Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Die 'vriende van Israel' verskynsel Print E-mail
Sunday, 08 February 2009

Meeste Christene vadag moes al êrens langs die pad te doen gehad het met ander Christene wat "vriende van Israel" is. Gewoonlik word daar klem gelê op die "Joodse wortels" van die Christelike geloof. Deel hiervan is dat mense glo dat vandag se Jode steeds as "God se volk," "God se mense" of "God se kinders" beskou moet word. Afhangende van die graad van betrokkenheid by die Jode, hou baie Christene loofhuttefeeste of "Shabbatte" met ander Joods-Christelikes of selfs met ortodokse Jode, of sommige Christene onderhou gewoon Joodse gebruike en wette. In meeste gevalle hang dit ook saam met 'n eindtydverwagting dat Christus die Christene gaan wegraap en dat Hy daarna as die Jode se Messias sal optree en regeer vanaf Jerusalem. Dan word geglo sal al die Jode 'n tweede kans kry om Christus as Verlosser aan te neem. Iets wat ook baie sterk deel is hiervan is die beywering vir die terugkeer van die Jode na die fisiese land Israel. Die jaar 1948, toe Israel onafhanklik geword het, word ook as 'n baie belangrike datum verstaan, en gesien as 'n ingryping van bo.

Ek het onlangs weer heelwat hiermee te doen gehad met blootstellings aan video's wat uitgegee word deur "Christian Friends of Israel" (webblad: www.cfi.org.uk). Hulle het onder andere twee video's uitgegee by name "The Destiny of Britain" en "The Forsaken Promise." Hierin word die geskiedenis van Israel geïnterpreteer aan die hand van teoloë en Christene wat veral vanuit Brittanje 'n invloed uitgeoefen het om die Jode regoor die wêreld terug te bring na Israel, en om 'n positiewe sentiment jeens Jode regoor die wêreld te vestig. Dit fokus onder meer op die "Balfour Declaration", die invloed van prominente Sioniste soos Theodor Herzl en dispensasionaliste soos Darby, Scofield, Moody en Blackstone. Die moderne Jode word verstaan as God se mense en hulle glo daar is heelwat onvervulde beloftes in die Ou Testament wat van toepassing is op die moderne Jode en nog in vervulling moet gaan. Daar is vandag 'n aantal prominente Christelike Sioniste onder wie mense soos John Hagee en David Pawson wat relatief bekend is in die populêre media en al meer in bekendheid toeneem. Iemand soos Benny Hinn is ook 'n groot voorstander vir die terugkeer van Jode na Israel. Die voorveronderstellings en die teologie van die "Hebrew roots movement" word ook dikwels hiermee in verband gebring. Die "Hebrew roots movement" probeer 'n sterk saak daarvoor uitmaak dat die wortels van die Christendom in die Joodse kultuur is (wat op sigself natuurlik nie korrek is nie – later bespreek), deur o.a. te wys op die feit dat die skrywers van die Nuwe Testament meestal Jode was. Hulle distansiëer hulleself van Bybelse dualisme, wat hulle verkeerdelik as Griekse dualisme sien (ek kom later terug hierop). Die verskynsel om van Christus as "Jeshua" te praat, die gebruik om van "Judeo-Christenskap" te praat, Sabbatsonderhouding en baie Joodse gebruike is dikwels kenmerkend van diegene wat hulleself met hierdie beweging vereenselwig. Sommige Christene gaan so ver as om "G_d" te skryf in plaas van "God" in ooreenstemming met die Joodse gebruik.

Die invloed van hierdie denke en hierdie teologie begin so sterk raak onder die hoofstroom Christendom dat dit dringend noodsaaklik is dat Christene hulleself hierteenoor moet verantwoord.

Nou ja, die kwessie oor die Jode is so gewigtig dat ek dink dit in die laaste dae seker een van die mees sentrale kwessies gaan word waarteenoor ons as Christene onsself oor moet verantwoord. Trouens, die kerk is op baie plekke reeds baie verdeeld op hierdie punt. Ek self sal nie verbaas wees dat baie besoekers aan hierdie webwerf saam met my is op meeste punte, maar my sal verloor op hierdie punt. In 'n sin is hierdie onderwerp een van die strengste toetse vir konsekwente Skrifuitleg aan die een kant, en die bereidheid om op te staan vir die waarheid aan die ander kant. Veral teen die agtergrond van die onlangse studie wat ek gedoen het oor die
Verborgenheid van Babilon raak dit vir my al meer duidelik dat dit oor meer gaan as 'n blote bysaak van die christelike geloof. Persoonlik was ek ook 'n voorstander van die standpunt dat die Jode vandag steeds as God se volk beskou moet word, bloot omdat ek gehoor het baie Christene sê so, maar ek het na deeglike navorsing en baie ure se worsteling daarmee tot ander insigte gekom – nie dat ek al klaar is daarmee nie. Hoewel ek standpunt inneem daarteen en myselfs by geleentheid sterk daarteenoor uitspreek, besef ek dit is vir baie ‘n sensitiewe saak. Ek wil in elk geval steeds meer leer oor die onderwerp en wil nie voorgee of ek al die antwoorde daarop het nie. Ek is dus oop vir verdere bespreking hieroor, asook kritiek op my kritiek.

Daar is myns insiens 'n paar belangrike vrae wat mens moet vra hieroor, bv.:

1) Wie presies is die Jode? Indien mens die lering aanvaar dat daar vandag steeds fisiese Jode is wat as "God se volk" beskou moet word, wie kwalifiseer? Is almal wat hulleself Jode noem binne hierdie kategorie? Is alle "Israelies" of "Jode" outomaties "God se volk"? Vrae wat hiermee saamhang is: wat is die kriteria? Is dit slegs fisiese kriteria, m.a.w. fisiese afstammelinge? Is sulke genietiese lyne vandag identifiseerbaar? Of is daar geestelike kriteria, m.a.w. is dit Jode wat in die hart besny is? Indien laasgenoemde, hoe regverdig mens sodanige hartsbesnydenis midde in die feit dat hulle in wese anti-Christelik is omdat hulle Christus as Verlosser aktief verwerp, en in die lig daarvan dat Christus die Een is wat in die hart besny (Kol 2:11-13)?

