Home arrow Theology arrow Ethics arrow Karate en Christenskap
Karate en Christenskap Print E-mail
Wednesday, 21 March 2007

Karate of Karate-do kom van die die woorde "kara" wat "leeg" beteken en "te" wat "hand" beteken. Die woord "do" word dikwels as agtervoegsel aangeheg en beteken "weg van." Karate-do beteken dus "die weg van die leë hand," met ander woorde, sonder enige wapens.  Is karate sonde?  Kan 'n Christen karate beoefen?

Dit is geen geheim dat dit ‘n oosterse kuns is wat in alle opsigte vervleg is met die oosterse lewenswyse. Vir mense wat karate beoefen is dit primêr ‘n weg na "geestelike vervulling," eerder as wat dit ‘n tegniek vir selfverdediging is. Karate en die ander oosterse krygskunde (bv. Kung-Fu, Judo, Akido en Kobujitsu) is histories verbind aan Zen-Boeddhisme. In hierdie vertakking van die Boeddhistiese geloof, bereik mens "verligting" deur alledaagse aktiwiteite. Deurdat elke oomblik in sy eie reg ervaar word en die denke oopgestel word vir gewaarwordinge, vind Zen-Boeddhiste "innerlike vrede." Die kern hiervan is om "ingeskakel" te wees met die wêreld rondom jou. Daar is daarom baie sterk konneksies met hierdie filosofie en karate. Karatekas moet leer om te konsentreer op hulle eie bewegings, en alle ander gedagtes "laat gaan" om die denke as’t ware "leeg" te maak. Dit is ‘n sterk vorm van meditasie. Konsentrasie en selfdissipline is van uiterste belang.

http://people.howstuffworks.com/karate6.htm

Mense wat karate beoefen sê dit help jou om meer bewus en selfbewus te wees. Dit help jou om die alledaagse lewe beter te hanteer en om meer selfversekerd in alledaagse lewensituasies te wees. Dit is om hierdie rede dat baie die "-do" agtervoegsel bysit, met ander woorde, dit is ‘n soort lewenswyse.

http://karatenet.com/

David Elkins (Sandan) beskryf karate as "a thing of the spirit." Hy sê dit is belangrik dat die mens se gees sterker en sterker moet word. Dit kan slegs bereik word deur "shygho" – ‘n soort asketiese dissipline. Hy sê hoewel tegniek belangrik is, is "a vehicle for spirit forging" meer belangrik. Dit hou verband met sterk karakter, streng wilskrag, dissipline, konsentrasie en beheer.

http://uechi-ryu.com/oldsite/karate_is_a_thing_of_the_spirit.htm

Van die groot meesters in karate sê die volgende:

"Budo is not a means of felling the opponent by force or by lethal weapons. Neither is it intended to lead the world to destruction by arms and other illegitimate means. True Budo calls for bringing the inner energy of the universe in order, protecting the peace of the world , as well as preserving, everything in nature in its right form. If your opponent tries to pull you, let him pull. Don't pull against him; pull in unison with him. Aikido does not rely on weapons or brute force to succeed; instead we put ourselves in tune with the universe, maintain peace in our own realms, nurture life, and prevent death and destruction. The true meaning of the term "samurai"  is one who serves and adheres to the power of love." (Morihei Ueshiba).

http://www.fightingmaster.com/masters/ueshiba/quotes.htm

Die beginsel van "yin-yang" is ook sentraal in karate. Dit hou verband met die "balans" van goeie en bose kragte in die heelal. Die krag van die opponent en jouself moet in balans gehou word. Die opponent is nie net jou teenstander nie, maar jy is ook jou eie teenstander.

