(“Die doop met die Gees” is deel van ‘n reeks van 3 artikels: Die uitverkiesing, Die doop met water en Die doop met die Gees. Die gesamentlike bronnelys word by al drie artikels herhaal.)
Die term “doop met die Heilige Gees”
Vir wie is die doop met die Heilige Gees bedoel?
Wat is die doop met die Heilige Gees?
Dit is 'n gawe wat
God gee op grond van sy belofte.
Dit is 'n salwing met die krag
van die Here.
Dit gee vrymoedigheid om te getuig.
Die gawes van die
Heilige Gees kom tot manifestasie.
Die doop met die Heilige Gees is 'n toerusting vir 'n bediening wat op die gelowiges gerig is.
Dit gaan saam met die vrug
van die Heilige Gees.
Dit gaan saam met 'n totale
oorgawe.
Die doop met die Heilige Gees gaan saam met God se leiding in
die volle waarheid.
Ontvang mens dan nie die Heilige Gees by bekering nie?
Die mens as liggaam, siel en gees
Die doop met die Heilige Gees is nie dieselfde as
wedergeboorte nie
Hoe word mens gedoop met die Heilige Gees?
Die wesenlike van die godsdiens
Baie mense assosieer die “doop met die
Heilige Gees” met die Pinksterkerke of Charismatiese kerke. Dit word dikwels gesien as ‘n “second blessing”
wat jou help om ‘n “heiliger” of ‘n “beter” Christen te wees. Baie verkeer ook onder die indruk dat die
doop met die Gees sinoniem is met “spreek in tale.”
Afgesien daarvan dat die term “doop met
die Heilige Gees” verskillende konnotasies by verskillende mense het, is dit ‘n
term wat telkens voorkom in die Nuwe Testament.
Dit kom in al vier die evangelies en Handelinge voor:
1.
Mt 3:11: “Ek doop julle wel met water
tot bekering; maar Hy wat na my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie
waardig is om te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”
2.
Mk 1:8: “Ek het julle wel met water
gedoop, maar Hy sal julle doop met die
Heilige Gees.”
3.
Lk 3:16: “... antwoord Johannes almal en
sę: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se
skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie - Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”
4.
Jh 1:33: “... Op wie jy die Gees sien
neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met
die Heilige Gees doop.”
5.
Hd 1:5: “Want Johannes het wel met
water gedoop, maar julle sal met die
Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie.”
6.
Hd 11:16: “... Johannes het wel met
water gedoop, maar julle sal met die
Heilige Gees gedoop word.”
Daar is talle voorbeelde in die Nuwe
Testament van mense wat gedoop is met die Heilige Gees. Uit hierdie voorbeelde is dit duidelik dat
dit bedoel is vir almal wat glo,
nie net vir spesiale of “super-Christene” nie:
1.
Petrus sę in Hd 2:38: “Bekeer julle en
laat elkeen van julle gedoop word...
en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”
2.
Hd 10:44: “En toe Petrus nog besig was
om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval...”
3.
Jl 2:28 en Hd 2:17: “In die laaste dae
sal ek my Gees uitstort op alle vlees...”
4.
Voorbeelde van mense wat met die
Heilige Gees gedoop is:
Hd 2:1-4 (Die
mense teenwoordig tydens pinkster)
Hd 4:29-31 (Die
Joodse Raad)
Hd 8:15-17 (Die
mense in Samaria)
Hd 9:16-17 (Paulus)
Hd 10:44-46 (Cornelius)
Hd 11:15 (Die
gemeente in Jerusalem)
Hd 19:1-6 (Die
mense in Efese)
1 Tm 4:14; 2 Tm 1:6-7 (Timoteus)
Mt 3:16; Mk 1:10; Lk 3:22[1];
Jh 1:32-33 (Jesus)
1.
Jes 44:3 sę: “Want ek sal water[2] giet op die dorsland en strome op die droë
grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.” (Vgl.
Jes 55:1; Jr 2:13; 17:13; Sg 14:8; Jh 4:10).
2.
Jl 2:28-29: “En daarna sal ek my Gees
uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou
mense sal drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal
ek my Gees uitgiet.”[3]
God
se oorspronklike doel met die skepping van die mens was om 'n intieme
liefdesverhouding met hom te hę (1 Jh 1:1-3).
In die Ou Testament het die mense nog geleef onder die vloek van die wet
(Gl 3:10), en hulle kon nie in so 'n
direkte verhouding met God staan nie.
Die priester kon byvoorbeeld net een maal per jaar versoening doen vir
die sondes van die volk (Heb 9:7). Maar
deur die dood van Christus het ook die wat vroeër ver was (heidene), naby gekom
deur die bloed van Christus (Ef 2:13), want deur Hom het almal nou toegang deur
die een Gees tot die Vader (Ef 2:18).
Ons het nou vrymoedigheid om in te gaan in die heiligdom (Heb 10:19),
deurdat die voorhangsel in twee geskeur het aan die kruis (Mk 15:38). Dit alles wil God volle gestalte gee in die
gelowige se lewe deur die doop met die Heilige Gees. Die doop met die Heilige Gees is in die
eerste plek God se begeerte. Hy begeer
dit meer as wat enige mens dit kan begeer.
Daarom het Hy dit reeds in die Ou Testament beloof. Die Nuwe Testament getuig van die waarmaking
van God se belofte:
1.
Hd 1:4: “Hy het hulle bevel gegee... om
te wag op die belofte van die Vader.”
2.
Hd 2:33: “Nadat Hy dan deur die
regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het hy dit uitgestort,
wat julle nou sien en hoor.”
3.
Hd 2:38-39: “... Bekeer julle en laat
elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van
sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte
kom julle toe en julle kinders.”
4.
In Hd 8:19-20 wil Simon die gawe van
die Heilige Gees met geld koop om mag te hę, sodat elkeen wat hy die hande
oplę, die Gees kan ontvang. Maar Petrus
antwoord hom en sę: “Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om
die gawe van God deur geld te
verkry.”