2) Is daar Nuwe Testamentiese gronde vir die bestaan van 'n fisiese Israel wat as "volk van God" beskou moet word?

Ek is van oortuiging dat daar geen Nuwe Testamentiese gronde is waarop daar vandag bestaansreg is vir 'n fisiese Israel wat aanspraak kan maak op volk-van-God-wees nie. Ek sal later hierop terugkom en ook die NT-verwysings bespreek.

 

Die Nuwe Testament het die Ou Testament volledig vervul en vervang

Dit gaan hier oor 'n dieper verstaan van die Bybel. Dit gaan eintlik oor hoe die ganse Nuwe Testament en die ganse Ou Testament verstaan word, en dan verwys ek nie net na die geskrewe Ou- en Nuwe Testamente nie maar die ganse Ou Verbond(e) en die Nuwe Verbond. Sien ons die Nuwe Testament as 'n byvoegsel by die Ou Testament, of sien ons die Nuwe Testament as 'n radikaal nuwe verbond wat die Ou Verbond vervul en vervang het? Dit het baie sterk ook te doen met ons verstaan van die Ou Testamentiese wet en die vervulling daarvan. My artikels oor die
wet, die Sabbat en tiendes verwys (klik daarop). Ek noem 'n paar punte daaruit kortliks:

1. Die Nuwe Verbond is die "vervulling" van die Ou Verbond. Die woord vir "vervulling" wat in Mt 5:17 en Lk 24:44 gebuik word, is "plêro-ô." Volgens Strongs beteken dit: "to make replete, that is, (literally) to cram (a net), level up (a hollow), or (figuratively) to furnish (or imbue, diffuse, influence), satisfy, execute (an office), finish (a period or task), verify (or coincide with a prediction), etc.: - accomplish, X after, (be) complete, end, expire, fill (up), fulfil, (be, make) full (come), fully preach, perfect, supply." Dit word veral gebruik in die konteks van die vervulling van 'n profesie (Mt 1:22; 2:15,17; 2:23; 4:14 ens.). Dit beteken die profesie kom tot 'n voltooiing of beëindiging.

2. In die evangelies verwys die "wet" (nomos) na die ganse Pentateug (eerste 5 boeke van die Bybel – die boeke van Moses). Jesus het dit in Homself vervul. Ons is dus nie meer onder die wet nie (bv. Rom 6:14), want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het ons vrygemaak van die wet van die sonde en die dood (Rom 8:2), ens.

3. Jesus was dus meer as net die vervulling van die wet, maar ook die vervulling en vervanging van die Ou Verbond. Heb 8:13 sê: "As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning." Heb 9:15 "En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang." Heb 12:24 "en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel." (sien ook Mt 26:28; Mk 14:24; Lk 22:20; 1 Kor 11:25; 2 Kor 3:6).

4. Ten diepste gaan dit oor die dimensie van vlees en gees (Rom 8). "Vlees" staan vir meer as net ons ou sondige natuur, maar dit staan vir 'n ganse bestaanswyse. Dit vind uiting in die dimensie van wet en Ou Verbond. "Gees" staan staan binne die kader van die Nuwe Verbond en 'n nuwe bestaanswyse waarin ons kern-mens (gees) nuut geskep is en ons gelei word deur die Gees. Ons het die "vlees" afgesterf in Christus (bv. Rom 6:1-4) en geen vleeslike kriteria geld meer vir ons kindskap nie. Ons word nie fisies in God se koningkryk gebore nie, maar geestelik, deur wedergeboorte (Joh 3:5). Daar is geen ruimte vir kind-van-God-wees hierbuite nie. Jesus het dit daarom vir Nikodemus gesê wat self ook 'n Jood was.

5. Abraham se saad is Christus! (Gal 3:16). Christus is die vervulling en voleindiging van alles waarvoor die Ou Testament en Ou Verbond gestaan het. Ons is daarom kinders van Abraham deur die geloof (Gal 3:7). Mens kan nie "kind van God" of "volk van God" wees in die Nuwe Testamentiese tyd buite om Christus nie.

(sien artikel oor die wet vir uitgebreide bespreking).

Die lering om vandag se Jode steeds as "God se volk" of "God se mense" te beskou, moet veral geverifiëer word aan die hand van wat die Nuwe Testament hieroor leer. Ek bespreek spesifiek Op 7:4-8; Rom 9-11 en Gal 3 in die dokument oor die
Verborgenheid van Babilon (klik daarop). Ek bespreek dit veral onder die hofies:

Die verwerping van Israel
Kabbala as deel van Judaïsme
Sionisme
Is daar bestaansreg vir ‘n Fisiese Israel as volk van God vandag?

Hierdie dokument (
Verborgenheid van Babilon) is essensiëel om my verdere kommentaar te verstaan.

 

Die Nuwe Testament is die sleutel tot die verstaan van die Ou Testament

Een van die ander belangrike aspekte hieroor is hoedanig mens die profesieë in die Ou Testament moet verstaan. Ons kan nie die Ou Testament lees sonder die verligting van die Heilige Gees nie, want dan bly daar nog 'n bedekking daaroor (sien 2 Kor 3). Die enigste geldige perspektief en sleutel waarmee ons die Ou Testament dus kan interpreteer is vanuit die Nuwe Testament waarin ons deur God se Gees gelei word. Dit is daarom geen wonder dat die Jode in Jesus se tyd 'n aardse koning en messias verwag het nie. Jesus het egter gesê sy koninkryk is nie van hierdie wêreld nie (Joh 18:36).

Die vraag is nou, profeteer die Ou Testament dan nie dat Israel 'n aardse koning moet verwag nie?