"There are no contests in Aikido. A true warrior is invincible because he or she contests with nothing. Defeat means to defeat the mind of contention that we harbor within." (Morihei Ueshiba)

"To injure an opponent is to injure yourself. To control aggression without inflicting injury is Aikido." (Morihei Ueshiba)

"Ultimately, you must forget about technique. The further you progress, the fewer teachings there are. The Great Path is really No Path" (Morihei Ueshiba)

http://www.fightingmaster.com/masters/ueshiba/quotes.htm

"mind and technique become one in true karate." (Gichin Funakoshi).

http://www.leaguelineup.com/miscinfo.asp?menuid=32&cmenuid=32&url=bahaa&sid=1050084796

Vir enige karateka om iets in karate te bereik is dit nodig om sy "innerlike geestelike krag" te ontwikkel. Dit word "ki" of "chi" genoem. Dit is bonatuurlike krag wat die karateka in staat stel om bv. harde objekte te breek, baie groter opponente te oorwin, of om iemand met een hou dood te slaan, ens.

karate1

 

"Ki" word ook beskryf as die "energie van die lewe" wat alle lewende dinge saambind en aan elke persoon sy of haar geestelike, fisiese en verstandelike krag gee. Hoewel meeste mense wat met karate begin hoofsaaklik op tegniek fokus, en nie veel aandag hieraan gee nie, is hierdie dimensie noodsaaklik as die hoogste sporte van karate bereik wil word. Soos karatekas verhoogde fisiese beheer ontwikkel, word hulle meer bewus van die "setel van ki." Met konsentrasie kan karatekas hulle "ki" op of af laat beweeg. Ervare karateka sentreer hulle "ki" om maksimum balans en krag te bereik.

http://people.howstuffworks.com/karate6.htm

Die vlakke van karate word soos volg weergegee:

karate2
http://www.shotokai.com/imagenes/dibujos/karatlvl.jpg

 

Kommentaar en beoordeling

Die onderliggende filosofie van karate maak daarop aanspraak om nie in stryd te wees met enige godsdiens nie. Dit is egter kenmerkend van die Zen-filosofie om alle godsdienste te akkomodeer. Die meeste mense wat karate beoefen sal sê dat mense van enige geloof karate kan doen en dat dit nie hoef in te druis met hulle geloofsoortuiginge nie. Die fundamentele uitgangspunte van die denkwyse van karate is om die volgende redes egter in stryd met die bybel:

1. Die konsep van selfverwesentliking is in stryd met die bybelse konsep om te jouself te verloën om Jesus te volg (Mt 16:24), en om saam met Christus te sterf (Rom 6:6).

2. Die innerlike mens het geen inherente self-verwesentlikende krag nie, maar is afhanklik van God se krag in ons. Ons innerlike mens moet deur God se krag versterk en vernuwe word (2 Kor 4:16; Ef 3:16). God self is ons enigste bron van krag (Eks 15:2; Ps 28:8). Enige ander kragte en magte is in stryd met God (Ef 6:12). God se krag moet ook nie verstaan word as iets wat inherent in alle dinge teenwoordig is nie, maar word op spesifieke en besondere maniere deur God self geopenbaar. God se krag kan ook nie gemanipuleer word deur die mens se eie wil nie (Joh 3:8), maar is onderhewig aan die leiding van sy Gees. God se krag in die gelowige se lewe word in swakheid en nederigheid geopenbaar (2 Kor 12:9).

3. Die natuurlike gees en hart van die mens is inherent boos (Jer 17:9). By alle mense ontbreek dit aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) . Die enigste manier om "goed" uit die mens se gees te laat voortkom, is deur wedergeboorte (Joh 3:5) en die nuwe skepping wat God in jou maak (2 Kor 5:17).

4. ‘n Chrsiten se gedagtes moet gevul en vernuwe word deur God se Gees (Rm 12:1; Ef 4:21-24) en nie leeggemaak word en oopgestel word vir enige moontlike invloede nie.

5. Die hele idee van die karate-filosofie om versoenbaar te wees met enige godsdiens druis in teen die absolute karakter van Christenskap. Christenskap distansieer homself van enige oosterse filosofie of denkwyse (Jes 2:6). Karate wat as ‘n "weg" of "lewenswyse" verstaan word, druis daarom in teen die aanspraak dat Christus die enigste "weg," waarheid en lewe is. Dit is slegs deur die Gees van Christus dat die Christen God se krag kan ervaar (Hd 1:8).

 

Is karate demonies?

Die medetatiewe aspek van karate en die "leeg maak" van die denke word dikwels verstaan as ‘n soort self-hipnose waarin jy in kontak kan kom met jou eie "innerlike krag" of "ki." Hierdie "innerlike krag" vorm deel van "kragte van die heelal." Die karateka stel sy gees totaal en al oop en hy word as’t ware een met die kragte (yin en yang) van die kosmos.

