Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Wat is hoogmoed of trots? Print E-mail
Friday, 23 March 2007
Hoe definiëer mens hoogmoed of trots?  Hoe weet mens of jy nie dalk hoogmoedig is sonder dat jy dit besef nie?

Jak 4:5-6 "Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? (6) Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade."

Nota oor vertaling:

Die 1983 vertaling verskil hier wesentlik van die 1933/1953 vertaling. Die 1933/1953 vertaling is waarskynlik gebaseer op minder betroubare Griekse manuskripte. ‘n Akkurate ideolektiese vertaling sou lees: Jak 4:5 "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer Hy die gees wat in ons woon?" Die Message vertaal bv. "he's a fiercely jealous lover."

So, wat is hoogmoed of trots? Volgens hierdie teksgedeelte is dit as daar enige iets in die kern van jou menswees is wat nie heeltemal aan God behoort nie, en nog nie aan God oorgegee is nie, wat jy self vertroetel en daardeur eer of erkenning vir jouself versamel.

Dit is waarskynlik een van die mees wesentlike sondes in Christene se lewens. Dit kan verskeie vorme aanneem:

1. Om jouself die middelpunt van aandag te maak tussen ‘n groep mense.
2. Om erkenning te soek by mense.
3. Om mense te manipuleer om jou jammer te kry = emosionele manipulasie = "smartvraatjie."
4. Om selfs goeie dinge te doen ("koninkrykswerk") om deur mense gesien te word – om mense te probeer beïndruk.

Dit is ook een van die mees gesofistikeerde sondes. Dit kan baie meer genuanseerde vorme aanneem:

1. Snobisme: dit laat jou beter lyk as ander.
2. Om ander mense af te kraak en te beskuldig en sleg agter hulle rug te praat, want dit laat jou beter lyk.
3. Om jouself voor mense af te kraak sodat hulle jou moet jammer kry. Dit is valse nederigheid = "spitefulness"
4. Om te dink jy kan jou probleme self oplos, deur dit nie in geloof aan die Here oor te gee nie. Dit hou dikwels verband met "worry."

En dan, ‘n baie gewilde een: om te voel jy is te na gekom in die lewe, en daarom skuld die lewe jou! Mense skuld jou! God skuld jou! En die ironie is, dan sal God jou niks gee nie: Hy weerstaan die hoogmoediges (Jak 4:6). God skuld ons niks. Ons het niks om op te roem voor God nie. Ons verdien niks by God nie. Jesus het nie vir ons sondes gesterf omdat Hy ons dit skuld nie. God skuld ons vergelding vir wie en wat ons is. En wat doen God? Hy gee sy eniggebore Seun. Hy het ons lief. Hoe is dit moontlik? Slegs die Gees van God kan ons dit laat begryp, maar nie met ons verstand nie, dit is te groot.

2 Kor 5:14 "Want die liefde van Christus dring ons, (15) omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is."

Hoe kan ons nog vir onsself bly lewe? Paulus sê ook: Flp 3:7 "Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry." Jesus sê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg." (Mt 16:24) en:

Joh 12:24 "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. (25) Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe."

In vers 7 van Jak 4 staan daar: "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Hoe kan ons die duiwel weerstaan as ons onsself nog nie volledig aan God onderwerp het nie? Nederigheid is om alles aan God oor te gee – dit is om jouself volledig op God te verlaat en al jou vertoue op God te plaas en nie op jouself nie. In hierdie sin is nederigheid gelyk aan geloof.

Het ons al elke kamer van ons hart, elke talent, elke gedagte, elke vooropgestelde idee, elke besitting, elke ding waaraan ons vashou buiten God aan Hom oorgegee? Hoe belangrik is die "eie ek" nog in ons lewens? Het ons al op die punt in ons lewens gekom waar ons kan sê: "Dit gaan nie oor my nie, maar oor God se doel met my lewe"? Hy moet meer word en ek minder? Het ons al volledig gesterf in onsself sodat ons saam met Paulus kan sê: "Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my"? (Gl 2:20).

Ek dag ek vra maar net…

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Friday, 23 March 2007 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 7 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development