Home arrow Theology arrow Ethics arrow Seks voor (buite) die huwelik
Seks voor (buite) die huwelik Print E-mail
Thursday, 22 March 2007

Kan 'n Christen seks voor die huwelik hê?  Kan 'n Christen seks op enige manier buite die huwelik beoefen?  Dit is 'n vraag wat toenemend vandag by jongmense teenwoordig is.  Gee die Bybel vir ons enige riglyne hieroor?

Mat 19:4-6 "En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, (5) en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; (6) sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie."

Hier is ‘n paar belangrike beginsels wat uit hierdie teks afgelei kan word:

1. God het die mens as "man en vrou" gemaak. God het hulle binne in ‘n huweliksverhouding geskep.

2. Die man sal sy vrou aankleef (letterlik "vasgom"). Die man sal uitbeweeg onder die beskerming van sy ouers, en uittree uit ‘n posisie van verantwoording teenoor hulle, en in ‘n nuwe gesinsverband tree. Hy en sy vrou sal ‘n nuwe huisgesin vorm. Hy sal die hoof wees van die nuwe huis(gesin) en verantwoordelik wees daarvoor (Ef 5:23).

3. Binne hierdie huwelik waarin die man met die vrou tree, sal hulle een vlees word. Dit verwys na die seksuele dimensie.

4. Die man en die vrou is een omdat God hulle saamgevoeg het. Trouens, dit is die enigste basis waarop hulle in ‘n fisiese verhouding met mekaar kan staan. Die huwelik is dus ‘n goddelike instelling.

Die Bybel praat nie spesifiek oor "voor-huwelikse" seks nie, maar dit praat wel van seks buite die huwelik. Daarvan is daar talle voorbeelde:

Rom 13:13-14 "Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. (14) Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie."

Die "ontug" en die "ongebondenheid" waarvan Rm 13:13 praat, is in grieks "koitê" en "aselgeia" onderskeidelik. "Koitê" kom van die grieks vir "bed," en praat van die liefdesbed (dieselfde stam waarvan die woord koïtus kom). Die ISV vertaal dit met "sexual immorality." Die Message se "sleeping around" is ook nie ‘n slegte vertaling nie. "Aselgeia" kan vertaal word met seksuele losheid of promiskuïteit. Dit vind los van die huwelik plaas, en onteer daarom die huwelik. Dit dra ook die konnotasie van vuilheid en perversheid. In die lig van vers 14, verwys beide begrippe na die begeerlikhede van die vlees. Dit praat van seksuele gedrag wat teen God se bedoeling is, en nie hoort by ‘n welvoeglike (vers 13) lewenswandel nie.

In 1 Pt 4:3; 2 Pt 2:18; Ef 4:19 en Jud 1:4 word ook die woord "ongebondenheid" ("aselgeia") gebruik. Dit verwys na ‘n toestand van losse seksuele verhoudinge. 2 Kor 12:21 en Gl 5:19 gebruik ook dieselfde woord, saam met hoerery en onreinheid, maar Gl 5:19 voeg owerspel by die lys. Owerspel (sien ook Rm 2:22; 2 Pt 2:14) verwys na ‘n seksuele verhouding buite die huwelik. Dieselfde geld vir hoerery (bv. Mt 5:32; 15:19; 19:9; Mk 7:21; Hd 15:20,29; 21:25; Rm 1:29; 1 Kor 5:1,9,10; 1 Kor 6:10,13,18; 2 Kor 12:21; Gl 5:19; Ef 5:3; Kol 3:5; 1 Th 4:3; 1 Tit 1:10; Heb13:4) en egbreuk (Mt 5:28,32; 15:19; 19:9; Mk 7:21; 10:11,12; Lk 16:18; Jh 8:3,4).

Heb 13:4 "Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel."

Die huwelik is die enigste ruimte wat God geskep het vir die seksulele. Dit moet eerbaar en heilig wees:

Ef 5:25-27 "Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het (26) om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, (27) sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees."

Sien ook:

Tit 1:5-6 "Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het— (6) as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie." (sien ook 1 Tm 5:10; Ef 5:18; 1 Pt 4:4; 2 Tm 3:3 vir "losbandigheid").

