plantmateriaal deur die vloed self tot daar gedryf het.

As gevolg van die wetenskaplike getuienis wat op die waarskynlikheid van ‘n vloed dui, het verskillende teorieë ontstaan om ‘n vloedgebeure te verduidelik, waarvan die bekendste seker die hidroplaat-teorie is van W Brown.  Volgens hierdie teorie het die kontinente nie vroeër aan mekaar geskakel soos wat Edward Bullard probeer verduidelik het nie, maar hulle het wel aan mekaar geskakel by die mid-Atlantiese rif.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: hydroglobe

Dit was met rots verbind, maar is vinnig ge-erodeer deur die opwaartse spuit van onderaardse water vanuit die mid-Atlantiese rif.  Hierdie onderaardse water was volgens hierdie teorie ongeveer 16 km onder die aarde se oppervalk, was ongeveer 1 km dik, en het ongeveer die helfte van die water bevat van dit wat vandag in die see teenwoordig is.  Die water het opgeloste minerale gasse bevat, veral sout en koolsuurgas.  Onder hierdie water was basaltiese rots, en onder dit was die aarde se mantel. 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Cross-section of preflood earth, illustration by Bradley Anderson, In the Beginning, p. 86

Druk het toegeneem in hierdie waterlaag.  Dit kon veroorsaak geword het deur toename in radio-aktiewe verval binne-in die mantel, wat dit sou laat uitsit en die water bo dit onder druk sou plaas.  Die water sou die kors bo dit onder druk plaas, en ‘n skeur sou ontstaan waaruit die water in die atmosfeer in sou spuit, wat geweldige reën regoor die aarde sou veroorsaak. 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: The rupture phase of the flood, illustration by Bradley Anderson, In the Beginning, p. 87

Dit is ook moontlik dat soos die water die atmosfeer sou vul, die boonste water kon vries, en as hael neerval om baie diere lewendig te vries (bv. die Wooly Mammoths).  Die water wat uit die skeur kom, sou beide kante van die skeur erodeer.  Sedimente wat opbeweeg sou die water modderig en dik gemaak het.  Hierdie modder sou baie plante en diere begrawe het en gefossileer het.  Dit sou tot ruste gekom het in ooreenstemming met die digthede van die sedimentęre lae.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: The flood phase, illustration by Bradley Anderson, In the Beginning, p. 88

Die meeste sedimentęre gesteentes op land vandag, is gevorm vanuit hierdie ge-erodeerde rots. 

Die geweldige energie van die water is deels omgesit in hitte, wat die water teen ‘n hoë tempo laat verdamp het, en die oorblywende water baie versadig gemaak het met sout.  Die sout het gepresipiteer tot dik lae.  Hierdie lae is bedek deur digter lae sedimente, en die sout wat opwaarts deur die sedimente gevloei het, het die groot ondergrondse soutneerslae teweeggebring.  Soos wat die soutwater afgekoel het, het gasse uit die oplossing ontsnap – meestal koolsuurgas.  Kalsium-ione (van die basalt onder dit) en opgeloste koolsuurgas het gepresipiteer tot groot hoeveelhede kalksteen (CaCO3).  Die vloed het baie plante en bome ontwortel en dit in gevalle tot by die Suidpool laat dryf.

As gevolg van die vloed het het die kontinente vinnig oos en wes geskuif vanaf die mid-Atlantiese rif, en tot in hulle huidige posisies tot stilstand gekom.  Hierdeur is die lae organiese materiaal wat begrawe is, verhit en saamgepers, en dit het vandag se steenkool- en olie gevorm.

Die sentrifugale krag wat bestaan as gevolg van die draai van die aarde is die grootste by die ewenaar.  As gevolg daarvan was die uitwaartse “trek” op die basaltlaag die grootste by die ewenaar.  Die basaltlaag het verskeie kere na bo gedruk soos ‘n spiraal-veer wat inmekaargedruk word, en het omliggende materiaal laat onstabiel raak en dit laat oplig en wegtrek.  Dit het die mid-Atlantiese rif gevorm.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Continental drift phase of the flood, illustration by Bradley Anderson, In the Beginning, p. 90

Die uitkomende water het die rif verder verbreed en die basalt laat kraak om kleiner parallelle riwwe te laat vorm.  Die kontinentale plate is verskeie keer aan die kante van die rif opgelig en teen die helling laat afbeweeg na die ooste en die weste, met die waterlaag onder dit as smering.  Die dieptepunt van die Atlantiese Oseaan het ook oopgemaak tussen die twee Amerika’s en tussen Eurasië en Afrika.  Die hidro-plate het aanhou beweeg totdat dit tot stilstand gekom het deurdat die waterlaag onder die aarde te klein geword het, of deurdat dit met iets gebots het.  Die weskus van Noord Amerika het bv. gebots teen die mid-Oseaniese rif van die Stille-Oseaan.  Indië het met Asië gebots.  Botsing en opwaartse onstabiliteit het groot bergreekse tot gevolg gehad, en afwaartse onstabiliteit het oseaniese trôe tot gevolg gehad.  Afhangende van die rigting waarin die kontinente gedryf het, parallel met die mid-oseaniese riwwe, het bergreekse gevorm.  Daarom is die Himalayas bv. noordwes tot suidoos a.g.v. die mid-Indiese rif.  Toe die hidro-plate teen die basaltlaag gegly het, het die wrywing hitte veroorsaak, wat metamorfiese gesteentes, asook magmakamers tot gevolg gehad het.  Sommige daarvan het ontsnap om vulkane te vorm.  Saampersing van hidro-plate was die grootste by die Stille-Oseaan – vandaar die hoë vulkaniese aktiwiteit.  Die oorblyfsels van die hitte word nou geometriese hitte genoem.  Van die oorblywende onderaardse soutwater het boontoe gevloei deur die saamgepersde graniet en die krake gevul.  Dit is wat gevind is in die twee diep geboorde gate in Rusland en Duitsland.  Die meeste sout in die see kom van die onderaardse soutwater, aangesien die see voor die vloed minder sout bevat het.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Recovery phase of the flood, illustration by Bradley Anderson, In the Beginning, p. 93

Na die saampersing-gebeure toe die kontinente verdik het en die vernaamste bergreekse gevorm het, het die kontinentale plate tot ruste gekom op die vloer van die onderaardse kamer, en die onderaardse water is nie meer na bo geforseer nie.  Die vloedwater oor die kontinente het tot stilstand gekom in nuut-gevormde oseaniese komme tussen die kontinente.  Voor die vloed was die vloer van die komme deel van die vloer van die ondergrondse waterkamer, en het op ‘n diepte van ongeveer 17 km gelę.  Dit beteken dat die seevlak net na die vloed ‘n paar kilometer laer was as vandag.  Daar was land-brűe tussen die kontinente wat nie meer vandag bestaan nie.  Mense en diere kon oor hierdie brűe heen migreer.  Soos wat die water terugbeweeg het na die komme, het dit diep kanale ge-erodeer in die kontinentale hellings, wat ondersese canyons genoem word.  Sommige dele van die basaltvloer is bedek deur kontinentale plate waar ander dele bedek is deur water.  Die plate wat verdik is, het ‘n groter druk op die vloer veroorsaak as die water.  Oor die jare heen het die kontinentale plate in die basaltlaag “ingesink” terwyl die verplaasde basalt die oseaanvloer opgelig het.  Dit het die seevlak laat styg en die land-brűe laat verdwyn.  Sommige diere is “vasgevang” op einlande ver van vandag se kontinente (bv. die verskillende spesies op die Galapagos Eilande).  Soos die kontinente in die basaltlaag ingesink het, het die druk aan weerskante van die bergreekse verhoog.  Swakker streke van die kors het gekraak en is opgelig om vandag se plato’s op droë grond en op die oseaanvloer te vorm.  Dit is waarom plato’s gevind word langs groot bergreekse, soos die Tiberiese Plato langs die Himalayas en die Colorado-Plato langs die Rocky Mountains, ens.  Die dreinering van die vloedwater het die kontinentale komme tot op die rante gevul, wat die groot mere teweeggebring het.  Baie van die mere het gekrimp oor die jare.  Ander mere het meer water gekry en begin oorloop op hulle laagste punt en deurgebreek om canyons te vorm.  Die water het dan in die laagste kom gevloei wat weer oorstroom het om weer opnuut ‘n canyon te vorm.  Die drywing van die kontinentale plate het druk en skeurings veroorsaak.  Die groot plate wat in die rigting van die Stille-Oseaan beweeg het, het die druk onder die Stille-Oseaan vergroot en lawa-vloeiinge en ondersese vulkane veroorsaak.  Die einde van die vloed het ook die begin van die planeet se aardbewings beteken.  Op menige plekke is rots afgeforseer om hoër druk en temperatuur te veroorsaak.  As sekere minerale ‘n sekere druk en temperatuur bereik, ondergaan dit transformasie op atoomvlak (bv. olivine), en word meer dig, hoewel dit minder plek opneem.  As ‘n rots ‘n kritieke punt bereik, gee dit mee en veroorsaak ‘n skudding – ‘n diep aardbewing.  Die omgekeerde van hierdie proses kan ook gebeur.  Vlak aardbewings kan ook veroorsaak word deur oorblywende onderaardse water wat opstoot en krake laat groter word a.g.v. hoër druk.  Dit duur voort tot op ‘n kritieke punt waar skielike beweging begin.  Dit kan verklaar waarom fonteine se watervlakke verander net voor ‘n aardbewing.  Die water dien dan as ‘n smeermiddel.  Die skuur van lae teen mekaar verhit die water en verander dit tot stoom.  Hierdie hoë-druk stoom veroorsaak dan ‘n weghol-proses wat ‘n vlak aardbewing teweeg bring.

W Brown op http://www.creationscience.com/onlinebook/HydroplateOverview.html

http://web.archive.org/web/20071007084628/www.cryingvoice.com/Evolution/Hydroplate1.html

http://www.samizdat.qc.ca/cosmos/origines/hydroplaques/engl.htm#

 

Die ander vloedmodel berus op die beginsel van katastrofale plaattektoniek, wat veral uitgebou is deur Dr. John Baumgardner.  Dit is waarskynlik meer versoenbaar met huidige plaattektoniese teorieë.  Dit gaan ook van die voorveronderstelling uit dat die aarde eers een groot superkontinent was, en deur katastrofale tektoniese beweging tydens die globale vloed opgebreek het en die kontinente uitmekaar gedryf het tot in die posisies waarin dit vandag is.

Volgens hierdie model het die aarde voor die vloed ook bestaan uit ‘n oseaniese en kontinentale kors soos nou.  Tydens die vloed is die hele oseaniese kors van voor die vloed ingetrek in die mantel van die aarde, en is vervang deur ‘n nuwe basaltkors.  Volgens hierdie teorie het die proses begin deurdat materiaal van die boonste deel van die mantel skielik begin sink het na die onderste deel van die mantel.  Die hitte-energie wat hierdeur vrygestel is, sou die mantel se viskositeit verander het.  Dit sou veroorsaak dat die oseaniese kors begin het om te sink omdat dit digter is as die kontinentale kors.  Die sink van die oseaniese kors, asook materiaal van die boonste deel van die mantel, het meegebring dat dit materiaal van die onderste deel van die mantel boontoe gedruk het – ongeveer op die punt waar die mid oseaniese rif vandag is.  Met die ente van die oseaniese kors naby die kontinente wat steeds gesink het, het weghol-insinking (runaway subduction) begin.  Hierdie proses het die oseaniese kors verdeel op die gaping wat vandag die mid-oseaniese rif is.  Die hitte van lawa wat hierdie gaping binnegedring het, het die water daarbo verhit wat ‘n supersoniese uitbarsting van stoom tot gevolg gehad het.  Hierdie stoom sou tot hoog in die boonste deel van die atmosfeer opgeskiet het, afgekoel het, en neergeval het in die vorm van reën.  Intussen sou die weghol-insinking van die oseaniese kors die kontinentale kors saamgesleep het, wat veroorsaak het dat die water die kontinente sou oorspoel het.  Hierdie prosesse sou vinnig bewegende strome veroorsaak het, wat die deponering van geweldige hoeveelhede sediment tot gevolg sou gehad het.

Van die getuienis wat hierdie teorie ondersteun is die relatiewe koel onderkant van die mantel onder die Stille Oseaan en warmer materiaal onder Afrika, soos voorspel sou word deur katastrofale plaattektoniek.

http://creationwiki.org/Catastrophic_Plate_Tectonics#History
Sien hoofsaaklik http://www.globalflood.org/papers/2003ICCcpt.html en ander verwante artikel vanaf Dr. Baumgardner se blad.

Dinosaurusse

Baie mense aanvaar dat dinosaurusse ongeveer 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het, maar daar is aanduidings dat dinosaurusse wel saam met mense voorgekom het.  Die voetspore wat in die Paluxy Rivier in Texas voorkom, het uiteenlopende reaksies onder wetenskaplikes tot gevolg (daar is ook sprake van hierdie verskynsel in Rusland en Arizona).

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: dintrack

In terme van die spore wat in die Paluxy Rivier voorkom, is daar verskil van mening of dit slegs dinosaurusspore is en of daar ook spore van mense tussenin is.  Hoewel naturalistiese wetenskaplikes ten sterkste sal ontken dat daar tekens van menslike spore is, is daar 'n aantal navorsers wat wel duidelike tekens sien van menslike spore wat saam met die dinosaurusspore teenwoordig is.  Daar bestaan egter heelwat kontroversie daaroor, want hoewel daar 'n hele aantal spore is wat duidelik menslik lyk, is daar ander spore in dieselfde reekse wat met die eerste oogopslag lyk of dit slegs dinosaurusspore is.  Baie van hierdie spore is egter van so aard dat dit lyk asof die menslike spore binne-in die dinosaurusspore voorkom.  Wat die analise en interpretasie van die verskynsel verder bemoeilik is die feit dat daar reeds soveel verwering in die gesteentes plaasgevind het.  Vir foto's en verdere besprekings, sien hierdie skakel:

http://paleo.cc/paluxy/paluxy.htm
http://www.bible.ca/tracks/tracks.htm
Morris, Henry M., 1974. Scientific Creationism, Green Forest, AR: Master Books, p. 122.
http://www.creationwiki.org/Out_Of_Place_Artifacts#cite_ref-disc_5-0

 

Dinosaurusse het in elk geval nie heeltemal uitgesterf nie, want krokodilspesies, en spesies soos die “komodo dragon” leef vandag nog.  Almal pas die beskrywing van dinosaurusse.  Baie spesies was in elk geval kleiner as hierdie genoemde spesies. 

Groter dinosaurusse wat saam met mense leef, sou nie ‘n geweldige bedreiging vir mense inhou nie, want dit lyk of die diere voor die vloed almal vegetaries was (soos later verduidelik sal word).  Hoewel beendere van dinosaurusse aangegee word as bewys vir makro-evolusie, is dit nie ‘n bewys nie, want geeneen van die beendere dui op evolusie as sodanig nie, en hulle skielike verdwyning kon nog nie bevredigend deur evolusioniste verklaar word nie.  Die vloed is die enigste bevredigende verklaring vir die uitsterf van meeste dinosaurusse.

Iets wat nog altyd ‘n raaisel was vir wetenskaplikes, is die feit dat ‘n spesie soos die Apatosaurus sulke geweldige klein longe en neusgate gehad het in vergelyking met sy liggaamsbou.

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Apatosaurus

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: apatosaur

Baie het besef dat hierdie spesie doodgaan het a.g.v. ‘n tekort aan suurstof.  Die vraag bestaan egter steeds: hoe kon hierdie spesie enigsens geleef het en so groot wees met so min suurstof in die lug?  Baie spekuleer dat dit ‘n ander tipe longmeganisme gehad het soos by voëls, maar dit blyk onwaarskynlik te wees.  Die antwoord is klaarblyklik dat die atmosfeer in sy leeftyd meer suurstof gehad het.  Soos reeds bespreek, sou ‘n kataklismiese vloed die meeste van die dinosaurusse laat uitsterf het, want daar is baie aanduidings dat die druk en die suurstofinhoud van die atmosfeer heelwat hoër was voor die vloed.  So bv. is amber op verskillende plekke al gevind met pre-historiese biologiese materiaal of goggatjies binne-in vasgevang.  Wat egter van belang is, is die feit dat die lug-borreltjies binne-in hierdie amber-stukke tot 65% meer suurstof bevat as die hoeveelheid suurstof wat in vandag se atmosfeer bestaan  (35% O2 in plaas van die huidige 21%).

http://www.trueauthority.com/dinosaurs/death3.htm

 

Wiki sę:

“The data indicate that the oxygen content of the atmosphere reached a high of nearly 35% during the Cretaceous Period and then plummeted to near present levels during the early Tertiary”

http://en.wikipedia.org/wiki/Fluid_inclusions

'n Ander interessante feit is dat rooibloedselle en hemoglobien gevind is in dinosaurusbeendere wat opgegrawe is.  Daar is gedeeltes in hierdie beendere wat dus nog nie gefossieleer het nie.  Dit is natuurlik 'n goeie aanduider dat die beendere nie veel meer as 'n paar duisend jaar oud kan wees nie (Batten D (ed) et al 1999:77).

Hier onder is 'n ontdekking wat vroeg in 2005 gemaak is van dinosaurus-weefsel wat nog rooi en elasties is.  Dit is onmoontlik dat hierdie weefsel oor miljoene jare heen behoue kon bly.

(sien artikel deur Dr C. Wieland op AnswersInGenesis.org: http://www.answersingenesis.org/docs2005/0325Dino_tissue.asp ).

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: trex_softtiss

A: Die pyltjie wys na 'n weefselfragment wat steeds elasties is.

B: Hierdie gedeelte het ook 'n "vars voorkoms" wat die teorie dat dit miljoene jare oud kan wees, onhoudbaar maak.

C: Stukke been dui daarop dat die veselagtige struktuur steeds teenwoordig is, wat as dit vergelyk word met die meeste fossielbeendere, nie hierdie struktuur het nie.