Die kort antwoord is tweeledig:

1. Daar is nêrens pertinente aanduidings dat die Messias / Koning as politieke of teokratiese heerser in hierdie aardse bedeling gaan regeer voor die hiernamaals nie. Myns insiens dui sulke profesieë op die regering van die Messias in die nuwe hemel en die nuwe aarde.

2. Baie van die profesieë dui op Christus se eerste koms en word nie polities vervul nie, maar geestelik vervul. God het sy beloftes tot geestelike verlossing waargemaak aan die Jode in Christus, deurdat Christus na sy eiendom gekom het (Joh 1:11), hoewel meeste Jode Hom nie wou aanvaar nie. (Hoekom nie?, want hulle het verkeerdelik 'n aardse koninkryk verwag).

Ter verduideliking hiervan die volgende:

Openbaring gee 'n paar belangrike sleutels met betrekking tot die verstaan van baie Ou Testamentiese gedeeltes. Een so voorbeeld is Op 21. Wanneer dit praat van die nuwe hemel en die nuwe aarde met die nuwe Jerusalem wat soos 'n bruid vir haar man versier is, vertel Johannes hoe hy 'n stem uit die hemel hoor sê het: " Kyk, die (i) tabernakel van God is by die mense, (ii) en Hy sal by hulle woon, en (iii) hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God." Dit bring skielik 'n hele aantal Ou Testamentiese gedeeltes in perspektief.

Lev 26 vertel van hoe God met sy mense praat oor sy godheid, dat Hy die Here (Jahwe) hulle God is (vers 1) en dat hulle sy insettinge en gebooie moet hou (vers 3). God belowe Hy sal homself na sy mense wend en hulle vrugbaar maak en hulle vermenigvuldig en sy verbond met hulle bevestig (vers 9). Lev 26:11-12 "En Ek sal (i) my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. (12) (ii) En Ek sal in jul midde wandel en (iii) vir julle ‘n God wees, en júlle sal vir My ‘n volk wees." Dit is presies hierdie belofte wat in Op 21:3 vervat is. Die belofte wat God dus met sy mense maak word volgens Op 21:3 eskatologies vervul (beduidend op die hiernamaals / eindtyd).

Hierdie beloftes loop soos 'n goue draad reg deur die Ou Testament. Trouens, Lev 26:11-12 staan reeds in kontinuïteit met die belofte van God in Gen 17:7-8.

Hier is 'n paar ander Skrifgedeeltes wat op dieselfde eskatologiese belofte dui:

Jer 24:7 "En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; (iii) en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart."

Jer 30:22 "(iii) En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees."

Jer 31:1 "In dié tyd, spreek die HERE, (iii) sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees."

Jer 31:33 "Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; (iii) en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees."

Jer 32:38 "(iii) En hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees."

2 Kor 6:16 "Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: (ii) Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en (iii) Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees."

Heb 8:10 "Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; (iii) en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees."

Sag 8:3 "So sê die HERE: Ek keer terug na Sion (ii) en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg."

Sag 8:8 "en hulle aanbring; (ii) en hulle sal midde-in Jerusalem woon. (iii) Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ék sal vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid."

Sag 11:20 "sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; (iii) en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees."

Eseg 37:23 "En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. (iii) So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees.

Eseg 37:26-28 En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal (ii) my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. (27) (i) En my tabernakel sal oor hulle wees, (iii) en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. (28) En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my (ii) heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.

 

Indien die Esegiël-gedeeltes as eskatologies verstaan word, bied dit ook 'n belangrike sleutel met betrekking tot die verstaan van die voorafgaande gedeelte in Eseg 37, wat handel oor Esegiël wat deur die Gees van die Here in 'n laagte neergesit is en die dor bene gesien het.  God het vir hom gesê om te profeteer oor die bene dat hulle kan lewendig word.  Die bene het toe na mekaar beweeg en vlees, senings en vel gekry, maar nog nie gees nie.  Esegiël moes toe profeteer dat hulle ook gees ontvang en lewendig word (vers 9-10).  Die direkte betekenis van die visioen is mense wat uit die dood uit opgewek word (vers 9 sê: "blaas op hierdie dooies").  Hulle word dan 'n groot leër (vers 10).  Dit lyk dus of hulle in 'n oorlogsituasie opgewek word (vgl. die "leër" van die heiliges in Op 19:19).  God sê dan aan Esegiël: "hierdie bene is die hele huis van Israel" (vers 11).  Vers 14 praat van God wat sy Gees in hulle sal gee dat hulle lewendig kan word en hulle in hulle land sal vestig.  Later in vers 19 word gepraat van hoe God Josef, Efraim Juda en die stamme van Israel (vgl. Op 7:4-8) as stukke hout sal saamvoeg tot een hout.  Dit lyk dus of hier verwys word na die Ou Testamentiese Israel.  Die Here sal Israel haal "tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het" (vers 21).  Dit verwys gewoon na die feit dat hulle doodsbeendere verprei sal lê oor die aarde.  Hy sal hulle een volk maak en een Koning sal vir hulle almal koning wees.  En dan hierdie woorde: vers 23 "En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees."  Daar gaan geen moontlikheid meer vir hulle wees om te sondig nie.  Dit kan slegs dui op die toestand in die nuwe hemel en die nuwe aarde.  En dan: vers 25 "En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig."  Is hierdie profesie ooit al vervul?  Woon die Ou Testamentiese Israel al in "hulle land" tot in ewigheid?  En dan natuurlik die duidelik eskatologiese verse 26-28 soos hierbo aangehaal.  Die dor bene wat lewendig word dui dus baie duidelik op die eskatologiese einde waar God die Ou Testamentiese Israel uit hulle grafte sal laat opkom (Eseg 37:12; sien Jh 5:28; 1 Kor 15:42,51-52), en hulle sal laat woon op die nuwe aarde in die nuwe Jerusalem (Op 21:1-2), en hulle sal heilig as sy heiligdom en vir ewig in hulle midde sal wees; en hulle sal sy volk wees en God self sal by hulle wees as hulle God (Eseg 37:26-28; Op 21:3).  Die Hebreeuse woord wat in Eseg 37 met "land" vertaal word (as gepraat word van God wat hulle in hulle "land" sal vestig: vers 14,21,25) is die woord "adâmâh" wat beteken (volgens Strongs): "soil (from its general redness): - country, earth, ground, husband [-man] (-ry), land."  Die LXX vertaal dit met "" wat beteken (volgens Strongs): "soil; by extension a region, or the solid part or the whole of the terrene globe (including the occupants in each application): - country, earth (-ly), ground, land, world."  Dit is presies dieselfde Griekse woord ("gê") wat in Op 21:1 gebruik word as gepraat word van die nuwe hemel en die nuwe "aarde.”  Dit sluit natuurlik aan by Heb 11:16; 13:14 wat daarop dui dat die aartsvaders geen belang meer het by ‘n aardse land of Jerusalem nie, maar verlang na die hemelse Jerusalem en die nuwe aarde / land in die hemel.


