Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Engele, demone en magte Print E-mail
Monday, 19 March 2007

Modernisme het die samelewing gewoond gemaak aan ‘n natuurlike wêreldbeskouing. Alle moontlike verskynsels word op grond van die fisika, die psigologie, of die natuurlike wetenskappe verklaar. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is die ontwikkeling van die evolusie teorie wat staan teenoor skepping ex nihilo (uit niks). Die tendens bestaan om alles wat nie empiries of met die natuurlike sintuie waargeneem kan word nie, op een of ander manier weg te probeer verklaar. Die postmoderne mens is nog steeds ‘n produk van die moderne-projek en het nog nie daarvan ontsnap nie. Die tipiese postmoderne mens vind dit daarom moeilik om aan engele en demone te glo. Baie mense het natuurlike verklarings vir wonderwerke of metafisiese verskynsels, of hulle beskou Bybelse verhale wat getuig van wonderwerke as mitiese verhale, asof die wonderwerke "te goed is om waar te wees." Dit is daarom ook nie vreemd dat baie postmoderne mense ook hulle geloof in God as metafisiese werklikheid verloor nie. In ‘n sekere sin is dit arrogant om die totale werklikheid aan die hand van die natuurlike wetenskappe te verklaar, want die natuurlike wetenskappe gee daardeur voor om ‘n greep op die totale werklikheid te hê.

Die postmoderne mens is arrogant in die sin dat hy dink sy verstaansparadigma is verhewe bo enige ander denksisteem. Hoewel postmoderne denke wel die skyn het van beskeidenheid en voorlopigheid, is die manier waarop pre-moderne denkraamwerke (soos bv. die manier waarop die mense van die Bybelse tyd gedink het) afgewys word, dikwels kategories van aard. Ander denksisteme word daarom maklik as histories bepaald gesien (bv. die Griekse denke, waar die metafisiese wêreld as ‘n reële werklikheid beskou is). Die probleem is dat die Bybel in ‘n pre-moderne era geskryf is en beskik oor pre-moderne terminologie.

Engele en demone in die Bybel

Volgens die Bybel is engele en demone ‘n integrale deel van die geestelike realm.

Die term "engel" kom soos volg voor:

Gen 16:7, 9, 10, 11; 21:17; 22:11, 15; 24:7, 40; 31:11; 48:16; Eks 3:2; 14:19; 23:20, 23; 32:34; 33:2; Num 20:16; 22:22, 23, 24, 25, 26, 27, 31, 32, 34, 35; Rigt 2:1, 4; 5:23; 6:11, 12, 20, 21, 22; 13:3, 6, 9, 13, 15, 16, 17, 18, 20, 21; 1 Sam 29:9; 2 Sam 14:17, 20; 19:27; 24:16, 17; 1 Kon 13:18; 19:5, 7; 2 Kon 1:3, 15; 19:35; 1 Kron 21:12, 15, 16, 18, 20, 27, 30; 2 Kron 32:21; Ps 34:7; 35:5, 6; Jes 37:36; 63:9; Dan 3:28; 6:22; Hos 12:4; Sag 1:9, 11, 12, 13, 14, 19; 2:3; 3:1, 3, 5, 6; 4:1, 4, 5; 5:5, 10; 6:4, 5; 12:8; Mal 3:1; Mt 1:20, 24; 2:13, 19; 28:2, 5; Lk 1:11, 13, 18, 19, 26, 28, 30, 34, 35, 38; 2:9, 10, 13, 21; 22:43; Jh 5:4; 12:29; Hand 5:19; 6:15; 7:30, 35, 38; 8:26; 10:3, 7, 22; 11:13; 12:7, 8, 9, 10, 11, 15, 23; 23:8, 9; 27:23; 2 Kor 11:14; 12:7; Gl 1:8; 4:14; Op 1:1; 2:1, 8, 12, 18; 3:1, 7, 14; 5:2; 7:2; 8:3, 4, 5, 7, 8, 10, 12, 13; 9:1, 11, 13, 14; 10:1, 5, 7, 8, 9, 10; 11:1, 15; 14:6, 8, 9, 15, 17, 18, 19; 16:3, 4, 5, 8, 10, 12, 17; 17:7; 18:1, 21; 19:17; 20:1; 21:17; 22:6, 8, 16.