Op 'n vroeër stadium is 'n baie eienaardige verskynsel opgemerk deur Dr Schweitzer wat opgegraafde beendere van die T. rex ondersoek het.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Dino tissue 2

Links: Hierdie elastiese vertakkings-strukture in die T. rex been wat deur Dr. Schweitzer ondersoek is, kan geďdentifiseer word as bloedvate.

Regs: Hierdie mikroskopiese strukture kon uitgedruk word uit sommige bloedvate, en "lyk soos selle" soos die navorsers uitgewys het.  Hoe is dit moontlik dat hierdie verskynsel miljoene jare oud kan wees?

http://www.answersingenesis.org/docs2005/0325Dino_tissue.asp

Sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Tyrannosaurus#Soft_tissue

Lewende fossiele

Daar bestaan talle "lewende fossiele."  Dit is spesies wat vandag bestaan maar ook in fossiele voorkom.  Ontdekkingsreisigers en inboorlinge in Afrika het dinosaurus-tipe diere tot onlangs in plekke soos die Kongo-woude gevind.  (Batten D (ed) et al 1999:244-245). 

'n Ander voorbeeld is gefossileerde haaitande wat regoor die węreld gevind is, wat nie juis verskil van die tande van huidige haaie nie.  In terme van die ontdekking van haaitande, sę die New Encyclopedia Britannica: "...the lines of evolution remain to be discovered." (die tande van die “Megalodon,” ‘n groot haai wat uitgesterf het, wat oënskynlik miljoene jare gelede geleef het, se tande verskil min van die haaitande van vandag).  Die ander bekende voorbeeld is natuurlik die selekant, wat volgens sommige se berekeninge sowat 400 miljoen jaar oud moet wees.

Evolusioniste het voor die ontdekking van die selekant (1938) beweer dat dit 'n vis is wat besig was om in 'n landdier te evolueer en is vir lank as ‘n “missing link” beskou. Hy is in denkbeeldige tekeninge geteken as ‘n vis wat op die land loop.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: C:\Users\Philip\Documents\Philip\Teologie\Skepping en Evolusie\Visuals\Selekant-imaginary.jpg

Selfs met sy ontdekking het hulle geantisipeer dat hy ten minste 'n soort loop-beweging gaan maak met sy vinne, maar niks van die aard nie.  Evolusioniste kon nie lekker klein kry waarom die selekant vir "80 miljoen jaar" net verdwyn het uit die fossielrekord nie.  Dit staan daarom vandag bekend as ‘n Lasarus Takson (omdat dit as’t ware uit die dood verrys het).

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Coelacanth en
http://en.wikipedia.org/wiki/Lazarus_taxon

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: 8z

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: C:\Users\Philip\Documents\Philip\Teologie\Skepping en Evolusie\Visuals\selekant.jpg

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: C:\Users\Philip\Documents\Philip\Teologie\Skepping en Evolusie\Visuals\selekant2.jpg

Dit is merkwaardig dat die selekant van vandag feitlik niks verander het van die fossielrekord nie.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: coelac1

Nog 'n voorbeeld dat mense en "fossiele" saamgeleef het is prente wat deur inboorlinge in Amerika gedoen is wat sketse bevat van dinosaurusse en "Mammoths."  Evolusionęre denke het mense egter geďndoktrineer dat dinosaurusse nie saam met mense kon leef nie, daarom sal wetenskaplikes nie hierdie tekeninge interpreteer as tekeninge van dinosaurusse nie (Batten D (ed) et al 1999: 245).  Die sg. “drake” waarvan daar heelwat stories in die geskiedenis is, is waarskynlik ook dinosaurusse.  Gilgamesh praat van 'n groot draak wat hy teëgekom het toe hy bome gaan afkap het (ongeveer 2000 vC).  Alexander die Grote het op Indiërs afgekom wat groot blasende reptiele aanbid het wat hulle in grotte gehou het (330 vC).  China is bekend vir hulle draak-stories.  Dit is promionent op hulle potte, borduurwerk en graverings.  Engeland het 'n storie van 'n ene St George wat 'n draak doodgemaak het wat in 'n grot geleef het.  Daar is 'n storie van die tiende eeuse Ier wat skryf oor sy geveg met wat 'n Stegosaurus blyk te wees.  In die sestiende eeu het 'n wetenskaplike boek "Historia Animalium" 'n aantal diere gelys wat in lewende vorm aangeteken is, wat ons vandag dinosaurusse sal noem.  'n Bekende natuurkundige, Ulysses Aldrovandus, het 'n geveg tussen 'n landbouer genaamd Baptista en 'n draak aangeteken.  Die beskrywing daarvan pas die van 'n Tanystropheus.  Dit het gebeur op 13 Mei 1572 naby Bologna in Italië (Batten D (ed) et al 1999:235-236).

Waarom het baie spesies uitgesterf?

Baie van die wetenskaplikes wat die vloed-gebeure erken, konstrueer die omstandighede voor die vloed op verskeie maniere waarin hoër vlakke van koolsuurgas en suurstof teenwoordig was om ‘n soort “greenhouse” effek teweeg te bring.  Sommige sę daar was moontlik ‘n dun water- / waterdamp- of yslaag aan die bo-kant van die atmosfeer wat in plek gehou is deur die aarde se magnetiese veld (wat heelwat hoër was omdat die halfleeftyd daarvan 1400 jaar is).  Teen ‘n baie lae temperatuur veroorsaak ys ‘n magnetiese effek, wat ‘n bedekking vir die aarde sou kon vorm teen die skadelike radiasie van die son.  Die atmosferiese druk sou as gevolg hiervan meer wees as wat dit vandag is, wat heelwat meer suurstof sou verskaf, en die aarde in ‘n geweldige “greenhouse” sou omskep.  Lewe onder sulke omstandighede sou sonder perke gefloreer het.  Plante en diere sou heelwat groter gewees het, insluitende die dinosaurusse.  Dit sou ‘n goeie verklaring wees vir die Apatosaurus met die klein longe.  Hy sou maklik kon floreer.  Dit sou natuurlik ook ‘n goeie verklaring bied vir die Bybel wat sę dat die mense negehonderd en meer jaar oud geword het.

Sien http://www.icr.org/article/greenhouse-effect-pre-flood-days/

Daar is egter ander skeppingswetenskaplikes wat die water- of ys-kappie teorieë bevraagteken, soos bv. Walt Brown, hoewel hy nie die moontlikheid daarvan buite rekening laat nie.

http://www.creationscience.com/onlinebook/FAQ34.html

Die feit bly dat die geprojekteerde atmosferiese toestande voor die vloed heelwat anders was as nou, en veral ryker was aan suurstof en koolstof.

Daar is ook moontlike aanduidings dat die aarde heel waarskynlik ook nie so erg skeef gestaan het op sy as nie, en dat daar nie sulke skerp kontraste tussen seisoene was nie, maar dat daar amper ‘n tropiese klimaat regoor die aarde sou wees.  Baie spesies sou baie nader aan die pole kon leef as vandag. 

Die vloed sou veroorsaak dat die gemiddelde temperatuur van die aarde heelwat afgeneem het.  Daar bestaan 'n sterk moontlikheid dat daar 'n relatiewe kort ystydperk direk na die vloed was (sien bv. Batten D (ed) et al 1999:187-198 vir 'n wetenskaplike bespreking hiervan).  Na ‘n ruk, toe plante weer rondom die trope begin floreer het en suurstofvlakke laer was, was dit waarskynlik te laat vir meeste groot dinosaurus-spesies en baie ander spesies wat gesukkel het om aan te pas in die nuwe toestande.

Mense en ape

Van al die opgrawings van beendere van ape of sogenenaamde voorfases van mense, is die bekendstes seker die “Neandertalman,” en Australopithecus met die naam Lucy (‘n 40% skelet sonder bo- of onderkaak, sonder voete of hande van ‘n 1.1m hoë aap van 29 kilogram wat nie regop geloop het nie).  Lucy is deur sekeres gerekonstrueer met ‘n bokaak, ‘n onderkaak, ledemate en al, sodat dit soos ‘n mens moet lyk.  As die kopbeen van Australopithecus egter met die van ‘n shimpanzee en die van ‘n mens vergelyk word, kan duidelik gesien word dat Australopithecus ‘n aap is en nie ‘n mens nie.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Skull comparison

Nęrens is enige tussenfases van beendere gevind om die evolusie van die mens uit ‘n aap te bevestig nie.  Dit het evolusioniste egter nie daarvan weerhou om allerlei metodes te volg om een of ander tussenfase (tussen aap en mens) te voorskyn te bring nie.  Daar is dikwels enkele gedeeltes van kopbene gevind, en met klei opgebou na ‘n volledige kopbeen, wat oënskynlik ‘n tussenfase sou wees, maar dan is dit so geďnterpreteer deur die kunstenaar sonder dat daar enige wetenskaplike basis daarvoor is.  Die “Piltdown man: Eoanthropus dawsoni” (1908-1912) het wetenskaplikes later ontbloot as ‘n volledige fabrikasie van verskillende spesies, insluitende mensbeendere.  Op ‘n ander stadium is die sg. “Nebraska Man” (1922) se tand ontdek wat later as ‘n vark-tand geďdentifiseer is.

http://web.archive.org/web/20071021112212/www.cryingvoice.com/Evolution/ApeMen1.html

 

Die “Homo habilis” spesie, waarvan KNM-ER 1470 die bekendste is, waarvan ‘n fossiel-kopbeen en beendere deur East Rudolph in Afrika gevind is (in 1972), is ‘n aap-spesie wat nie regop geloop het nie. 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: v13n2_skull1

Aanvanklike rekonstruksie van KNM-ER 1470

Moderne been-skandering het die kopbeen geďdentifiseer as ‘n Australopithecus met ‘n effens groter brein.  Christopher Hummer het die aandag gevestig op sekere eienskappe wat sterk op Australopithecus dui, bv. die manier waarop die kopbeen uitwaaier na onder, die lang boonste lip wat kenmerkend van ‘n aap is, en die “cranio-facial index” (59.0) wat dit gemaklik binne die Australopithecus spesie se reikwydte van 51.0 tot 59.0 laat val (die menslike reikwydte is 30.0 tot 45.0).

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: v13n2_skull4

Meer resente rekonstruksie van KNM-ER 1470 (1985)

 

Baie wetenskaplikes is dit eens dat hierdie spesie dus glad nie onder die term “Homo” geklassifiseer moet word nie en sterk ooreenkomste toon met die KNM-WT 17000 kopbeen (‘n Gorilla-kopbeen van die Australopithecus spesie).

Sien http://www.answersingenesis.org/tj/v13/i2/skull_1470.asp
Vgl. http://en.wikipedia.org/wiki/Homo_rudolfensis

Die ER 1813 kopbeen val ook in dieselfde selfde lyn.  Dit vertoon sterk ooreenkomste met ‘n pigmee-shimpanzee.

Baie opgrawings van “Homo Erectus” (regop man; bv. ER 3733 en ER 3883) toon aan dat gereedskap deur hierdie spesie gebruik is, vuur gemaak is, dat hulle hulle dooies begrawe het, en dat hulle seevaardig was.  Hoewel hulle gemiddelde breingrootte effens kleiner is as moderne mense, is dit binne menslike mate.  “CAT scans” dui daarop dat hulle regop geloop het net soos ons.  Baie evolusioniste plaas hulle as gevolg hiervan binne die Homo sapiens spesie (die mens).  Daar is geen wesentlike rede waarom hierdie spesie as ape of ‘n tussen-fase tussen ape en mense beskou moet word nie.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: kafat1

‘n Tipiese Homo Erectus, gevind in Koobi Fora in Afrika (1975).

Die Neandertalman, wat vir lank beskou is as ‘n tussen-fase tussen ape en mense, is gekenmerk deur evolusionęre bevooroordeeldheid.  Evolusioniste het hulle daarom nie regop laat loop nie.  Dit is versterk deur die feit dat sekere lede van die spesie wat opgegrawe is, gely het aan ‘n been-siekte (rickets), wat veroorsaak is deur ‘n Vitamien D tekort (dalk a.g.v. min sonlig net na die vloed of a.g.v. grotbewoning).  Dit het veroorsaak dat die beendere krom getrek het.  Later is gemeen dat hulle volledig aan die menslike spesie (Homo sapiens) behoort, want hulle het mekaar begrawe en musiekinstrumente en ornamente (soos tipe juwele) is in hulle grafte gevind.  Die variasies op hulle breingrootte kom ooreen met variasies binne die menslike spesie vandag (Neandertal 1600cm3, en die mens 1000 tot 1500 cm3).  Op baie plekke is mense en Neandertal saam begrawe.  Op ander plekke is daar duidelike aanduidings dat menslike beendere sekere eienskappe van Neandertal vertoon, wat sterk daarop dui dat Neandertal en mense vermeng het, omdat hulle klaarblyklik aan dieselfde spesie (die mens) behoort het.

Oor die jare het wetenskaplikes nuwe gevolgtrekkings oor die Neandertal gemaak, omdat hulle DNA monsters van Neandertal met menslike DNA vergelyk het, en is onlangs deur evolusioniste as 'n aparte spesie van die mens geklassifiseer, en nie as 'n voorfase van die moderne mens nie.  Plaisted skryf:

"Some data about this result are given in an article in Science vol. 277 July 11, 1997, pp. 176-178. The method used to extract the DNA was the polymerase chain reaction, which on old and damaged DNA is highly error prone. The DNA was in fragments about 100 base pairs long, which had to be pieced together into a region 379 base pairs long. This process of piecing together took three months of work. Among the fragments found were some that looked like modern human DNA, and these were considered to be contamination." (Plaisted, DA http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/neanderthal.html ).  Hierdie proses is twee keer gedoen, en dieselfde reeks is by altwee kere verkry.  Die resultaat is vergelyk met 986 verskillende reekse van mense.  Die enkele reeks het met die van mense gemiddeld verskil op 25.6 posisies (wat op sigself 'n ongeldige vergelyking is).  Lewende mense verskil van mekaar op 'n gemiddeld van 8 posisies.  Die maksimum verskil wat aangeteken is by mense, is 24 posisies, wat die Neandertal baie naby plaas aan normale menslike variasie (shimpanzees verskil bv. op 55 punte) .  Maar die patroon van mutasies in die Neandetal reeks was verskillend van die in mense.  Hoewel dit bevraagteken kan word of die DNA reeks van die Neandertal betroubaar is (a.g.v. die relatief klein monster en die ouderdom daarvan), sou mens aanneem dat die DNA monster wel korrek is, moet mens vra of hierdie mutasies ontstaan het a.g.v. evolusie of 'n omgewings-faktor.  Daar is aanduidings dat die Neandertal morfologies meer argaďes geword het met tyd en eerder gedegenereer het as ge-evoleer het (sien bv. ML Lubenow, outeur van Bones of Contention).  Dit kan 'n aanduiding wees dat die mutasies die gevolg is van 'n omgewingsfaktor.  Genetiese isolasie, wat waarskynlik die geval was met die Neandertal, kon die mutasie-tempo a.g.v. "inbreeding" verhoog.

 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: image_skeleton010

Moderne shimpanzee

 

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: hominids2

 

Ape

(A) Shimpanzee

(B) Australopithecus

(C) Australopithecus africanus

(D) KNM-ER 1813

(E) OH24

(F) KNM-ER 1470

 (G) D2700

 

Mense

(H) KNM-ER 3733

 (I) "Rhodesia man"

 (J) Homo sapiens neanderthalensis

 (K) Homo sapiens neanderthalensis, La Chappelle-aux-Saints

(L) Homo sapiens neanderthalensis, Le Moustier

 (M) Homo sapiens sapiens, Cro-Magnon I

(N) Homo sapiens sapiens, modern

http://web.archive.org/web/20071021112212/www.cryingvoice.com/Evolution/ApeMen1.html
http://www.answersingenesis.org/creation/v15/i2/apes.asp
http://www.answersingenesis.org/creation/v25/i4/neandertal.asp
Plaisted, DA http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/neanderthal.html

Een van die wesentlike vrae wat gevra moet word indien mens sou kies vir ‘n teorie van evolusie m.b.t. die mens, is waarom bestaan ape, gorilla’s en shimpanzee’s vandag nog naas mense?  Waarom stem hulle soveel ooreen met die sg. voorfases van mense?  Of hoe kon dit gebeur het dat hulle op 'n manier nie ge-evoleer het nie en die mens wel?  Was hulle vir so lank in isolasie?  Beteken evolusie dat slegs een lyn van die spesie evolueer en die ander nie?  Wat sou bepaal dat een gedeelte evoluleer en ‘n ander gedeelte nie?  Beteken dit dat evolusie lukraak is of geďsoleerd is tot sekere dele van spesies?  Indien hulle van ‘n vroeër spesie ge-evoleer het, van watter spesie?  Nie een van hierdie vrae kan bevredigend deur evolusioniste beantwoord word nie.

 

Sien http://www.icr.org/article/3109/

Natuurlike seleksie, gene en mutasies

Natuurlike seleksie is die proses waarin organismes met oorerfbare eienskappe (gene) wat beter aanpas by hulle omgewing, neig om meer jongelinge te produseer as ander lede van die bevolking.  Hierdie organismes het ‘n groter kans om hulle gene na die volgende generasie oor te dra.  Die beter gene word van generasie na generasie oorgedra en neem toe in frekwensie, terwyl die swakker gene feitlik verdwyn.  Hierdie proses verseker dat die nuwe generasies van die populasie meer lewensvatbaar is en beter aangepas is by hulle omgewing.  Dit is belangrik om daarop te wys dat die proses van natuurlike seleksie sekere genetiese inligting laat verdwyn (die swakker gene), maar dit kan nie nuwe informasie skep nie.

Darwin het gedink dat natuurlike seleksie ‘n kreatiewe proses is wat vir ‘n onbepaalde tyd kan voortduur, wat nuwe eienskappe na vore kan bring, en op die langduur selfs nuwe tipes organismes kan genereer.  Maar natuurlike seleksie kies per definisie slegs vanuit bestaande eienskappe – al is daardie eienskappe resessief.  Dit kan nie eienskappe genereer wat nie deel is van die bestaande genetiese poel nie.  Die gene van die swakkeres in ‘n spesie word slegs uitgevee, en daarom raak die genetiese poel van die volgende generasie meer beperk.  Volgens Darwin het al die spesies ontstaan vanuit stadige, graduele veranderinge oor miljoene jare met die hulp van natuurlike seleksie.  Hy het dan die molekuul-tot-mens oorgang verduidelik deur hierdie beginsel te ekstrapoleer tot by die heel eerste sel. 