1.
Hd 1:8: “... maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees
oor julle kom...” Hierdie vers staan in
verband met 1:5, met ander woorde, die frase “wanneer die Heilige Gees oor
julle kom” staan direk in verband met die doop van die Heilige Gees.
2.
Hd 4:30: “... deurdat U u hand uitsteek
tot genesing en tekens en wonders...” (kyk ook vers 31).
3.
Hd 9:22: “... Saulus het al meer krag ontvang...” (dit staan i.v.m.
9:17).
4.
Hd 10:38: “... Jesus van Nasaret, hoe
God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag.”
5.
Hd 19:11: “... en God het buitengewone kragte deur die hande van
Paulus gedoen...” (dit staan i.v.m. 19:6).
Geen mens kan volle lewensvervulling of geestelike groei
ervaar sonder die krag van die Here nie.
Geen mens kan getuig of in die diens van die Here staan sonder sy krag
nie. Die Here begeer dat elke gelowige
dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, sal ervaar (Ef 1:20). God wil sy krag uitstort in elke mens se lewe
sodat die gelowiges in Jesus se naam duiwels sal uitdryf, met nuwe tale sal
spreek, slange sal opneem en as hulle iets dodeliks drink dit hulle geen kwaad
sal aandoen nie, op siekes die hande sal lę sodat hulle gesond kan word (Mk
16:17-18).
1.
Hd 1:8: “... en julle sal my getuies wees...”
2.
Hd 4:31: “... en het die woord van God
met vrymoedigheid gespreek.”
3.
Hd 8:25: “nadat hulle kragtig getuig en die woord van die Here
gespreek het...” (dit staan i.v.m. 8:17)
4.
Hd 9:27: “... en hoe hy in Damaskus vrymoediglik gespreek het...” (dit staan
i.v.m. 9:17)
5.
In 2 Tm 1:6-7 praat Paulus met Timoteus
oor die doop met die Heilige Gees wat hy ervaar het, en sę dan (vers 8): “Skaam
jou dan nie oor die getuienis van ons
Here Jesus oor my nie...”
Baie gelowiges sukkel met vrymoedigheid om te getuig. Seker een van die eerste kenmerke van die
doop met die Heilige Gees is dat dit vrymoedigheid gee, en 'n begeerte om te vertel
wat die Here in jou lewe gedoen het. Dit
gee vrymoedigheid om die Woord van die Here te verkondig. Dit gee jou die begeerte om sonder ophou oor
die Here te praat. Dit maak jou vry van
jouself en spontaan om op te staan vir die evangelie.
Hierdie onderwerp is seker die onderwerp wat die meeste
geassosieer word met die doop in die Heilige Gees. Baie mense is maar baie versigtig daarvoor
omdat hulle dink dit lę te veel klem op die eie ek, en die mens verhef. Ander wonder of dit werklik bestaan. Die Bybelse getuienis hieroor is egter volop:
1.
Hd 2:4: “... en hulle het begin spreek in ander tale”
2.
Hd 4:30: “... deurdat U u hand uitsteek
tot genesing, tekens en wonders...”
(kyk ook vers 31)
3.
Hd 10:46: “... want hulle het gehoor
hoe hulle in tale spreek en God
grootmaak...”
4.
Hd 19:6 “... en hulle het in tale gespreek en geprofeteer.”
5.
1 Tm 4:14: “Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou
gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.”
6.
2 Tm 1:6: “Om hierdie rede herinner ek
jou daaraan om die genadegawe van God
aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande” (Vgl. vers 7).
In 1 Kor 12:8-10 en Rm 12:6-8 word
verskillende soorte gawes gelys:
Die gawes wat in 1 Kor 12:8-10 genoem
word, kan beskryf word as die meer aanskoulike gawes. Dit is nie talente nie, maar besondere
werkinge van die Gees:
1.
“... want aan die een word deur die
Gees 'n woord van wysheid
gegee.” 'n Woord van wysheid is 'n inspirasie
van die Gees om bonatuurlike insig op 'n gegewe moment te openbaar, en om die
waarheid op 'n besondere manier op 'n situasie te betrek. 'n Woord van wysheid is die perfekte wil of
denke van God vir 'n spesifieke situasie wat Hy aan iemand openbaar.
2.
“en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde
Gees.” Dit is spesifieke godgegewe
inligting aangaande 'n sekere saak of persoon in 'n gegewe situasie. Dit is 'n openbaring van dinge wat nie met
die natuurlike sintuie waargeneem kan word nie.
Dit word in die mens se gees of geestesoog geopenbaar. Hierdie kennis kan ook in 'n visioen geopenbaar word. Dit kan byvoorbeeld dinge wees wat in die
verlede met 'n persoon gebeur het of dinge wat 'n persoon nie aan die lig wil
bring nie.
3.
“aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees.”
Dit is nie geloof tot redding nie, maar besondere geloof, geloof om
berge te versit, geloof om die Woord en die krag van die Here prakties te laat
realiseer, geloof wat glo dat die onmoontlike moontlik is.
4.
“en aan 'n ander genadegawes van gesondmakings deur dieselfde Gees.” In Grieks is beide “genadegawes” en
“gesondmakings” in die meervoudsvorm.
Daar is verskillende gawes van gesondmakings. Hoewel die Skrif nie hierop uitbrei nie, leer
die praktyk dat sekere mense byvoorbeeld beter is met ledemate, ander met
ingewandeprobleme, ander met griep of borssiektes, ens. Daar is dus verskillende genesingsgawes. Alles deur die werking van dieselfde Gees.
5.
“aan 'n ander werkinge van kragte.” Dit is
myns insiens die moeilikste gawe om te definieer, maar behels meer as net
genesings. Dit is die gawe om kragdadige
dinge te doen of te laat gebeur op ‘n direkte of indirekte wyse. Die geval waar doeke en voorskote van
Paulus mense genees het en duiwels uitgedryf het, is waarskynlik ‘n goeie
voorbeeld van hierdie gawe (Hd 19:11-12)
‘n Ander voorbeeld is waar die vrou aan Jesus se kleed geraak het, en
daardeur gesond geword het (Mk 5:27).
