Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Roeping - getuig sonder kompromie Print E-mail
Friday, 23 March 2007

Wat is God se kinders se roeping in die wêreld? Is dit om mense tot bekering te bring? Is dit om kerke te plant? Is dit om ander mense te oortuig van ons geloof? Of is dit om net liefde te gee aan alle mense van alle gelowe en oortuigings sonder om hulle aanstoot te gee?

Die Bybel sê:

Mt 28:19-20 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (20) En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."

Jh 16:7-11 "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster [die Heilige Gees] nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; (8) en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: (9) van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; (10) en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; (11) en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is."

Hd 1:8 "maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde."

Almal ken die groot opdrag in Mt 28:19-20. Ons moet dissipels maak. Maar hoe maak ons dissipels? Moet ons mense oortuig? Nee, Joh 16:7-11 sê die Trooster, die Heilige Gees oortuig mense. Hy oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Al wat ons moet doen is om te getuig (Hd 1:8). En nou kan die volgende vraag gevra word: Hoe moet ons getuig?

1) Eerstens is dit belangrik dat ons ‘n intieme verhouding met Christus sal hê (Flp 3:8-10; Mt 7:23), sodat ons sy hart en die evangelie kan verstaan, dat sy Gees ons kan vul en kan dryf om in liefde te kan uitreik na ‘n wêreld wat vasgevang is in die leuen (Rm 1:18). En wat sê die evangelie? Die evangelie sê a) so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Joh 3:16). Paulus sê hy skaam hom nie oor die evangelie nie, want dit is die krag van God tot redding, ens. (Rom 1:16). b) Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe (Rom 1:17). c) Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk… (Rom 1:18). Baie mense verstaan iets van God se liefde en sommige verstaan iets van ‘n lewe uit geloof tot geloof, maar die toorn van God is nie ‘n gewilde konsep onder evangeliste nie. Christene is dikwels te bang om aanstoot te gee en sonde te veroordeel. Vir Paulus is dit egter ‘n integrale deel van die evangelie. Trouens, hy begin sy verduideliking oor die evangelie met ‘n lang uiteensetting van hoe erstig die sonde en verlorenheid van die mens is, juis omdat hulle die waarheid onderdruk, en hoe intens God die sonde haat. Die postmoderne neiging is om God slegs uit te beeld as ‘n God wat almal net liefhet met ‘n tipe liefde wat niemand wil konfronteer nie en alle sonde oorsien. Trouens, in baie postmoderne teologieë bestaan sonde nie meer nie. Die probleem met hierdie tipe liefde wat nie ook getuig van God as ‘n heilige God wat die sonde haat en ook oordeel nie, is dat God se liefde geprofaniseer word. Dan is God se liefde nie meer spesiaal en duur nie, maar goedkoop en sekulêr. God se ware liefde maak net werklik sin as ons God se heiligheid en oordeel daarmee saam verstaan.

2) Om van die waarheid te getuig sonder kompromie beteken dus om ook van dinge te getuig wat mense aanstoot gee: "Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling" (1 Pt 2:7, ens.). En dit sluit outomaties in dat diegene wat van die waarheid getuig, vervolg en beledig sal word (Mt 5:10-12; 1 Pt 4:11-19).

3) En juis daarom is dit van uiterste belang om nie self mense te oordeel nie (Mt 7:1; Rm 2:1), maar om die oordeel aan God oor te laat (Jh 5:22). Ons taak is slegs om te getuig (Hd 1:8. Sien ook Hd 2:32; 3:15; 5:32; Lk 24:48; Jh 15:27). Maar op hierdie punt dink ek bestaan daar dikwels verwarring onder gelowiges. Baie mense dink getuienis is om net "nice" dinge vir mense te sê, of as jy van hulle verskil "jou opinie" oor dinge te gee, maar nooit om iets te sê waaraan hulle dalk aanstoot mag neem nie. Maar tog skryf Paulus aan Timoteus die volgende:

2 Tim 3:12-4:5 "En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. (13) Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. (14) Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, (15) en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. (16) Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (17) sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (4:1) Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: (2) verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; (3) want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (5) Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening."

Getuienis is juis om oor die evangelie te getuig net soos dit is, met die liefde-kant asook die oordeel-kant. Maar hier is ‘n belangrike onderskeid. Ons mag nie mense oordeel nie, maar dit beteken nie ons moenie sonde veroordeel nie. Al is dit totaal en al vreemd aan ‘n postmoderne verstaan van die evangelie, bevat getuienis oor die evangelie ook komponente van vermaning, bestraffing, lering, weerlegging en teregwysing (aanhaling hierbo). Al hierdie dinge moet altyd met opregte liefde vir mense geskied, maar dan werklike liefde wat nie ‘n gemaklike, goedkoop oplossing aanbied nie, maar getuig van die volle evangelie wat elke deel van ons menswees radikaal kom verander. Nog meer vreemd aan postmodernisme is die feit dat waarheid ‘n vaste komponent is van die evangelie (2 Tm 4:4 hierbo en Rm 1:18).

4) Lering en weerlegging is daarom ook ‘n komponent van getuienis (Mt 28:19; 2 Tim 3:16; ens.). Daarom is dit nodig dat ons nie net Christus self sal ken nie, maar ook die inhoud van die evangelie en die Skrif. Ons moet weet hoe om valse leringe te weerlê en ons moet weet hoe om onsself teenoor alle mense te verantwoord oor die hoop wat in ons is (1 Pt 3:15; Kol 4:6).

5) Die kuns om oor die evangelie te getuig wat liefde en oordeel insluit sonder om self mense te oordeel, is iets wat net die Heilige Gees in en deur ons kan werk (Jh 16:7-11). Nederigheid, beskeidenheid en totale afhanklikheid van God (Mt 11:29; Mt 5:3) is daarom van uiterste belang. Soms is dit nodig om net die liefde-kant van die evangelie te bring en net vriendskappe te bou (Flp 4:5). En soms is dit nodig om die oordeel-kant van die evangelie te bring in liefde sonder om die persoon te oordeel. In alles vra dit dat ons uiters naby aan God sal lewe (Ps 73:28).

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Friday, 23 March 2007 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 6 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development