|
|
|
|
God en die gode van Egipte |
|
|
|
Thursday, 24 September 2009 |
|
Die boek "God en die Gode van Egipte" van Willie Esterhuyse (2009. Lux Verbi) wat onlangs sy verskyning gemaak het, is ‘n goeie voorbeeld van die soort resultate wat die liberale teologie oplewer. Soos dit is met liberale teologie, word ‘n geweldige hoeveelheid afleidings gemaak op grond van bepaalde voorveronderstellings. In die boek van Esterhuyse word hierdie voorveronderstellings nie probeer begrond of verdedig nie, maar as gegewes aanvaar.
Hierdie voorveronderstellings is in elk geval nie empiries bewysbaar nie, maar verbonde aan ‘n bepaalde manier van dink. Wat egter meer onrusbarend is, is dat die eeue-lange breinspoeling oor die bybel en God deel is van ‘n okkultiese tradisie van vervalsing wat sedert die ontstaan van Babilon teenwoordig was, en deur baie eeue heen deur die werklike werking van die bose by die mensdom en veral akademiese instansies werksaam is, en voorgehou word as die outentieke tradisie. Ek brei later meer daaroor uit. Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie voorveronderstellings. 1. Die vernaamste voorveronderstelling is dat die Egiptiese tradisie, wat ook verband hou met die Mesopotamiese en Babeloniese tradisies, ouer is as die bybelse tradisie. Hierdie voorveronderstelling word wyd in die liberale teologie aanvaar, maar berus op ‘n paar aannames. Ek bespreek dit in meer detail in my weerlegging van die OT-proefskrif van Jaco Gericke wat poog om die bestaan van God op grond van die Ou Testamentiese getuienis te dekonstrueer: Skakel: http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=21 Ek som kortliks die aannames op: 1.a. Die aanname word gemaak dat bepaalde profesieë wat inligting oor die toekoms gehad het, eers daarna neergeskryf moes gewees het. Dit gaan dus uit van ‘n naturalistiese voorveronderstelling en sien dit as "te goed om waar te wees" dat profesieë inligting oor die toekoms kon hê. 1.b. Verskille in styl, genre en karakterinkleding van God word verstaan as teenstrydig of sodanig geproblematiseer, dat die outentisiteit en outerskap daarvan bevraagteken word. Dit is natuurlik verbonde aan subjektiewe interpretasie. 1.c. Projeksies oor die ontstaan van die OT tradisie word hoofsaaklik gemaak aan die hand van wanneer dit neergeskryf is. Buiten dat die datum van die neerpen van die Ou Testamentiese tradisie nie met sekerheid vasgestel kan word nie (en in akademiese kringe verbonde is aan liberale voorveronderstellings), is dit bekend dat die OT tradisie lank in mondelinge tradisie bestaan het voordat dit neergeskryf was. Hoe lank hierdie mondelinge tradisie bestaan het, is nie empiries bewysbaar nie, maar daar is nie reële getuienis wat sou suggereer dat dit jonger is as die heidense tradisies is nie. SIen bv. http://www.research-assistance.com/paper/26244/a_ra_default/floods_in_holy_bible__gilgamesh.html 1.d. Op grond van die aanname wat gemaak word dat die heidense tradisies ouer is as die OT tradisie, word die verdere aanname gemaak dat die rigting van beïnvloeding vanaf die heidense godsdienste na die OT tradisie plaasgevind het. Die moontlikheid is egter sterker dat die beïnvloeding in terme van parallelle met heidense godsdienste in die ander rigting plaasgevind het (vanaf die OT tradisie na die ander tradisies) (sien bv. McDowell, J 1999. The New Evidence that demands a verdict. p. 101). Siende dat vervalsing die oudste truuk in die boek is, en dat die Satan sedert Babel die waarheid wou verdraai en profaniseer, maak dit baie meer sin dat heidense godsdienste reg oor die wêreld 'n gedeelte van die waarheid behou het (bv. die wêreldwye vloedverhaal wat teruggevind kan word in baie ander antieke godsdienste, bv. Babelonies, Maöerie, Chinees – die Chinese woord "boot" is bv. onder andere opgemaak uit "agt" en "vaartuig." Ooreenkomste met Bybelse konsepte en ander Chinese woorde [bv. toring = mens + een + spraak + gras + kleisteen, tuin = stof + asem + 2 mense + ingeslote ruimte] is ook algemeen: sien byvoorbeeld http://www.morgenster.org/signs.htm, http://www.apologeticspress.org/articles/485 ens.), maar dat 'n mindere of meerdere mate van vervalsing van huis uit deel was van daardie godsdienste se tradisies – hetsy mondelings of geskrewe. Na die vloed het Nimrod (ook bekend as Ninus), die seun van Kus, die seun van Gam, begin om die geweldenaar op die aarde te wees (Gen 10:8). Hy was die stigter van Babel in die land Sinear (vandag se Sumer) waarvan die Sumeriese geskrifte