6.
“aan 'n ander profesie.” Hierdie is nie
die gawe van preek of die gawe om God se boodskap te verkondig nie (soos die
1983 vertaling verkeerdelik vertaal[4]). Dit is die gawe om 'n direkte woord van God
aan mense mee te deel. Dit kan
betrekking hę op die hede of die toekoms.
Dit hang af van wat God wil sę.
'n Profesie kan 'n woord van God vir 'n gemeenskap van gelowiges wees,
maar kan ook op 'n individu betrekking hę.
7.
“aan 'n ander onderskeiding van geeste,”
Dit is nie om goeie onderskeidingsvermoë in die algemeen te hę nie, maar
het spesifiek te doen met die onderskeiding tussen geeste. Dit kan meer in die algemeen funksioneer: om
te onderskei of 'n gees van God of van Satan is, of meer in die besonder: om
byvoorbeeld te onderskei tussen 'n gees van dood, vrees, misleiding ens., soos
die Gees van God dit openbaar.
8.
“aan 'n ander allerhande tale,” Hierdie
gawe is nie ‘n aanleg of vaardigheid in tale nie. Dit is die gawe van glossolalie: die 1983
vertaling vertaal dit goed: “om ongewone
tale of klanke te gebruik.” Glossolalie
is te onderskei van die spreek in verskillende węreldtate soos dit op
pinksterdag plaasgevind het (Hd 2:4).
Hoewel dit dieselfde Gees is wat beide bewerkstellig, vind glossolalie
veral uiting in die volgende modusse:
·
Onverstaanbare klanke wat beskryf kan
word as liefdestaal of aanbiddingstaal tot God.
Dit kan ook gebruik word in sang (1 Kor 14:15). Dit gaan meestal gepaard met doop met die
Gees (maar is nie ‘n voorvereiste daarvoor nie). Geen mens kan dit verstaan nie. Dit is die spreek van verborgenhede (1 Kor
14:2). Dit is direkte kommunikasie van
jou gees met God se Gees, en jou verstand is nie daarby betrokke nie (1 Kor
14:14). Hierdie gawe stig jouself (1 Kor
14:4). Mens het beheer oor hierdie gawe
om dit te gebruik wanneer jy wil (net soos profesie: sien 1 Kor 14:32), maar
mens het nie beheer oor die vorming van die woorde nie, dit is geďnspireer deur
die Heilige Gees.
·
Om in tale te spreek vir die gemeente
met die oog op uitlegging. Hierdie gawe
funksioneer saam met die gawe om tale uit te lę (1 Kor 14:13). In kombinasie is dit amper soos 'n profesie
en stig die gemeente.
·
Spreek in tale word ook gebruik om in
te tree in gebed vir iemand anders, as God iemand of iets op jou hart lę, en jy
weet nie hoe of waarvoor om te bid nie.
·
Spreek in tale om bose magte of
versoekinge af te weer. Omdat dit
direkte kommunikasie met God in die Gees is, kan die duiwel kan dit nie
verstaan nie, en word daardeur weerstaan.
9.
“aan 'n ander uitleg van tale.” Dit is die gawe om 'n taal wat in die
gemeente gespreek is, uit te lę, of om jou eie taal uit te lę (1 Kor
14:13). Soos reeds genoem, funksioneer
hierdie gawe baie op dieselfde wyse as profesie.
Baie van hierdie gawes werk in
kombinasie met mekaar soos God dit laat manifesteer.
Die gawes wat in Rm 12:6-8 beskryf
word, is minder aanskoulik maar net so belangrik en geestelik soos bogenoemde
gawes. Inteendeel, dit is bekend dat
spreek in tale, genesings en wonders ook voorkom onder die nie-Christelike
godsdienste (vgl. ook Eks 4:3 waar Moses sy staf in ‘n slang laat verander het. Die heidense towenaars kon dit ook doen),
maar die lys wat in Romeine beskryf word, vloei voort uit ware liefde, wat die
Duiwel nie kan namaak nie:
(profesie kom hier weer voor)
10.
bediening. Om iemand anders
te dien en te stig deur bediening.
11.
lering. Die gawe om waarhede aangaande die Skrif aan
ander oor te dra en hulle daarin te onderrig.
12.
vermaning
/ bemoediging. Dit
is om iemand anders in liefde tereg te wys of te bemoedig sodat dit hom of haar
opbou.
13.
uitdeel. Die gawe om van
jou geld, kos of besittings aan ander te gee, sonder om iets terug te verwag.
14.
leiding
of voorgang. Die
gawe om geestelike leiding te kan neem met die salwing en gesag wat die Gees
gee.
15.
bewys
van barmhartigheid of genade. Die
gawe om op te tree teenoor iemand met die hart en die genade van God. Dit gaan gepaard daarmee om die behoefte by
iemand raak te sien, en hom of haar te help met dieselfde gesindheid as
Christus (vgl. die barmhartige Samaritaan).
Hierdie lys van gawes is nie bedoel om
‘n geslote lys te wees nie. Die Gees kan
enige ander gawe ook in die lewe van die gelowige laat manifesteer – soos Hy
wil. Die verskillende gawes is daar om
ander gelowiges op te bou en in die geloof te versterk, en nie daar vir eie
gewin of rede tot hoogmoed nie. Dit is
letterlik daar om ander te dien. Die een
wat die meeste gawes het, moet eintlik die grootste dienskneg wees.
Daarom sę Paulus dit is nie verkeerd om
jou te beywer met die oog op die gawes nie, maar dit moenie wees vir eie gewin
nie. Daarom sę hy hulle moet hulle eerder
beywer om te profeteer, want dit is op die gemeente gerig (1 Kor 14:1).
1.