Die term "engele" kom soos volg voor:

Gen 19:1, 15; 28:12; 32:1; Job 4:18; Ps 78:25; 91:11; 103:20; 148:2; Mt 4:6, 11; 13:39, 41, 49; 16:27; 18:10; 22:30; 24:31, 36; 25:31, 41; 26:53; Mk 1:13; 8:38; 12:25; 13:27, 32; Lk 2:15; 4:10; 9:26; 12:8, 9; 15:10; 16:22; 20:36; 24:23; Jh 1:51; 20:12; Hand 7:53; Rm 8:38; 1 Kor 4:9; 6:3; 11:10; 13:1; Gl 3:19; Kol 2:18; 2 Th 1:7; 1 Tm 3:16; 5:21; Heb 1:4, 5, 6, 7, 13; 2:2, 5, 7, 9, 16; 12:22; 13:2; 1 Pt 1:12; 3:22; 2Pt 2:4, 11; Jud 1:6; Op 1:20; 3:5; 5:11; 7:1, 2, 11; 8:2, 6, 13; 9:14, 15; 12:7, 9; 14:10; 15:1, 6, 7, 8; 16:1; 17:1; 21:9, 12.

Die term gerub(s) verwys ook na soortgelyke hemelse wesens, bv. 2 Sam 22:11 "En Hy het op ‘n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind." Eseg 10:20 sê dat ‘n gerub ‘n hemelse of geestelike wese is: "Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was."

Volgens Sag 12:8 is ‘n engel ook ‘n hemelse wese (sien ook Op 4:6-9; 5:6,8,11,14; 6:1,3,5-7; 7:11; 14:3; 15:7; 16:3; 19:4). Job 21:22 praat van God wat die "hemelse wesens" oordeel. Eseg 1:1-28 praat van die gesig wat Esegiël gesien het. Daar word telkens verwys na die hemelse wesens wat hy gesien het (sien ook Eseg 3:13). Engele en gerubs is deur God geskep (Heb 2:7,9), en is reële, metafisiese, hemelse, geestelike wesens. Engele het by verskeie geleenthede in die fisies waarneembare realm gemanifesteer en aan mense verskyn (bv. Gen 19; Lk 1:11-19,26-38). Engele het die funksie om God se boodskap oor te dra (bv. Lk 1: 26-38) en om te beskerm (Ps 91:11). Heb 1:14 sê hulle is "dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe." Hulle vorm deel van God se leërmag of leërskare (1 Kon 22:19; Neh 9:6; Job 25:3). Psa 148:2 sê: "Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!" (sien ook Lk 2:13) Die term "Here van die leërskare" kom ook dikwels voor (bv. 1 Sam 1:11; 4:4; ens.).

Gevalle engele

‘n Interessante term wat in Gen 6:2,4; Job 1:6; 2:1 en 38:7 gebruik word, is "bên elôhîym," wat vertaal kan word met "seuns van God." Dit lyk of dit ‘n geykte term is om na "engele" of "hemelse wesens" te verwys, veral as gekyk word na die tekste in Job. Job 38 praat van die skeppings-gebeure en hoe God die hemel en aarde gemaak het. Vers 7 sê: "toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?" Dit is nog voor daar mense op aarde was. Volgens Job 1:6 en 2:1 het die Satan ook getel as een van die "seuns van God." Hy is dus ook ‘n engel of hemelse wese. Die verhaal wat in Gen 6:1-4 vertel word, lyk of dit lig werp op die geskiedenis van demone of bose geeste:

Gen 6:1-4 "Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, (2) sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. (3) Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. (4) In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam."

Hierdie gedeelte vertel die verhaal van hierdie "seuns van God" wat seksuele gemeenskap met mense gehad het. Reuse het hierdeur tot stand gekom. Hulle was "gibbôr" – magtige / sterk mans. Dit lyk dus of engele hier geval of gesondig het deur gemeenskap met vroue te hê. Dit lyk ook of hierdie een van die vernaamste faktore was wat bygedra het tot die totale verval van die wêreld in Noag se tyd en wat God laat besluit het om die wêreld met ‘n vloed te vernietig, want net die volgende verse sê:

Gen 6:5-7 "Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, (6) het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. (7) En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het."

2 Pet 2:4 bevestig hierdie interpretasie:

2 Pt 2:4-14 "Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; (5) en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; (6) en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; (7) en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; (8) want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke— (9) die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; (10) en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie, (11) terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie. (12) Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan (13) en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; (14) met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking."