Natuurlike seleksie is ‘n vorm van mikro-evolusie.  Mikro-evolusie is ‘n vorm van oppervlakkige verandering binne ‘n spesie as gevolg van omgewingsfaktore of kunsmatige teling.  As gevolg van die feit dat geen nuwe genetiese informasie toegevoeg kan word (wat nie in die genetiese poel van daardie spesie voorkom nie), word variasies beperk tot die spesie se oorspronklike genetiese poel.  Met kunsmatige kweking van vrugte- of groente variëteite is die aantal goeie eienskappe wat gekweek kan word, beperk tot die totale genetiese poel - ‘n “plato” van goeie eienskappe word bereik.  Skeppingswetenskaplikes, hoewel hulle saamstem dat dit wat evolusioniste as “mikro-evolusie” bestempel, wel bestaan, sal hulle dit nie “evolusie” noem nie, maar eerder aanpassing.

Die beweerde proses van die vorming van nuwe spesies wat eienskappe vertoon wat glad nie teenwoordig is in die genetiese poel van daardie spesie se voorouers nie, en ‘n nuwe spesie tot gevolg kan hę wat tot ‘n ander genus of hoër taksonomiese rangorde (bv. familie / orde / klas) behoort, word as deel van makro-evolusie verstaan.

Die probleem is dat diegene wat hierdie tipe definisies bepaal, doelbewus so te werk gaan om sogenaamde makro-evolusie op ‘n soort glyskaal te plaas met mikro-evolusie, om veranderinge op die vlak van ‘n spesie in te sluit.  ‘n Tipiese definisie van makro-evolusie lyk dus soos volg:

“Macroevolution is a scale of analysis of evolution  in separated gene pools.  Macroevolutionary studies focus on change that occurs at or above the level of species, in contrast with microevolution, which refers to smaller evolutionary changes (typically described as changes in allele frequencies) within  a species or population” (eie aksente).

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Macroevolution

Die ander probleem is natuurlik wat onder die begrip “spesie” verstaan word.  Gewoonlik verwys dit na ‘n groep organismes wat met mekaar kan teël en ‘n vrugbare nageslag kan produseer, maar DNA en morfologie (hoe hulle lyk en watter eienskappe hulle het) word ook gebruik.  Daar bestaan dus ‘n mate van interpretasie en subjektiwiteit in hierdie klassifikasie.

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Species

Volgens biologiese klassifikasie lyk die taksonomiese rangorde gewoonlik só (in die die rangorde van meer algemeen tot meer spesifiek):

Lewe > Domein > Koninkryk > Philum / Divisie > Klas > Orde > Familie > Genus > Spesie

Om ‘n paar voorbeelde te noem:

‘n Genus dui op bv. ‘n katagtige of hondagtige
‘n Orde dui bv. op karnivore en herbivore.
‘n Klas is bv. ‘n soogdier.
‘n Divisie verwys bv. na vertebrate en invertebrate.
‘n Koninkryk dui bv. op ‘n plantagtige (plantae) of dieragtige (animalia).

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Taxonomic_rank

Dit is egter belangrik om daarop te let dat wetenskaplikes nie net verskil oor die klassifikasie van spesies nie, maar dat daar ook in baie opsigte onduidelikheid en oorvleueling bestaan tussen die definisies van die verskillende taksonomiese rangordes.  Die taksonomiese rangordes is dus ‘n kunsmatige indeling.

Die belangrike punt is dat makro-evolusie bó die vlak van ‘n spesie (bv. genus / familie / orde) nog nooit waargeneem is nie en ook nie deur die fossiel-rekord ondersteun word nie.  Evolusioniste haal egter gereeld voorbeelde van mikro-evolusie aan om die opwaartse proses van makro-evolusie bokant ‘n spesie te probeer ondersteun.  Daar is ‘n groot verskil tussen i) ‘n nuwe hondspesie binne die honde-genus en ii) ‘n seedier wat na bewering besig is om in ‘n landdier te ontwikkel, of ‘n dinosaurus wat na bewering in ‘n voël ontwikkel.  Hierdie twee konsepte (I en ii) is egter węrelde van mekaar verwyderd.  Wanneer skeppingswetenskaplikes dus na makro-evolusie verwys en dit bevraagteken, het hulle makro-evolusie bokant die vlak van spesie in gedagte, en moet die gebruik van hierdie term (makro-evolusie) in die res van hierdie artikel ook in die lig hiervan verstaan word.

Baie evolusioniste (ongeveer in die begin van die 20’e eeu) het begin besef dat natuurlike seleksie nie meer as grondbeginsel kan dien vir makro-evolusie nie, en het evolusie begin verklaar aan die hand van mutasies.  Mutasies ontstaan as daar foute kom met die kopiëring van die DNA-molekules.  Mutasies kan egter nie ‘n netto-wins in informasie tot gevolg hę nie, dit kan bestaande informasie dubbeld kopiëer, herrangskik of laat wegval.  By punt-mutasies, wat ook die skadelikste mutasies tot gevolg kan hę, kan ‘n merker in die DNA verkeerd gekopiëer word om ‘n ander kombinasie te verkry, maar dit sal nie ‘n netto-wins in genetiese informasie tot gevolg hę nie.  Hoewel mutasies dikwels ‘n neutrale gevolg het, lei dit in baie gevalle tot ‘n netto-verlies in informasie.  Baie mutasies is daarom skadelik of selfs dodelik.  Daar is nog geen mutasie aangeteken waarin die resultaat ‘n netto-wins in die funksionaliteit van ‘n spesie toon nie.

Sien http://www.answersingenesis.org/articles/wow/are-mutations-the-engine en
http://www.answersingenesis.org/home/area/cfol/ch2-mutations.asp

Een van die voorbeelde wat dikwels deur evolusioniste aangegee word as beweerde bewys vir ‘n wins in informasie is die E. coli bakterië waarmee Lenski ge-eksperimenteer het oor die loop van 20 jaar.  Die bakterië het die vermoë ontwikkel om citroensuur te metaboliseer.  Wilde E. coli kan egter wel citroensuur verteer as suurstofvlakke laag is.  Al die lyne in Lenski se eksperiment het egter die funksie verloor om ribose te verteer (‘n suiker), ander lyne het die vermoë om DNA te herstel, verloor.  Daar is dus nie sprake van ‘n netto-wins in informasie of funksionaliteit nie.  Hulle kon miskien in ‘n labratoriumopset oorleef, maar nie noodwendig in die węreld daarbuite saam met ander wilde bakterië nie.  Hoewel evolusioniste hierdie vermoë van E. coli as “aanpassende evolusie” beskryf, sal skeppingswetenskaplikes eerder praat van aanpassing, en dit nie “evolusie” noem nie.

http://www.icr.org/article/werner-arber-nobel-laureate-darwin-skeptic/
http://www.answersingenesis.org/articles/aid/v2/n1/a-poke-in-the-eye

As evolusie ooit plaasgevind het, sou daar tussen-spesies wees, soos bv. ‘n half-reptiel of ‘n half-voël, ens.  Darwin het gesę dat sy teorie bevestig sal word so gou soos sulke “oorgangsfossiele” deur paleontoloë gevind word.  Dit het egter nog nooit gebeur nie!  Hoewel menige sg. “oorgangsfossiele” deur evolusioniste geďdentifiseer is, is dit gekenmerk deur evolusionęre bevooroordeeldheid.  Só was daar ook telkens vervalsings van sg. oorgangsfossiele, bv. daar was in 1999 met groot fanfare ‘n Archaeoraptor liaoningensis gepubliseer in die National Gegraphic, wat later as ‘n vervalsing uitgewys is.

sien: http://www.answersingenesis.org/articles/nab/did-dinosaurs-turn-into-birds en
http://en.wikipedia.org/wiki/Archaeoraptor

Net so was daar ook die sg. Piltdown man, die Nebraska Man, asook die sg. Bone Wars deur Othniel Charles Marsh en Edward Drinker Cope.

In 1972 het die teorie van “punctuated equilibrium” ontstaan (deur Eldredge en Gould) – ‘n meer komplekse teorie waar lewe in ‘n statiese toestand verkeer het, en gekenmerk is deur relatiewe kort evolusionęre ontploffings.  Volgens hierdie teorie, het hierdie ontploffings in ‘n geografies afgesonderde populasie van ‘n sekere spesie ontstaan en ‘n nuwe dogter-spesie laat ontstaan in ‘n baie kort tyd.  Dit sou die gebrek aan sg. “oorgangsfossiele” verklaar.  Die probleem is dat as lukrake mutasies en natuurlike seleksie nie tot nuwe spesies kon lei wat aan ‘n hoër taksonomiese groep as spiesie (bv. orde / klas) kon behoort nie (bv. ‘n vis wat ‘n landdier word).  Hoe kon dit bv. nuwe ordes voortbring in sulke relatiewe kort periodes?  Dit sou juis wonderwerke verg.

http://en.wikipedia.org/wiki/Punctuated_equilibrium

Intelligente Ontwerp

Dit dui daarop dat daar in vele lewende organismes op aarde 'n vlak van kompleksiteit en intelligensie bestaan wat nie aan die hand van die evolusie-teorie verklaar kan word nie, en dus suggereer dat dit die resultaat is van intelligente ontwerp.  Dit suggereer op sy beurt dat daar 'n Intelligente Ontwerper is.  Die Intelligent Design Movement is 'n węreldwye organisasie van wetenskaplikes (nie noodwendig Christene nie) wat kritiek lewer op die evolusie-teorie vanuit die beginsel van intelligente ontwerp.  Vir William A. Dembski, een van die leidende figure in die ID beweging beteken die term "ontwerp" die volgende:

1. die wetenskaplike teorie wat 'n intelligente agent onderskei van natuurlike oorsake,

2. wat dit is aangaande intelligent-vervaardigde objekte wat ons in staat stel om te sę dat dit intelligent vervaardig is en nie gewoon die resultaat is van natuurlike oorsake nie, en

3. die intelligente agent self.

http://www.apologeticspress.org/articles/180

Een so 'n voorbeeld van intelligente ontwerp is die menslike oog.  Die manier hoe die oog werk het bepaalde ooreenkomste met hoe 'n kamera werk.  Dit bevat die volgende komponente:

DIE OOG

DIE KAMERA

Ooglid

Lensdeksel

Lens

Lens

Naby fokus

Naby fokus

Wye hoek

Wye hoek

Telefoto

Telefoto

Silięre spier/lens    

Outomatiese fokus

Iris + Pupil

Ligmeter

Retina

Film

Stafies

Swart en wit

keëltjies

Kleur

Brein

Verwerking

 

Die beeldgehalte wat kameras kan lewer is egter nog ver agter die beeldgehalte van die oog.  Die verskil kom in dat die oog 1.5 miljoen gelyktydige boodskappe kan hanteer.  Dit samel 80% van alle kennis in wat deur die menslike brein geabsorbeer word.  Die retina bevat 137 miljoen lig-sensitiewe reseptorselle, 130 miljoen stafies (wat die oog in staat stel om swart en wit te sien) en 7 miljoen keëltjies (wat die oog in staat stel om in vol kleur te sien).  Op 'n gemiddelde dag beweeg die oog ongeveer 100 000 kere, wat milligram vir milligram van die swaarste spierweefsel in die liggaam is.  Die ligaam sal 80 km per dag moet loop om die beenspiere dieselfde hoeveelheid oefening te gee.  Die oog maak homself skoon.  Traankliere vervaardig afskeidings (bv. trane) wat stof en ander vreemde partikels weg was.  Ooglede is soos ruitveërs.  Die oogknip-proses (3 tot 6 keer per minuut) hou die sensitiewe kornea klam en skoon.  Trane bevat 'n sterk mikrobe-doder (lisosime) wat die oog beskerm teen bakteriese infeksie.  Gedurende tye van inspanning sal een oog "rus" terwyl die ander oog 90% van die werk doen.  Die proses word dan omgekeer sodat beide oë ewe veel werk doen.  Die brein ontvang miljoene gelyktydige boodskappe van die oog.  Wanneer die aangewese golflengte of lig teenwoordig is, aktiveer elke stafie en keëltjie 'n elektriese respons na die brein, wat dan 'n saamgestelde stel ja-of-nee boodskappe van al die stafies en keëltjies ontvang.  Dit sorteer en organiseer dit en presenteer die ooreenkomstige beeld daarvolgens.  Die sterkte van elke elektriese impuls is 'n paar miljoenstes van 'n volt.  Dit word deur die optiese senuwee vervoer en word aan die brein oorgedra teen 480 km/h.  Die brein ontvang die seine wat invloei en interpreteer dit.  Al hierdie komplekse elektromagnetiese aktiwiteit word voltooi in ongeveer .002 van 'n sekonde (Ratcliff, 1980.  I Am Joe's Body, p 25-29)

Selfs Darwin het erken:

"To suppose that the eye with all its inimitable contrivances for adjusting the focus to different distances, for admitting different amounts of light, and for the correction of spherical and chromatic aberration, could have been formed by natural selection, seems, I freely confess, absurd in the highest degree." (Darwin 1956, p. 167).

Tog het Darwin later vas geglo dit is presies wat gebeur het.

B Thompson, The Design Argument - "Eye” of the Storm op http://www.apologeticspress.org/articles/1983

Dit bly steeds 'n raaisel hoe evolusioniste nie wil erken dat die evolusie-teorie vir iets so gespesialiseerd soos die oog, nie in sy wildste projeksies kan voorsiening maak nie, en dit terwyl 'n kamera wat wel ontwerp is nie naastenby kan kompeteer met die oog nie.  Om te dink dat iets soos 'n oog sommar so vanself moes ontwikkel het vanuit die meganisme van natuurlike seleksie.  En dit nadat lewe moes ontwikkel vanuit dooie materie, wat op sy beurt moes ontwikkel vanuit niks!

Een van die punte van kritiek wat indirek teenoor intelligente ontwerp geimpliseer word, is die feit dat genetiese data van wyd uiteenlopende spesies op so baie punte ooreenkom.  Sekere studies suggereer ooreenkomste van in die 90% tussen muise en mense en van ong 50% met piesangs. 

http://www.icr.org/article/rapidly-unraveling-thread-between-dna-human-evolut/

Dit op sigself is geen bewys dat daar gemeenskaplike voorouers in beide spesies se sg. “evolusionęre verlede” is nie, maar ondersteun juis die konsep dat God bepaalde genetiese bloudrukke gebruik het toe Hy verskillende spesies geskep het wat bepaalde funksies vervul.  Wetenskaplikes se kennis vir die funksie van al die DNA in spesies bly in elk geval gebrekkig.  Genetiese ooreenkomste dui daarom eerder op intelligente ontwerp.

Ander getuienis vir ‘n jong aarde

Buiten die waarskynlikheid vir ‘n vloed-gebeure, is daar ander faktore wat ‘n evolusionęre model van ‘n baie ou aarde bevraagteken.  Al die punte wat ek hier noem is nie noodwendig ewe goed geverifiëer nie en is onderworpe aan die ontdekking van nuwe data en herinterpretasie, maar al hierdie aspekte skep na my mening probleme vir huidige ou-aarde evolusionęre modelle, en word nie na my mening bevredigend deur evolusionistiese modelle beantwoord nie.

1. Die aarde se magnetiese veld, wat gegenereer word deur sy interne elektriese storme, beskerm dit teen skadelike solęre radiasie, en maak dat mens ‘n kompas kan gebruik.  Die sterkte van die magenetiese veld is die eerste keer gemeet deur Karl Gauss in 1835.  Sedertdien is dit elke 10-15 jaar gemeet.  Die metings toon dat die magnetiese veld eksponensiëel besig is om te verswak (soortgelyk aan radio-aktiewe elemente).  Die krag van die magnetiese veld van die aarde het ‘n half-leeftyd van 1400 jaar.  Dit halveer met ander woorde elke 1400 jaar.  Dit beteken dat 7000 jaar gelede, die magnetiese veld 32 keer sterker was as nou.  Deur middel van terugwaartse ekstrapolasie kan bereken word dat 20000 jaar gelede die elektriese stroom van die aarde so sterk moes wees, dat die aarde nie die hitte wat daardeur geproduseer sou word, sou kon weerstaan nie, en sou smelt.

“A comprehensive ESSA Technical Report gives the values of the earth's magnetic dipole moment (the vector which gives the strength and direction of the magnet) ever since Karl Gauss made the first evaluation in 1835... These reliable data clearly show this relatively rapid decay. The report stated that on a straight line basis the earth's magnetic field would be gone in the year 3991 AD. But decay is exponential and in this case has a half-life of 1400 years.”  (Thomas G. Barnes, University of Texas, "Depletion of the Earth's Magnetic Field")

“If one computes the magnetic field strength back in time 10 thousand years, the earth's magnetic field would have been as strong as that of some magnetic stars. The reasonable assumption has been made that the earth never had a magnetic field as strong as a star's magnet.”  (T.G. Barnes, "Earth's Young Magnetic Age Confirmed")

http://web.archive.org/web/20070903110337/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeEarth1.html
Jonathan Sarfati op http://creation.com/the-earths-magnetic-field-evidence-that-the-earth-is-young en
http://www.icr.org/article/215/
http://www.icr.org/article/371/
http://www.creationresearch.org/crsq/articles/39/39_1/GeoMag.htm

Een van die punte van kritiek hierteenoor vanuit evolusionistiese geledere is die feit dat dit in sekere gesteentes lyk asof die magnetiese veld omgedraai het.  Dit kan egter baie goed verklaar word deur die vloed-model, en die feit dat daar nog beweging was tydens die proses van afkoeling.