1 Kor 12:4-6 noem 3 dinge wat saamgaan
met die kragtige werking van die Gees: i) genadegawes ii) bedieninge en iii) werkinge.
In hoofstuk 12 brei Paulus uit oor die bedieninge en die gawes.
2.
In Rm 12:6-8 praat Paulus ook van die
bedieninge wat saamgaan met die gawes van die Heilige Gees.
3.
In 1 Tm 1:12 praat Paulus van die bediening waarin God hom gestel het, en
verwys net daarna (vers 13) na die omkeer wat God in sy lewe bewerkstellig het
(Hd 9), waar hy gedoop is met die Heilige Gees.
Die bedieninge hang saam met die
gawes. Sekere gawes is die toerusting
vir sekere bedieninge (bv. lering vir 'n leraar, profesie vir 'n profeet,
leiding vir 'n herder ens.).
Ef 4:11 lys 5 verskillende bedieninge:
·
apostel
(iemand wat aan die hoof staan van gemeentes: iemand wat nuwe gemeentes begin)
·
profeet
(iemand wat die stem van God bekend maak aan gelowiges)
·
evangelis
(iemand wat rondgaan om die evangelie te verkondig)
·
herder
(iemand wat 'n kudde oppas, iemand wat 'n gemeente se belange dra en
verantwoordelik is vir hulle)
·
leraar
(iemand wat mense leer en oplei aangaande die waarheid van die Woord van God)
1.
In Gl 5:16-18 word die gelowiges
opgeroep om 'n Geesvervulde lewe te lewe, en vers 22 sę: “Die vrug van die Gees
is liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid,
selfbeheersing.”
2.
Hd 2:28: “U sal my vervul met vreugde by u aangesig.” (hierdie uitspraak moet gesien word in die
lig van Petrus se preek oor die doop met die Heilige Gees).
3.
Hd 13:52: “En die dissipels is vervul
met blydskap en met die Heilige
Gees.”
4.
Ef 3:16-20: Paulus bid dat die gemeente
“met krag versterk word deur sy Gees in die innerlike mens... julle wat in die liefde gewortel en gegrond is... en in
staat wees om die liefde van Christus
te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid
van God.”
5.
1 Kor 13 sę Paulus dat die gawes van
die Gees sonder liefde leeg is (vers
1). Die kragtige werking van die Gees
gaan altyd saam met liefde (vers
1-13), lankmoedigheid (vers 4), vriendelikheid (vers 4), is nie jaloers,
grootpraterig, opgeblase of onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word
nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die
ongeregtigheid nie, maar is bly (vers
6) saam met die waarheid.
6.
In 2 Tm 1:6 praat Paulus met Timoteus
oor die genadegawe wat hy gekry het met die oplegging van Paulus se hande. In vers 7 gee Paulus die motivering: “Want
God het ons nie 'n Gees[5] van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.”
Iemand wat gedoop is met die Gees het in die besonder die
vermoë om die vrug van die Gees te openbaar.
Dít is eerder die teken of die bewys van die inwonende werksaamheid van
die Heilige Gees as wat die gawes die bewys is, want die Satan kan ook die
gawes naboots. Dit is die verskil tussen
iemand wat van die Duiwel besete is en iemand wat vervul is met die Heilige
Gees. Die boom word aan die vrugte
geoordeel (Lk 6:44).
1.
In Rm 12:1 roep Paulus die gemeente op
om hulle liggame aan God te
gee as lewende en heilige
offers. Dit staan in die konteks van sy
verwysing na die genadegawes in 11:29 en 12:4-8. Hy doen hierdie beroep op die gemeente op
grond van die genade wat aan hom
gegee is (12:3).
2.
In Gl 5:16,18 word die gemeente ook
opgeroep om vervul[6] te word met die Heilige Gees en deur die Gees
te wandel. Daarmee saam gaan die
bereidheid om alle vleeslike begeerlikhede prys te gee.
3.
In Hd 8:21 sę Paulus vir Simon dat sy hart voor God moet reg wees om die gawe van
die Heilige Gees te ontvang.
4.
Oral in Handelinge gaan die wedergeboorte en die bekering die ontvangs van die gawe van
die Heilige Gees vooraf (Bv. Hd 2:38; 19:4).
Die Heilige Gees sal Homself nooit op
'n mens afforseer nie. Dit is moontlik
om die Gees teen te staan of selfs uit te blus (Ef 4:30; 1 Ts 5:19). Die Heilige Gees is soos 'n “gentleman.” Hy sal nie beheer van jou neem as jy Hom nie
toelaat nie. Mens kan nie gedoop word
met die Heilige Gees as mens nie totaal aan Hom oorgee, en bereid is om al jou
vooropgestelde idees oor hoe jy dink Hy behoort te werk, laat vaar nie. Om gedoop te word met die Gees is inderdaad
om toe te laat dat die Gees beheer oorneem van elke faset van jou liggaam, siel
en gees. Dit is 'n totale oorgawe.
Moenie dat iemand vir jou bid vir doop
met die Gees net omdat jy na 'n ervaring soek, of net omdat jy ander mense wat
dit ervaar, beny nie. Mens het nodig om
'n begeerte te hę om die Here werklik te ken, en 'n bereidheid om jou lewe
totaal aan God toe te wy. As dit jou
begeerte is, sal die doop met die Gees dit bevestig en versterk, en jou
verhouding met God sal verdiep.
1.
Jh 14:26: “Maar die Trooster, die
Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat ek vir julle gesę het.”
2.
Jh 16:13: “Maar wanneer hy gekom het,
die Gees van die waarheid, sal hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles
wat Hy hoor, sal hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
3.
1 Jh 2:20: “En julle het die salwing
van die Heilige (Gees) en weet alles.
4.
1 Jh 2:27: “En die salwing wat julle
van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer
nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande
alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie.”
