|
|
|
|
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel Wednesday, 18 August 2010 Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites Wednesday, 26 May 2010 Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg? Monday, 30 November 2009 Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more
|
|
Kommentaar op artikel oor sg. ‘fossiele in ons liggame’ op Kletskerk 3 |
|
|
|
Monday, 16 March 2009 |
|
Hierdie artikel is kommentaar op die derde van ‘n reeks artikels van Leon Retief op Kletskerk. Skakel: http://www.kletskerk.co.za/articles.php?article_id=78&page=default Retief praat in hierdie artikel veral oor 1) die verksynsel by die menslike liggaam en ander diere dat die senuwee tussen die vagus en stembande ‘n lus maak rondom die aorta en dus nie die korste moontlike pad volg nie, asook 2) die spermatiese koord wat ‘n lus maak rondom die ureter.
Hy wend hierdie voorbeelde aan in ‘n poging om te wys op die beweerde "swak ontwerp" daarvan, en probeer op daardie manier die intelligente ontwerp daarvan negeer. Die eerste vraag wat mens moet vra is op grond van watter objektiewe kriteria word aangeneem dat dit nie ‘n goeie ontwerp is nie? Die volgende probleem wat met so ‘n stelling saamhang is die feit dat wetenskaplikes nog lank nie die werking en die fisiologiese funksies van alles in die liggaam volkome verstaan nie. So bv. het evolusioniste (by name Richard Dawkins) vroeër ‘n argument daarvan gemaak dat die retina van die menslike oog nie optimaal ontwerp is nie, aangesien dit "verkeerdom bedraad" is. Wetenskaplikes het sedertdien ontdek dat die ontwerp van die retina juis is soos dit is om fotone te ontvang om die impulse na die brein te stuur. As dit nie so was nie, en die oog volgens "Darwinistiese spesifikasies" gebou was, sou die mens blind wees. sien: http://www.icr.org/article/1742/ Dieselfde geld ook vir die verskynsels wat Retief noem. Om die twee verskynsels wat Retief noem toe te skryf aan die mens se sg. "evolusionêre verlede" het ‘n baie swakker basis as om dit toe te skryf aan intelligente ontwerp. Hy verbind die fisiologie van die laringeale senuwees met die mens se beweerde evolusionêre afstamming van die vis. Dit op sigself is natuurlik ‘n idee wat verbind kan word met die sg. vis-embrio’s wat Haeckel geproduseer het (en later as vals uitgewys is), wat in menige biologie-handboeke gepubliseer is, en in baie opsigte ten grondslag lê van evolusionêre teorieë. Later is uitgewys dat die embrio’s in der waarheid heeltemal verskillend lyk van die voorstellings in die tekeninge van Haeckel. Trouens, terme soos "gill slits" (ku-spleet) wat vandag steeds op die menslike embrio van toepassing gemaak word, het ook sy oorsprong by Haeckeliaanse denke, want die menslike embrio het in werklikheid nie "gills" (kuwe) nie, en ook nie "slits" (splete) nie. Nêrens in die ontwikkeling van die menslike embrio is daar in elk geval enige sprake daarvan dat hy suurstof uit water opneem soos wat wel met visse die geval is nie. Wat wel gebeur is dat die rugstring vinniger ontwikkel en ‘n kurwe vorm om die res van die liggaam, die res van die liggaam as’t ware ineen-frommel en dit laat lyk of die embrio ‘n "stert" het. sien: http://www.answersingenesis.org/articles/2007/03/14/fishy-gill-slits Retief probeer later sy argument versterk deur te sê: "Die evolusieteorie verklaar hierdie en ander menslike anatomiese verskynsels aan die hand van die bouplanne van ons voorouers en hierdie verklarings is toetsbaar." Dit is natuurlik alles behalwe die geval. Hoewel Retief gepoog het om die menslike anatomie met die van ‘n vis te verbind (wat op sigself natuurlik geen werklike empiriese wetenskaplike basis het nie, behalwe dat dit gebou is op die kreatiewe spekulasie van evolusioniste), probeer hy nie eers om die tweede voorbeeld (spermatiese koord) te "toets" of wetenskaplik te verklaar nie. Hy verwys in die begin van sy artikel na die fossiel-rekord, en ironies genoeg is dit op sigself seker een van die sterkste bronne van getuienis vir ‘n wêreldwye vloed. Dit is nie sonder rede waarom die visse juis onder lê, en diere en mense bo-op nie, want dit is presies die volgorde waarin fossiele afgeset sal word in die geval van ‘n wêreldwye vloed. Philip du Toit Bespreek dit hier. |
|
Last Updated ( Friday, 27 March 2009 )
|
|
|
- Re: Die Wegraping - Is dit Bybels? by Johans
- September 02, 2010, 10:21:38 AM
- Re: oorsig van die artikel Evolusie teenoor skepping. by Philip dT
- August 10, 2010, 04:50:19 PM
- Re: oorsig van die artikel Evolusie teenoor skepping. by Koppie
- August 10, 2010, 10:04:33 AM
- Re: Die Sabbat by Gerhard Ebersöhn
- August 09, 2010, 04:26:57 AM
- Re: Die Sabbat by Philip dT
- August 07, 2010, 09:43:39 AM
|
|
There are currently 5 Guests and 0 Users online
|
|
|
|