|
Kommentaar op artikel oor sg. ‘fossiele in ons liggame’ op Kletskerk 4 |
|
|
|
Monday, 23 March 2009 |
|
Hierdie artikel is kommentaar op die vierde van ‘n reeks artikels van Leon Retief op Kletskerk. Skakel: http://www.kletskerk.co.za/articles.php?article_id=81&page=default Retief sit sy praatjie oor die sg. "fossiele in ons liggame" voort met verwysing na genome onder spesies. Hy probeer ‘n argument daarvoor uitmaak dat bepaalde spesies evolusionêr aan ander spesies verwant is deur die funksies van gene tussen spesies met mekaar te vergelyk. Deur middel van voorbeelde in die diereryk en visse, probeer hy aantoon dat daar reukgene is by mense wat nie gebruik word nie, maar wat ‘n oorblyfsel is van ons sg. evolusionêre verlede.
Hy verwys terloops na die Tiktaalik as ‘n sg. oorgangsfossiel, wat op sigself gekenmerk word deur evolusionêre bevooroordeeldheid. Sien http://www.answersingenesis.org/articles/aid/v2/n1/tiktaalik-fishy-fish Daar is ‘n paar probleme met die teorie van Retief: 1. Ooreenkomste in gene tussen spesies is op sigself geen bewys van evolusie nie, maar ‘n afleiding wat gemaak word op grond van evolusionêre bevooroordeeldheid. 2. Hierdie afleiding is nie geskoei op deduktiewe redenasie nie, m.a.w. dat iemand eksperimenteel kon waarneem dat bepaalde gene oorblyfsels is van evolusie nie, maar dit is geskoei op induktiewe redenasie, m.a.w. sekere afleidings word gemaak op grond van bepaalde ooreenkomste of bepaalde patrone. 3. Dit is nie so eenvoudig om net te sê dat sekere gene geen funksie of gebruik meer het nie. Die wetenskap beskik nie oor genoeg inligting en toetsmetodes om sulke afleidings tot onomwonde feite te verhef nie. 4. Ooreenkomste tussen gene by verskillende spesies is in geen opsig ‘n probleem vir die skeppings-model nie. Dit word onder skeppingswetenskaplikes aanvaar dat God bepaalde bloudrukke gebruik het en dit aangepas het vir verskillende spesies. Inteendeel, volgens skeppings-wetenskaplike teorie sal mens dit kan verwag en voorspel. Philip du Toit Bespreek dit hier. |
|
Last Updated ( Monday, 23 March 2009 )
|