Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Kommentaar op artikel oor bewussyn op Kletskerk 2 Print E-mail
Monday, 02 March 2009

Hierdie artikel is kommentaar op die tweede van ‘n reeks artikels van Leon Retief op Kletskerk.

Skakel: http://www.kletskerk.co.za/articles.php?article_id=76&page=default

Retief praat in hierdie artikel oor menslike bewussyn en bring dit in verband met kwantumfisika. Kwantumfisika, wat op sigself 'n spekulatiewe teorie is word aangewend om bepaalde aspekte van verskynsels te probeer verklaar.

Retief sê: "Meeste neurobioloë aanvaar dat bewussyn ‘n suiwer biologiese fenomeen is, gesetel in die brein en afhanklik van natuurlike prosesse…" Dit is 'n naturalistiese voorveronderstelling. Naturalisme ontken die bo-natuurlike dimensie by voorbaat en probeer die totale werklikheid aan die hand van natuurlike prosesse verklaar. Dit is gewoon net nie moontlik nie. Dit kan afgelei word vanuit die tentatiewe aard van kwantumfisika, asook die feit dat wetenskaplikes verskil oor die voorspellings wat mens kan waag aan die hand van kwantumfisika. Daar is bv. verskil van mening of 'n subatomiese eenheid gelyk op verskillende plekke teenwoordig kan wees.

sien http://en.wikipedia.org/wiki/Quantum_Physics

Naturalisme is 'n vorm van monisme, waarin die natuurlike en bonatuurlike dimensies as een en dieselfde realiteit gesien word. Kwantumfisiese teorieë is daarom ook gewild onder New Age Denke, veral op die punt waarop beweer word dat die ganse kosmos 'n geheel vorm en nie in afsonderlike dele opgedeel moet word nie, en ons ook deel is van die kosmos (dit is waarom alle mense 'n sg. "kosmiese bewussyn" moet ontwikkel). Die bybelse wêreldbeeld is dualisties, waarin daar 'n skeiding is tussen Skepper en skepsel, natuurlik en bonatuurlik, vleeslik en geestelik, en ook tussen die mens se gees en sy liggaam:

Heb 4:12 "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."

Ironies genoeg, dui die titel van Retief se artikel (Die raaisel van bewussyn en kwantumfisika) juis op die feit dat die wetenskap nie regtig 'n bevredigende verklaring bied vir die menslike bewussyn nie. Net so bied dit ook nie 'n verklaring vir ander werklike dinge in menswees nie, bv. kreatiwiteit, liefde, emosie, idee, geloof. Hierdie kwaliteite is verbonde aan die menslike psige, wat nie met wetenskaplike meetinstrumente gemeet en gekwantifiseer kan word nie. Die menslike psige is 'n nie-natuurlike verskynsel. Dit onderskei ons ook van die dier, en beklemtoon juis die feit dat daar 'n Intelligente Ontwerper is, wat groter is as die natuurlike waarneembare wêreld, en ontologies (in wese) apart van die skepping is.

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

Last Updated ( Monday, 02 March 2009 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 6 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development