Sien:

R.S. Coe and M. Prévot, Evidence suggesting extremely rapid field variation during a geomagnetic reversal, Earth and Planetary Science 92(3/4):292–298, April 1989. See also the reports by Dr Andrew Snelling, Creation 13(3):46–50 , 13(4):44–48 , 1991.
R.S. Coe, M. Prévot and P. Camps, New evidence for extraordinarily rapid change of the geomagnetic field during a reversal, Nature 374(6564):687–692, 1995; see also A. Snelling, The principle of ‘least astonishment’, Journal of Creation 9(2):138–139, 1995.

2. Waar kom al die aarde se water vandaan?  Hoewel komete en sekere meteoriete water kon toevoeg tot die aarde, is dit nie genoeg om die hoeveelheid water op die aarde te verklaar nie.  Komete bevat te veel argon.  As slegs 1% van die water op die aarde deur komete gekom het, sou die aarde 400 keer meer argon bevat.  Sekere tipes meteoriete wat ys bevat het te veel swaar waterstof.  Sekeres het daarom beweer dat die aarde sy water kry van eksterne hemelliggame wat nie meer bestaan nie.  Dit blyk meer waarskynlik en geloofwaardig dat die aarde geskep is met sy huidige hoeveelheid water.

Walt Brown op http://www.creationscience.com/onlinebook/AstroPhysicalSciences5.html

3. Meteore wat die aarde bombardeer (miljoene per dag) brand meestal uit voordat hulle die grond bereik, maar die wat wel die grond bereik (meteoriete) maak kraters (die bekendste is in Arizona wat 575 voet diep is).  In die ondergrondse gesteentes is daar egter bitter min getuienis vir meteoriete.  By verre die meeste kraters en meteoriete lę naby die oppervlak.

http://www.creationscience.com/onlinebook/Comets11.html
http://creationwiki.org/Meteorites_are_never_found_in_deeper_strata_%28Talk.Origins%29

4. Atmosferiese helium ontstaan hoofsaaklik vanuit drie bronne: radio-aktiewe verval van uraan en thorium, helium van die son, en atoomreaksies in die aarde se kors.  Die atmosfeer bevat ongeveer 3.6 miljard ton He-4, en die tempo waarteen dit meer word, oorskry die tempo waarteen dit ontsnap, soos aangetoon deur David Malcolm.

http://www.answersingenesis.org/tj/v8/i2/helium.asp

Vanuit ‘n ander bron:

‘After stating the above, Kofahl and Segraves conclude that, using all three helium sources in the calculation, earth's atmospheric age would be reduced to 10,000 years.”  (Vance Ferrell, Origin of the Universe, Evolution Disproved Series, p. 160.)

Sien ook: http://creationwiki.org/Helium_diffusion#Helium_in_the_Atmosphere

Dit beteken dat die aarde nie 4.6 miljard jaar oud kan wees nie, want dan sou daar baie meer helium in die atmosfeer wees.

5. Groot riviere vorm delta’s soos water en sediment in die see invloei.  Daarom vergroot rivierdelta’s voortdurend.  Ur van die Chaldeërs was bv. teen die see ‘n paar duisend jaar gelede, maar nou is dit 320 km van die see soos wat die Tigrus en die Eufraat gedeeltelik die Persiese golf gevul het.  Die ouderdom van ‘n delta kan bereken word deur die tempo waarteen sediment vorm, te meet.  Die Mississipi deponeer 229 miljoen kubieke meter in die golf van Mexico elke jaar, en as gevolg daarvan word die staat van Louisiana groter.  Op grond hiervan, word die ouderdom van die delta deur middel van terugwaartse ekstrapolasie gemeet op ongeveer 4000-5000 jaar.  Dieselfde kan vir ander delta’s regoor die węreld gesę word.  Hierdie ouderdom korrespondeer met die berekende tydstip van die vloed.

http://web.archive.org/web/20070905162512/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeEarth2.html
sien ook http://www.answersingenesis.org/articles/aid/v2/n1/sediments-lake-van
http://creationwiki.org/Mississippi_delta_could_have_formed_in_5000_years_(Talk.Origins)

6. As gevolg van die afsetting van sedimente deur riviere in die see, is die oseane gans te jonk vir evolusionęre teorieë, of die sedimente moes op een of ander manier uit die oseane verwyder word wat nog onbekend is.

 “After careful analysis of the erosion of continents and associated sedimentation in the world ocean, we must ask two urgent questions. Where is all the sediment if, as the evolutionist assumes, the ocean is over 1 billion years old?” Evolution – the ocean says no by Stewart E. Nevins M.S op

http://www.icr.org/index.php?module=articles&action=view&ID=56
http://creationwiki.org/Not_enough_sediments_in_the_ocean_for_an_old_earth_(Talk.Origins)

7. Die jongste studies dui daarop dat koraalriwwe waarskynlik minder as 3500 jaar oud is en nie miljoene jare nie.

http://www.answersingenesis.org/articles/nab2/arent-millions-of-years-required#coral
http://www.answersingenesis.org/creation/v25/i1/coral.asp#tale

8. Plekke in die aardkors waar gasse en olies teenwoordig is, het geweldige druk, wat maak dat dit uitspuit as daar ‘n opening in die kors is.  ‘n Studie van omliggende gesteentes van oliebronne in Saudië Arabië toon aan dat die druk van hierdie bronne tot nul sal afneem in ‘n paar duisend jaar.

 “Abnormally high oil, gas, and water pressures exist within relatively permeable rock. If these fluids had been trapped more than 10,000 to 100,000 years ago, leakage would have dropped the pressure far below what it is today. This oil, gas, and water must have been trapped suddenly and recently.” (Walt Brown, In the Beginning: Compelling Evidence for Creation and the Flood, p. 24.)

9. ‘n Interessante verskynsel is die sequoia bome in Kalifornië.  Volgens waarnemings lyk dit of hierdie bome se leeftyd onbeperk is.  Tog is daar nęrens bome gevind wat meer as 4000 jaar oud is nie.  Hulle ouderdom wys ons waarskynlik die beraamde tydstip waarop die vloed geëindig het!

 “Perhaps the most intriguing of the unanswered questions regarding longevity in conifers has to do with Sequoia gigantea trees, which, some believe, may enjoy perpetual life in the absence of gross destruction, since they appear immune to pest attacks… Does this mean that shortly preceding 3275 years ago (or 4000 years ago, if John Muir’s count was correct) all the then living giant sequoias were wiped out by some catastrophe?”  (Edmund Schulman, "Longevity Under Adversity in Conifers", Science)

10. Geen geskrewe getuienis (skrif of tekeninge) bestaan vandag van beskawings ouer as ongeveer 3600-4000 jaar nie.  As beskawings miljoene jare oud is, sou ons ten minste iets daarvan al ontdek het.  Dit lyk of daar skielik en gelyk ‘n klomp beskawings ontstaan het op baie plekke.  Al hierdie beskawings toon ‘n skielike, volledige teken- en taalsisteem.  Daar is nęrens ‘n aanduiding dat taal geleidelik ontwikkel of ge-evolueer het nie.  Eienaardig genoeg, is die getuienis vir al die oudste beskawings in die Ou Nabye Ooste, relatief naby aan waar die ark te ruste sou kom.

11. Teen die eksponensiële tempo waarteen die węreld se bevolking toeneem, is bereken dat daar slegs een gesin moes wees in die jaar 3300 v.C.  ‘n Ander studie het begin met een gesin tydens die einde van die vloed (2300 v.C.) en ge-eindig met 300 miljoen by Christus se geboorte, en dit kom presies ooreen met die algemeen aanvaarde waarde vir die węreld se bevolking vir daardie tydstip.  Indien mens met ‘n gesin begin het, 1 miljoen jaar gelede, en teen ‘n tempo van 0.01% jaarlikse groei die totale bevolking van vandag sou bereken, sou mens ‘n planeet 4.45 X1033 (33 nulle) die grootte van die aarde nodig hę om almal te huisves.

http://web.archive.org/web/20070905162512/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeEarth2.html
http://creationwiki.org/Human_population_growth_indicates_a_young_earth_%28Talk.Origins%29

12. Sout gaan die see binne teen 'n baie vinniger tempo as wat dit daaruit ontsnap.  Die see is nie naastenby sout genoeg sodat dit kon plaasvind oor miljarde jare nie.  Selfs al sou mens ruimskoots vir evolusionęre teorieë toelaat, en mens veronderstel dat die see met 'n nul sout-waarde begin het, kan die see op grond van die huidige tempo van versouting, nie ouer as 62 miljoen jaar wees nie.  Dit gee egter net 'n maksimum moontlike ouderdomsdrempel.  (Batten D (ed) et al 1999:78).

Sien ook http://creationwiki.org/Amount_of_dissolved_sodium_in_oceans_(Talk.Origins)

13. Een van die sterkste argumente ten gunste van ‘n jong aarde is die sterk moontlikheid vir versnelde radioaktiewe verval.  As die tempo van verval noemenswaardig verander het in die geskiedenis van die aarde, maak dit die hele stelsel van radiometriese datering in evolusionęre konteks waardeloos.  ‘n Skeppingswetenskaplike navorsingsgroep genaamd RATE (Radioisotopes and the Age of The Earth) is in 2000 aangestel om die moontlikheid vir versnelde radioaktiewe verval te ondersoek. 

Hulle was ‘n span van 7 met doktorsgrade in geologie (X2), fisika (X2), geofisika, teoretiese fisika, en atmosferiese wetenskap.  In 2005 het hulle ‘n dokument van 818 bladsye bekend gemaak.

Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Creation_geophysics#Radioisotopes_and_the_Age_of_the_Earth_project

Hulle het gevind dat die mees waarskynlike periodes van versnelde radioaktiewe verval die eerste 2.5 dae van die skeppingsweek was, asook gedurende die vloed en kort daarna.  Indien radioaktiewe verval al vir miljoene en miljarde jare aangaan, is daar onvoldoende argon- en lood diffusie vanuit gesteentes, daar is onvoldoende helium in die atmosfeer, en te veel helium in gesteentes. 

Die volgende 4 hoof-bevindings kan vanuit hulle navorsing geďdentifiseer word:

a)     Konvensionele radio-isotoop datering is wisselvallig en daarom nie betroubaar nie.  By die datering van dieselfde rotslaag, het die radio-isotoop datering op 4 verskillende ouderdomme gedui.

b)    Baie van die aarde se uraan en thorium is teenwoordig in Zircon kristalle.  Helium is ‘n produk van die verval van uraan na lood.  Daar is gevind dat tot en met 58% van die helium nie deur diffusie die zircon kristalle verlaat het nie.  Die persentasie verklein met diepte (druk) en temperatuur.  Dr. Russell Humphreys het die tempo van diffusie van die uniformalistiese (evolusionęre) model en die skeppings-model met mekaar vergelyk, en gevind dat daar ‘n verskil is van ‘n faktor van 100 000.  Die tempo van diffusie vanuit zircon kristalle is 250 000 te hoog vir die uniformalistiese model.  Dit beteken dat die waargeneemde verval van uraan nie 1.5 miljard jaar kon neem nie, eerder duidende jare.

c)     Die teenwoordigheid van sg. “radiohalos” in rotse wat veroorsaak is deur die verval van uraan en polonium dui op versnelde radioaktiewe verval, nie graduele verval oor miljarde jare nie.

d)    Diamante, wat gewoonlik deur evolusioniste as miljoene jare oud beskou word, bevat noemenswaardige hoeveelhede koolstof-14.  Omdat koolstof-14 vinnig verval, sou niks daarvan in diamante teenwoordig wees as evolusionęre datering korrek was nie.

http://creationwiki.org/Accelerated_decay
http://www.apologeticspress.org/articles/2770
http://www.answersingenesis.org/articles/am/v1/n1/creation-research  

Sien ook die reaksie hierop vanuit evolusionistiese kringe:
http://creationwiki.org/Response_to_criticism_of_RATE%E2%80%99s_helium_diffusion_dates

Die aarde-maan sisteem

Die balans van die maan tot die aarde is oneindig fyn.  Vir lewe om voort te gaan op aarde soos ons dit ken, kan die maan nie nader of verder van die aarde wees nie, dit kan nie groter of kleiner wees nie, en dit kan nie vinniger of stadiger om die aarde wentel nie.  Enige verandering in hierdie faktore sal katastrofale gevolge hę vir lewe op aarde.  Getye en seisoene sal nie kan voortgaan soos dit is nie.  Dit is merkwaardig dat die grootte en massa van die maan so groot is in vergelyking met die aarde (anders as die mane van ander planete).  Dit is ook merkwaardig dat die maan omtrent 400 keer kleiner is as die son en ook 400 keer nader aan ons is as die son.  Dit sorg vir ‘n perfekte sonsverduistering elke nou en dan.  Perfekte sonsverduisteringe bied ook ‘n uitstekende kontrole vir vroeë datering.  So bv. kan d.m.v. terugwaartse ekstrapolasie vasgestel word of baie vroeë optekeninge van algehele sonsverduisteringe ooreenstem met die datums waarop dit aangeteken is.  So kan vasgestel word of die datering van die vroeë geskiedenis korrek was.

Dit is juis hierdie fyn balans tussen aarde en maan, en die feit dat die maan so groot is in vergelyking met die aarde, wat dit so moeilik maak vir evolusioniste om te verduidelik waar die maan vandaan kom.  Daar bestaan hoofsaaklik 4 teorieë:

(http://www.answersingenesis.org/tj/v14/i1/moon.asp)

1. Die “fission” teorie sę dat die aarde baie vinnig om sy eie as beweeg het.  ‘n Baie groot gedeelte van die aarde het naby die ewenaar afgebreek as gevolg van die vinnige draai van die aarde.  Dit het aanvanklik in ‘n lae orbitale baan om die aarde beweeg, en het sedertdien stadig weg beweeg.  Hierdie teorie word om drie redes nie meer vandag aanvaar nie:  a) Die aarde-maan sisteem het vandag minder as die helfte van die vereiste sywaartse momentum of sirkulęre beweging om dit moontlik te maak.  b) Die maan se rotasie om die aarde lę teen ‘n hoek van 28,5 grade relatief tot die ewenaar se hoek van rotasie, wat die moontlikheid dat die maan “losgekom” het vanaf die ewenaar, hoogs onwaarskynlik maak.  c) Die aanvanklike effek van die maan op die getye sou katastrofaal vir beide liggame gewees het.  Daar sou aanvanklik ‘n baie hoë wrywing tussen maan en aarde wees, wat die aarde se temperatuur tot 1000 grade sou verhoog wat alles sou laat smelt.  Die maan wat so naby om die aarde wentel sou onstabiel wees en disintegreer tot iets soos Saturnus se ringe.

2. Die “capture” teorie sę dat die maan aanvanklik in sy eie wentelbaan om die son beweeg het en naby die aarde gekom het.  Die gravitasie-effek van die aarde sou dan die maan in ‘n permanente wentelbaan om die aarde gestuur het.  Die waarskynlikheid vir hierdie teorie is egter baie klein, want dit sou onder andere moes beteken dat die maan geweldig gerem moes word om so ‘n beweging moontlik te maak.  Dit is baie onwaarskynlik dat die spoed in een rotasie so baie kon verminder.

3. Die “kondensasie-” of “nebular” teorie sę dat die maan en die aarde ontwikkel het vanuit stof en gas wat in dieselfde ruimtelike omgewing was.  Berekeninge van kragte en entropologiese oorweginge maak so ‘n inval-proses (waar gasse en stof na die sentrum aangetrek word) hoogs onwaarskynlik, want dit sou impliseer dat gasse aanvanklik reeds baie dig was. (sien http://www.icr.org/article/3646/ vir meer detail)

4. Sedert die middel sewentigerjare het daar nog ‘n teorie ontstaan ter verklaring van die ontstaan van die maan.  Dit is die “giant impact” teorie.  Hiervolgens sou ‘n planeet wat ongeveer die grootte van Mars is, die aarde ongeveer 4.5 miljoen jaar gelede teen 5-8 km/s tref.  Die materiaal wat die botsing sou afgee, wat aanvanklik soos stof om die aarde sou roteer, sou dan oor miljone jare saamkom om die maan te vorm.  ‘n Ander variant op die teorie sę dat daar meer as een impak was van ander planete wat as’t ware die sisteem moes “paneelklop” om die huidige ekwilibrium te vorm.  Met rekenaarsimulasies is getoon dat dit meer waarskynlik sou wees dat botsing-afval terug sou reën op die aarde as dat dit in ‘n wentelbaan om die aarde sou bly.  Om die afval ver genoeg van die aarde te bring, moes die planeet (wat teen die aarde moes bots) drie keer die grootte van mars wees, en dit het weer probleme van sy eie.  As die maan wel sou vorm uit so ‘n botsing, sou die omwenteling onstabiel wees met ‘n afstand van slegs 22400 km bokant die aarde, en dit sou elke 2 uur om die aarde gewentel het.  Dan is daar nog die probleem van hoe om ontslae te raak van oortollige sywaartse momentum.  Die probleme is eindeloos.  Vir die teorie om te werk moet dit so baie “gepaneelklop” word, dat dit die teorie net al meer onwaarskynlik en al minder realisties maak.