Wat egter belangrik is, is dat die Nuwe Testamentiese Israel van God (Gal 6:16) – al die gelowiges – ook sal deel in hierdie selfde nuwe hemel en aarde (Op 21:3 – let op hoe dieselfde elemente van Op 21:3 voorkom in Eseg 37:26-28).  Presiese dieselfde beloftes geld ook vir die Nuwe Testamentiese Israel (al die gelowiges) – al die gelowiges is nou erfgename van die beloftes aan Abraham (Rom 4:14; Gal 3:29).  Dit beteken ook dat met die koms van die evangelie en die Nuwe Testament daar geen sprake is van uitstaande beloftes is aan Ou Testamentiese Israel (of die huidige Jode) wat op ‘n aardse manier vervul gaan word nie.  Alle uitstaande beloftes in die hele bybel (Ou of Nuwe Testament) is in die Nuwe Testamentiese tydperk 1) slegs toeganklik vir gelowiges in Christus (sien 2 Kor 1:20!), en 2) alle uistaande beloftes in die Ou of Nuwe Testament wat betrekking het op Christus se Koningskap of heerskappy, ‘n terugkeer na die (nuwe) land / aarde en die vestiging van God se tabernakel vir God se volk (soos in Eseg 37) word in die hiernamaals in die hemel vervul.

 

Onderliggende ideologie van "Joods-Christelike" teologie

Tot 'n mindere of meerdere mate lê Sionisme aan die wortel van "Joods-Christelike" teologie. Hoewel nie almal wat hulleself as "vriende van Israel" beskryf noodwendig hulleself eksplisiet met Sionistiese ideale vereenselwig nie, lê die teologie van Sionisme myns insiens aan die wortel van "Joods-Christelike" teologie. Mense soos John Haggee en David Pawson sou beskryf kon word as Christelike Sioniste, iets wat na my mening 'n contradictio in terminus is. Sionisme moet verstaan word teen die agtergrond van die wortels daarvan, naamlik dat dit te doen het met ‘n natuurlike interpretasie van die Ou Verbond, waarin dit te doen het met die politieke beheer van Israel oor die res van die nasies. Dit is nie so seer gebou op ‘n geestelike verstaan van Israel nie, maar eerder ‘n etniese verstaan van wie Israel is. Alle fisiese Jode word beskou as deel van Israel en die beloftes van God aan Israel word op ‘n aardse, politiese manier van toepasssing gemaak op die moderne Jode. Die geestelike en eskatologiese dimensies van die Ou Testamentiese profesieë oor Israel word nie verreken nie, en die volle implikasie van die Nuwe Testament word nie in ag geneem nie. Die Ou Testament word as’t ware met ‘n bedekking oor verstaan, sonder die verligting van die Heilige Gees (2 Kor 3), en geïnterpreteer in die dimensie van vlees (Ou Verbond), en nie vanuit die Nuwe Testament (die dimensie van Gees/gees) nie. Dit kan ook in verband gebring word met die okkultiese, kabbalistiese Joodse tradisie, waarin hoofstroom Judaïsme en veral Talmudiese Judaïsme volledig in opgegaan het, wat fokus op die verering van die skepsel, in plaas van die Skepper wat geprys moet word, en God se openbaring op ‘n ekletiese manier interpreteer na gelang van die kabbalistiese interpretasies van Joodse ingelyfdes. Sien die dokument: Verborgenheid van Babilon (klik daarop) vir ‘n redelik volledige bespreking daaroor.

Dit is daarom nie ‘n verrassing dat ‘n reeks okkultiese Joods-kabbalistiese simbole in die video The Destiny of Britain opgemerk kan word nie. Kyk bv. na die simbole in die kerkie wat opgerig is deur Biskop Alexander, voormalige Rabbi. Daarin verskyn nie IHS teken (Isis-Horus-Set), die bekende heksagram van die Joodse kabbala, die Son-simbool, die kabbalistiese "boom van die lewe", die "unicorn" ens.

 

Dispensasionalisme en Christelike Sionisme

Ek bespreek dispensasionalisme meer volledig in my dokument "
Dispensasionalisme" (klik daarop). Hierdie dokument vorm ook deel van die basis waarop hierdie artikel voortbou (daarin behandel ek al die relevante Skrifgedeeltes in dié verband asook tekste wat daarop dui dat die Nuwe Testament inderdaad die Ou Testament vervang het).

Die kern van dispensasionalisme kan soos volg saamgevat word:

1. Die heilsgeskiedenis word verstaan in terme van onderskeie bedelings of dispensasies soos wat Darby dit uiteensit. Dit moet onderskei word die indeling in 7 eeue soos bv. deur Augistinus van Hippo, en van die ander kerkvaders. Hulle het dit eerder verstaan as momente in die heilsgeskiedenis eerder as afgelsote "dispensasies" wat sekere bybelse verbonde sou beklemtoon.
2. Israel word in 'n aparte, afgeslote, parallele tradisielyn van die kerk verstaan.
3. Die eskatologie word verstaan as a) premellenialsties, b) "geheime" wegraping voor die verdrukking, c) twee toekomstige wederkomste van Christus en d) 'n millenium van aardse regering deur die Jode.