Een van die eienskappe van 'n persoon
wat gedoop is met die Gees, is 'n ywer om die Woord van God te bestudeer en te
verkondig. Die Gees maak die Woord op 'n
nuwe manier lewendig. Mens se oë gaan
oop vir die geweldige rykdom en krag van die waarheid van die Woord. Die Gees stel mens in staat om op 'n
dinamiese manier die Woord te laat gestalte kry in jou denke en jou dade. Sonder die volle wysheid en insig van die
Heilige Gees kan die Woord van God nie sy volle doel in die lewe van die mens
bereik nie. 2 Kor 3:14-17 praat ook van
die bedekking oor oor die Ou Testament wat slegs in Christus en die werking van
sy Gees (vers 17), vernietig word.
Volgens die Bybel is dit duidelik dat
niemand kan sę: “Jesus is die Here”, behalwe deur die Heilige Gees nie (1 Kor
12:3). Jesus sę ook vir Nikodemus dat die
wedergeboorte plaasvind uit water en Gees (Jh 3:5). Die Gees is al teenwoordig by die oortuiging
van sonde by die mens (Jh 16:8). Alreeds
by wedergeboorte woon God se Gees in al
sy volheid in jou. God gee nie sy
Gees in dele nie (sien ook Jh 7:37-39).
Wat gebeur dan by die doop met die
Heilige Gees? God se Gees kom nie vir
die eerste keer in jou lewe nie, maar vervul
en salf jou van binne. Die
vervulling met die Gees kan beter verstaan word as gekyk word na die onderskeid
tussen liggaam, siel en gees:
Daar is ‘n paar skrifgedeeltes wat
praat van die onderskeid tussen liggaam, siel en gees by die mens, waarvan die
vernaamste Heb 4:12 en 1 Ts 5:23 is. (Sien ook: gees: Rm 8:16; 1 Pt 4:6; Jk 4:5 – 1983 vertaling; siel en gees: Job 7:11; Jes 26:9; 42:1; siel en liggaam: Jes 10:18; 51:23; Miga
6:7; Mt 10:28; liggaam en gees: Dan
7:15; 1 Kor 5:3; 6:20; 7:34; Jk 2:26).


Hoewel dit vanuit ‘n holistiese
benadering ten opsigte van die mens problematies is om die mens te
kompartementaliseer, dink ek dat die onderskeid tussen liggaam, siel en gees
steeds behou kan word. Dit is egter
belangrik om die verskillende fasette van die mens altyd in noue verband met
mekaar te verstaan, sonder om die een in die ander te laat opgaan. In hierdie verband is 1 Ts 5:23 eintlik ‘n
goeie voorbeeld. Paulus praat van ‘n volkome heiliging. Dit sluit al drie elemente van die mens
in. Die mens moet geheel en al onberispelik bewaar word. Hy verstaan die onderskeid in terme van die
geheel van menswees:
1.
gees:
Soos vroeër bespreek, verhelder die onderskeid tussen wil en
natuur die vertaan van geloof by redding.
By die sondaar word die menslike gees beheer deur die sarx
(vlees) – die sondige natuur of bestaanswyse.
By bekering word die sondige natuur weggesny in Christus (Kol 2:11) en
vervang met ‘n nuwe skepping (2 Kor 5:17), gebore uit die Gees van God (Jh
3:5), uit die onverganklike saad van die Woord (1 Pt 1:23). Ons gees / natuur word nuut gemaak en getuig
saam met God se Gees dat ons kinders van God is (Rm 8:16). Die mens se gees bepaal sy destinasie. As dit beheer word deur ‘n sondige bestaanswyse
(vlees), bring dit die (geestelike) dood
mee, en as die vlees afgesterf word en nuutgemaak word deur die Gees, leef dit in die Gees (Rm 7:5; sien ook
Rm 6:4-6). Ons (sondige natuur) leef dan
nie meer nie, maar Christus (in die vorm van sy Gees) leef in ons (Gl
2:20). Volgens 2 Pet 1:4 kry ons deel
aan die goddelike natuur (in
teenstelling met die sondige natuur).
Dit bepaal ons nuwe destinasie.
Die
mens se hart val in die meeste
gevalle ook in hierdie kategorie (bv. Die besnydenis van die hart in die gees: Rm 2:29; die Woord van
God word in die hart gesaai: Mk 4:14;
Julle moet mekaar uit ‘n rein hart
liefhę, want julle is wedergebore uit ‘n onverganklike saad: 1 Pt 1:22)[7].
2.
siel:
Die siel is die setel van die wil, denke en emosies. Dit bepaal die mens se persoonlikheid en
individualiteit. Dit moet vernuwe word op
‘n deurlopende basis (Rm 12:1-2; 2 Kor 4:16; Ef 4:23).
3.
liggaam:
Dit is die tempel van die Heilige Gees (1 Kor 6:19). Daarom moet dit geoefen en gedissiplineer
word om onder die beheer van die Gees te staan.
Aangesien dit “in” en “deel is van” hierdie węreld se bestaan, moet dit
eers verheerlik word by Christus se koms (Flp 3:21).
Die doop met die Heilige Gees is die
gebeure of proses waar die Gees totale beheer neem van jou siel, dit wil sę jou
denke, emosies en wil, asook jou liggaam.
Met die doop met die Heilige Gees word elke moontlike kamer van die mens
se siel aan God oorgegee en onder die beheer van die Heilige Gees gestel. Die saad van die Woord waaruit ons gebore is
(1 Pt 1:23), is in hierdie sin dieselfde as die Gees. Die saad ontkiem tot ‘n plant wat groei deur
die skeiding van gees, siel en liggaam (vgl. Heb 4:12), wat ons van binne
vernuwe en versterk (Ef 3:16), en vrugte dra (sien bv. Kol 1:8-11). Die Satan sal alles in sy vermoë doen om
hierdie Woord by ons te steel (Jh 10:10, sien ook die gelykenis van die saaier:
Mt 13:1-23), want hy weet dat dit lewe voortbring en ons denke vernuwe.