Enige ander seksuele verhoudings buite die huwelik is sonde. Enige verkeer buite die huwelik is teen die natuur (teen hoe God dit bedoel het). Daarom is enige vorm van homoseksualiteit ook sonde:

Rom 1:24-27 "Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer (25) hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. (26) Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; (27) en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang."

Sien ook:

1 Kor 6:10 "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie."

1 Tm 1:8-10 "Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik (9) en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, (10) hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,"

In die Ou Testament is enige vorm van sodomie ook veroordeel (Gen 19:15; Lev 18:22; 20:13; Dt 22:5; 23:17; Rigt 19:22).

Al hierdie sondes val in ‘n sekere sin in dieselfde kategorie, naamlik om seksueel te verkeer buite die huwelik soos God dit bedoel het. Dit is die enigste ruimte waarin dit sin maak. Dit is die enigste ruimte waarin beide partye volkome vervulling van gees, siel (emosies, denke, wil) en liggaam kan ervaar. Enige seks buite die huwelik kan nie hierdie dimensies volkome vervul nie. Daar is ook geen vrede daarin nie, omdat dit sonde is. Dit onteer die huwelik en maak dit tot niks. Daarom is dit vandag so maklik om te skei of om saam te bly voor die huwelik. Daar word geen waarde geheg aan die huwelik in die algemene westerse samelewing nie. Die huwelik word nie meer as ‘n goddelike instelling erken nie, maar berus op gevoel: "Ek voel nie meer lief vir jou nie, daarom gaan ek skei." Dit is ook nie meer ‘n "commitment" voor God en sy gemeente nie, maar is eerder ‘n kwessie van: "Kom ons leef bietjie saam en kyk of ons by mekaar pas. Trou is te ‘n groot stap en te ‘n groot commitment." Daar is geen goddelike of geestelike dimensie by betrokke nie.

As Paulus aan die gemeente aan Korinthe skryf, sê hy dit is belangrik dat elke man sy eie vrou moet hê, en elke vrou moet haar eie man. Slegs die vrou se eie man het "mag" oor die vrou se liggaam, en andersom (1 Kor 7:2,4). Dit hoort slegs binne die huwelik.

1 Kor 7:8-9 "Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek; (9) maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand."

Hoekom sê Paulus dit? As jy van begeerte brand voordat jy getroud is mag dit sekerlik aanleiding gee tot ‘n seksuele verhouding, en dan is daar seks buite die huwelik. Daarom moet so ‘n paartjie eerder trou as om in ontug te lewe.

1Kor 7:39 "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here."

Dit is slegs "in die Here" wat die huwelik is soos wat God dit bedoel het. Dit is slegs binne die huwelik waar albei partye die Here dien, waar daar volkome vervulling kan wees in gees (deur die Heilige Gees), in siel (denke vernuwe) en liggaam.

Wat die Bybel oor seks buite die huwelik sê, is dus baie duidelik. Die rede hoekom Christene oor seks buite die huwelik verskil, is nie omdat die Bybel dubbelsinnig daaroor is, of omdat dit moeilik is om af te lei wat die Bybel daaroor sê nie, maar omdat mense verskil oor die gesag van die Bybel.

Post-modernisme het die mens in so ‘n mate ge-emansipeer dat sy denke en redenasie verhewe is bokant die Bybel. Die neiging in ‘n post-moderne samelewing is om nie meer die Bybel as Woord van God te beskou nie, en nie meer die Bybel as normatief te beskou nie. Die heersende samelewing en kultuur van die tyd word as normatief aanvaar. Wat is die gevolg? Elkeen lees in die Bybel in net wat hy wil, sodat dit mooi pas by sy eie ideologie. Daarom is daar so baie "teologieë" vandag: bevrydingsteologie, feministiese teologie, ens. Daar is dan selfs al ‘n Bybel vir "gay’s." Hoekom? Want dit is in die natuurlike mens (wat nie met die Gees vervul is nie) om beter as God te weet (1 Kor 2:12-16). Dit is trouens onsin vir die natuurlike mens.

Die gevolg? Daar word nie meer uitleg-kunde van die Bybel gedoen nie maar inleg-kunde. Dan het die Bybel niks meer vir ons te sê nie.

Dit is daarom geen wonder dat Paulus skryf:

2 Tm 3:1-5 "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. (2) Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, (3) sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, (4) verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; (5) mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af."

 

Sien ook:

Jud 1:17-19 "Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, (18) dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel. (19) Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie."