Die enigste teorie wat werklik sin maak is dat die maan van die begin af in die huidige verhouding met die aarde daar gestel is.  In daardie sin bly die maan die “getroue getuie” van God en sy skepping waarvan Ps 89:37 praat (vers 38 in die 1933 Afrikaans).

http://www.answersingenesis.org/tj/v14/i1/moon.asp

Soos wat die aarde besig is om stadiger te roteer, is die maan besig om al hoe verder van die aarde af weg te beweeg.  Hierdie verskynsel is reeds in 1754 opgemerk.  Op die oomblik beweeg die maan teen ongeveer 40 m per 1000 jaar weg van die aarde.  Die maan is tans 384400 km weg van die aarde.  Deur die meting van die spoed waarteen die maan wegbeweeg en sy afstand van die aarde, kan bereken word dat die aarde-maan sisteem nie baie oud kan wees nie.  Die absolute maksimum ouderdom vir die maan is 1.37 miljard jaar om dit tot teenaan die aarde te ekstrapoleer (waar die effek van getye en swaartekrag binne rekening gebring word), maar as gevolg van die “Roche limit” sal die maan disintegreer as dit nader as 18400 km aan die aarde sou wees, en dan word die geweldige effekte van getye en seisoene onder sulke omstandighede nie eers binne rekening gebring nie.  Dit verminder die ouderdom van die maan aansienlik en maak dit heeltemal te jonk vir evolusionęre teorieë, en in elk geval heelwat jonger as wat die gesteentes op die maan deur radio-metriese metodes gemeet is.

http://www.answersingenesis.org/docs/1294.asp
meer tegnies, sien ook:
http://www.icr.org/index.php?module=articles&action=view&ID=204
http://creationwiki.org/Moon_recession
http://www.trueorigin.org/moonjs.asp

http://www.trueorigin.org/moonmb.asp

Sekere isotope is op die maan gevind, nl. U-236 en Th-230 wat ‘n baie kort halfleeftyd het, en waarskynlik dui op ‘n jong maan.  Hoewel U-236 en Th-230 ook gevorm kan word vanuit U-238 (met ‘n half-leeftyd van 4.5 miljard jaar), is dit nie ‘n noodwendige afleiding dat Th-230 en U-236 daaruit ontstaan het nie.

Getuienis vir ‘n jong heelal

Daar is ‘n paar ontdekkings wat evolusioniste en sterrekundiges wat glo in ‘n baie ou heelal (miljarde jare), aan die wonder het.

1. Volgens honderde metings van die vroeë 18’e eeu tot die laat 20’e eeu krimp die son se deursnee teen ‘n tempo van 0.1% elke eeu, wat die ekwivalent is van ongeveer 1.5m per uur. 

Teen hierdie tempo kan bereken word dat, as die son slegs 50000 jaar oud sou wees, sou die son so groot gewees het dat die oseane gekook het en geen lewe op aarde moontlik sou wees nie.  Buiten dit sou solęre winde (van die son) alle lewe op aarde vernietig het. 

Sien http://www.answersingenesis.org/creation/v11/i2/sun.asp  en
http://www.answersingenesis.org/creation/v11/i4/skeptics.asp

2. Uniformaliste beraam die son se ouderdom op ong. 4.5 miljard jaar.  As dit die geval is, moes die son al die helfte van sy nukluęre brandstof (waterstof) gebruik het, en is daar nog ong. 5 miljard jaar oor voordat dit begin doodgaan.  Tog erken hulle dat die son al helderder word soos wat dit waterstof omgesit word in helium.  Volgens uniformalistiese beramings moes die son 40% helderder wees as toe die planete gevorm het en 33% helderder as toe die eerste lewe ontwikkel het (3.8 miljard jaar gelede volgens evolusionistiese voorspellings).  Die aarde moes dus baie kouer gewees het en dit sou veral ‘n probleem wees dat die aarde nie vloeibare water sou kon huisves nie.  Die fossielrekord ondersteun dit egter nie.  Uniformaliste antwoord dat die aarde se atmosfeer daarvoor sou kompenseer om ‘n konstante temperatuur te weeg te bring, maar dit sou beteken dat die atmosfeer ook moes evoluleer in terme van sy samestelling op ‘n manier wat ‘n soort ingeboude intelligensie van die aarde en die atmosfeer veronderstel.  Dit sou ‘n baie komplekse proses benodig wat as’t ware konstant negatiewe terugvoer gee en dat die atmosfeer van die aarde konstand daarby sou aanpas.  Enige positiewe terugvoer sou katastrofies wees en ‘n weghol-effek hę soos bv. op Venus of Mars.  Benewens dit sou só ‘n soort evolusie van die aarde se atmosfeer waarskynlik ook periodes van onstabiele ekwilibrium of non-ekwilibrium tot gevolg hę wat ook ‘n negatiewe effek op lewe op aarde sou hę.  Die hoeveelheid “paneelklopwerk” om hierdie teorie te maak werk, is net te goed om waar te wees.  Dit is daarom geen wonder dat die “gaia” teorie (New Age) dikwels met hierdie siening verband hou nie.  Daarin word veronderstel dat die aarde ‘n soort lewende organisme is met intelligensie.

https://www.icr.org/article/429/
http://www.creationwiki.org/Sun#Problems_for_uniformitarian_theories_posed_by_the_Sun

3. Die son staan 7.25 grade skeef op sy as.  Volgens die nebula hipotese moes dit 0 grade wees.  Hierdie verkeerde inklinasie bring ‘n akute probleem na vore vir die wentelbaan van Neptinus.  Uniformaliste spekuleer dat ‘n botsing met ‘n ander hemelliggaam die son laat skeef staan het op sy as, maar geen wetenskaplike kon al vorendag kom met ‘n oortuigende teorie oor wat sodanige objek kon wees nie.

http://www.creationwiki.org/Sun#Problems_for_uniformitarian_theories_posed_by_the_Sun

4. Uniformaliste het erken dat die son ongeveer 200 keer stadiger roteer as wat die nebula hipotese kon voorspel, bloot op grond van die saamtrekking van solęre massa tot en met sy huidige volume.  Dit verbreek egter die Wet van Behoud van Hoekmomentum.  Hierdie probleem is nog nie opgelos nie.

http://www.creationwiki.org/Sun#Problems_for_uniformitarian_theories_posed_by_the_Sun

5. Komete wat om die son wentel, verloor van hulle materiaal (gevriesde gasse, ys en rots) elke keer as hulle naby die son kom.  ‘n Normale komeet sal verdwyn binne ‘n paar honderd omwentelinge om die son.  Dit beteken dat komete met kort periodes vir omwenteling (korter as 200 jaar), binne minder as 10000 jaar sal verdwyn.  Daar is egter geen bekende verklaring vir die vorming van nuwe komete nie.  Die bekende komete moet dus jonger as 10000 jaar wees.  Indien nie, sou hulle met aanvang groter as die son gewees het, en die son sou om hulle gewentel het, en nie hulle om die son nie.

“Comets are young objects. And since there is no natural mechanism which can account for a recent formation of comets, they must have been created recently in a recently created solar system.”  (Paul Steidl, "Comets and Creation") 

http://web.archive.org/web/20070904051517/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeUniverse.html

Meer tegnies, sien Danny Faulkner op http://www.answersingenesis.org/tj/v11/i3/comets.asp

6. Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptinus het ringe, waarvan die bekendste Saturnus is.  Die ringe word konstant gebombardeer met meteoriete, en ruimte-afval.  Volgens die tempo van bombardering moes dit binne 10000 jaar al verdwyn het.

“Yet nonstop erosion poses a difficult problem for the very existence of Saturn’s opaque rings—the expected bombardment rate would pulverize the entire system in only 10,000 years!”  (Jeffrey N. Cuzzi, "Ringed Planets: Still Mysterious—II", Sky & Telescope, Vol. 69).

http://web.archive.org/web/20070904051517/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeUniverse.html 

"Furthermore, the narrow, sharp-edged rings don't fit the idea of a dispersed parent population battered to smithereens by interplanetary projectiles." _*Jeffrey N. Cuzzi, "Ringed Planets: Still Mysterious_II," Sky & Telescope, January 1985, pp. 22-23.

http://www.pathlights.com/ce_encyclopedia/Encyclopedia/03-ss5.htm#Meteoroid

7. Sterrestelsels kan nie as soliede liggame roteer nie, want hulle bestaan uit miljarde afsonderlike sterre.  Die sterre nader aan die middel, roteer vinniger rondom die middelpunt as die buitenste sterre.  Slegs een of twee rotasies (geraam op ongeveer 100000 tot 200000 jaar) van die sterrestelsel sal die maalkolk-vormige arms intrek en sy vorm versteur, maar die vorm van die sterrestelsels is nog nie versteur nie.

“The inner stars in galaxies revolve around the center decidedly faster than the outer stars! Because of this fact, only one or two rotations—of each galaxy and all its stars—should be enough to wind it all together tightly. But this has not happened. Thus the nebulae show a youthful age.”  (Vance Ferrell, Origin of the Universe, Evolution Disproved Series, p. 97.)

Walt Brown sę:

"Galaxies are often found in tight clusters that contain hundreds of galaxies. The velocities of individual galaxies within these clusters are so high in comparison to the calculated mass of the entire cluster that these clusters should be flying apart. However, since the galaxies within a cluster are so close together, they could not have been flying apart for very long."—Walter T. Brown, In The Beginning (1989), p. 19.

http://web.archive.org/web/20070904051517/www.cryingvoice.com/Evolution/AgeUniverse.html
http://www.pathlights.com/ce_encyclopedia/Encyclopedia/03-ss5.htm

8. Die planeet Venus lyk jonk.  Dit lyk nie of daar enige impak-kraters op Venus is wat hiervoor ‘n verklaring sou bied nie.  David Grinspoon sę dat iets dramaties 600-700 miljoen jaar gelede moes gebeur het wat amper alle bewyse vir ‘n ouer oppervlak sou uitvee.  Hierdie jong voorkoms van Venus bly ‘n probleem vir wetenskaplikes om te verklaar.

In ‘n onderhoud met David Grinsppon in die Astrobiology Magazine (8/16/2004), het hy Venus as die grootste verrassing van Magellan (VSA Ruimteprogram) bestempel.  Hy het gesę: "If you use the word catastrophic it rubs some people the wrong way," en, "but something dramatic happened on Venus which wiped out almost all signs of an older surface." Niemand weet wat kon gebeur het met die oppervlak van die ganse planeet nie.  R. Stephen Saunders, in die The New Solar System (4th ed.), p. 110, het gesę: "What is amazing about Venus is that volcanic and tectonic resurfacing is not an ongoing process. Instead, it seems to have run rampant over a short period of time, obscuring all traces of what had occurred during the first 90 percent or so of the planet’s history. This obliteration has robbed us of the opportunity to learn how and when the evolutionary paths of Venus and the Earth diverged. The geologic rule of uniformitarianism- ‘the present is the key to the past”- does not apply to Venus in the long-term sense." (eie aksent)

Die ander verklaring is natuurlik dat Venus nooit ‘n katastrofe beleef het nie, maar inderdaad jonk is.

http://www.icr.org/article/venus-vs-uniformitarianism/
http://www.creationwiki.org/Venus#Problems_with_uniformitarian_theories

Swakste skakels

Hoewel al die navorsing wat op die tafel geplaas kan word verskillende maksimum ouderdomme vir die aarde en die sonnestelsel gee, is dit belangrik om te fokus op die swakste skales.  Met ander woorde, hoewel die huidige modelle vir die maan bv. ‘n absolute maksimum ouderdom gee van 1.37 miljard jaar, is dit nie ‘n noodwendige konklusie dat dit so oud moet wees nie.  Dieselfde geld vir sekere vorms van radio-metriese datering.  Soos reeds genoem, berus radiometriese datering byvoorbeeld op ‘n paar aannames.  Datering gee in daardie sin ‘n maksimum ouderdomsdrempel.  Ander getuienis (soos bespreek) dui op ‘n maksimum ouderdom van 6000 tot 10000 jaar.  Dit is hierdie getuienis wat die swaarste gewig dra vir ‘n jong heelal. 

Meting van die afstande van sterre

Sterre se afstand van die aarde word op die mees akkurate manier gemeet met ‘n metode wat genoem word die trigonometriese parallaks-metode.  Dit kom daarop neer dat gekyk word na die ster vanuit die verste omwentelingspunte van die aarde (6 maande uit mekaar: sę nou maar in middel-herfs en middel-lente), sodat die verste moontlike twee punte uit mekaar gebruik kan word vir meting.  Dit kom neer op ongeveer 298 miljoen km uit mekaar.  Die twee posisies van waarneming van die ster verskil dan effens van mekaar.  Dit is dieselfde effek wat verkry word as jy jou vinger ‘n armlegte van jou gesig af hou en elke oog om die beurt oop en toe maak.  Die agtergrond skuif dan relatief tot jou punt van waarneming.  Met die trogonometriese parallaks-metode kan sterre tans nie vanaf die aarde met sekerheid nader as ong. 320 ligjaar gemeet word nie (a.g.v. die atmosfeer wat lesings beďnvloed), en met ruimte-teloskope nie veel verder as ong. 1600 ligjare nie, dalk tot soveel as 3200 ligjare.

 

Daar ook ‘n ander metode wat gebruik word vir meting van sterre, naamlik die sg. spektroskopiese parallaks metode.  Die “parallaks” is eintlik ‘n misnoemer, want dit het niks met parallaks te doen nie.  Dit gebruik fotometrie en die kleurspektrum van ‘n ster.  Dit is ‘n meer indirekte metode, en verg meer interpretasie m.b.t. sy spektrum-klas en helderheidsklas.  Hoewel hierdie metode sterre tot ong. 32000 ligjare kan meet, is die akkuraatheid minder as met die trigonometriese parallaks metode.  Daar is ‘n 1.4 tot 1.8 variasie in die berekende afstand. 


http://en.wikipedia.org/wiki/Parsec
http://www.uwgb.edu/dutchs/CosmosNotes/distance.htm
http://en.wikipedia.org/wiki/Spectroscopic_parallax
http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_specparallax.html

 

Met metings van sterre verder as ong. 30000 ligjare, neem die akkuraatheid drasties af, en astronome gebruik dan meer indirekte metodes van meting, soos die helderheid van sterre, “redshift,” ens.  Die probleem is dat enige metode van meting in die honderd duisende ligjare geweldig arbitręr begin raak, en baie afhang van interpretasie.  Daar is dus geen manier om wetenskaplik met harde bewyse vorendag te kom dat sterre miljoene of selfs miljarde ligjare van ons af is nie.

 

Let wel, dit beteken egter nie dat skeppingswetenskaplikes ontken dat die heelal baie groot is nie, inteendeel, meeste skeppingswetenskaplikes meen dit is baie groter as wat ons waarskynlik besef, en word steeds groter.  Die punt hier is bloot dat wetenskaplikes interpratiewe en arbitręre metodes gebruik om sterre se afstande te projekteer wat baie ver is.

Die spoed van lig

Indien die spoed van lig konstant is (wat wel deur sekeres uit verskillende oorde bevraagteken word), en ons aanneem dat die lig van die verste sterre wel miljarde jare oud is, dui dit op ‘n baie ou heelal.  Dit is egter nie ‘n noodwendige konklusie nie.  Daar bestaan die teorie dat God nie net die sterre gemaak het nie, maar ook die strale van die sterre tot by die aarde.  Hoewel hierdie moontlikheid nie heeltemal buite rekening gelaat moet word nie, klink dit op ‘n manier na ‘n ongeloofwaardige teorie.  ‘n Ander teorie gee die moontlikheid dat die heelal vergroot het teen ‘n tempo wat vinniger is as die spoed van lig.  Daarmee saam sou die ligstrale uitgerek word soos die heelal vergroot het.  Daar sou steeds ligstrale tussen objekte bestaan, maar dit sal dowwer wees omdat die fotone (as dit as partikels gesien word) verder uit mekaar sou wees.  Die feit dat ons sterre wat baie ver is, kan waarneem, beteken daarom nie noodwendig dat die heelal baie oud is nie, of dat die spoed van lig afgeneem het nie. 

Die vraag of die vergroting van die heelal die golflengte van lig sou vergroot en tot “red shift” (die verskynsel waar ‘n ligbron rooier vertoon omdat die liggolwe / partikels uitgerek word omdat dit weg van ons af beweeg) kan lei, is ‘n interessante vraag.  Indien mens van die voorveronderstelling uitgaan dat die golflengte van lig vergroot is met die vergroting van die heelal, sou mens kon konkludeer dat die heelal nie baie vinnig kon vergroot nie, aangesien die “red shift” baie klein is.  Maar as mens aanneem dat die heelal vergroot het sonder dat die golflengte van lig daardeur vergroot is, word die moontlikheid vir ‘n jong heelal meer geloofwaardig.

Gestel die spoed van lig het om een af ander rede geweldig afgeneem vanaf aanvang, sou dit ‘n baie goeie verklaring bied vir waarom ons die heelal as baie oud waarneem terwyl dit eintlik baie jonk is.  Indien dit waar is, sal ons veranderinge in die heelal waarneem in “stadige aksie.”  As die tempo van hierdie veranderinge akkuraat gemeet kan word, kan vasgestel word of lig afgeneem het in spoed of nie.  Ons sterrestelsel, die melkweg, is waarskynlik 100000 ligjare in deursnee.  Indien die spoed van lig afgeneem het, behoort ons sekere dinge in ons eie sterrestelsel alreeds in “stadige aksie” te sien.  Dit is egter moelik om dit waar te neem, want die lengte en periodes van pulsers, binęre sterre, ens. verskil.  Supernova’s skyn soms vir weke, maande en soms vir jare.  Sommige onlangse waarnemings in astronomie dui daarop dat geweldige spoed-afnames geďdentifiseer is by supernova’s.  Die spoed-afnames is in ooreenstemming met hulle “redshifts.” 

“This time dilation is a consequence of the standard interpretation of the redshift: a supernova that takes 20 days to decay will appear to take 40 days to decay when observed at redshift z=1. The time dilation has been observed, with 4 different published measurements of this effect in supernova light curves.” http://www.astro.ucla.edu/~wright/cosmology_faq.html
sien ook http://tasc-creationscience.org/other/plaisted/www.cs.unc.edu/_plaisted/ce/slow.html

As sulke waarnemings konsekwent waargeneem word, sal dit ‘n eenvoudige model daar stel waarin die spoed van lig afgeneem het.  Maar daar is ‘n manier om dit te verduidelik, nl. met die gebruik van donker materie (wat hieronder verduidelik sal word).  Verder is radio-aktiewe verval-tempo’s waarskynlik proporsioneel tot die spoed van lig, wat beteken dat die tempo’s van radio-aktiewe verval nie beďnvloed sou word met die verandering in die spoed van lig nie.  Die afname in spoed in die waargenome beweging vir sterre wat baie ver van ons af is, kan die “red shift” van die ster met ‘n ooreenstemmende mate laat afneem, omdat hulle waargeneem sal word asof hulle stadiger weg beweeg.  Net so behoort ‘n afname in die spoed van lig, die “red shift” te verhoog.  Die afname in die spoed van lig, asook die vergroting van die ruimte behoort ‘n ster dowwer te laat vertoon.  ‘n Ster wat 6 miljard ligjare van ons af is, sal ten minste ‘n miljoen keer so dof vertoon as wat dit regtig is, as gevolg van afname in spoed van lig, wat tot die konklusie sal lei dat die ster ten minste 1000 keer verder weg sal wees as wat hy werklik is.  Om  voort te bou op hierdie konsep, as die heelal 10000 jaar oud is, en 100 miljoen ligjaar in deursnee, met ‘n afname in die spoed van lig met ‘n faktor van 10000, behoort daar ‘n afname in spoed te wees van 10000 in die waargenome tempo van verandering van die verste sterre.

