Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Hoe bly mens glo? Print E-mail
Friday, 23 March 2007

Hoe bly mens glo en hoe bly mens vashou aan die Here as jou omstandighede teen jou draai? Hoe kan mens steeds bly hoop en steeds blymoedig bly as al jou sekuriteite inmekaar val en as die toekoms in onsekerheid gedompel is?

Hierdie is 'n vraag wat meer en meer Christene vra in die tyd waarin ons lewe. Ek wonder hoeveel mense geraak is deur die kragonderbrekings in die Wes Kaap? Dit het my net weer laat dink aan hoe bevoorreg ek is en hoe baie dinge ek werklik het om voor dankbaar te wees. Mens aanvaar dikwels die stelsels en sisteme van die hedendaagse wêreld as vanselfsprekend. Veral in die eerste wêreld (of plekke met naastenby ‘n eerste-wêreld lewenstandaard) het op alle vlakke van die samelewing totaal afhanklik geraak van tegnologie. Besighede en huishoudings kan nie meer funksioneer sonder elektrisiteit, kommunikasie, water, riolering, infrastruktuur, vervoer, ens. nie. En dan praat ek nie eers van hoe afhanklik ons van rekenaars geraak het nie. Feitlik geen middelmatige tot groot besigheid kan vandag sonder 'n rekenaar funksioneer nie.

Dink 'n bietjie daaroor… Wat sal gebeur as al hierdie dinge skielik van jou weggeneem word? Het jy dan nog iets om voor te lewe? Dit laat my dink aan 'n paar ander vrae wat daarmee saamhang: Waarvoor lewe ons? Waar lê ons hoop, ons sekuriteit, ons verwagting? Wat is ons missie op hierdie aarde?

Een van die grootste probleme van ons tyd is depressie. Seker die grootste faktor wat depressie aanbring is 'n verlies aan kontrole. Dit gebeur as ons voel ons het nie beheer oor die toekoms nie, of as ons basiese sekuriteite in gedrang kom of as ons nie meer weet of ons 'n "backup" plan het nie. Dit gaan dikwels gepaard met die gevoel dat "ons wêreldtjie in mekaar tuimel." Dit laat mens moedeloos voel – sonder hoop en sonder geloof.

Een van die grootste vyande van geloof is fatalisme. Fatalisme verwys daarna dat kragte buite ons beheer ons lewens rig en bepaal. Ons kan niks doen om iets daaraan te verander nie, maar alles gebeur soos dit bepaal is (bv. "horoscopes"). Fatalisme beroof die mens daarvan om selfstandige keuses te maak bokant of ten spyte van sy omstandighede, en beroof die mens daarvan om eienaarskap te neem van sy eie lewe. Dit help natuurlik depressie aan en laat mense dikwels voel hulle is slagoffers van hulle omstandighede, of dit laat hulle voel die lewe skuld hulle iets. Fatalisme neem ook baie meer subtiele vorme aan en het ook in ons teologie kom inkruip. Dit het dikwels die gevolg dat mense God nie wil dien vanuit hulle eie keuse nie, maar vir wat hulle uit God kan uitkry.

Ek dink die antwoord lê in 1) perspektief en 2) prioriteit.

1) Perspektief

Watter perspektief gee die Bybel op die lewe? Paulus sê (Flp 3:7-11): "Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; (10) sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, (11) of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik."

Paulus wys op die nietigheid van alle tydelike en wêreldse dinge, en op 'n verhouding met Christus, wat alles van hierdie wêreld in waarde oortref, wat ons sin gee in die lewe en wat ons perspektief gee op ons ewige, geestelike bestaan saam met Hom. Dit is die diepere doel van die lewe. Om Christus te ken en om sy wil vir ons lewens te soek, is waarheen ons moet mik en waarop ons moet fokus. Die oomblik as enige iets in hierdie wêreld ons hooffokus raak, verloor ons ons fokus op Christus en op die ewigheid, en stuur ons af op ewige hopeloosheid en verganklikheid. As die begeerte en die hunkering nie meer daar is om Christus as persoon te ken nie, moet daar rooi ligte aankom by enige gelowige.

2) Prioriteit

Ons lewens is dikwels so gejaag dat ons nie meer tyd maak vir die Here in ons lewens nie. Ons lees dalk Bybel of ons sê dikwels skietgebede op, wat nie op sigself verkeerd is nie, maar ons laat dikwels na om werklike kwaliteit tyd met God deur te bring soos wat 'n kind met sy vader sal deurbring. Dit is dikwels die gevolg daarvan dat ons verhouding met God as't ware 'n kompartement in ons lewe is. God kry as't ware "ook 'n plekkie." Dit is dan wanneer dit 'n godsdiens raak in plaas van 'n persoonlike verhouding met God. Paulus sê dit moet alles oortref in waarde. Chrisus moet ons alles wees. Niks wat ons dink of doen of sê kan los staan van ons voortdurende verhouding met Hom nie. Christus moet as't ware die asem wees wat ons inasem. Hy moet die klere wees wat ons aantrek. Paulus gebruik hierdie metafoor as Hy praat oor 'n gedoopte: (Gal 3:27): "want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee."

Om Christus die eerste prioriteit in ons lewe te maak beteken ook dat ons Hom volledig sal glo en vertou. Paulus skryf (Rom 1:17): "Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe." As ons glo tot redding, hou geloof nie op nie. Die regverdige leef letterlik uit die geloof. Dit is as’t ware sy brandstof. Om uit die geloof te lewe bring mens om nog sterker te staan in die geloof: uit geloof tot geloof. Geloof raak nooit oorbodig nie. Daar kom nooit ‘n punt waar die regverdige kan sê hy het genoeg sisteme en veiligheidsnetwerke dat hy nie meer geloof nodig het nie. So, in ‘n sin is die doel van ‘n lewe uit die geloof om ons vermoë om uit die geloof te lewe, te versterk.

In die dag en uur waarin ons leef gaan dit nie makliker raak om uit die geloof te leef nie. Die morele verval van die wêreld vererger met rasse skrede, die kritiek teen Christene wat in die Bybel glo raak feller. Die aanslag op die waarheid van die evangelie raak erger. En mense raak minder tolerant met mense wat sterk vashou aan dit waarin hulle glo. Mag God ons die genade gee om te bly vashou aan Hom en aan die waarheid van sy Woord – al kos dit wat!

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Wednesday, 06 August 2008 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 7 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development