Hierdie drie aspekte met hulle onderafdelings vorm saam die lering van dispensasionalisme. Dispensasionaliste maak dikwels daarop aanspraak dat van die kerkvaders dispensasionalistiese teologie verkondig het, maar dit was nie voor die tyd van Darby, dat dispensasionalisme bekend geword het met die 3 punte soos hierbo genoem nie. Dit is dus in wese 'n moderne verskynsel.

Selfs CC Ryrie, self 'n dispensasionalis, sê bv: "informed dispensationalists do not assert that the system was taught in postapostolic times.... They recognize that, as a system, dispensationalism was largely formulated by Darby" (1995. Dispensationalism. Chicago: Moody. bl. 62).

Hoewel dispensasionaliste bepaalde aspekte van dispensasionalisme vroeër as die tyd van Darby wil uitwys (m.b.t dinge soos verwysings na die mellenium en tydperke of eeue deur Augustinus), is daar na my mening nie genoeg gronde om te praat van "dispensasionalisme" by die kerkvaders nie. Iets soos "twee wederkomste van Christus" en "’n geheime wegraping voor die verdrukking" of ‘n era van aardse regering deur die Jode nie is nie iets wat na my wete teruggevind kan word by die kerkvaders nie. Die groot hervormers soos Luther en Calvyn was self nie dispensasionaliste nie en sou vandag as "vervangingsteoloë" beskryf word.

Die teologie van klassieke dispensasionalisme, wat veral beskryf is deur Darby, is uiteraard ‘n lering wat sterk in twyfel getrek kan word volgens die Skrif. Darby het ook geglo in die "secret rapture" en "left behind" lerings. Alle dispensasionaliste beskou hulleself egter nie Sioniste nie, en nie alle Christelike Sioniste beskou hulleself as dispensasionaliste nie (bv. David Pawson), maar daar is myns insiens heelwat gemene delers onder dispensasionalisme en Christelike Sionisme.

Volgens
hierdie bron, leer Christelike Sioniste die volgende:


"
(1) The Covenant. God's covenant with Israel is eternal and unconditional. Therefore the promises of land given to Abraham will never be overturned. This means that the church has not replaced Israel and that Israel's privileges have never been revoked despite unfaithfulness.

(2) The Church. God's plan has always been for the redemption of Israel. Yet when Israel failed to follow Jesus, the church was born as an afterthought or "parenthesis." Thus at the rapture the church will be removed and Israel will once again become God's primary agent in the world. We now live in 'the times of the Gentiles' which will conclude soon. This means that there are two covenants now at work, that given through Moses and the covenant of Christ. But the new covenant in no way makes the older covenant obsolete.

(3) Blessing Modern Israel. We must take Gen. 12:3 literally and apply it to modern Israel: "I will bless those who bless you and curse those who curse you." Therefore Christians have a spiritual obligation to bless Israel and "pray for the peace of Jerusalem." To fail to bless Israel, to fail to support Israel's political survival today, will incur divine judgment.

(4) Prophesy. The prophetic books of the Bible are describing events of today and do not principally refer to events in Biblical times. Therefore when we look at, say, Daniel 7, if we possess the right interpretative skills, we can see how modern history is unfolding. This quest for prophesy has spawned countless books interpreting Middle East history through the Bible.

(5) Modern Israel and Eschatology. The modern state of Israel is a catalyst for the prophetic countdown. If these are the last days, then we should expect an unraveling of civilization, the rise of evil, the loss of international peace and equilibrium, a coming antichrist, and tests of faithfulness to Israel. Above all, political alignments today will determine our position on the fateful day of Armageddon. Since the crisis of 9/11, the wars in Afghanistan and Iraq, it has been easy to persuade the public that history is unraveling precisely as dispensationalism predicted.

"

Die verband tussen dispensasionalisme en Sionisme kan ook afgelei word vanuit die betrokkenheid van prominente dispensasionaliste (bv. Darby en ander Britse Christelike leiers) by Sionistiese verenigings en die beywering vir die terugkeer van die Jode na die fisiese land Israel.

Die ander interessante feit is hoe merkwaardig die Sionistiese teologie in die hand speel van Joodse kabbalisme en Sionistiese agenda van wêreld-oorheersing. In wese is Sionisme anti-christelik, want dit ontken dat Christus die Messias is en dat sy koninkryk nie van die wêreld is nie (Joh 18:36), en verwag ‘n politieke, aardse heerser. Anti-semitisme (wat eintlik ‘n misnoemer is) het daarom die grootste sonde denkbaar geword in die populêre media, en mense wat die teologiese wortels van Sionisme kritiseer, word maklik gebrandmerk as anti-semities, nie omdat hulle enige haat het teenoor Jode nie, maar bloot omdat hulle die vleeslike wortels van die teologie van Sionisme blootlê – baie op dieselfde manier as wat diegene wat glo dat homoseksualiteit nie Bybels regverdigbaar is nie, as "homofobe" gebrandmerk word.