Verskeie sterrekundiges het in die jonste tyd waargeneem dat daar inderdaad iets fundamenteel verkeerd is met die manier waarop ons die afstande van objekte in die heelal bepaal.  I.E. Segal en Elizabeth Praton het in baie noukeurige, onafhanklike studies bepaal dat die verhouding tussen die hoek waarna ons na objekte kyk in verhouding met hulle helderheid, nie ‘n lineęre verhouding is nie.

(breedvoerig bespreek op http://www.cs.unc.edu/~plaisted/ce/universe.html). 

‘n Paar moontlike verklarings daarvoor is dat:

  1. die spoed van lig drasties afgeneem het, en/of
  2. die heelal het onlangs geweldig vergroot.
  3. vir een of ander rede is die spoed van lig baie groter tussen sterrestelsels as wat dit op aarde gemeet word.  Swaartekrag en ander faktore speel waarskynlik ‘n groot rol hierin.

Daar bestaan verskeie toerieë oor waarom die spoed van lig sou afneem.  T.C. Van Flandern wat by die US Naval Observatory werk, het deur middel van eksperimente vasgestel dat atoomklokke waarskynlik stadiger word relatief tot orbitale periodes.  Orbitale periodes is gebaseer op hemelliggame wat in wentelbane beweeg, veral die aarde se wenteling om die son.  Voor 1967 was ‘n sekond gelyk gestel aan 1/31556925.9747 omwentelinge van die aarde om die son, maar ‘n sekonde is in 1967 ge-herdefiniëer as 9192631770 frekwensies van die mikrogolf spektraallyn van die sesium-133 atoom.  Van Flandern het getoon dat as atoomklokke “korrek” is, die orbitale spoed van Mercerius, Venus en Mars besig is om toe te neem.  Die gevolg hiervan is dat die gravitasionele “konstante” besig is om te verander.  Hy het egter vasgestel dat as orbitale periodes “korrek” is, dan is die gravitasionele konstante werklik konstant, maar atomiese vibrasies en die spoed van lig is besig om af te neem.

Om die volgende redes lyk dit meer waarskynlik dat orbitale periodes korrek is en dat atoom-frekwensies besig is om af te neem:

  1. As atoomklokke korrek is en die gravitasionele konstante sou verander, sou ander studies hierdie variasies waargeneem het.
  2. As ‘n planeet se spoed toegeneem het (en alle ander parameters het dieselfde gebly), sou sy energie toeneem.  Dit sou die wet van die behoud van massa-energie verbreek het.
  3. As atomiese tyd afneem, behoort die tempo van radio-aktiewe verval van atome ook af te neem.  Radiometriese dateringstegnieke sal ouderdomme gee wat te oud is.  Dit behoort radiometriese datering meer in lyn te bring met ander dateringsmetodes.  Dit sal ook verklaar waarom geen primitiewe / oorspronklike isotope ‘n half-leeftyd van kleiner as 80 miljoen jaar het nie.  Sulke isotope sou dan grotendeels verval het toe die radio-aktiewe tempo’s baie groter was.
  4. As atoom-frekwensies afneem, behoort die vyf kenmerke van atome (bv. Planck se konstante) ook te verander.  Statistiese studies van vorige metings dui daarop dat vier van die vyf kenmerke inderdaad besig is om te verander (in die regte rigting).

Hoewel daar sedert die 1960’s nie ‘n afname in die spoed van lig gemeet is nie, moet mens daarby opmerk dat sedert die begin van die 1960’s, atoomklokke gebruik is vir die meting van die spoed van lig.  As atoomklokke besig is om af te neem, sou daar nie ‘n verandering in die spoed van lig waargeneem word nie.

‘n Ander verskynsel wat sterrekundiges ook al menige male laat kopkrap het oor die ouderdom van sterrestelsels, is die feit dat sterrestelsels wat baie ver van die aarde af is, baie dieselfde lyk as sterrestelsels wat heelwat nader is.  Sou die verste stelsels miljarde jare oud wees, moes hulle in ‘n baie vroeër stadium van ontwikkeling gewees het.  Dit lyk egter nie of dit die geval is nie.

Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: Description: galaxies.jpg Image

 

http://www.creationscience.com/onlinebook/FAQ15.html

 

Supernova’s

‘n Supernova is ‘n ster wat baie groot ontplof.  Ons sterrestelsel, die Melkweg, behoort gemiddeld een maal elke 25 jaar ‘n supernova te produseer.  As ‘n ster op hierdie manier ontplof, veroorsaak dit ‘n geweldige hoeveelheid Supernova Oorskot (die Crab Nebula in die konstelasie van Taurus het bv. ‘n Supernova geproduseer wat so helder was dat dit in die jaar 1054 vir ‘n paar weke in die dag waargeneem kon word).  Volgens wetenskaplike berekeninge (deur super-rekenaars) behoort die Supernova Oorskot ‘n deursnee van 300 ligjare te bereik by ‘n ouderdom van 120000 jaar.  As ons heelal miljarde jaar oud was, sou ons baie Supernova Oorskotte van hierdie grootte kon waarneem, maar as ons heelal 6000 tot 10000 jaar oud is, sal geen Supernova tyd gehad het om so groot te word nie.  Die hoeveelheid waargenome Supernova Oorskotte van ‘n sekere grootte sou dus ‘n goeie toets wees vir die ouderdom van die heelal.  Die feit van die saak is dat die gegewens in hierdie verband, ooreenstem met ‘n heelal wat duisende jare oud is, maar nie miljarde jare nie.  Volgens Jonathan Sarfati se navorsing van 1997, het die gegewens soos volg gelyk:

Supernova
Oorskot Fase

Voorspelling (volgens berekeninge) vir die hoeveelheid waarneembare Supernova Oorskotte as ons sterrestelsel…

Ware hoeveelheid Supernova Oorskotte tans waarneembaar

…miljarde jare oud was

…7000 jaar oud was

Eerste

2

2

5

Tweede

2260

125

200

Derde

5000

0

0

As die heelal dus werklik miljarde jare oud was, is daar dus ongeveer 7000 waarneembare Supernova Oorskotte te min!  Voorts is die berekening dat daar in die Wolk van Magellaan 340 waarneembare Supernova Oorskotte moet wees, en 24 as dit 7000 jaar oud is. 

http://creation.com/exploding-stars-point-to-a-young-universe

Die ware hoeveelheid wat waargeneem kan word is in 1999 gemeet op 37 (R.M. Williams, Y.H. Chua & J.R. Dickel, "Supernova Remnants in the Magellanic Clouds III: An X-ray Atlas of LMC Supernova Remnants", Astrophysical Journal Supplement 123, August 1999.)  Sarfati het in 1997 dit op 29 bereken.  In 2009 het D.A. Green dit op 274 beraam. Dit is eger ‘n vraag hoe ‘n groot rol interpretasie gespeel met die identifisering van supernova oorskotte by Green, want in baie gevalle is die klassifikasie bemoeilik omdat hulle baie ver of dof is, en omdat die foutmarge al groter word hoe verder en hoe dowwer dit is.  Selfs al is al hierdie supernova oorskotte outentiek, is ons in elk geval nog ver van die geprojekteerde 7000.

Vir meer inligting oor Supernova’s en hulle drie fases van vorming, sien

http://creationwiki.org/Supernova_remnants

Tyd

Wetenskaplikes het in die jongste tyd ook die konsep van “tyd” opnuut onder die loep geneem.  Daar is ‘n aantal aanduidings dat tyd nie noodwendig konstant is nie.  Indien dit waar is, trek dit natuurlik die meting-stelsel van sterre en sterrestelsels in twyfel.  Die moontlikheid dat tyd nie konstant is nie, is reeds deur Einstein self voorgestel.  Volgens sy teorieë het swaartekrag ‘n invloed op tyd.  Hierdie effek is reeds empiries vasgestel deurdat horlosies in die bo-kant van hoë geboue, vinniger loop as horlosies op grondvlak.  Wanneer die effek van swaartekrag baie groot is by groot hemelliggame, behoort dit ligstrale wat daarvan wil ontsnap, terug te buig op hulleself.  Hierdie onvermoë van lig om te ontsnap, vorm ‘n onsigbare grens, wat die “event horizon” genoem word.  By die “event horizon” staan tyd letterlik stil.  Indien die heelal nie veel groter is as wat ons kan waarneem nie, en mens aanneem dat die heelal slegs ongeveer 50 keer kleiner was as nou, en mens sou aanneem dat die aarde relatief naby die middelpunt van die heelal is, kan d.m.v. wetenskaplike deduksie (geskoei op relatiwiteit) vasgestel word dat die heelal moes vergroot het van ‘n vorige staat waar dit omring was deur ‘n “event horizon.”  Hierdie toestand staan tegnies bekend as ‘n “white hole” – ‘n “black hole” wat in trurat loop – iets wat toegelaat word deur die relatiwiteitsteorie.  Sou materie weg beweeg van die “event horizon,” sou die “event horizon” self krimp tot feitlik niks.  Dan sou die aarde op een punt relatief tot ‘n punt ver daarvandaan feitlik stilstaan in tyd.  Die waarnemer op aarde sou niks anders voel nie.  “Miljarde jare” sou beskikbaar wees (in die verwysingsraamwerk waarin dit beweeg aan die uithoeke van die heelal) vir lig om die aarde te bereik, terwyl minder as ‘n dag verby gaan op aarde.  Dit kom dus neer op gravitasionele tyd-uitrekking.  As dit moontlik sou wees vir ‘n waarnemer op die aarde om te sien hoe vinnig lig aan die uithoeke van die heelal beweeg, sou dit vir hom lyk asof lig baie vinniger beweeg as wat hy dit op aarde sou meet, maar as die spoed van lig gemeet sou word deur iemand op die aarde en iemand aan die uithoeke van die heelal, sou dit vir beide egter dieselfde waarde hę.

http://www.christiananswers.net/q-aig/aig-c005.html
http://creationwiki.org/White_hole_cosmology

Gevolgtrekkings

Vanuit al die wetenskaplike getuienis wat bespreek is, lyk dit inderdaad of die teorie van ‘n oerknal waar die heelal en die aarde miljarde jare oud is, en die mens deur middel van evolusie oor miljoene jare ontwikkel het, baie sterk bevraagteken kan word en geen "feit" is nie.  Die getuienis dui voorts daarop dat die Bybelse konsep waar God die hemel en die aarde in ses dae geskep het, waar lewe ongeveer 6000 tot 7000 jaar oud is, en ‘n vloed op aarde gebring het, wetenskaplik verantwoordbaar is.  Soos voorheen verduidelik, het enige wetenskap sekere voorveronderstellings, aksioma’s of hipoteses.  Om die Bybel as die waarheid te beskou is dus nie onwetenskaplik nie.  Voorveronderstellings / hipoteses moet wel met goeie wetenskaplike navorsing ondersteun word waarin die wetenskaplike 1) geldige wetenskaplike metodes gebruik, 2) homself verantwoord ten opsigte van alle beskikbare data en 3) homself verantwoord teenoor ander wetenskpalike bevindings en alternatiewe teorieë.  Dit is ook belangrik om te besef dat enige wetenskaplike gevolgtrekkings wat met die ontstaansgeskiedenis van die heelal te doen het met beskeidenheid gekenmerk moet word.  Geen wetenskaplike uitsprake oor die ontstaan en die ouderdom van die heelal kan kategories van aard wees nie, want ons was gewoon nie daar nie.  Daar is net te veel onbekendes om enige finale of besliste aansprake te maak, of om enige lineęre projeksies in die verlede in te maak op grond van huidige data.  Wetenskaplike integriteit vind juis uitdrukking in 1) 'n erkenning van die beperktheid van die menslike kennis, rede, logika en verstaansvermoë, en 2) die gewilligheid om telkens bestaande teorieë en gevolgtrekkings te toets en te heroorweeg soos nuwe data beskikbaar raak.  Soos die Bybel sę, in baie opsigte ken ons tans maar ten dele (1 Kor 13:9,12).

Wat wel duidelik uit hierdie oorsigtelike studie blyk, is dat die wetenskaplike probleme met die evolusie-model inderdaad groter en meer is as met die skeppings-model, en dat daar vir baie verskynsels geen bevredigende verklaring is om dit te laat inpas by ‘n evolusionistiese model nie.

Indien ‘n skeppings-model van die heelal dan ‘n geldige en wetenskaplik verantwoordbare model is, lei dit tot die volgende vraag:  Waarom glo Christene hoegenaamd in die oerknal en in evolusie?  Een moontlike antwoord is onkunde.  Baie Christene weet nie wat werklik in die wetenskap aan die gang is nie, omdat die hoofstroom-mening en die hoofstroom-media skeppingswetenskap oorskadu en dit belaglik maak.  Die speelveld in die hoofstoom is nie gelyk nie.  Die neiging bestaan om skeppingswetenskap en Intelligente Ontwerp te diskrediteer deur bv. te sę dit is geen wetenskap nie maar slegs geloof, of om te sę dit is nie bewysbaar nie terwyl evolusie self nie bewysbaar is nie.  Die neiging bestaan ook in akademiese instansies om te diskrimineer teenoor diegene wat 'n  Intelligente Ontwerp- of skeppings-model voorstaan.

Baie Christene besef die probleme van die konsep van evolusie, maar hou steeds daaraan vas ter wille daarvan om aanvaarbaar te wees vir die samelewing.  Die natuurlike neiging van die mens is om saam met die hoofstroom te beweeg.  Baie mense leer nooit werklik om vir hulleself te dink nie, en praat met iemand anders se mond.  Hulle praat ander mense se teorieë na.  Dit is ‘n vraag of die hoofstroom en die media nie tog beheer word deur mense met ‘n sekere agenda nie – ‘n agenda waar God gerelativeer word en waar mense daarvan weerhou word om die waarheid te soek.  Dit alles lei ons met rasse skrede na ‘n Nuwe Węreldorde waar almal dieselfde glo en dieselfde God aanbid – ‘n węreld waar die stem van die individu nie meer gehoor gaan word nie, maar waar almal gebreinspoel word en ge-assimileer word in een kollektiewe bewussyn.

Die wetenskap en die Bybel

Vir enige iemand wat die letterlike skeppings-model wil aanvaar, is dit belangrik dat ‘n aanvaarding daarvan nie blindelings van aard moet wees en alle logika en wetenskap oorboord moet gooi, net sodat dit met die Bybel moet ooreenstem nie.  Mens moet in ag neem dat die Bybel nie 'n wetenskapshandboek is nie, en dat mens versigtig moet wees om direkte afleidings uit die Bybel te maak m.b.t. die wetenskap.  Aan die ander kant is dit so dat die Bybel 'n sekere kosmologie daar stel.  Elke gelowige moet daarom sy siening oor die ontstaan van lewe en van die kosmos ten opsigte van die Bybel kan verantwoord, sonder om ‘n sekere teorie buig of bars in die Bybel in te forseer. 

Vervolgens gaan getoon word hoe die wetenskaplike gegewens en teorieë wat ‘n skeppingswetenskaplike model ondersteun, die aansprake van die Bybel bevestig en komplementeer.

Vloed-modelle van skeppingswetenskaplikes kan met hierdie tekste versoen word :

Ps 136:6 “Wat die aarde op die water uitgespan het…”

Job 38:8 “En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?”

Spr 8:28 “toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die węreldvloed sterk geword het” (KJV: “fountains of the deep”).

Gen 7:11 “In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;” (KJV: “all the fountains of the great deep broken up”).

Gen 8:2 “Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.” (KJV: “fountains also of the deep).

Ps 104:6 “U het dit met die węreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.”

Die waarskynlikheid dat die heelal vergroot is of uitgebrei is, word bevestig in die volgende gedeeltes:

Jes 42:5 “So sę God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:” (KJV: “and stretched them out”).

Jer 10:12 “Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die węreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.” (KJV: hath stretched out the heavens by his discretion).

Sag 12:1 “Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:” (KJV: “which stretcheth forth the heavens”).

Verkondig die Bybel ‘n plat aarde?

Een van die punte van kritiek wat dikwels deur wetenskaplikes opgehaal word teen die Bybel is dat hulle sę die Bybel verkondig ‘n plat aarde.  Is dit werklik die geval?

Jes 11:12 sę: “en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.”

Die woord wat gebruik word is “kânâph,” wat vertaal kan word met “uithoek, ekstreme, uiterste, einde, kwart, kwadrant, vlerk.”  Dit is dieselfde woord wat gebruik word in die volgende gedeeltes:

Num 15:38 “Spreek met die kinders van Israel en sę aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ‘n draad van pers stof vasbind.”

Job 37:3 “Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.”

Job 38:13 “om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?”

Gen 1:21 “En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.”

Eks 19:4 “Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.”

Die woord “kânâph” word in verskillende kontekste gebruik.  In die konteks van Jes 11:12 is die “vier uiterstes” niks anders as die vier windrigtings nie.  Dit gaan daaroor dat mense versamel gaan word vanuit die verste uiterstes van die aarde.  Die uitdrukking van “die vier hoeke van die aarde” (kânâph) word vandag nog deur die Jode gebruik in hulle daaglikse gebede by Jerusalem.  Die Message vertaal Jes 11:12 daarom met “the four winds.”

In Op 7:1 en 20:8 kom die uitdrukking “vier hoeke van die aarde” ook voor:

Op 7:1 “En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.”

Op 20:8 “ en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.”