Dit is iets wat nie noodwendig by
wedergeboorte al gebeur nie. Daarom
gebeur dit so maklik dat mense wat pas tot bekering gekom het, weer terugval as
hulle nie in die gemeenskap van die gelowiges opgeneem, en as hulle nie onder
die performatiewe Woord van God gestel word nie.
Uit die volgende tekste kan gesien word
dat die doop met die Heilige Gees nie dieselfde is as die bekering of
wedergeboorte nie:
1.
Die dissipels het reeds die Heilige
Gees gehad voor Pinksterdag (Hd 2:4), want in Jh 20:22 staan daar dat Jesus op
die dissipels geblaas het en gesę het: “ontvang die Heilige Gees.”
2.
Jesus, wat gedoop is met die Heilige
Gees (Mt 3:16; Mk 1:10; Lk 3:22; Jh 1:32-33), het ook die Heilige Gees gehad
daarvoor. Lk 2:40 sę: “En die kindjie
het gegroei en sterk geword in die Gees
en vol van wysheid. En die genade van
God was op Hom.”
Oral in die Handelinge-geskiedenis is
dit duidelik dat die mense wat gelowig geword het of gelowig was (en dus die
Gees van die Here deur wedergeboorte ontvang het: Jh 7:37-39), ook gedoop is met die Heilige Gees:
3.
In Hd 19:1-6 het Paulus by dissipels
gekom wat wel met die bekeringsdoop van Johannes gedoop is, maar nog nie gehoor
dat daar 'n Heilige Gees is nie. Net
daarna is hulle gedoop in die naam van Jesus, en gedoop met die Heilige Gees.
4.
In Ef 5:18 word die gemeente opgeroep
tot die vervulling met die Heilige Gees.
Die mense waarmee Paulus hier praat is gelowiges, nie mense wat nie die Gees nie het nie.
5.
Hd 8:12-15 sę: “Maar toe hulle Filippus
geglo het... is hulle gedoop. En Simon het ook self gelowig geword... En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria
die woord van God aangeneem het, het
hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag
ontvang.” Hierdie mense het reeds tot
geloof gekom, en het die Heilige Gees deur wedergeboorte en die aanneming van
die lewende Woord ontvang. Daarna is ook vir hulle gebid vir die vervulling
met die Heilige Gees.
Baie teoloë probeer om hierdie tydsverloop tussen
gelowigwording en doop met die Heilige Gees weg te verklaar:
·
Sommige meen dat die geloof nie 'n ware
geloof was nie. Hierdie interpretasie is
nie oortuigend nie, want hulle is gedoop
op grond van hulle geloof, en hulle geloof was van so 'n aard dat die mense in
Jerusalem daarvan te hore
gekom het. Verder is dit
problematies om die begrippe pisteuw (glo: vers 12) en decomai (aanneem: vers
14) te sien as terme wat net 'n tydelike of onegte geloof uitdruk.
·
Ander stem nie saam met bogenoemde
standpunt nie, maar verklaar die tydsverloop tussen gelowigwording en doop met
die Heilige Gees heilshistories. Die gebeure moet dan verstaan word as die
op-weg-wees van God met sy volk in die geskiedenis. Die Pinkstergebeure word gesien as ‘n
spesifieke moment in die heilsgeskiedenis wat heilshistories bepaald is. Die gebeure in Samaria word dan gesien as ‘n
soort verlenging van Pinksterdag. Vir
die mense in Samaria is dit dan vir die eerste keer Pinkster. Volgens hierdie teorie maak die verlenging
van Pinksterdag deel uit van die sogenaamde apostoliese tydperk wat eindig +/-
100 n.C. Op hierdie wyse word die geleenthede
van doop met die Heilige Gees ná Pinkster heilshistories verklaar as synde nog
deel van Pinkster (sien Du Toit, BA 1977).
Daarna sou daar 'n tydperk volg waar die Heilige Gees nie meer op so 'n
kragdadige en unieke manier werk nie.
Sommige gaan nog verder en sę dat daar glad nie meer profesie of spreek
in tale vandag bestaan nie (vgl. Chantry 1987:37,51,116-118). Chantry interpreteer 1 Kor 13:10 as dat “die
volmaakte” reeds gekom het, en daarom is die gawes van die Gees nie meer nodig
nie. “Die volmaakte” wys dan op die
kanon van die Nuwe Testament wat ná die sogenaamde apostoliese tydperk sou
kom. Die genoegsaamheid van die Skrif
word baie sterk beklemtoon. Hy sę ons
het nie nog openbaringe van die Gees nodig naas die Skrif nie. Hierdie siening is ‘n radikale vorm van
streepteologie. Die heilshistoriese
interpretasie is myns insiens net ‘n sagter en meer genuanseerde vorm van
streepteologie, want die doop met die Heilige Gees word gesien as ‘n afgeslote
gebeure.
Daar is geen intrinsieke element of
enige verwysing in die Skrif wat 'n afgeslote apostoliese tydperk suggereer
nie. Derhalwe is dit duidelik in Paulus
se briewe dat die Heilige Gees net so kragdadig werk as in die
Handelinge-tydperk (vgl. bv. 1 Kor 12-14).
Die belofte van die Heilige Gees is ook “vir hulle kinders en almal wat
daar ver is” (Hd 2:28-39).
Dit wil voorkom of die heilshistoriese
interpretasie ontstaan het as 'n poging tot verklaring vir die armoede aan die
werk van die Gees in die kerk.
Volgens die Bybel het die mense die doop met die Heilige
Gees hoofsaaklik op drie maniere ontvang:
1.
Waar mense eendragtig saam gebid het.
·
Hd 1:14: “Hulle het almal eendragtig
volhard in gebed en smeking...”
·
Hd 2:1: “En toe die dag van die pinksterfees
aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.”
·
Hd 4:31: “En toe hulle gebid het, is
die plek geskud...”
2.
Waar die Woord van God met 'n besondere salwing verkondig is. In Hd. 10:44 en 11:15 was Petrus nog besig om
te spreek toe die Heilige Gees op almal geval het.
3.
Deur handoplegging.