Dit is daarom nie vreemd dat al die groot media-reuse en banke staan onder Joods-kabbalistiese beheer nie. Die invloed van die Joodse elite op die regering van die VSA en die VK is daarom ook nie ‘n verrassing nie (ek bespreek dit in die dokument:
Verborgenheid van Babilon). Ek dink dat Christelike Sionisme, dispensasionalime, die "vriende van Israel" beweging," die "Hebrew Roots movement" of kombinasies of permutasies daarvan een van die grootste dwalings is wat die kerk binnetree in die laaste dae. Moontlik is dit die "stong delusion" waarvan 2 Tess 2:11 praat (?), want dit tas die Nuwe Verbond, waarin God se mense slegs diegene is wat in Christus glo, in sy hart aan. Dit omhels weer die Ou Verbond en die wet en dikwels Joodse tradisies. Al hierdie dinge was slegs ‘n skaduwee, en het gedui op Christus wat die totale wet (beduidend op die ganse Pentateug en Ou Verbond) in homself vervul en beëindig het (sien veral Kol 2:16-23). Maar op 'n meer ontstellende vlak kan die ontstaans-wortels van hierdie teologie in verband gebring word met die Joods-kabbalistiese denksisteem van die Joodse elite (soos uitgewys in die dokument: Verborgenheid van Babilon).

 

Die bevraagtekening van sogenaamde "Griekse denke"

Iets wat dikwels voorkom by hierdie denkskool is die veroordeling van sogenaamde "Griekse denke." Iemand soos David Pawson
begin sy lesing oor "
Degreecing te church" deur die Griekse kultuur af te speel teen die Hebreeuse kultuur, wat hy beskou as die outentieke denksisteem vir die Bybel.

Hierdie is egter 'n misleidende teenstelling, want die waarheid van Christenskap lê nie in die Hebreeuse denkwyse of die Griekse denkwyse nie.  Trouens, dit is glad nie verbonde aan enige kultuur nie.  Die waarheid van God en die bybel transendeer enige taal of simboliese of kulturele universum.  Die denksisteme van die natuurlike mens van watter kultuur ook al bly gebroke en bly verbonde aan die natuurlike rede.  Dit is slegs die Gees van God self wat ons die waarheid aangaande die wese van die mens en van God kan openbaar (1 Kor 2:10-16).

Dualisme tussen die geestelike (of metafisiese) en die natuurlike (insluitend die menslike kategorieë van liggaam, siel en gees) is nie in die eerste plek Grieks nie, maar in die eerste plek Bybels (ek dink bv. ook aan gedeeltes in die OT waar hierdie onderskeid gehandhaaf word: bv. Job 7:11; Jes 26:9; 42:1; Jes 10:18; 51:23; Miga 6:7; Dan 7:15).  Dualisme is absoluut essensiëel tot die verstaan van God en die mens.  Die vermenging van die geestelike en die natuurlike kom neer op monisme wat op sy beurt die voordeur is vir panteïsme en panenteïsme.  Dit is dieselfde tipe denksisteem wat teenwoordig is in oosterse godsdienste soos Boedhhisme, ens.

Vir 'n meer volledige bespreking hieroor, sien my artikel: "
Maintaining 'n Biblical worldview" veral waar ek die panenteïstiese, liberale teologie van Walter Wink bespreek, wat vanuit 'n soortgelyke vertrekpunt as Pawson werk.
Maar nog meer beduidend is die feit dat monisme in die vorm van panteïstiese idees juis die denksisteem is van Joodse kabbala, soos wat ek aangetoon het vanuit die dokument:
Verborgenheid van Babilon.

Die aanname dat die dualisme tussen die geestelike en die natuurlike nie Bybels is nie maar Grieks, is 'n valse teenstelling, en mislei doelbewus om te skerpte van die Woord op hierdie punt te ondermyn.  Die skeiding tussen die geestelike en die fisiese kom waarskynlik die duidelikste voor in Heb 4, en is essensiëel om die aard van menswees, die wese van God, die aard van ons verhouding met God, en die aard van heiligheid en afgesonderdheid van die wêreld en die vlees te verstaan.

Heb 4:12 "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."

Buiten dit, ondermyn 'n vermenging van die geestelike en fisiese ook die skerp onderskeid wat die Bybel tref tussen vlees en gees. Sien bv.:

Rom 8:13 "want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees/gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe."

Gal 5:17 "want die vlees begeer teen die Gees/gees, en die Gees/gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie."

Pawson is egter geneig om die waarde van Paulus (wat ironies genoeg self 'n Jood was) te onderspeel in verhouding met die evangelies.

Pawson staan nie net 'n vermenging van die geestelike (metafisiese) en fisiese voor nie, maar ook 'n vermenging van sakraal en profaan, natuurlik en bonatuurlik, en by implikasie ook tussen immanent en transendent. Hierin lê die kiem van Luciferiese denke: die mens het beide die lig en die duisternis in homself (wat essensiëel deel vorm van dieselfde realiteit): die yin en die yang. As die geestelike en by implikasie "god" deel is van dieselfde totale realiteit (fisies en geestelik), is die mens ook self god (sien die
Verborgenheid van Babilon vir 'n breedvoerige bespreking hieroor). Pawson sê in soveel woorde bv. dat die onderskeid tussen Skepper en skepsel ook "Grieks" is en dat hy daarteen is, hoewel hy nie die volle implikasie daarvan deurvoer nie.

Veroordeel ek hierdeur Christene wat "Joods-Christelik" dink, of is ek anti-semities?

Verseker nie. Wanneer ek op die gevare van "Joods-Christelike" teologie wys, wil ek beslis nie mense veroordeel wat so dink of deur hierdie denke beïnvloed is nie. Dikwels erf Christene onbewustelik van hierdie voorveronderstellings deur die populêre media, of het dit dalk êrens by 'n preek of 'n praatjie gehoor sonder hom hom- of haarself op grond van die Skrif daarteenoor te verantwoord. Wanneer ek bv. op Sionistiese of okkultiese Joods-kabbalistiese wortels van hierdie denke wys, sê ek nie daarmee dat Christene wat só dink aktief besig is met Sionisme of met okkulte nie, maar dat die ontstaans-wortels van daardie teologie daarmee verbind kan word. Maar dat ek wel die erns en die gevaar van hierdie tipe denke wil uitlig, is gewis.