Die ander gedeelte wat dieselfde gebeure interpreteer is Jud 1:6-9 "En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; (7) soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. (8) Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens. (9) Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!"

Die feit dat engele gesondig het, word ook weergegee in Job 4:18 "Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling."

Die ander veel besproke bron wat uitvoering uitbrei oor die val van die engele is die apokriewe boek van Henog met ‘n strek apokaluptiese inslag. Hoewel dit aanvanklik deel gevorm het van die Kanon, het die Kerk dit later weggelaat. Die invloed van die boek van Henog kan duidelik waargeneem word juis in ‘n boek soos Judas. Judas 1:14-15 haal direk aan uit die boek van Henog. Dieselfde inhoudelike aspekte kom voor in 2 Petrus, wat myns insiens daarop dui dat die boek van Henog gesaghebbende status gehad het vir die skrywers van die Nuwe Testament. Hoewel daar sekere dinge in Henog is wat ek persoonlik vreemd vind, dink ek dit kan met oordeelkundige gebruik as baie interessante aanvullende materiaal beskou word veral met betrekking tot die geskiedenis van engele en demone (Sien veral hoofstukke 6 en 7 soos ingedeel op die Engelse vertaling: hier beskikbaar). In ooreenstemming met Henog se lys van gevalle engele, bestaan die moontlikheid dat "Asásel," die sg. "scapegoat" waarna Lev 16:8,10,26 verwys, op ‘n gevalle engel dui. Dit vertel van die voorskrif aan die volk om twee bokke te bring en die lot oor hulle te werp – een as sondoffer vir die Here en die ander een lewendig vir Asásel. Lev 16:10 sê: "maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur." Hy wat dan die bok vir Asásel weggedrywe het moet dan "sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom." (vers 26).

Die Satan

Die verhaal van Lucifer wat gesondig het en geval het, wat ook geïdentifiseer word met die koning van Babel (Jes 14:4) en met Satan (Lk 10:18) kom ook duidelik na vore in die volgende gedeeltes:

Jes 14:12-15 "Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester (Lucifer), seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (13) En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. (14) Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (15) Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!"

Eseg 28:13-17 "Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. (14) Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. (15) Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. (16) Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! (17) Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien."

Lk 10:18 "Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val."

1 Jh 3:8 "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek."

Dit lyk of die Satan self die owerste is oor al die bose magte. Hy is aan die hoof van die Babiloniese sisteme wat in die wêreld werksaam is. Op 20:2 sê: "En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank," Ef 2:2 noem hom "die owerste van die mag van die lug." Joh 16:11; 12:31 en 14:30 praat van die Satan as die "owerste van hierdie wêreld." 1 Jh 5:19 sê: "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê."

Op 12:3-17 vertel van die "vuurrooi draak," wat met die Satan en sy magte geïdentifiseer word soos dit in die geskiedenis neerslag gevind het. Wanneer Op 12 hierdie "vuurrooi draak" omskryf, word vertel (vers 4): "en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi." Dit lyk of hierdie "sterre" wat genoem word engele is, want vers 9 sê: "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp." Om na engele as "sterre" te verwys kom ook voor in Henog. Henog 18:15-16 (volgens die indeling van die Engelse vertaling soos hier op TE beskikbaar) sê: "Then the angel said, This place, until the consummation of heaven and earth, will be the prison of the stars, and the host of heaven. (16) The stars which roll over fire are those which transgressed the commandment of God before their time arrived; for they came not in their proper season. Therefore was He offended with them, and bound them, until the period of the consummation of their crimes in the secret year." Jes 14:12-13 beskryf die bose leier as "Lucifer" – die "môrester": "Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (13) En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde." Hierdie "sterre van God" verwys waarskynlik ook na engele. Dit lyk ook of Dan 8:10 moontlik hierdie betekenis dra: "En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap." (sien ook Jud 1:13).