·
Hd 8:17: “Hulle het hul toe die hande opgelę, en hulle het die
Heilige Gees ontvang.”
·
Hd 9:17: “En Ananias het gegaan en in
die huis gekom en hom die hande opgelę
en gesę: Saul, broeder, die Here het my gestuur... sodat jy met die Heilige
Gees vervul kan word.”
·
Hd 19:6: “En Paulus het hulle die hande opgelę, en die Heilige Gees
het op hulle gekom...”
·
1 Tm 4:14: “Verwaarloos nie die
genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.”
·
2 Tm 1:6: “Om hierdie rede herinner ek
jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.” In die lig van vers 7 het hierdie oplegging
van die hande betrekking op die doop met die Heilige Gees. Want Paulus sę: “want God het ons nie 'n Gees[8] van
vreesagtigheid gegee nie...”
·
Hd 8:19 sę dat Simon die gawe van God
met geld wou koop. Maar presies wat wou
hy met geld koop? Hy wou “die mag sodat
elkeen wat hy die hande oplę die Gees kan ontvang,” koop. Die houding ten opsigte van hierdie mag was verkeerd (vers 21), maar dit
maak nog nie dat dit wat hy wou hę, nie bestaan nie. Hierdie mag kan baie in dieselfde sin
verstaan word as Mk 16:17-18 en Mt 28:18-20.
Trouens, hierdie mag om ander die hande op te lę, is God se gawe aan elkeen wat glo (Hd 8:20).
Die meeste mense het op hierdie manier
die Heilige Gees ontvang.
Die handoplegging is 'n belangrike
manier om vir ander gelowiges te bid, nie net vir die doop met die Heilige Gees
nie, maar ook vir genesing (Mk 5:23; 6:5; 8:23; 16:18; Lk 4:40; 13:13; Hd
28:8), vir seën (Mt 19:15; Mk 10:16), en vir toerusting (Hd 6:6; 13:3).
Heb 6:2 praat van die leer van die handoplegging wat een van
die basiese grondbeginsels is van die
Christelike geloof. Dit is een van die
maniere waarop God sy seën en sy krag aan mense gee.
Om iemand die hande op te lę vir doop
met die Heilige Gees, is nie om op een of ander manier jou gawe of gawes oor te
dra op iemand anders nie. Dit is slegs
om in die gemeenskap van die gelowiges een
te wees en God te vertrou vir sy belofte, want waar twee of meer op die aarde
oor 'n saak saamstem en daarvoor bid, wat hulle ook al van die Vader vra, dit
sal hulle verkry (Mt 18:19).
Handoplegging is egter nie die resep vir doop met die Heilige Gees
nie. Dit sou daarom nie verkeerd wees om
alleen te bid vir die doop met die Heilige Gees nie, maar daar is ‘n tweede
faktor wat bykom as gelowiges saam bid, en dit is eenheid, iets wat baie krag
dra in die geestelike węreld (want die koninkryk van die duisternis is
verdeeld: Lk 11:18).
Ek
wil afsluit deur te vra: “Wat is die wesenlike van die godsdiens?” Ek kry geen beter antwoord as Rm 12:1 nie:
“Gee julleself as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.” Die
wese van die godsdiens is die lewe en liggaam wat in God se diens is, die
bekeerde en Gees-vervulde lewe. Die
beklemtoning van God se genade help niks as dit nie gestalte vind in die mens se lewe nie. Dit is die manifestering van God se genade wat sy genade beklemtoon. Slegs die mens in wie God se genade gestalte
gevind het, kan God werklik eer. Eer aan God is nie mooi woorde oor genade
nie, maar eer aan God is ‘n totale lewe wat in die regte verhouding met God is – ‘n verhouding van geregtigheid, vrede en
blydskap in die Heilige Gees (Rm 14:17).
Hierin
is die kernboodskap van die Goeie Nuus te
vind. God se genade moet by die regte
adres aankom. Daar is die waarheid. Dit bly nie in die lug hang nie. Die waarheid bestaan dus nie in die eerste
plek in ingewikkelde teorieë of goed uitgewerkte teologieë nie, maar is daar
waar die genade van God manifesteer, daar waar die genadegawes en die vrug van die Gees in werking tree,
naamlik in die vernuwende kerk – die kerk wat vrugte dra. Die boom word tog aan sy vrugte geoordeel (Lk
6:44).
Die
waarheid is daar waar die kerk die menslike tradisies kan deurbreek en die
vrymakende krag van die Woord laat gestalte kry in elke faset van
Christenwees. Dan maak die waarheid
waarlik vry.
Analytical
Greek Lexicon, 1794. London: Samuel Bagster & Sons.
Barnes,
A [sa]. Albert
Barnes’ notes on the Bible
Barret,
CK 1968. The
First Epistle to the Corinthians. London: Adam
& Charles Black.
Barth,
K 1969. The
Doctrine of Reconciliation. Vol IV, Church Dogmatics. Edinburgh: T & T
Clark.
Baur,
W 1957. Greek-English
Lexicon of the New Testament and other Early Christian Literature. Zondervan:
The University of Chicago Press.
Beasley-Murray,
GR 1972. Baptism
in the New Testament. Cape Town: Oxford University Press.
Bigg,
C 1978. The
International Critical Commentary. A Critical and Exegetical Commentary on the
Epistles of St. Peter and St. Jude. Edinburgh:
T & T Clark.
Boers,
H 1979. What
is New testament Theology? Philadelphia : Fortress.
Bornkamm,
G 1939. Taufe und neues Leben bei Paulus. Theologische Blätter. Vol XVIII.
Bruce, FF 1990. The Acts of the Apostles. The
Greek Text with Introduction and Commentary. Grand Rapids, Michigan:
Eerdmans.
Burger, CW; Muller, BA;
Smit DJ (ed) 1993. Riglyne vir prediking oor
regverdiging en reg. Kaapstad:
Lux Verbi.
Chantry,
WJ 1987. Signs
of the Apostles. Great Britain : Hazel Watson & Viney Limited.
