Kommentaar op Claassen se 'Die klippe roep dit uit'
Truthexposed Forum
May 20, 2019, 07:30:25 am *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News:
 
   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1]
  Print  
Author Topic: Kommentaar op Claassen se 'Die klippe roep dit uit'  (Read 42864 times)
Philip dT
Administrator
Veteran
*****
Posts: 381



View Profile
« on: February 13, 2010, 12:14:57 am »

George Claassen, bekende ateïs en skeptikus van die Christelike geloof, is ook die wetenskapsredakteur van die Burger. Hy het op 2 Feb 2010 ‘n lesing gelewer by die Fakulteit Teologie. Hierdie lesing is o.a. beskikbaar op Kletskerk.
Ek maak enkele opmerkings hieroor.

Hy begin sy lesing deur te verwys na die opname in 10 lande wat gedoen is oor die persentasie van mense wat evolusie as ‘n feit aanvaar – minder as die helfte. In Suid Afrika is dit 42%. Hy sê: "Hoe is dit moontlik dat waarskynlik die belangrikste wetenskaplike ontdekking en teorie wat tot op hede gemaak en ontwikkel is, vandag steeds so verkeerd begryp en uit verband geruk word en waaroor soveel verkeerde daaglikse inligting versprei word deur intelligente mense?"


Lees die volledige artikel "Kommentaar op Claassen se 'Die klippe roep dit uit'" hier:

http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=132&Itemid=14

Bespreek dit hier verder...
Logged
NicoB
Newbie
*
Posts: 3


View Profile
« Reply #1 on: March 31, 2010, 05:26:51 am »

1.  Ek dink mens moet nie vergeet dat evolusie nie net geloof is in die Darwinistiese teorie nie maar ook 'n godsdiens is.  Prof Michael Ruse, wetenskapfilosoof beweer in 'n voordrag (hier te lees http://www.leaderu.com/orgs/arn/orpages/or151/mr93tran.htm) "I think that today also, for more than one eminent evolutionist, evolution in a way functions as a kind of secular religion." en "folks give up, modern philosophy of science is now showing that science is just as much a religion as creation science,"

2. Evolusie as allesomvattende teorie waarsonder niks in biologie verstaan kan word nie.
Ek het my Patologie handboeke se indekse deurgekyk, net in 1 uit 29 boeke haal die woord 'evolution' die indeks.  In die betrokke boek Potter's Pathology of the Fetus, Infant and Child 2ed Mosby, verwys na 1/3 bladsy uit 2245 waar daar eintlik 'n oefening in vergelykende anatomie gedoen word.  Die hart van visse, amfibië, reptiele en soogdiere word met mekaar vergelyk terwyl die aaname gemaak word dat dit die pad van evolusie was.  Dus vir die vakgebied van Patologie is evolusie irrelevant. 

3.  Mutasies.  Die mees belangrike meganisme vir evolusie nl mutasies is skadelik.  Ek het nog nooit in my lees van die mediese literatuur op 'n mutasie afgekom wat die funksie van 'n biologiese molekuul meer optimaal maak nie.  Daar is wel duisende mutasies beskryf wat hulle funksie verminder tot vernietig.  Die kans dat natuurlike of kunsmatige seleksie voordelige mutasies (as hulle bestaan) tussen die duisende skadelike mutasies gaan selekteer is nie goed nie. Gelukkig het die Here vir ons twee kopiëe DNA gegee en meeste mutasies is resessief. 

Wat baie interessant was, was Prof C Du Toit se antwoord op Prof Claassen se toespraak.  Hy stem basies met alles saam maar wil net 'n druppeltjie God by die evolusie mengsel gooi.  Die antwoord is te lees by http://teo.co.za/artikel/articles/287/1/Skepping-en-ewolusie/Bladsy1.html
Logged
Philip dT
Administrator
Veteran
*****
Posts: 381



View Profile
« Reply #2 on: March 31, 2010, 06:41:40 pm »

Dankie Nico vir jou kommentaar.  Dit is interessante punte wat jy noem
Logged
oppiweb
Member
**
Posts: 97



View Profile WWW
« Reply #3 on: March 19, 2011, 12:29:38 pm »

Claasen se lesing se opskrif is baie gepas, want die klippe roep dit uit aangaande hom dat hy 'n leuenaar is juis omdat die klippe 'n ander storie vertel as wat claasen vertel.. Roll Eyes
Logged

Johannes 6:45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
- Jesus - Die Bybel: Ou Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1953.
Pages: [1]
  Print  
 
Jump to:  

Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.17 | SMF © 2011, Simple Machines Valid XHTML 1.0! Valid CSS!
Joh 8:32 ...and the truth shall make you free.

Find 'n poskode / Find a postal code  |   Translate Afrikaans to English  |  Extreme Airports for FSX  | SA Scenery for FSX  |  SA News  |  Afrikaanse  Nuus  |  Guitar Chords  |  Free Piano Lessons!!  |  Free Guitar Lessons!!  |  Add Melody to Chords  |  Free Classified Ads!!  |  Free Property Listings!!  |  Free Fax to Email!!  |  Car buying online  |  Web Hosting R17 p/m  |  Jobs SA  |   Toets jou persoonlikheid

TRU Developing - Creative Web Development