Die term "duiwel" en "duiwels" word dikwels gekonnekteer met die Satan of met gevalle engele of demone. Die term "duiwel" kom soos volg voor:

Mt 4:1, 5, 8, 11; 9:32, 33; 11:18; 13:39; 15:22; 17:18; 25:41; Mk 7:26, 29, 30; Lk 4:2, 3, 5, 6, 13, 33, 35; 7:33; 8:12, 29; 9:42; 11:14; Jh 6:70; 7:20; 8:44, 48, 49, 52; 10:20, 21; 13:2; Hand 10:38; 13:10; Ef 4:27; 6:11; 1 Tm 3:6, 7; 2 Tm 2:26; Heb. 2:14; Jak 4:7; 1Pe. 5:8; 1 Jh 3:8, 10; Jud 1:9; Op 2:10; 12:9, 12; 20:2, 10.

Die term "duiwels" kom soos volg voor:

Dt 32:17; Ps 106:37; Mt 4:24; 7:22; 8:16, 31; 9:34; 10:8; 12:24, 27, 28; Mk 1:32, 34, 39; 3:15, 22; 5:12, 18; 6:13; 9:38; 16:9, 17; Lk 4:41; 8:2, 27, 30, 33, 35, 38; 9:1, 49; 10:17; 11:15, 18, 19, 20; 13:32; 1 Kor 10:20, 21; 1Ti. 4:1; Jak 2:19; 3:15; Op 9:20; 16:14; 18:2. Dit verwys gewoonlik na demone.

Die ander term wat gebruik word vir gevalle engele of demone is "gees" of "geeste" (sien bv. Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 18:10; 19:9): die uitdryf van geeste, bose geeste kom soos volg voor: Mt 8:16; 10:1; 12.45; Mk 1:27; 3:11; 5:13; 6:7; Lk 4:36; 6:18; 7:21; 8:2; 10:20; 11:26; Hand 5:16; 8:7; 19:12,13; 1 Kor 12:10; Ef 6:12; 1 Tm 4:1; 1 Jh 4:1; Op 16:13,14; 18:2.

Uit hierdie voorbeelde lyk dit dus of die demone of gevalle engele dus ‘n geestelike leërmag vorm wat in stryd is met die mag van God en sy engele. Hulle is op ‘n manier God se mededingers en sy vyande (sien bv. Lk 10:19). Daar is egter gedeeltes in die Bybel waar dit lyk asof hierdie bose magte direk onder God se beheer staan en as’t ware sy gesante is. Kyk bv. na die volgende twee tekste:

1 Sam 18:10 "Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ‘n spies in sy hand hou."

1 Sam 19:9 "Maar ‘n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel."

Magte

Ander tekste wat praat van die "magte" wat teenwoordig is in die geestelike realm en op ‘n manier met God se heerskappy verbind kan word, is die volgende:

Job 33:22 "Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte."

Rom 8:38 "Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge."

Rom 13:1 "Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,"

Ef 3:10 "sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,"

Ef 6:12 "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug."

Kol 1:16 "want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape."

Kol 2:15 "nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het."

Tit 3:1 "Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;"

1 Pt 3:22 "wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is."

Uit hierdie gedeeltes blyk dit ook dat God op ‘n manier in beheer staan oor alle magte. Tegnies sluit dit dus bose magte in! Beteken dit dan dat God as’t ware die bose in die wêreld direk beheer en orkestreer? Myns insiens werp die verhaal van Job lig op hierdie problematiek (Job 1:6-12). Dit vertel die verhaal van die Satan wat met God in gesprek gaan oor Job. God laat die Satan toe om teenoor Job sy hand uit te steek binne ‘n sekere perk: hy mag net nie sy lewe neem nie (vers 12). Die Satan staan dus ook onder God se heerskappy net soos alle dinge aan Jesus onderwerp is en onder sy voete gestel is (Ef 1:22; Heb 2:8). Geen mag is verhewe bo God nie. Die "magte" waarna Ef 6:12 en Kol 2:15 verwys, is die bose magte wat teenoor God en sy magte staan. Kol 1:16 verwys egter na God se oormag oor alle geskape dinge, heerskappye, owerhede en magte. Dit sluit alle geestelike magte in, insluitende engele en demone. Dit is egter belangrik om bewus te wees van die geskiedenis van die engele. Hoewel God aanvanklik alle engele geskep het, het ‘n sekere gedeelte van die engele afvallig geraak. God is steeds magtig bo hulle en hulle kan slegs bestaan in soverre God vir hulle bestaansruimte toelaat. Dit kan ook vergelyk word met die geskiedenis van die mens. God is ook die skepper van alle mense. Maar as gevolg van die sonde van Adam word elke mens in sonde gebore (Ps 51:7). Sondige en on-wedergebore mense staan ook teenoor God in die sin dat hulle bestem is vir die ewige oordeel, maar dit beteken nie dat God die bose geskep het nie. Dit beteken wel dat God beide engele en mense met ‘n vrye wil geskep het. God het dus ‘n bepaalde vryheid gegee aan sy skepping. Die Satan en sy magte staan dus inderdaad in stryd met God en sy magte, maar God laat hulle slegs beperkte speelruimte toe. Daar sal ‘n dag kom wanneer God alle bose magte finaal gaan vernietig (Op 20:9; Rm 16:20). Maar die Satan self staan in beheer van alle bose sisteme, regerings en magte van hierdie wêreld wat sedert Babilon in hierdie wêreld werksaam is. (Kyk na die dokument "Die laaste dinge" vir ‘n meer volledige bespreking hieroor). Natuurlik kan God enige tyd ingryp en dit stop, en Hy gaan ook eendag, maar God kies soos met Job om vrye teuels aan die Satan en sy magte te gee. Wat presies die grens is waarbinne hulle kan opereer weet ons nie. Wat presies die rede is weet ons ook nie, maar ek vermoed dat God juis die magte toelaat sodat die mens as God se skeppingskroon (Ps 8) uit vrye keuse, midde in ‘n stryd tussen die goeie en die bose, Hom kan aanneem en Hom kan dien. En soos 2 Pt 3:9 dit stel: "Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom."