Die Griekse woord wat gebruik word is “gonia” en kan vertaal word met “hoek” of “kwart.”  In die konteks van Op 7:1 en die vier winde, dui dit op die vier windrigtings.  Dieselfde gedagte kom na vore in Op 20:8, waar die vier uiterste “kwarte” van die aarde bedoel word: die uiterstes van die windrigtings.

Daar is verskillende uitdrukkings in die Ou en Nuwe Testament wat baie dieselfde gedagte weergee, bv. “eindes van die aarde”:

1 Sam 2:10 “Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.” (sien ook Deut 33:17; Job 28:24 ens.) 

Die konstruksies kom voor met “ephes” (be-eindiging, einde) en “qâtsâh” (uiterste, be-eindiging, kus, hoek, rand).  In al hierdie konstruksies word “al die mense” in die węreld bedoel eerder as wat dit sekere geografiese punte bedoel – mense wat tot in die uiteindes van die aarde woon, bv.

Ps 22:27 “Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.”

of

Jes 41:5 “Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.”

Dit is dieselfde gedagte wat bv. in Hd 1:8 voorkom:

Hd 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

Dit is belangrik om daarop te let dat die antieke mense van die Ou Nabye Ooste hulleself gesien het as verwysingspunt vir hulle węreld.  Jerusalem sou vir alle praktiese doeleindes beskou word as die middelpunt van hulle węreld.  Mense wat baie ver van hulle af was sou aan die uiterste punte van die windstreke vanaf hulle punt van verwysing wees, maar dit is nie letterlike punte, eindes of hoeke nie.

Die Ou Testament is ook lief daarvoor om oor die aarde te praat in uitdrukkings met “fondasies” en “pilare,” bv.

Deut 32:22 “Want ‘n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.”

Ps 104:5  Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

2 Sa 22:16  En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die węreld is blootgelę, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

Job 38:4  Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

Woorde soos “kűn” (oprig, grondves, aanwys, tot stand bring) en “môsâdâh” (fondasie) afkomstig van “yâsad” (stel, sit, beslis, vestig), word dikwels gebruik.  Die Skrif gee nie spesifieke aanduidings oor die aard van hierdie tipe “grondvesting” nie.  Dit poog ook nie om ‘n spesifieke kosmologiese verstaan daar te stel nie, maar word eerder figuurlik gebruik as metafore van die Here se almag en die majestueusheid van sy skepping (bv. 2 Sa 22:16).  Vir ‘n figuurlike gebruik van “môsâdâh,” sien bv.

Jes 58:12 “En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.”

Dieselfde geld vir woorde soos “pilare”: in Hebreeus is dit “amműd” (kolom, iets wat staan, pilaar) afkomstig van “âmad” (om te staan, te vestig, te plaas), en “mâtsűq” (heuweltop, pilaar).

1 Sa 2:8 “Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ‘n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die węreld daarop gevestig.”

Job 9:5 “Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn; (6) wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; (7) wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ‘n seël wegsluit; (8) wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see; (9) wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide; (10) wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.”

Job 26:11  Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

Ps 75:4 “Al wankel die aarde en al sy bewoners—Ék het sy pilare vasgestel. Sela.”

In 1 Sa 2:8 is die “aarde” (ęrets) en die “węreld” (tębęl) in die konteks die “inwoners” (sien BDB en Strongs definisies) en nie die fisiese aarde nie.  Daarom word “pilare” (mâtsűq) ook hier in ‘n figuurlike sin gebruik.  In Job 9:6 het ons te doen met poëtiese taal en personifikasie.  “Die pilare gee bevel…”  Dit is duidelik nie letterlike pilare nie, maar metafore vir God se skepping – net soos die sterre bv. nie letterlik agter ‘n “seël” weggesluit word nie.  Die Suide woon ook nie in ‘n “kamer” nie.  Dieselfde geld vir Job 26:11.  Die “hemel se pilare” is ‘n metafoor wat gepersonifiëer word: “dit staan verstom.”  In Ps 75:3 word “pilare” figuurlik gebruik, want die “aarde” (ęrets) is hier die inwoners (sien BDB).  Die bedoeling daarvan is dat God die regter is wat sekeres verhoog (as leiers / pilare) en sekeres verneder (vers 7).  Barnes sę: “As applied to a prince or ruler, this means that the permanent structure of the state, the welfare of society, depended on his administration.”  Gill sę die “pilare” dui op die regverdiges.  Vir ander figuurlike gebruik van “pilare,” sien Gl 2:9 en Op 10:1.

Daar is goeie aanduidings in die Bybel dat daar wel sprake is van ‘n sferiese aarde:

Jes 40:22 “Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon.”

Job 26:10 “Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.”

Spr 8:27 “Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die węreldvloed;”

Die Hebreeuse woord wat gebruik word is “chűg,” wat vertaal kan word met “sirkel, baan, omvat, rondom gaan/span.”  Dit is opmerklik dat daar nie ‘n aparte woord in Hebreeus bestaan het wat ‘n sfeer (drie dimensionele sirkel) aandui nie.  As die skrywers “sfeer” bedoel het, sou hulle waarskynlik “chűg” gebruik het.

http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html

Was die Skrif dalk die wetenskap vooruit?

Baie biblioloë meen dat die Skrif uitsluitlik ‘n produk was van die węreldbeskouing en die wetenskap van sy tyd, maar daar is ‘n hele paar uitsprake in die Skrif wat juis die beskouďngs van sy tyd weerspreek het, en dus die heersende verwysingsraamwerk getransendeer het. 

So bv. was dit aanvaar dat daar ongeveer 1100 sterre in die hemelruim was (bv. Ptolemeus tel 1056 en Kepler tel 1005).  Tog sę Jer 33:22 dat die hemelliggame ontelbaar is – dit kan nie gemeet word nie (dit impliseer dat daar miljarde sterre is).  Job 38:19-20 suggereer die beweging van lig, terwyl mense gedink het lig staan stil.  Job 28:25 praat van die gewig van wind, terwyl mense gedink het wind het geen gewig nie.  Pred 1:6 praat van die kringloop van wind en die feit dat dit in die rondte gaan (siklonies), terwyl mense gedink het wind waai reguit.  Die sirkulasie van water (in terme van reën, water wat in die see vloei, verdamping en kondensasie) word ook geďmpliseer deur Pred 1:7.

Ander interessante uitsprake is:

Job 26:7 “voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;”

Hierdie idee is natuurlik nie vreemd met die idee dat die aarde gesuspendeer word in die ruimte nie.

Ps 102:25 “In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande. (26)  Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n kledingstuk, en hulle verdwyn.”

Hierdie beginsel kom ooreen met die wet van termodinamika, wat sę dat hoewel die totale energie behoue bly, die bruikbaarheid en beskikbaarheid van energie altyd afneem.  Die beskikbare energie van die heelal is besig om af te neem.  So bv. is die son besig om uit te brand, die aarde draai al hoe stadiger, die maan is besig om al verder van die aarde af te beweeg, ens.

http://www.returntogod.com/Pamphlets/scripturetrifold.pdf

Wat egter meer opspraakwekkend is, is juis die manier hoe baie wetenskaplikes op die huidige oomblik besig is om bestaande teorieë oor die aarde en die heelal se ontstaan, te bevraagteken en hoe wetenskaplikes nou al meer ruimte begin maak vir ‘n model wat ooreenkom met die skepping soos dit in Gen 1-2 verduidelik word.

Hoewel die Bybel nie ‘n wetenskaplike- of ‘n geskiedenis-handboek is nie, en hoewel dit essensiëel is dat mens elke gedeelte in die Bybel in sy konteks moet lees, bv. om gedigte as gedigte te lees of om prosa as prosa te lees, wil dit tog voorkom of die Skrif tydloos is, die waarheid is, en boonop wetenskaplik verantwoord kan word.

Is die skeppingsverhale van Gen 1 en Gen 2 teenstrydig?

Indien die skeppingsweergawe van die bybel as waar beskou kan word, behoort dit ook logies sin te maak.  Baie kritici meen dat die skepping wat in Gen 2 verduidelik word, teenstrydig is met die weergawe in Gen 1. 

By nadere ondersoek blyk dit egter dat Gen 1 ‘n sekere chronologie daar stel, maar dat Gen 2 slegs ‘n verduideliking en ‘n uitbreiding is op sekere aspekte van Gen 1. 

Gen 1:11 “En God het gesę: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.”

Gen 2:4 “Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is.  Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, (5) was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. (6) Maar ‘n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.”

Gen 2:7 “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.”

Gen 2:8 “Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.”

Gen 2:9 “En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.”

Gen 2:10 “En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak…”

Gen 2:15 “Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.”

Gen 2:18 “Ook het die HERE God gesę: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.”

Gen 2:21 “Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap…”

Gen 2 sę hoe die plante moes water kry om te groei.  Dit praat van “toe” die aarde en die hemel gemaak is.  Dit dui nie noodwendig op ‘n spesifieke dag nie.  Die 1933 Afrikaans se “die dag toe” kan misleidend wees, want die Hebreeuse “yôm” dui nie noodwendig op ‘n spesifieke “dag” nie, maar word dikwels figuurlik gebruik om ‘n periode of ‘n tydperk aan te dui (sien Strongs; vgl. ook die eskatologiese “dag van die Here” wat nie noodwendig op een dag dui nie).  Gill sę: “meaning not any particular day, not the first day, in which the heavens and the earth were created; but referring to the whole time of the six days, in which everything in them, and relating to them, were made.”  Die teks sę nie dat die mis op ‘n spesifieke dag oor die aarde gekom het nie.  Die gedeelte oor die mis sę eerder hoe die bevogtiging van die plante geskied het.  Dit impliseer ook nie dat daar nie plante of struike op aarde was nie, maar wel dat hulle nog nie in die “śâdeh” (uitbreiding, veld, bewerkte land) was nie (sien BDB en Strongs).

Baie sę dat die mens as gevolg van Gen 2 nie op die sesde dag gemaak kon wees nie, aangesien dit net na die plantlewe genoem word (2:7), maar die teks sę nie dat die mens spesifiek op dieselfde dag gemaak is as toe die plante water gekry het nie.  Eerder as wat dit ‘n tydsaanduiding is, gee dit ‘n verduideliking oor hoe die mens gemaak is – volgens Henry: “a more particular account of the creation of man.”  Gen 2:7 sę: “So het dan die mens ‘n lewende siel geword.”  Die term “tôledâh” in 2:4 (afstamming, familie, geskiedenis) dui ook daarop dat ‘n beter kyk gegee word op die verloop van gebeure in terme van die mens se rol en betrokkenheid in die gebeure aan die begin.  Dit word dus veral uit die perspektief van die mens se geskiedenis geskryf, en nie in terme van die chronologie van die skepping self nie.  Plante word bv. genoem juis omdat die mens dit gebruik as voedsel (Henry).

Die ander punt waarop sommige meen daar 'n teenstrydigheid bestaan met die chronologie in Gen 1, is die gedeelte in Gen 2:18-21.

Gen 2:18-21 "Ook het die HERE God gesę: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.  (19)  En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.  (20)  So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.  (21)  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak."

Kritici meen dat Gen 2:18-21 impliseer dat die diere na die mens gemaak is, omdat God gesę het dat dit nie goed is dat die mens alleen is nie (vers 18).  Vers 19-20 dui op die feit dat God diere geskep het, dat die mens name aan die diere gegee het en dat God nie vir die mens 'n hulp onder die diere gevind het wat by hom pas nie.  Vers 21 vertel hoe God vanuit een van Adam se ribbebene die vrou gevormeer het.  Vers 19 en 20 begin beide met die Hebreeuse "waw."  Hoewel "waw" baie verskillende dinge kan beteken (bv. "en," "want," "so," "ook") sou ek sę gee vers 19-20 die motivering vir waarom God die hulp (vrou) gemaak het waarvan vers 21 praat, eerder as dat dit ‘n tydsaanduiding is vir die skep van die diere.  Mens sou vers 20 kon vertaal met: “Want die HERE God het uit die aarde geformeer…”  Sien bv. die Statevertaling: “Want als de HEERE God uit de aarde al het gedierte des velds…”  Webster, wat ook ‘n vertaling van die hele Bybel gedoen het, laat die "waw" onvertaald, en vertaal gewoon: “Out of the ground Yahweh God formed every animal of the field…”  Die "waw" kan nie gebruik word om 'n noodwendige chronologie aan te toon tussen vers 18 en 19 nie.  Daar is dus geen tekstuele merkers of aanduiders wat 'n chronologie impliseer of noodsaak nie.  Vers 19-20 stel bloot die feit dat God diere gemaak het en sę nie pertinent dat Hy dit die mens gemaak het nie.  Ook in die betekenis van die teks is daar geen aanduiders dat die diere noodwendig ná die mens gemaak is nie.  Ek sou eerder sę vers 18 gee die tema aan van die inligting wat daarop volg (vers 19-24), naamlik die feit dat God gevind het dis nie goed vir die mens om alleen te wees nie en dat Hy besluit het om vir hom 'n hulp (vrou) te maak.  Vers 19-24 kleur dan God se motivering en sy werkwyse in om by hierdie doel uit te kom.

Die hele trant van Gen 2 is in elk geval van so aard dat dit nie aanspraak maak op chronologie nie, maar bloot meer inligting en detail gee oor sekere aspekte van God se skepping wat nie in Gen 1 vervat is nie.  Gen 1 maak wel aanspraak op 'n chronologie, en aangesien Gen 2 dus nie aanspraak maak op chronologie nie, is daar dus geen grondige rede om ‘n teenstrydigheid op te merk tussen Gen 1 en Gen 2 nie.

vgl. http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html

Teologiese probleme met evolusie

Hoewel baie mense die konsep van evolusie op een of ander manier met die Bybel wil versoen is daar bepaalde teologiese probleme of vrae wat nie bevredigend daardeur beantwoord word nie:

1. Die Bybel sę in Gen 1 dat God die aarde in ses dae gemaak het.  Om werklik eerlik hierdie teks te lees sal mens moet toegee dat dit baie onwaarskynlik is om die idee te kry dat ons hier met miljoene jare te doen het.  Die idee van miljoene jare word verder bemoeilik, aangesien die woord "yom" (dag), as dit saam met 'n getal gebruik word, sonder uitsondering op 'n letterlike dag dui.  Dit word op nie minder nie as 410 plekke saam met 'n getal gebruik buite Gen 1, en op elkeen van hierdie plekke dui "yom" op 'n letterlike 24-uur dag.  Buite Gen 1 word die uitdrukking "aand en môre" 61 keer gebruik en dit dui op al hierdie plekke op 'n letterlike 24-uur dag.  In Gen 1:5 word "yom" saam met "nag" gebruik.  Buite Gen 1 word "yom" saam met "nag" 53 keer gebruik, en elke keer dui dit op 'n letterlike 24-uur dag (sien Stambaugh 1996, pp. 12, 15, 72-74, in Batten et al. 2003, p. 26). 

Waarom sou "yom" op grond van hierdie getuienis nie op 'n letterlike dag dui nie?  Voorts word die sewende dag, die sabbat, verstaan as 'n letterlike dag wat die volk moes hou om hulle te herinner aan God as Skepper en Here (Gen 2:2-3; Eks 20:9-11).  Die sabbat as letterlike dag staan in 'n direkte verhouding met die 6 letterlike skeppings-dae.

2. Seker die mees ingrypende teologiese kritiek teen die leer van evolusie is dat evolusie veronderstel dat daar dood en lyding was voor Adam se sonde, omdat dit beweer dat daar miljoene jare van biologiese evolusie was voor Adam en Eva.  In Gen 1:29-30 gee God aan mens en dier plante om te eet.  Volgens die Bybel was alle diere op daardie stadium dus vegetaries.  Daar bestaan voorts 'n teologiese onderskeid tussen plante en diere.  Diere het 'n "nephesh" – 'n "lewende siel" (Gen 1:30).  Die mens en dier is slegs toegelaat om vleis te eet ná die vloed (Gen 9:3-5), as 'n nagevolg van die sonde, en omdat die lewensomstandighede moeiliker was ná die vloed.  Gen 9:2 praat van hoe die diere anders sou reageer teenoor mense ná die vloed.  Dit lyk dus heel waarskynlik dat God op daardie stadium ook baie van die diere in karnivore laat verander het net soos die slang bv. in Gen 3:14 herontwerp is (vir 'n bespreking van die karnivore en hoe vegetariese diere karnivore sou raak, sien Batten D (ed) et al 1999:91-100).  Adam en Eva se sonde was die begin van dood en God se vloek wat hy oor die mens uitgespreek het (Gen 3:3-24), want dit het gebeur nadat God gewaarsku het: (Gen 2:17) "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe."  Daar was geen sprake van dood voor dit nie.  Rm 5:14 sę die dood het geheers vanaf Adam tot op Moses.  Die loon van die sonde is die dood (Rm 6:23).

Rom 8:19-23 "Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.  (20)  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het  (21)  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.  (22)  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  (23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam." 

Hierdie gedeelte dui daarop dat die skepping "aan die nietigheid onderwerp is."  Dit was die gevolg van die sonde.  Die sonde was die oorsaak van die "slawerny van die verganklikheid."  Die hele beginsel van dood as straf vir sonde raak ook aan die kern van die evangelie, want Jesus moes sterf omdat die dood die straf is vir sonde.  Paulus verduidelik dit in Rom 5 en 1 Kor 15.  Op 21-22 maak dit duidelik dat daar geen dood meer sal wees in die nuwe hemel en die nuwe aarde nie; "ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan" (Op 21:4) – net soos dit aan die begin was voordat Adam gesondig het (vgl. ook die bespreking hiervan in Batten D (ed) et al 1999:248-249).  Indien daar dood en lyding voor Adam se sonde veronderstel word, bring dit dus die leer van die sonde en sonde-vergifnis in gedrang, asook die leer oor die dood (as gevolg van die sonde) en Christus se oorwinning oor die dood.