gevind is. Na sy dood is hy as ‘n god vereer, en ook sy vrou, Semiramis. Die Babeloniese kultus wat hieruit onstaan het, het regoor die wêreld in verskillende vorme versprei. Dit is opmerklik dat ooreenkomstige godsdienstige rites en gebruike in al die antieke misterie-godsdienste voorgekom het. Dit is byvoorbeeld bekend dat Semiramis, sy vrou, as ‘n moeder uitgebeeld is (wat onder die Chaldese as die "Koningin van die Hemel" vereer is, sien Jr 7:18; Jes 44:17-25) met Nimrod (haar man) as ‘n baba op haar skoot. Dieselfde moeder-baba uitbeelding is gevind in die verering van Rhea en Tammuz (in die oosterse nasies), Isis en Oiris (Egipte), Isi en Iswara (Asië), Cybele en Deoius (antieke Rome), Fortuna en Jupiter (Griekeland), Irene, die godin van vrede, met Plutus in haar arms, en selfs in China en Japan: Shing Moo (die "Heilige Moeder" in China) met ‘n baba in haar arms. Die beelde en voorstellings wat uit hierdie kulture opgegrawe is, lyk presies dieselfde as die Madonna-beeld van die Rooms Katolieke Kerk (wat baie ander beelde en simboliek vanuit die heidense godsdienste ge-akkomodeer het). Die Jesuiete sendelinge was verbaas om vir Shing Moo in China te vind, want sy was byna identies aan die Madonna-beeld van die Rooms Katolieke Kerk, met die "heerlikheid romdom haar" (stralekrans) inkluis. So het al hierdie godsdienste ooreenstemmende karkatertrekke, simbole, feeste, gelowe en gebruike. Alles kom van dieselfde bron: Babilon (sien Hislop, A 1959. The Two Babylons. Neptune, NJ: Loizeaux Brothers. p. 133-137). Volgens die woordeboek beteken vervalsing: "met vreemde bestanddele meng; namaak; verdraai." Dit is soos om banknote te vervals. Hulle lyk dikwels net soos die ware Jakob, maar die egte watermerke ontbreek. Soms is dit nodig om net bietjie te dink hoe Satan sou redeneer. Wat sou die beste strategie vir hom wees om die eer weg van die ware God te kry en op homself te rig? Die beginsel is eenvoudig: skep soveel valse godsdienste wat kopieë is van die ware een, maar meng dit met vreemde elemente, en hou dit voor as die outentieke tradisie, of verbloem / of diskrediteer die outentieke tradisie daarmee. Een van die ander tegnieke van Satan is ook om die outentieke tradisie te probeer infiltreer. Sien hierdie artikel vir ‘n meer breedvoerige bespreking oor vervalsing en sinkretistiese vermenging: Skakel: http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=121&Itemid=15 Die Satan het baie slinks te werk gegaan. Hy het nie alleen daarin geslaag om kopieë van die waarheid in ander godsdienste op so ‘n manier te maak dat dit (obskure) ooreenkomste met die waarheid bevat nie, hy het ook daarin geslaag om ‘n geweldige hoeveelheid dwaling, valse leringe en verdeeldheid binne-in die Christelike tradisie te bring. En die bewys daarvoor is verbysterend. Die Christendom het die meeste verskillende strominge, teen-stromige en denominasies. Hoekom juis Christenskap? Want die Satan weet die waarheid is in die outentieke weergawe daarvan, en hy sal alles in sy vermoë doen om die waarheid te laat verdraai, of om vreemde elemente in Christenskap in te bring. Daar is baie voorbeelde, bv. die Ishtar-fees (paasbuns en paaseiers), Kersfees, ens. En dan nie eers te praat van sy infiltrasie in die Roomse-, Grieks-ortodokse- en Koptiese kerke nie. Baie van hierdie infiltrasie het in die vroeg-Christelike eeue veral in Rome neerslag gevind. Buiten die gebruik om babatjies te besprinkel, wat Rome direk gaan leen het uit die Babiloniese godsdiens, kan dieselfde gesê word van talle godsdienstige vervormings van die Roomse Kerk. Die manier waarop die triniteit uitgebeeld word, is dieselfde as hoe dit in die Babiloniese godsdienste uitgebeeld is, asook die moeder-baba uitbeelding (Jesus en Maria word uitgebeeld net soos Semiramis en Nimrod, Isis en Osiris ens.). Die verering van Maria het ook babiloniese wortels, asook die Madonna-beelde. Die Rooms Katolieke feeste is geleen uit Babilon; so ook die die heilige mis (waar die dun ronde koekie bv. op die altare in Egipte gevind is, wat die son simboliseer), die laaste oliesel, die vagevuur en die daarmeegepaardgaande gebede vir die afgestorwenes, die verering van relikwieë, die rosekrans / bidsnoer (rosary) en die verering van die "Heilige Hart," die kleding en bekroning van beelde en heiliges, die gebruik van lampe en waskerse, die soewereine pousdom, asook priesters, monnike en nonne. Nie een van hierdie simbole is eg Christelik nie, maar ‘n profanisering en vervalsing daarvan. 