Home
News (Blog)
Opdatering van Evolusie-Skepping artikel
Wednesday, 18 August 2010
Ons sien op die internet gereeld dat nuwe webblaaie verskyn, bestaandes opgegradeer word, maar ook dat oues verdwyn. 'n Internet-gebaseerde artikel wat dus heelwat skakels na ander inhoud op die internet vertoon, moet dus gereeld opgedateer word. Juis om hierdie rede is die ... Read more
Esterhuyse sê Genesis en Eksodus is belangrike mites
Wednesday, 26 May 2010
Prof Willie Esterhuyse het só gesê op 'n dakonferensie vir Eietydse Spiritualitiet. Volgens 'n berig in die aanlyn Kerkbode is Esterhuyse se mening dat die Bybel nie ’n geopenbaarde waarheid is van bo nie en dat die teks insigself ook nie heilig is nie. ... Read more
Saambly is reg?
Monday, 30 November 2009
Verskeie stemme het begin opgaan vanuit die NG Kerk en die Hervormde Kerk dat die kerk 'n sagter stanpunt moet formuleer oor saambly. Die gevoel is dat tye verander het en dat die kerk nie so hard en eksklusief moet wees teenoor diegene wat ... Read more

Latest Articles & News

Popular Articles & News

Geduld Print E-mail
Friday, 23 March 2007

Ek het vroeër ‘n artikel geskryf oor hoe mens bly glo in moeilike tye (sien artikel hier).  Ek het daarna verwys dat mens 1) moet perspektief hê op jou situasie en besef waaroor die lewe eintlik gaan (nl. om ‘n persoonlike verhouding met Christus te hê), en 2) dat mens moet prioritiseer: die plek wat Christus in ons lewe inneem.  Hierdie artikel sluit daarby aan.

Ons vra dikwels vir meer geloof. En daar is niks fout daarmee nie, maar soms soek ons ‘n kitsoplossing in geloof. Ons wil dikwels (en soms onbewustelik) hê geloof moet ons weghou van al ons probleme. Maar deel van geloof is ook lydsaamheid / volharding / geduld. Abraham is hierin seker die beste voorbeeld:

Rom 4:18-21 "Hy [Abraham] het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. (19) En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. (20) En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee (21) en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het."

Om geloof te hê beteken nie dat God noodwendig altyd en onmiddelik gaan reageer nie. Geloof is nie ‘n skakelaar waarmee ons God kan manupileer nie, want al het ons geloof, is dit nog steeds God se prerogatief om te doen wat Hy wil, wanneer Hy wil. Geloof beteken ook om in te val by God se wil. En dalk is God se wil om nie nou onmiddelik in te gryp in ons situasie nie. Dalk is daar ander dinge wat God wil bereik wat belangriker is as onse onmiddelike behoeftes of die dinge waarvoor ons God vertrou. Om by God se wil in te val, vra dus ook vir geduld.

In die voorbeeld hierbo het Abraham bly vashou aan God se belofte. Al het sy omstandighede op die teendeel gedui, het Abraham nie sy geloof verloor nie, maar geduldig bly vashou aan God se belofte totdat Hy dit vervul het. En asof dit nie genoeg was nie, het God daarna nog Abraham se egtheid van geloof getoets deur vir hom te sê hy moet sy seun offer. God wou sien of Hy Abraham die vader van die geloof kon maak.

Maar wat is geduld? Geduld is nie net om aan te hou wag en as’t ware jou vingers op die tafel te tik totdat jou behoeftes of begeertes vervul word nie. Dit is ook om te hou by God se wil, al is die uitkoms nie soos jy dit verwag nie. Dit is om volkome in God te rus en by sy plan te berus. As God dus nie ‘n pertinente belofte aan jou gemaak het oor iets waarvoor jy Hom vertrou nie, dan berus die uitkoms steeds by God, en moet jy bereid wees om God te bly glo en vertrou, selfs al doen God glad nie wat jy wil hê Hy moet doen nie.

Heb 10:36 "Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry."

Geduld is dus nie ‘n uitgestelde selfsug nie, maar ‘n volledige oorgawe en berusting by God. Iemand wat geduld het sal dus minder geneig wees tot angstigheid, bekommernis of depressie. Om volledig by God se wil te berus, bevat daarom ook ‘n element van genoegsaamheid of vergenoegdheid. Dit is om tevrede en dankbaar te wees met wie en wat jy is (en nie is nie) en wat jy het (en nie het nie). Dit is om jou altyd en in alle omstandighede in die Here te verbly.

Hoe dikwels is ons woede, frustrasie, ongeduld of "spitefulness" nie maar ‘n vorm van emosionele manipulasie nie? Hoe dikwels wil ons nie maar hê mense (of God) moet ons jammer kry en ingryp nie? En dikwels is selfsug ook die onderbou van depressie. Dikwels is ons teneergedruk omdat dinge nie is soos ons dit graag wil hê nie. En die probleem word dikwels vererger in ‘n westerse samelewing waar ons gewoond geraak het aan gerief en gemak en ons nie weet wat dit is om vervolg te word vir jou geloof en vir Christus te ly nie.

Rom 12:12 "verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed."

Kol 4:2 "Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging."

Jak 1:2-4 "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge (beproewinge) val, (3) omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. (4) Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie."

Rom 5:3-5 "En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, (4) en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; (5) en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is."

 

Philip du Toit

Bespreek dit hier.

 

Last Updated ( Wednesday, 06 August 2008 )
 
< Prev   Next >
Useful Links

Latest Forum Posts

Polls
Is evolusie en die bybel versoenbaar?
 

Who's Online
There are currently 7 Guests and 0 Users online

Cape Town Weather

Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Translate Afrikaans to English  |  Cheapest notebook and desktop sales online  |  HP Compaq Dual Core for R4475  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development