3. 'n Ander probleem vir Christene wat aan die evolusie-leer vashou, is dat dit ‘n situasie meebring waar selektief met die Bybel omgegaan word.  Mense wat aan die evolusie-model vashou, sal die skeppingsverhaal nie letterlik interpreteer nie, maar simbolies of allegories, waar die Bybel gereduseer word tot die boodskap wat mens daaruit kan kry.  Die verhale word dan slegs “pakkies” of “vorms” waarin die boodskappe verpak word.  Die probleem is dat sekere weergawes (bv. Jesus se kruisverhaal en opstanding) as feitelik beskou word, en ander weergawes (bv. Jona se verhaal of die skeppingsverhaal) as simbolies of mities.  Die vraag is: waar trek mens die lyn?  Presies waar lę die onderskeid tussen feit en fiksie?  Die interpreteerder besluit self.  Hy kan kies wat is feit en wat is fiksie.

4. Die hoofstroom van die wetenskaplike gemeenskap skep ‘n tipe massa-groepsdruk wat die sekulęre wetenskap bokant die Bybel verhef.  Die Bybel is dan nie meer 'n betroubare getuienis van die Woord van God nie, maar dit raak ‘n handboek vir die bevestiging van menslike voorveronderstellings of agenda’s.  Die Bybel word dan uitsluitlik gesien as ‘n produk van die kultuur-konteks en taal-konteks van die Bybel-skrywers, en moet uitsluitlik verklaar word in terme van die huidige heersende kultuur-konteks en behoeftes.  Dit verloor sy tydlose dimensie as Woord van God wat van ewigheid af bestaan (Jh 1:1; 1 Jh 1:1) en vir ewig bly (Ps 119:89; Mt 24:35; 1 Pt 1:25).  Die probleem is dat die Woord nie ‘n dooie ding is wat vasgevang bly in ‘n boek wat ons “Die Bybel” noem nie, maar is beliggaam in Jesus Christus self (Jh 1:14; Op 19:13).  Die Woord is self God (Jh 1:1).  God het die hemel en die aarde deur sy Woord geskep (Gen 1:3; Ps 33:6).  Mense wat Christus as persoonlike verlosser aangeneem het en in ‘n lewende verhouding met Christus staan, is daarom uit God gebore (1 Jh 3:9) en terselftertyd gebore uit ‘n onverganklike saad – die lewende Woord van God (1 Pt 1:23).  As ons nie glo in die skeppingskrag van God se Woord nie, kan ons ook nie glo dat ons nuwe skepsels is nie (2 Kor 5:17; Gl 6:15).  Die Woord is ook die “swaard van die Gees” wat deur die metafisiese persoon van die Heilige Gees in en deur ons werk (Ef 6:17; Heb 4:12), en in ons woon (Kol 3:16; Jh 15:7; 1 Jh 2:24).

5. Hoewel baie mense dit ontken, is die evolusieleer ‘n ondermyning en ontkenning van God se almag en krag.  Die voorveronderstelling waarop die konsep van evolusie en die oerknal gebou is, is dat God nie almagtig is nie, en dat dit ongeloofwaardig is dat Hy iets uit niks kan skep (ex nihilo), en dat lewe “natuurlik” moes ontwikkel om dit geloofwaardig te maak.  Dikwels hou mense aan teenstrydighede vas om hulle geloof in God te behou.  Hulle sal bv. vashou aan Christus se opstanding uit die dode, maar ander Bybelse stories as mites afmaak.  Meeste Christene glo in die opstanding van die dode by Jesus se tweede koms waar mense wat dood is, waarvan die beendere dalk nie eers meer bestaan nie, in ‘n oogwink herskep gaan word in die vorm van nuwe, verheerlikte liggame wat by verre die heerlikheid van huidige menslike liggame oortref (1 Kor 15:52).  Hulle glo dat Christene wat lewe by Christus se tweede koms, se liggame onmiddelik omskep gaan word in nuwe onverganklike liggame.  Hulle glo in die skepping van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.  En tog weier hulle om in ‘n bonatuurlike, onmiddelike skepping van ons huidige hemelruim en aarde te glo!?  Die evolusieleer maak van die skeppingsverhaal in Gen 1 ‘n onwaarskynlikheid en ‘n ongeloofwaardige fiktiewe verhaal – dit maak daarvan ‘n karikatuur of ‘n fee-verhaal.  As Christene glo in wonderwerke, hoekom is dit so moeilik om alles te glo wat in die Bybel staan? 

6. Die evolusieleer bring Jesus se integriteit op die spel.  Hy het nie net die Skrifte as die gesaghebbende Woord van God aanvaar nie (Mt 22:29; Mk 12:24), maar het self God as Skepper erken (bv. Mk 13:19), en erken dat daar inderdaad 'n vloed plaasgevind het waar die hele węreld oorstroom het (Mt 24:38-39; Lk 17:27).  Die Nuwe Testament vertel ook van Jesus se betrokkenheid by die skepping (Jh 1:3; Gn 1:26; Ef 3:9; Kol 1:16; Heb 1:2-3,10-12; Op 4:11).

7. As mens die konsep van evolusie en veral die oerknal teorie aanvaar, kan mens nog sę die Bybel is waar?  As ons sę dat Gen 1-2 mitiese verhale is, is dit dan “soort-van-waar,” of gee dit net die boodskappie oor dat God iets met die skepping te doen het, maar moenie vra wat nie?  As dit mitiese verhale is, hoekom is dit hoegenaamd daar?  Is dit net daar om mense te sus of goedkoop antwoorde te gee?  Of is dit daar om aan ons te wys hoe mense met uiters kreatiewe denke op 'n fiktiewe manier probeer verklaar het hoe die aarde tot stand gekom het?  Kan mens hoegenaamd dan nog sę dit is waar?  Post-modernisme het meegebring dat “absolute waarheid” nie meer bestaan nie, maar slegs “kontekstuele waarheid.”  Dit is net ‘n genuanseerde manier om te sę dat verskillende mense in totaal verskillende dinge kan glo en dit steeds as “waarheid” kan beskou.  Maar dit sę meer as dit; dit sę dat iemand in teenstrydighede kan glo en dit steeds “waarheid” kan noem.  Indien iemand die Bybel as waar beskou, maar ook aan die evolusieleer wil vashou, bestaan daar die volgende teenstrydighede (sien Batten D (ed) et al 1999:42):

Bybelse weergawe van die skepping

Evolusionęre model

Aarde voor die son en sterre

Sterre en son voor die aarde

Aarde aanvanklik met water bedek

Aarde aanvanklik 'n gesmelte massa

Eers oseane, dan droë land

Eers droë land, dan oseane

Lewe eerste op land geskep

Lewe ontstaan in oseane

Plante voor die son geskep

Plante kom lank na die son

Landdiere na voëls geskep

Landdiere bestaan voor voëls

Walvisse voor landdiere

Landdiere voor walvisse

Om aan teestrydighede vas te hou kom baie ooreen met die Boedhistiese filosofie.  Die probleem is, daar is geen krag in nie.  Die vrug daarvan is nie vrede nie, maar vertwyfeling, ontnugetering, ongeloof, ateďsme, dipressie en apatie.  Dit bring mense nie nader aan God nie, maar net nader aan die hoofstroom-mening en die “trend.”  En dit word beheer deur mense wat slegs ingestel is op geld en eie gewin, liefhebbers van genot, maar sonder krag (2 Tm 3:1-5).

Wat van die "gap" teorie?

Hierdie teorie is 'n vorm van teďstiese evolusie, waar 'n gaping van miljoene jare vanaf of in die proses van God se skepping van die hemel en die aarde (Gen 1:1) tot en met die "woes en leë" toestand van die aarde (Gen 1:2) veronderstel word, waarop die skepping van lig en alles wat daarná volg, in 6 letterlike dae sou plaasvind (Gen 1:3 en verder).  Die meeste voorstanders van hierdie teorie aanvaar die manier van datering van fossiele van die evolusioniste, maar glo nie in evolusie self nie, maar in een of ander antieke oorsprong van die heelal.  Thomas Chalmers (1780-1847), Moderator van die Vrye Kerk van Skotland, was waarskynlik die persoon wat die meeste verantwoordelik was vir die uitbou van hierdie teorie.  Hoewel daar verskillende variasies op hierdie teorie bestaan, kan die teorie min of meer soos volg saamgevat word:  God het lank, lank gelede 'n perfekte hemel en aarde gemaak.  Satan was die heerser van die aarde wat bevolk was deur 'n ras van "mense" sonder siele.  Satan wou later soos God word.  As gevolg van die Satan se rebellie en sonde het sonde in die węreld gekom.  Dit het God se oordeel in die vorm van 'n vloed na die aarde gebring (aangedui deur Gen 1:2) en dit het 'n globale ys-tydperk tot gevolg gehad toe die lig en die hitte van die son op 'n manier weggeneem is.  Alle fossiele vandag dateer dan uit hierdie sg. "Lucifer se vloed" en vertoon geen genetiese verwantskap met die plante, diere en fossiele wat vandag op die aarde leef nie.  Ander weergawes sę dat die fossielrekord oor miljoene jare heen gevorm het en dat God die aarde met 'n katastrofe (Lucifer se vloed) vernietig het en dit "woes en leeg" agtergelaat het. (Batten D (ed) et al 1999:46-50).

Probleme met die "gap" teorie

1. Eks 20:11 sę "Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig."  Die hele kosmos is in ses dae gemaak.  Hier word geen ruimte gelaat vir enige gedeelte van God se skepping op 'n ander stadium sou plaasvind of wat nie hierin vervat is nie .

2. Die vernaamste teologiese probleem met hierdie siening is weereens dat daar dood, lyding, en siekte veronderstel word voor Adam se sonde.  Rm 5:12 sę "Daarom, soos deur een mens die sonde in die węreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het."  As gevolg van Adam se sonde het dood en verderf na die węreld gekom.  Die Bybel leer dat Adam die eerste mens  was wat geskape is (1 Kor 15:45), en dat die sonde, die dood en lyding deur sy oortreding in die węreld gekom het (1 Kor 15).  Die ander probleem is dat die dood en lyding wat in die fossiele-rekord opgeneem is, God se fout sou wees, aangesien dit voor Satan se val sou plaasvind.

3. Die "gap" teorie skiet homself in die voet.  Die meeste sę dat God na Lucifer se vloed die aarde herskep het en dat die fossiele op hierdie manier neergelę is.  Hulle gebruik die term "ruin-reconstruction."  As Lucifer se vloed die fossiele skielik laat vorm het, kon hulle net sowel die fossiele aan die vloedgebeure van Noag toegeskryf het.  Die "bewyse" wat die aarde "oud" laat lyk (gebaseer op die aanname dat die vorming van die sedimente stadig sou plaasvind), bestaan dan nie meer nie, en maak die hele teorie oor die Lucifer-vloed in der waarheid oorbodig.

4. Die posisie wat die "gap" teorie inneem, dwing die voorstanders daarvan om Noag se vloed as 'n plaaslike vloed te sien.  Hierdeur verwyder hulle as't ware die bewyse vir God se toorn en oordeel wat neergekom het op 'n sondige aarde.

5. Hulle ignoreer die getuienis vir 'n jong aarde soos die afname in die sterkte van die magnetiese veld, die hoeveelheid helium in die atmosfeer, die tempo waarteen sout in die oseane vorm ens. (soos elders bespreek).

6. Die "gap" teorie tas die evangelie in sy hart aan.  Die volle teologiese betekenis van Rm 5:12 en Gen 3:3 kan nie op sigwaarde geneem word nie, en hulle standpunt sal die dood wat hier ter sprake kom as "geestelike" dood moet verklaar.  Dit sal egter ook in stryd wees met ander gedeeltes soos 1 Kor 15 en Gen 3:22-23.  Hierdie gedeeltes vertel van Adam se geestelike en fisiese dood.  Die fisiese dood van die Laaste Adam (Christus) word gekontrasteer met die fisiese dood van die eerste Adam as gevolg van sonde.  Deurdat God vir Jesus 'n fisiese dood laat sterf het, het Hy daardeur versoening bewerkstellig.  Jesus het daardeur in ons plek gesterf en so die volmaakte offer vir die sonde geword.  Deur te glo daar was dood voor Adam se sonde, word die basis van die Christelike boodskap vernietig.

7. Die meeste mense wat die "gap" teorie voorhou, verklaar die term "skep" in Eks 20:11 (Hebreeus: "âsâh") as "herskep," en onderskei dit dan van "bârâ" van Gen 1:1 [Volgens Strongs beteken "bârâ": to create; (qualified) to cut down (a wood), select, feed (as formative processes): - choose, create (creator), cut down, dispatch, do, make (fat)], aangesien Eks 20:11 praat van ses dae waarin God die hemel en die aarde gemaak het en die see en alles wat daarin is.  Strongs verklaar "âsâh" as "to do or make, in the broadest sense and widest application: - accomplish, advance, appoint, apt, be at, become, bear, bestow, bring forth, bruise, be busy, X certainly, have the charge of, commit, deal (with), deck, + displease, do, (ready) dress (-ed), (put in) execute (-ion), exercise, fashion, + feast, [fight-] ing man, + finish, fit, fly, follow, fulfil, furnish, gather, get, go about, govern, grant, great, + hinder, hold ([a feast]), X indeed, + be industrious, + journey, keep, labour, maintain, make, be meet, observe, be occupied, offer, + officer, pare, bring (come) to pass, perform, practise, prepare, procure, provide, put, requite, X sacrifice, serve, set, shew, X sin, spend, X surely, take, X thoroughly, trim, X very, + vex, be [warr-] ior, work (-man), yield, use."  Hoewel "herskep" seker nie 'n onmoontlike vertaling is nie, is dit sekerlik nie 'n algemene vertaling nie.  Voorts word "âsâh" ook in kontekste gebruik waar dit nie herskep kan beteken nie, bv. Neh 9:6  "U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak ("âsâh"), die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer."  Die terme "bârâ" en "âsâh" word in elk geval as sinonieme oor en weer gebruik (bv. Gen 1:26,27; 2:4; Eks 34:10; Jes 41:20; 43:7).

8. In terme van die Hebreeuse grammatika is die interpretasie om 'n gaping in te lees tussen Gen 1:1 en Gen 1:2 baie onwaarskynlik.  Die "waw" in vers 2 is 'n waw-kopulatief, wat daarop dui dat vers 2 'n beskrywing is vir vers 1: "En die aarde was woes en leeg."  Op hierdie manier is daar geen ruimte vir 'n gaping tussen vers 1 en 2 nie.  Die voorstanders van die "gap" teorie wil vers 2 vertaal: "die aarde het leeg en woes geword."  Dit het te doen met die vertaling van die werkwoord "hâyâh."  Die waw-kopulatief definiëer egter die "hâyâh" as "was."  Dit word op hierdie manier in al die hoof Engelse en Afrikaanse vertalings vertaal, asook in die LXX (Antieke Griekse vertaling).

(sien Batten D (ed) et al 1999:51-58).

Word die evolusieleer deur die Bybel voorspel?

Uiteraard is daar nęrens direkte uitsprake of voorspellings in die Bybel oor die evolusieleer nie, maar daar is wel gedeeltes in die Bybel wat vooruit wys op die onderliggende tendense en die gees wat by vandag se evolusioniste en moderne wetenskaplikes teenwoordig is:

2 Pt 3:3-6 sę: "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel  (4)  en sę: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.  (5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,  (6)  waardeur die toenmalige węreld met water oorstroom is en vergaan het."

Rom 1:18 “Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, (19) omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. (20)  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die węreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; (21) omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. (22)  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword.”

Rom 1:25 “…hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.”

Bronne

Ek vind dit noodsaaklik om te noem dat ek my nie met die inhoud en die trant van al die geraadpleegde webtuistes kan vereenselwig nie, en dat enkele webtuistes nie uitgesonder kan word en verhef kan word tot ‘n verteenwoordigende webtuiste vir beide skeppingswetenskaplikes of evolusioniste nie.

 

Akridge, Dr op http://www.icr.org

Barnes, A. Notes on the Bible.

Barnes, Thomas G. University of Texas, "Depletion of the Earth's Magnetic Field"

Batten, Don (ed) [B.Sc (Hons), Ph.D], Ham, K [B.Sc.Dip.Ed.], Sarfati, J [B.Sc.(Hons), Ph.D., F.M.], Wieland, C [M.B, B.S.] 1999. The Updated & Exapanded Answers Book.  The 20 most-asked quoestions about creation, evolution, & the book of Genesis aswered. Truine Press: Brisbane.

Baumgardber, Dr. John van www.globalflood.org

Brown, Walt. ‘In the Beginning: Compelling Evidence for Creation and the Flood”, p. 24; ook op http://www.creationscience.com/onlinebook/

Cuzzi, Jeffrey N. "Ringed Planets: Still Mysterious—II", Sky & Telescope, Vol. 69

Darwin, Charles 1956 edition. The Origin of Species (London: J.M. Dent & Sons).

DeYoung, DB. op http://www.icr.org

Ferrell, Vance. “Origin of the Universe, Evolution Disproved Series,” p. 97

Gill, John. Exposition of the Entire Bible

Gitt, W 1993.  Did God use Evolution? Ebner Ulm: Germany.

Henry, M. Matthew Henry’s Commentary on the Whole Bible

Oommen, Dr TV, http://www.biblediscoveries.com/index.php

Plaistead, Prof DA op http://tasc-creationscience.org/other/plaisted/www.cs.unc.edu/_plaisted/ce/index.html

Schulman, Edman "Longevity Under Adversity in Conifers", Science

Snelling, Dr. Andrew van Answersingenesis.org

Steidl, Paul "Comets and Creation"

Veith, Prof W, op www.amazingdiscoveries.org

 

Ander webtuistes:

 

http://www.answersingenesis.org/get-answers

http://www.apologeticspress.org
http://web.archive.org/web/20071030190928/www.cryingvoice.com/Evolution/index.html

http://www.astro.ucla.edu/~wright/cosmology_faq.html

http://www.christiananswers.net/q-aig/aig-c005.html

http://www.creationscience.com/onlinebook/FAQ15.html
http://www.globalflood.org

http://www.icr.org
http://www.tektonics.org/tekton_03_03_01.html
http://www.trueauthority.com/dinosaurs/database.htm
http://creationwiki.org/Main_Page
http://www.uwgb.edu/dutchs/CosmosNotes/distance.htm

 

Philip du Toit

 

Bespreek dit hier.