2. Die voorveronderstelling is dat die getuienis in die Ou Testament stories, mites, simbole en metafore is en nie ‘n vertelling van die werklikheid was nie, en dus geen (of wynig) aanspraak maak op historisiteit nie. Ook die Nuwe Testament word volgens Esterhuyse verstaan as die beslagleggins van bepaalde mites (Hy sê bv. die Christendom vertel nuwe mites). Ten grondslag hiervan lê natuurlik ook die naturalistiese voorveronderstelling dat baie van die gebeure, bv. die skepping en wonderwerke gewoon "te goed is om waar te wees" om as werklikheid verstaan die word. Dit hang saam met die siening dat die bybelse getuienis ‘n suiwer menslike poging is om sin te maak aan die begrip van God en die wêreld waarin hy leef. 3. Die idee van evolusie (wat op sigself nie bewysbaar is nie), lê ook ten grondslag van Esterhuyse se verstaan. Hy veronderstel dat daar ‘n bepaalde evolusie was van die begrip oor God oor die eeue. Dit is natuurlik ook ‘n produk van die manier waarop die diversiteit in die karakteruitbeeldings van God in die bybel verabsoluteer word. Sy afleiding dat monoteïsme as’t ware ‘n konsep is wat ge-evoleer het, en nie altyd so deur Israel verstaan is nie, is na my mening ook ‘n baie ongegronde aanname, en die direkte resultaat van hierdie manier van dink. 4. Esterhuyse hou as’t ware die okkultiese tradisie voor as die outentieke tradisie en bring dus die ganse bybel binne die kader van die okkulte. Die uitgangspunt dat daar dieper betekenis is agter die sg. simbole en metafore van die bybel (bv. die boom van die lewe, die slang, die son, ens.) is op sigself ‘n okkultiese manier van dink. Sy verwysing na die sakrale en die profane wat as’t ware in eenheid met mekaar is, is by uitstek ook ‘n okkultiese, oosterse manier van dink. Die bybel is juis radikaal anders, deur die bonatuurlike en die natuurlike van mekaar te skei, so ook m.b.t. die skeiding van God en sy skepping, die skeiding tussen heilig en profaan, tussen siel en liggaam, tussen sonde en geregtigheid, ens. Hierdie tweeledige realiteite is nie in die eerste plek Grieks nie, maar in die eerste plek bybels. Die raakpunte met die Griekse folosofie is nie lynreg nie. Trouens, die dualisme van die Griekse folosofie val ook binne die okkultiese tradisie, wat die goeie en die slegte, die sakrale en die profane, die bonatuurlike en die fisiese, juis sien as die twee pole van dieselfde mistiese realiteit. Dit is dus wesenlik anders as die bybelse tweeledige realiteite. Ek bespreek dit in meer diepte in die dokument: Die Verborgenheid van Babilon. 5. Die ander belangrike voorveronderstelling by Esterhuyse, is die feit dat bepaalde simbole wat eintlik vreemd is aan die Christelike tradisie, soos juis die son-simbool op die kweekskool, die stralekranse om heiliges se koppe, ens., gebruik word om die Christelike tradisie met die heidense tradisies te verbind. Hierdie vreemde elemente was juis die resultaat van die infiltrering van die okkultiese wêreld binne-in die Christendom. Die kweekskool-gebou self vertoon baie van hierdie okkultiese elemente, juis omdat (van die) stigters van die Kweekskool waarskynlik bepaalde konneksies met vrymesselary gehad het. Dieselfde tendens kan ook gesien word in die ou geboue van Paarl Gimnasium skool, wat gebou is deur dominee G.W.A. Van der Lingen van die strooidakkerk. Net oor twee ander verwysings in Esterhuyse se boek: Die term "rahab," wat in die Ou Nabye Ooste ook na 'n tipe monster verwys het, word egter nie in die Bybel op dieselfde manier aangewend nie, maar het na Egipte verwys (Ps 87:4; Ps 89:10; Jes 51:9) om twee moontlike redes: 1) omdat Egipte se eie heidense simbole sulke soort monsters ingesluit het en / of 2) omdat "rahab" ook "trots" of "arrogant" kan beteken (afhangende van die vokalisasie). Plekke waar "rahab" bloot "trots" of "arrogant" beteken, is bv. Job 9:13; 26:12; Jes 30:7. Oor die goue kalf: Die manier van dink wat by Esterhuyse gesien word om ook die aanbidding van die goue kalf deur die Israeliete as ‘n soort evolusionêre voorfase van hulle godsdiens te sien, en volgens Esterhuyse glad nie in so ‘n negatiewe lig verstaan moet word nie, herinner aan ‘n okkultiese manier waarop iemand soos Albert Pike, een van die groot uitbouers van vrymesselary (wat op sigself maar net ‘n bepaalde vergestalting is van die okkultiese tradisie), oor die goue kalf gepraat het. Ek bespreek dit meer breedvoerig in Die Verborgenheid van Babilon. Philip du Toit Bespreek dit hier. |
|
Last Updated ( Thursday, 24 September 2009 )
|
|
|
|
|