Is ek anti-semities? Beslis nie, ongeag dat 'n Arabier streng gesproke ook 'n semiet is, en dat Jode hierdie term eksklusief vir hulle gekaap het, staan ek verseker nie haat teenoor Jode of enige ander mens voor nie. My skrywe is beslis nie gerig teen enige etniese groep of enige mens nie, want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Ef 6:12). Dit gaan oor die blootlegging van die teologie en ideologie ter tafel en nie oor die mense of die motiewe van mense wat hierdie ideologie huldig nie.

 

Bespreking van spesifieke teksgedeeltes

Ek bespreek vervolgens 'n paar van die Skrifgedeeltes wat dikwels gebruik word deur diegene wat die Joodse volk steeds as God se volk verstaan in 'n parallele lyn met Chrisendom, en glo daar is nog onvervulde beloftes vir die Jode vandag (bv. 'n fisiese land):

Gen 12:2-3 bespreek ek onder die hofie van Sionisme in die dokument:
Verborgenheid van Babilon (klik daarop).

Gen 12:7, wat sê dat God aan Abraham se nageslag die land gee, is reeds vervul deurdat die volk o.l.v. Josua in die beloofde land ingetrek het.

Ps 105:8-10 "Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte— (9) die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; (10) wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond,"

Dit is reeds in Christus vervul. Vgl. Gal 3:

Gal 3:7-9 "Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. (8) En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. (9) Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham." en:

Gal 3:16 "Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus."

Joël 3:1-2. Hier is meer as een moontlike interpretasie:

1. Die "dal van Josafat" verwys moontlik na 2 Kron 20:20-26 waar Jehosafat teen die Ammoniete en Moabiete geveg het en hulle verslaan het.

2. Dit moet simbolies verstaan word, aangesien daar nie so ‘n geografiese plek geïdentifiseer kan word nie, en beteken dan bloot "die oordeel van Jahwe."

3. Dit moet eskatologies verstaan word.

No 2 en 3 lyk na die meer waarskynlike interpretasie en moet dan verstaan word as God se laaste oordeel. Vgl. Joël 3:15 "Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in."

Na wie verwys "Israel" en "my volk" hier? Verwys dit bloot na fisiese Israel? Klaarblyklik nie, want "Israel" is dié wat hulle God ken, wat in die hart besny is en in Hom glo.

Jes 60:10-12,20. In die konteks moet dit eskatologies verstaan word; dit dui nie op ’n aardse toestand voor Christus se tweede koms nie. Sien bv:

Jes 60:19 "Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees." Dit kan nie op ‘n aardse toestand dui nie.

Jer 18:6-8. Wie is die "huis van Israel"? Bloot fisiese afstammelinge van Abraham?

2 Kron 7:14. Wie is "my volk"? Bloot fisiese afstammelinge van Abraham?

Hos 8:11 is reeds vervul. Die Israeliete het die fisiese land in besit geneem.

Gen 17:8. Die "ewige [olam] besitting" dui nie noodwendig op 'n letterlike ewige toestand nie. Clarke in sy kommentaar hieroor sê bv:

"Everlasting possession - Here
עולם olam appears to be used in its accommodated meaning, and signifies the completion of the Divine counsel in reference to a particular period or dispensation. And it is literally true that the Israelites possessed the land of Canaan till the Mosaic dispensation was terminated in the complete introduction of that of the Gospel. But as the spiritual and temporal covenants are both blended together, and the former was pointed out and typified by the latter, hence the word even here may be taken in its own proper meaning, that of ever-during, or eternal; because the spiritual blessings pointed out by the temporal covenant shall have no end. And hence it is immediately added, I will be their God, not for a time, certainly, but for ever and ever."

Buiten dit, word (soos hierbo uitgewys) die belofte aan Abraham, wat weer in Lev 26 bevestig en uitgebrei is, uiteindelik eskatologies vervul, waarin die "land" uiteindelik op die "nuwe aarde" dui (reeds bespreek).

Rom 11:29. Ek het in wese reeds hierdie teks bespreek in die dokument oor die
Verborgenheid van Babilon (sien veral Rom 11:26 se bespreking daarin: "Die Verlosser sal uit Sion kom" – verwys na God se vergifnis van Israel van ouds, en nie ‘n nuwe kans op bekering nie). God het reeds sy barmhartigheid en onberoulike roeping aan Israel bewys deurdat Christus as hulle (en ook die heidene se) Verlosser na die wêreld gekom het. Die feit dat God lief is vir die Jode ter wille van die Vaders (Rom 11:28), beteken nie dat alle fisiese Jode outomaties gered is nie, maar juis dat Christus ook vir hulle gesterf het. Daar is nou nie meer Jood of Griek nie... Hy is 'n Jood wat in die hart besny is... (Rom 2:28-29). God het juis sy beloftes i.t.v. geestelike verlossing aan die Jode reeds in Christus vervul.

Die res van Rom 11. Dit verwys nie na 'n periode in die toekoms wanneer Jode weer tot geloof sal kom nie. Dit verwys na:

1. die oorblyfsel (Rom 11:5) tydens die Nuwe Testamentiese tyd wat Christus aangeneem het.

2. Jode sal weer in die tak ingeënt word as hulle nie in die ongeloof (in Christus) bly nie (Rom 11:23).  Sien ook Rom 9:7-8 "Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. (8) Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag." Rom 4 verklaar die term "kinders van die belofte": Rom 4:16-17 "Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal (17) soos geskrywe is: Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan."

3. Christus sal by sy tweede koms ook verskyn aan die Israel van die Ou Testament en as hulle Verlosser verskyn.

4. Die manier hoe God mense aanneem as sy volk in die Nuwe Testamentiese tyd, is uitsluitlik in en deur Christus.

Hand 15:16. Die vervalle "hut" van Dawid is eintlik "tabernakel" – Grieks "skêne" – dieslelfde as in Op 21:3 (hierbo bespreek). Dit word eskatologies vervul.

