Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Aanbidding Print E-mail
Friday, 23 March 2007

Aanbidding is integraal deel van Christenskap. Enige iemand wat wedergebore is, kom op een of ander stadium in aanraking met aanbidding. Maar wat is aanbidding tot God? Wanneer aanbid ons? Kan ons groei in aanbidding? Hoe belangrik is aanbidding in ons Christenskap, veral ook in die dag en tyd waarin ons lewe?

Lof en aanbidding is nie net om eervolle frases aan God te sê of te sing nie. Natuurlik loof ons God wanneer ons eer aan God in woorde en sang uitdruk, maar hierdie tipe lof wat ons aan God bring, kan nooit los staan van aanbidding nie. Ons lof moet gewortel wees in aanbidding.

Jh 4:21-24 sê: "Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. (22) Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. (23) Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. (24) God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid."

Wat beteken dit om God "in gees en waarheid" te aanbid? Dit gaan eerstens daaroor dat aanbidding geestelik is. Aanbidding geskied in die dimensie van die gees. As ons uit (water en) gees wedergebore is (Jh 3:5), dan het God ons gees kom nuut maak deur die wegneem van die sondige natuur (Kol 2:11), die nuwe skepping in ons gees (2 Kor 5:17) en die inwoning van die Heilige Gees (Rm 8:16). Aanbidding is iets wat spontaan volg op wedergeboorte. Eerder as wat aanbidding een of ander wetlike verpligting is vir Christene, is dit ‘n natuurlike uitvloeisel van die werk van die Gees in ons lewe.

Wat is aanbidding? Aanbidding is wanneer alles wat ons is in Christus en sy Gees reageer teenoor alles wat God is. Aanbidding is daarom eerder ‘n geestelike reaksie as wat dit ‘n menslike handeling is. Wanneer mens bewus is van die teenwoordigheid van God en God sien vir wie Hy werklik is en in die spieël van God jouself sien vir wie jy werklik is, en dit geestelik beleef, dan vloei aanbidding spontaan daaruit voort. Aanbidding bevestig daarom die geestelike orde van God as Here van die heelal en die mens as God se skeppingskroon, wat gemaak is om tot ‘n inter-persoonlike verhouding van ware liefde en eerbied teenoor God toe te tree.

Daar is dus twee komponente van aanbidding wat mens hieruit kan aflei

1) Aanbidding vorm deel van ‘n wederkerige verhouding tussen God en mens. Die mens as intelligente wese wat geskep is met sy eie vrye wil, onderskei hom van die res van God se fisiese skepping in terme van die aard van hierdie verhouding. Dat God begeer om in ‘n wederkerige verhouding met die mens te tree waarin hy God kan eer en liefhê vanuit sy eie keuse, is die mens se skeppingsdoel. Dit is die diepere rede waarom God die mens gemaak het (veral 1 Jh 1:1-3: sien volledige bespreking hiervan hier). Hierdie inter-persoonlike verhouding tussen God en mens vind plaas in die dimensie van gees / Gees (Jh 3:5).

2) Hierdie verhouding van aanbidding beskryf die permanente staat waarin iemand wat in Christus (as nuwe skepping) verkeer. Dit beskryf die geregtigheid van God, naamlik dat God die mens deur wedergeboorte in die regte verhouding met Hom geplaas het. Dit praat van die feit dat die mens nou nie meer prinsipiëel as sondaar gereken word nie, maar as gereinigde en geheiligde, want nou in ‘n heilige, skuldvrye verhouding met God kan staan. Geen ongeredde persoon kan daarom God aanbid nie, want God moet eers die mens wederbaar en met Homself versoen voordat hy in ‘n aanbiddings-verhouding met God kan staan. In hierdie sin kan lof en eer aan God onderskei word van die eer van mense. Die eer wat mense aan mekaar of aan konings en leiers bring is nie analoog aan die aanbiddings-verhouding waarin ons met God staan nie, want hierdie eksistensiële komponent van aanbidding ontbreek. Dit is die komponent van (eksistensiële) waarheid waarvan Jh 3:5 praat wat integraal deel is van hierdie aanbidding.

Dit is om hierdie rede waarom mense dikwels verwys na aanbidding as ‘n "lewenswyse." Aanbidding is daarom meer as net tye waarin mens bewus is van God se teenwoordigheid of wanneer mens doelbewus toetree tot aktiewe aanbidding, maar het te doen met wie jy is – of in Christus of buite Christus. Net soos wat Christenskap ons hele lewe en alles wat ons doen en is oorspan, is ons hele lewe en alles wat ons doen en is ons aanbidding tot God. Die geestelike waarheid en krag van God in ons kan dan oorspoel in ons musiek, ons sang, ons woorde, ons tyd, ons huis, ons werk, ons alles…

Kol 3:23-24 "En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, (24) omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus."

Ons permanente staat in Christus, wat te doen het met ons geestelike posisie in Hom en ons nuwe, goddelike natuur in Hom (2 Pt 1:4), bring nie outomaties mee dat ons ten alle tye God met elke kompartement van ons menswees aanbid nie. Want hoewel God ons gees nuutgemaak het is ons liggame nog verbonde aan hierdie onvolmaakte bedeling. Hoewel ons in die kern van ons menswees (gees) nie meer kan sondig nie (1 Jh 3:9), kan ons steeds in die liggaam sondig (Rm 6:12; 1 Kor 6:18). Daarom roep Paulus die Romeine op (Rm 12:1): "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens (wesenlike van julle godsdiens: 1983 Afrikaans)." Ons liggaamlike begeertes voer dikwels ‘n stryd teen ons geestelike mens. Dit is ‘n doelbewuste besluit en ‘n voortdurende oorgawe om ons wil te oefen om weerstand te bied teen die sonde en om ons gedagtes op God te rig. Dit hou dus ook verband met die vernuwing van ons wil en denke (vers 2). Wanneer ons gedagtes meer geoefen is om op God gerig te wees, sal ons as’t ware met minder bagasie kan toetree tot ons verhouding met God, en kan ons God se stem beter hoor en sy wil beter verstaan. Wanneer God deur die werking van sy Gees hierdie proses in ons kan aanhelp, kan ons God aanbid soos wat Hy dit bedoel het – in gees (Gees) en waarheid.

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Friday, 23 March 2007 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 7 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development