Maar wat daarvan as daar sulke mense in kerk is? Beteken dit dat die kerk hulle moet verwerp of koud teenoor hulle staan? Nee, die kerk is daar om deur die gemeenskap van gelowiges, God se Woord op ‘n praktiese manier te bedien en gelowiges te help om hulle denke deur die Woord te laat vernuwe:

Eph 4:20-24 "Maar julle het Christus nie so leer ken nie, (21) as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: (22) dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, (23) en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (24) en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid."

Alle sonde is dieselfde, en almal van ons het die vernuwing van denke nodig. Miskien neem ons nie altyd die stryd teen die sonde ernstig genoeg op nie:

Heb 12:4 "Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie."

Die engelse "fornication"

Die engelse woord "fornication" gee ook ‘n balangrike perspektief op die kwessie van voor- (buite-) huwelikse seks. In die KJV kom "fornication" soos volg voor:

2 Ch 21:11 "Moreover he made high places in the mountains of Judah, and caused the inhabitants of Jerusalem to commit fornication, and compelled Judah thereto."

Isa 23:17 "And it shall come to pass after the end of seventy years, that the LORD will visit Tyre, and she shall turn to her hire, and shall commit fornication with all the kingdoms of the world upon the face of the earth."

Eze 16:26 "Thou hast also committed fornication with the Egyptians thy neighbours, great of flesh; and hast increased thy whoredoms, to provoke me to anger."

Eze 16:29 "Thou hast moreover multiplied thy fornication in the land of Canaan unto Chaldea; and yet thou wast not satisfied herewith."

Mat 5:32 "But I say unto you, That whosoever shall put away his wife, saving for the cause of fornication, causeth her to commit adultery: and whosoever shall marry her that is divorced committeth adultery."

Mat 19:9 "And I say unto you, Whosoever shall put away his wife, except it be for fornication, and shall marry another, committeth adultery: and whoso marrieth her which is put away doth commit adultery."

Joh 8:41 "Ye do the deeds of your father. Then said they to him, We be not born of fornication; we have one Father, even God."

Act 15:20 "But that we write unto them, that they abstain from pollutions of idols, and from fornication, and from things strangled, and from blood."

Act 15:29 "That ye abstain from meats offered to idols, and from blood, and from things strangled, and from fornication: from which if ye keep yourselves, ye shall do well. Fare ye well."

Act 21:25 "As touching the Gentiles which believe, we have written and concluded that they observe no such thing, save only that they keep themselves from things offered to idols, and from blood, and from strangled, and from fornication."

Rom 1:29 "Being filled with all unrighteousness, fornication, wickedness, covetousness, maliciousness; full of envy, murder, debate, deceit, malignity; whisperers,"

1Co 5:1 "It is reported commonly that there is fornication among you, and such fornication as is not so much as named among the Gentiles, that one should have his father's wife."

1Co 6:13 "Meats for the belly, and the belly for meats: but God shall destroy both it and them. Now the body is not for fornication, but for the Lord; and the Lord for the body."

1Co 6:18 "Flee fornication. Every sin that a man doeth is without the body; but he that committeth fornication sinneth against his own body."

1Co 7:2 "Nevertheless, to avoid fornication, let every man have his own wife, and let every woman have her own husband."

1Co 10:8 "Neither let us commit fornication, as some of them committed, and fell in one day three and twenty thousand."

2Co 12:21 "And lest, when I come again, my God will humble me among you, and that I shall bewail many which have sinned already, and have not repented of the uncleanness and fornication and lasciviousness which they have committed."

Gal 5:19 "Now the works of the flesh are manifest, which are these; Adultery, fornication, uncleanness, lasciviousness,"

Eph 5:3 "But fornication, and all uncleanness, or covetousness, let it not be once named among you, as becometh saints;"

Col 3:5 "Mortify therefore your members which are upon the earth; fornication, uncleanness, inordinate affection, evil concupiscence, and covetousness, which is idolatry:"

1Th 4:3 "For this is the will of God, even your sanctification, that ye should abstain from fornication:"

Jud 1:7 "Even as Sodom and Gomorrha, and the cities about them in like manner, giving themselves over to fornication, and going after strange flesh, are set forth for an example, suffering the vengeance of eternal fire."