Israel van die Ou Testament het verwys na God se volk. Israel in die Nuwe Testament verwys ook na God se volk. Die manier hoe mens gereken word as God se volk in die OT het 2 komponente gehad:

1. vleeslike geboorte en besnydenis – jy is gereken as God se volk as jy 'n fisiese Jood was, maar dit beteken nie jy is outomaties gered nie.

2. hartsbesnydenis (geestelik) – God het die gered wat die verbond / wet onderhou het.

In die NT is ons kindskap gekenmerk deur 'n geestelike komponent alleenlik: wedergeboorte. Die totale dimensie van "vlees" val weg. Daar is geen ruimte vir kind/volk-van-God-wees buite om Christus nie. Die "Israel van God" in die Nuwe Testament (Gal 6:16) is hulle wat wandel na die Gees en nie na die vlees nie (sien konteks: Gal 5).

Rom 11:25-27. Die "hele Israel" wat gered gaan word verwys na die Israel van die Ou en die Nuwe Testament – die hele Israel. God gaan nie weer aan die Jode 'n "tweede kans" gee op bekering nie, maar aan die Israel van die Ou Testament verskyn as hulle Verlosser (wat Hy sal opwek), asook aan die Israel van God – die gelowiges in Christus.

"Die volk" in Daniël

Dui Daniël 9:20,24; 10:14 daarop dat die dinge wat aan die einde van die dae met "jou volk / mense" sal gebeur slegs op die fisiese Israeliete van toepassing is, en dat die profesieë in Daniël slegs op hulle betrekking het? Daniël het inderdaad sy volk Israel se sondes bely en hulle in gebed voor God gebring (9:4-20). Die Engel Gabriël verskyn toe aan Daniël en wys vir hom wat met sy mense gaan gebeur. Dan 9:24 sê "Sewentig weke is oor jou volk bepaal…" Die vraag is of die profesieë in Daniël daarom net op die fisiese Israel betrekking het en of "Daniël se volk" ook breër gesien moet word. Dan 7:27 kwalifiseer die volk as "die volk van die heiliges van die Allerhoogste." Dan 8:24 praat net van "die volk van die heiliges." Dan 11:32 praat van "die volk wat hulle God ken" en 12:7 praat van "die heilige volk." Dit lyk dus asof die "volk / mense" dui op al God se mense, want die "volk" word ook gebruik in die konteks van die uiteindelike redding van elkeen wat in die boek (van die lewe) opgeskryf staan (Dan 12:1). Die konteks van 10:14 is ook duidelik eskatologies: "…om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms." Dan 12:7 (die heilige volk) staan ook in konteks van die "tyd van die einde" (vers 9). In Dan 7:18,21,22,25 word net gepraat van "die heiliges" of "die heiliges van die Allerhoogste" wat nie dui op enige beperking tot die fisiese Israel nie, maar klaarblyklik al God se kinders insluit, veral in die lig van die feit dat dit baie duidelik in 'n eskatologiese konteks gebruik word. Hierdie "heiliges" van God is dan dieselfde "volk van die heiliges" waarvan in 8:24 gepraat word. Dan 7:27 vat al hierdie begrippe saam in die uitdrukking "die volk van die heiliges van die Allerhoogste."

Sag 12:10. Dit lyk of dit te doen het met Christus se eerste koms, kruisiging en die Jode se berou as hulle Christus aanneem.

Sag 14:4. Dit lyk of dit dui op die eskatologiese einde in die nuwe hemel en nuwe aarde.

Jes 42:6-7 is reeds vervul in Christus:

Vergelyk hierdie 2 gedeeltes:

1.

Jes 42:6-7 " Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies, (7) om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit."

2.

Luk 4:17-21 "En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: (18) Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; (19) om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. (20) En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. (21) Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul."

Jes 49:8. Dit word beide in Christus en eskatologies vervul.

Jer.31:31-34. Reeds hierbo aangehaal en in eskatologiese konteks geplaas.

Deut 28:13-14. Dit is 'n voorwaardelike belofte wat in prinsipe reeds vervul is. Israel het egter afvallig geraak en daardie ooreenkoms verbreek.

Rom 15:8-10 "En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig; (9) en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing. (10) En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;"

Die beloftes van die vaders is reeds bevestig en bekragtig in Christus sodat God aan Jode en nie-Jode sy getrouheid bewys het - aan sy volk en die wat nie sy volk is nie (al die nasies).

Slot

Hierdie gesprek is eintlik baie langer as die paar sake wat ek hier aangeraak het. Soos ek aan die begin gesê het gaan dit eintlik oor die ganse verstaan van die evangelie. Die studie wat ek gedoen het "
Verborgenheid van Babilon" dui langs ander weë ook op die konklusies waartoe ek gekom het oor fisiese Israel waar die skepsel vereer word in plaas van die Skepper wat geprys moet word. Myns insiens het Judaïsme geheel en al in Babilon in opgegaan, veral ná Christus se koms, juis omdat daar nie meer bestaansreg is vir 'n fisiese Israel in die Nuwe Testament nie. Ek het daarom met opset nie die studie (Verborgenheid van Babilon) gedoen vanuit die populêre standpunt dat alles sy oorsprong het vanuit Babilon na die Rooms Katolieke Kerk of die Jesuïete nie, maar juis die wortels van afgodery en vervalsing aangedui vanuit die okkultiese / geheime geskiedenis van die Jode wat afvallig geword het van die outentieke tradisie. Myns insiens is die Rooms Katolieke tradisie ook uitvloeisels hiervan, om sodoende God se kinders van die outentieke tradisie afvallig te maak. Die probleem met vervalsing is dat die produk in baie gevalle 99% soos die oorspronklike lyk, maar dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak.

Ek is oop vir enige verdere gesprek oor hierdie onderwerp(e).

Ten slotte twee interessante skakels oor hierdie onderwerp (ek stem nie noodwendig met alles saam nie).

http://www.rense.com/general75/ZionismOfGod.pdf

http://www.marxists.de/middleast/schoenman/

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

Last Updated ( Saturday, 15 May 2010 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 7 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development