Cronje,
K et al 1988. Grieks
met Begrip: ’n Inleidende Grammatika, Toegespits op die Griekse Nuwe Testament.
Auckland Park: Werkgroep vir Griekse Onderrig.
Culpepper,
RA 1988. John, in Godwin, Edgemon (ed) 1988.
Dowley,
T (ed) 1990. The
history of Christianity. Oxford England: Lion Publishing.
Du
Toit, AB (ed) 1984. Handleiding
by die Nuwe Testament. Band V. Pretoria: N.G. Kerkboekhandel
Du
Toit, BA 1977. Die
ontvangs van die Heilige Gees in Samaria: ‘n eksegetiese studie van Handelinge
8:14-17. UNISA.
– 1991. The Aspect of faith in the
gospel of John with special reference to the farewell discourses of Jesus in Neotestamentica 25(2) 1991.
Furnish,
VP 1984. 11 Corinthians. New York, London, Toronto: Doubleday.
Godwin,
J, Edgemon, R (ed) 1988. Disciple’s
Study Bible. Nashville: Holman.
Harris,
MJ 1991. Collosians
& Philemon: Exegetical Guide to the Greek New Testament. Grand
Rapids, Michigan: Eerdmans.
Harrison,
EF 1976. The
Expositor’s Bible Commentary. Vol. 10. Grand
Rapids, Michigan: Zondervan
Hislop,
A 1959. The
Two Babylons. Neptune, NJ: Loizeaux Brothers.
Hunt,
JPT 1990. Colossians 2:11-12, the circumcision /
baptism analogy, and infant baptism.
Tyndale Bulletin. Vol. 41.2. November 1990.
Jonker,
WD 1989. Uit
Vrye Guns Alleen: Wegwysers in die Dogmatiek. Pretoria:
NG Kerkboekhandel.
Liddle
& Scott’s Greek-English Lexicon 1924. London:
Clarendon Press.
Louw,
JP, Nida, EA 1988. Greek-English
Lexicon of the New Testament based on Semantic Domains. New York: United
Bible Societies.
Marshall, IH 1980. The Acts of the Apostles.
London: Inter-Varsity Press.
Martin,
RP 1974. Colossians
and Philemon. London: Oliphants.
Meeks,
WA 1983. The
First Urban Christians: The social World of the Apostle Paul. New
Haven, London: Yale University Press.
Mitton,
CL 1976. Ephesians.
London: Oliphants.
Muller,
JAC 1958. Die
Brief aan die Kolossense. Stellenbosch: CSV.
Newman,
BM 1971. A
Concise Greek-English Dictionary of the New Testament. London:
UBS.
O’Brien,
PT 1982. Colossians,
Philemon. Waco, Texas: Word Books, Publisher.
Owen,
J 1985. The
death of death in the death of Christ. Great
Brittain : Banner of Truth Trust.
Pelser,
GMM 1984. Pauliniese Soteriologie, in Du Toit
1984: 256-281.
Peterson,
D 1993. Engaging
with God. A Biblical theology of worship.
Michigan: Eerdmans.
Rendtorff,
FM 1905. Die
Taufe im Urchristentum im Lichte der Neueren Forschungen. Leipzig.
Ridderbos,
H 1966. Paulus.
Ontwerp van zijn theologie. Kampen: Kok, 1966.
Schelkle,
1970. Die
Petrusbriefe der Judasbrief. Freiburg, Basel,
Wien: Herder.
Van
der Watt, J & Joubert, S 1997. Die Boodskap: Die Nuwe Testament in Hedendaagse Afrikaans. Vereeniging:
Christelike Uitgewersmaatskappy.
Van
Rensburg, JPJ 1953. ’n
Eerste Griekse Grammatika. Stellenbosch-Grahamstad: Universiteits-uitgewers
en -boekhandelaars (edms) beperk.
Van’t Spijker, W; Balke, W;
Exalto, K; Van Driel, L (ed) 1983. Rondom de doopvont: Leer
en gebruik van de heilige doop in het Nieuwe Testament en in de geschiedenis
van de westerse kerk. Kampen:
Uitgeverij de Groot Goudriaan.
Versteeg,
JP 1983. De doop volgens het Nieuwe Testament,
in Van’t Spijker et al. 1983: 9-133.
Wessels,
GF 1993. Galasiërs 2:11-14, in Burger, CW;
Muller, BA; Smit, DJ (ed) 1993: 160-170.
Zerwick,
M, Grosvenor, M 1988. A grammatical analysis of the Greek
New Testament. Rome: Biblical Institute Press.
Philip du Toit
Bespreek dit hier.
[1] Vgl. Lk 4:1,14,18-19.
[2] Vgl. Jh 7:37-39: “... As iemand dors het, laat
hom na my toe kom en drink! Hy wat in my
glo soos die Skrif sę: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesę van die Gees wat dié sou
ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie omdat Jesus nog
nie verheerlik was nie.”
[3] Vgl. Hd 2:17-18.
[4] Dit is wel in latere uitgawes
reggestel.
[5] Hoewel die 1933 vertaling Gees hier met 'n
kleinletter vertaal, kan die Griekse pneuma hier ook met 'n hoofletter vertaal word. Vgl. die 1983 vertaling, die Good News Bible
en die Living Bible.
[6] Vgl. die 1983 vertaling.
[7] “Hart” word in die Bybel egter in verskillende
betekenisse gebruik, en het dikwels ook te doen met die wil, en lę dan eerder
op die vlak van die siel (bv. met die hart
glo ons: Rm 10:10; laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem: 2 Kor 9:7).
Die hart dui in die meeste gevalle op die kern van iets, hetsy op die kern van menswees (gees) of op die kern
van die bewusssyn (wil of siel).
[8] Hoewel die 1933 vertaling “Gees” met 'n
kleinletter vertaal is, moet dit verstaan word as vrugte van die Heilige Gees
(Vgl. die 1983 vertaling, Good News, Living).