Rev 2:14 "But I have a few things against thee, because thou hast there them that hold the doctrine of Balaam, who taught Balac to cast a stumblingblock before the children of Israel, to eat things sacrificed unto idols, and to commit fornication."

Rev 2:20 "Notwithstanding I have a few things against thee, because thou sufferest that woman Jezebel, which calleth herself a prophetess, to teach and to seduce my servants to commit fornication, and to eat things sacrificed unto idols."

Rev 2:21 "And I gave her space to repent of her fornication; and she repented not."

Rev 9:21 "Neither repented they of their murders, nor of their sorceries, nor of their fornication, nor of their thefts."

Rev 14:8 "And there followed another angel, saying, Babylon is fallen, is fallen, that great city, because she made all nations drink of the wine of the wrath of her fornication."

Rev 17:2 "With whom the kings of the earth have committed fornication, and the inhabitants of the earth have been made drunk with the wine of her fornication."

Rev 17:4 "And the woman was arrayed in purple and scarlet colour, and decked with gold and precious stones and pearls, having a golden cup in her hand full of abominations and filthiness of her fornication:"

Rev 18:3 "For all nations have drunk of the wine of the wrath of her fornication, and the kings of the earth have committed fornication with her, and the merchants of the earth are waxed rich through the abundance of her delicacies."

Rev 18:9 "And the kings of the earth, who have committed fornication and lived deliciously with her, shall bewail her, and lament for her, when they shall see the smoke of her burning,"

Rev 19:2 "For true and righteous are his judgments: for he hath judged the great whore, which did corrupt the earth with her fornication, and hath avenged the blood of his servants at her hand."


Die Hebreeuse woorde wat in die Ou Testament vertaal word, is:

zânâh: A primitive root (highly fed and therefore wanton); to commit adultery (usually of the female, and less often of simple forniciation, rarely of involuntary ravishment); figuratively to commit idolatry (the Jewish people being regarded as the spouse of Jehovah): - (cause to) commit fornication, X continually, X great, (be an, play the) harlot, (cause to be, play the) whore, (commit, fall to) whoredom, (cause to) go a-whoring, whorish.

taznu
̂th: harlotry, that is, (figuratively) idolatry: - fornication, whoredom.

Die Griekse woorde wat in die Nuwe Testament vertaal word, is:

porneuō: to act the harlot, that is, (literally) indulge unlawful lust (of either sex), or (figuratively) practise idolatry: - commit (fornication).

porneia: harlotry (including adultery and incest); figuratively idolatry: - fornication.

ekporneuo
̄: to be utterly unchaste: - give self over to fornication.



Die Farlex woordeboek sê die volgende oor fornication"(http://encyclopedia.thefreedictionary.com/fornication):

Fornication refers disapprovingly to any sexual activity outside of the confines of marriage, obviously including pre-marital sex. Sometimes adultery is considered a type of fornication.

Historically, in the context of the laws of states of the United States, fornication is generally defined as (vaginal) sexual intercourse between two unmarried persons of opposite sex and has been a crime.


Nog ander definisies:

voluntary sexual intercourse between persons not married to each other
adultery: extramarital sex that willfully and maliciously interferes with marriage relations; "adultery is often cited as grounds for divorce"
(wordnet.princeton.edu/perl/webwn)

Fornication refers disapprovingly to any sexual activity outside of the confines of marriage, including pre-marital sex and adultery.
(en.wikipedia.org/wiki/Fornication)


refers either to religious unfaithfulness or sexual deviance.
(pacificcoast.net/~muck/rev/revgloss.html)

Sexual intercourse between an unmarried man and an unmarried woman. Fornication is a serious violation of the sixth commandment of God.
(www.thesacredheart.com/dictnary.htm)


for·ni·ca·tion (fôr´nî-kâ¹shen) noun Sexual intercourse between partners who are not married to each other. Word History: The word fornication had a lowly beginning suitable to what has long been the low moral status of the word. The Latin word fornix, from which fornicâtio, the ancestor of fornication, is derived, meant "a vault, an arch." The term also referred to a vaulted cellar or similar place where prostitutes plied their trade. This sense of fornix in Late Latin yielded the verb fornicârì, "to commit fornication," from which is derived fornicâtio, "whoredom, fornication." 
(ourworld.compuserve.com/homepages/thailand/pc-gls_2.htm)

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Thursday, 22 March 2007 )
 
< Prev   Next >
Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development