‘n Ander realiteit waarvan enige Christen bewus moet wees is die feit dat God al reeds in prinsipe oor alle bose magte getriomfeer het (Kol 1:15) en dat bose magte ook op grond van Jesus se oorwinning ook aan die gelowiges onderworpe is (Lk 10:19-20; Mk 16:18; Jk 4:7).

Postmoderne denke

Daar bestaan die mening dat die manier waarop gepraat word van engele, demone en magte in die Bybel, die uitsluitlike produk was van die wêreldbeskouing en verstaansraamwerk van die tyd. Baie postmoderne teoloë sê byvoorbeeld dat die Griekse filosofie en die Griekse verstaan van ‘n veel-godedom die oorsaak is vir die klem op engele en magte in die Nuwe Testament. Hulle stel voor dat die uitsprake verdiskonteer moet word en gestroop moet word van hierdie wêreldbeeld. Op hierdie manier word die metafisiese en transendente aspek daarvan gerelativeer, asof die Bybelskrywers as’t ware slawe was van hulle wêreldbeskouing. Eerstens stel dit die Griekse wêreldbeskouing op ‘n effens simplistiese wyse gelyk aan die Bybelse getuienis. Tweedens ontken dit die tydlose dimensie en die transendente aspek van God en sy Gees wat gister, vandag en môre dieselfde is, tot in ewigheid (Heb 13:8).

Die vraag is of die postmoderne mens sondermeer kan wegdoen met alle vroeëre denksisteme. Wel, ek dink dit is gewoon onverantwoordelik, omdat dit berus op die aanname dat die moderne tendens om die metafisiese weg te verklaar ‘n geldige vertrekpunt is. Die ander probleem is die van inkonsekwensie. Waarom sou ‘n postmoderne mens in God wil glo wat ‘n metafisiese werklikheid is, maar nie aan engele en demone nie? Anders gestel, word die Bybel as waar en betroubaar beskou ten opsigte van sy uitsprake oor God maar nie sy uitsprake oor engele en demone nie? Wanneer is Bybelse uitsprake die sg. "produk van die heersende wêreldbeskouing" en wanneer is dit tydlose of evangeliese waarheid? Die probleem van inkonsekwensie is ‘n geweldige probleem in die postmoderne verstaansparadigma, want indien die postmoderne mens enige uitspraak in die Bybel as waar en betroubaar wil beskou moet hy of alles in die Bybel as waar en betroubaar beskou of niks. Alle standpunte tussenin is onderhewig aan subjektiewe interpretasie, kontekstuele teologie en inlegkunde. Die sogenaamde "balans" wat tussenin gesoek word is myns insiens niks anders nie as ‘n godsdiens met die gedaante van godsaligheid waarvan die krag verloën word (Kol 2:23; 2 Tm 3:5). (vir ‘n in-diepte bespreking van postmodernisme, klik hier).

Philip du Toit

 Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Tuesday, 19 January 2010 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 6 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development