Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Laat 'n God van liefde mense hel toe gaan? Print E-mail
Friday, 27 June 2008
Dit is seker een van die vrae waarmee meeste nie-gelowiges worstel en een van die realiteite waaraan die meeste mense aanstoot neem. Maar ook binne die Christelike tradisie is baie mense geneig om die liefde van God ten koste van sy oordelende karakter te beklemtoon. Ek het onlangs weer hiervan bewus geraak as gevolg van ‘n bespreking hieroor op die kontroversiële Kletskerk. Kan ons God se ewige oordeel versoen met sy liefde?

Dit is in die natuurlike aard van die mens om God te maak pas binne-in reglynige menslike denk-kategorieë. Die mens se neiging is om alle onbegryplikhede van God se karakter plat te stryk. Dit is ‘n logiese, normale uitvloeisel van natuurlike denke aan die een kant, maar kan vernietigend wees aan die ander kant. Om God te maak pas binne-in ‘n menslike skema, kan vernietigend wees vir jou verhouding met God.

Menslike persepsie oor God se liefde, wil van God ‘n "Krismisvader" maak wat net geskenkies gee vir alle mense, niks teen iemand hou nie, en nooit enige lyding sal toelaat nie. Die natuurlike mens wil graag so ‘n God vir homself maak. Die neiging is daarom ook sterk te bespeur onder baie Christen-tradisies om alle verwysings na God as ‘n heilige God wat die sonde oordeel, as’t ware uit te stryk in hulle teologie, sodat God "meer aanvaarbaar is" vir die wêreld. Dit is in sy kern natuurlik niks anders as ‘n vorm van afgodsdiens nie.

Wat is die konsekwensie van ‘n god wat net liefhet en nie oordeel nie? As mens konsekwent is en ‘n persepsie koester van "‘n "liefdevolle god wat nie oordeel nie," eindig mens met ‘n god wat alles oorsien: "anything goes!" Hierdie godsbeeld aanvaar ten diepste nie verantwoordelikheid vir sonde nie. Maar meer vernietigend as dit, dit aanvaar nie God se heiligheid nie. Dit maak God se liefde dan profaan. As God se liefde beteken dat jy nie skuldig is t.o.v. die sonde nie en dat daar geen straf is vir die sonde nie, beteken dit dat God se liefde nie suiwer en heilig is nie. Dan sou dit beteken God akkomodeer dubbelhartigheid en afgodsdiens! ‘n Vader wat nooit sy kind tugtig nie, en die kind maar net laat begaan om te maak en breek soos hy wil, is nie werklik lief vir sy kind nie. En tog beteken ‘n vader se liefde om later die kind sy eie besluite te laat neem. Dit is vir ‘n pa hartseer as sy kind die verkeerde keuses in die lewe neem, maar dit sal nie liefde wees as die pa die kind vir die res van sy lewe ‘n marionet van die pa maak nie. God gee ook aan ons 1) die veilige ruimte van sy dissipline en 2) die vryheid om ons eie keuses te maak.

Die feit van die saak is dat geen mens onskuldig is voor God nie. Alle mense het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. Alle mense verdien die ewige straf vir die sonde (Rom 3:11; 3:23). God skuld niemand niks nie. Dit is natuurlik nie ‘n boodskap wat die wêreld wil hoor nie. Hulle neem inderdaad aanstoot daarin. En juis dit is een van die vernaamste funksies van die Heilige Gees: dit oortuig die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel (Joh 16:8).

God se liefde kan nie bestaan sonder sy heiligheid nie. En tog is God se liefde so brandend en suiwer, dat God se straf vir die sonde op Jesus neerkom vir diegene wat Hom aanneem as persoonlike Verlosser.  Jes 53:5 "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom." Jes 53:10 "Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees." Juis omdat God heilig is, die sonde haat, en in ‘n heilige verhouding met die mens wil staan waarin geen ander god ‘n plek het nie, het God 1) die volle straf vir die sonde op Christus laat neerkom vir dié wat Hom aanneem, en 2) deur geloof en wedergeboorte die mens in ‘n volkome geheiligde en rein verhouding met Hom gestel, waarin die mens vry is van die wet van die sonde en die dood. Dit is die kern van die evangelie. En dit is werklike liefde – liefde wat verlossing skenk aan ‘n mens wat dit hoegenaamd nie verdien nie, maar dubbel en dwars die ewige hel en verdoemenis verdien. En dit is waaraan die wat nie in Hom glo nie, aanstoot neem.

Mens hoor nie dikwels meer hierdie snykant van die evangelie in prediking nie, want dit val nie so lekker op die oor nie. Dit is nie wat die wêreld wil hoor nie. En tog verstaan mens die waarheid van die vernuwing van denke beter in hierdie lig. Ons moet God toelaat om ons natuurlike denke wat van nature nie die wese van God verstaan nie (omdat dit geestelik is en geestelik beoordeel word), te vernuwe (1 Kor 2:10-16; Rom 12:1-2). Dit is onmoontlik om God se karakter te verstaan vanuit natuurlike, menslike denke. Daarom is die evangelie vir die wêreld dwaasheid: 1 Kor 1:18 "Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;" en 1 Kor 1:23 "maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke."

So, om terug te kom na die oorspronklike vraag: "stuur ‘n God van liefde mense hel toe?" Die antwoord het twee fasette:

1) God wil dat alle mense gered word en het daarom voorsiening gemaak in Christus vir alle mense om gered te word. Maar God het ook aan die mens ‘n vrye keuse gegee. God predestineer en dwing niemand binne-in ‘n verhouding met Hom nie, juis omdat Sy skeppingsdoel met die mens is om met hom in ‘n persoonlike, heilige, wederkerige verhouding te tree (sien
Die Uitverkiesing vir ‘n volledige bespreking hieroor). Ten diepste gaan mense dus hel toe omdat hulle volhardend hulle rug op God keer.

2) Geen mens verdien om gered te word nie. Redding is volkome uit genade en nie verdienste nie. Alle mense verdien ten diepste om hel toe te gaan. Sonde moet gestraf word. Die loon van die sonde is die dood. God se karakter het nie verander in die Nuwe Testament nie. Die verskil is dat God die straf vir die sonde op Christus laat neerkom het vir die wat Sy soenverdienste aanneem. God laat dus mense wat in die sonde bly, hel toe gaan omdat God nie sonde kan oorsien nie en die ewige dood steeds die straf bly vir die sonde.

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

Last Updated ( Tuesday, 03 February 2009 )
 
Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 6 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development