Mt 12:44 wys op die gevaar van ‘n "leë huis" (die menslike gees wat leeggemaak is en deur niemand spesifiek beheer word nie), as ‘n oop deur wat ontvanklik is vir enige demoniese invloed. Oosterse meditasie het juis ten doel om die "huis leeg te maak." Die "ki" of "chi" wat deur karatekas ervaar word is daarom niks anders as demoniese kragte nie. Uit getuienisse van ex-karatekas is daar definitief sprake van bonatuurlike kragte en demoniese invloed wat hulle in staat stel om bonatuurlike dinge te doen. Dit is ook die enigste verklaring vir sekere aksies – soos om stene te breek, ens.

 

Gevolgtrekking

Baie Christene wat karate verdedig, sê mens hoef nie in die onderliggende filosofie van karate te deel nie, en sien dit bloot as ‘n reeks tegnieke vir selfverdediging. Hoewel die beginner in karate dit kan beoefen deur slegs op tegniek te fokus, is dit nodig dat daar "geestelike" elemente moet by kom voordat wesentlike vordering getoon kan word. Dit begin by "onskuldige" tegnieke van konsentrasie en gedissiplineerde denke, en eindig in ‘n volskaalse Zen-Boeddhistiese lewenswyse.

Vir diegene wat karate slegs sien as selfverdediging, bestaan die volgende vraag, naamlik of God se beskerming nie voldoende is nie? Is God nie by magte om jou te bewaar deur die krag van sy Gees in en deur jou nie? Is dit werklik nodig om iets buiten God as jou beskermer te hê?

Baie Christene ontken dat die oosterse oorsprong en onderliggende filosofie van karate enige invloed op jou kan hê, en dat die Christen homself daarvoor kan afsluit. Baie sê dit is aanvaarbaar vir ‘n Christen om karate te doen solank hy net wegbly van die beginsel van "ki."

Maar hier is ‘n wesentlike probleem. Hierdie houding is wesentlik dualisties, asof mens die "uiterlike vorm" en die "innerlike filosofie" van mekaar kan skei. Dit is om te sê ek kan iets uiterlik doen sonder dat dit ‘n invloed het op my gees. Dit is dieselfde soort dualisme waarmee Paulus die gemeente in Korinthe gekonfronteer het. Die siening het bestaan dat mens gemeenskap met ‘n vrou kan hê sonder dat dit ‘n invloed op jou gees of jou innerlike mens kan hê. Paulus ontbloot dit as ‘n valse dualisme, want die liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees 1 Kor 6:16-20.

Verder, as ons aanvaar dat karate ontstaan het vanuit ‘n heidense filosofie, en dat die Zen-Boeddhistiese filosofie steeds ten grondslag lê vir enige iemand wat sekere hoogtes in karate wil bereik, hoe kan die Christen daarin deel hê en homself as’t ware daarvoor blind hou? Dit is net so goed iemand sê hy is dol oor afgodsbeelde, en hy sit dit oral in sy huis, maar hy sê hy aanbid hulle nie, daarom is dit vir hom aanvaarbaar om hulle in sy huis aan te hou en uit te stal. Of dit is soos iemand wat sê hy gaan na Satanistiese byeenkomste maar deel nie in hulle praktyke nie. Of dit is soos iemand wat sê dat Satanistiese boeke sy gunsteling leesstof is, maar dit het geen bose invloed op hom nie…

 

Bronne

Webtuistes:

http://people.howstuffworks.com/karate6.htm
http://uechi-ryu.com/oldsite/karate_is_a_thing_of_the_spirit.htm
http://karatenet.com/
http://www.shotokai.com/imagenes/dibujos/karatlvl.jpg
http://www.leaguelineup.com/miscinfo.asp?menuid=32&cmenuid=32&url=bahaa&sid=1050084796
http://www.fightingmaster.com/masters/ueshiba/quotes.htm

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

Last Updated ( Wednesday, 21 March 2007 )
 
< Prev   Next >
Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development